SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue1Ons ongehoorde soort: beskouings oor die Werk van Antjie Krog - Louise ViljoenHengelo is Afrika: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2009 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912
    Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.56 n.1 Pretoria Mar. 2016

    http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a10 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

     

    "Koos sê...": 'n Kritiese diskoersanalise van die metakapitaal van 'n invloedryke Suid-Afrikaanse mediamagnaat

     

    "Koos says..." : A critical discourse analysis of the meta-capital of a prominent South African media tycoon

     

     

    Gabriël J. Botma

    Departement Joernalistiek, Universiteit Stellenbosch E-pos: gbotma@sun.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Hierdie artikel onderneem 'n kritiese diskoersanalise van die openbare uitsprake van die Afrikaanse mediamagnaat Koos Bekker van Naspers-faam, sodat die diskursiewe magsverhoudings waarbinne hy hom bevind duideliker omskryf kan word. Behalwe dat Bekker baie media-blootstelling gekry het, het hy die afgelope dekade of meer ook verskeie meningsartikels tot die koerante van Naspers bygedra, en die argument is dat hy as 'n invloedryke meningsvormer (die draer van "meta-kapitaal" in n Bourdieuaanse sin) in die samelewing funksioneer. In dié verband verwys die artikel na die diskoersteorie van Foucault en Bourdieu se vergelykbare teorieë oor die verband tussen taalgebruik en magsuitoefening. Daaruit vloei die metodiek van kritiese diskoersanalise, wat na aanleiding van die werk van Fairclough en Van Dijk hier op drie vlakke - teks, konteks van produksie, en samelewingskonteks - geskied.
    Die bevinding van die artikel is onder meer dat Bekker se komplekse posisionering ten opsigte van Afrikaans en Afrikaners gekenmerk word deur 'n identifisering met wit en bruin Afrikaanse jeugdiges, maar dat hy minder begrip vertoon vir die ouer geslag wit Afrikaners. Bekker beklemtoon ook gereeld die positiewe aspekte van kulturele inklusiwiteit en diversiteit, en is oor die algemeen optimisties, maar by tye ook skerp krities oor die "nuwe" Suid-Afrika. Sy skryfstyl, keuse van onderwerpe en publikasieplatforms getuig van strategiese berekendheid.

    Trefwoorde: Afrikaans, Afrikaners, Bourdieu, Entrepreneur, Identiteit, Foucault, Mag, Media, Naspers, Kritiese Diskoersanalise, Suid-Afrika, Taal


    ABSTRACT

    This article, "Koos says...": A critical discourse analysis of the meta-capital of a prominent South African media tycoon, engages the public statements of Koos Bekker, CEO of Africa's largest media company, Naspers. Bekker is renowned as a visionary entrepreneur and has made a personal fortune in the process of taking Naspers from a national and rather sectarian print-based media company to an international digital television and e-commerce concern.
    The aim of the article is to analyse and describe the discursive power relations in which Bekker is situated. In the last few decades, Bekker received much media coverage, and also contributed a number of opinion pieces to the newspapers owned by Naspers. The argument here is that he functions as an opinion leader by virtue of his influence and standing in the field of business, and the "meta-capital" (Bourdieu & Wacquant 1992; Couldry 2003) it affords him - in part due to media access and exposure -across other fields in society.
    In this regard the article refers to the discourse theory of Michel Foucault and the comparable work of Pierre Bourdieu on the link between language and power. According to this view, language is the medium of construction and circulation of knowledge/power in society. Those who have access to the media, are able to influence the construction of readers' reality.
    Flowing from this theoretical framework is the methodology of critical discourse analysis, as it was developed by Norman Fairclough and Teun van Dijk. Thus the analysis takes place on three levels - text, context of production, and the larger context of society.
    The analysis focused on a number of selected articles, in the main interviews with or opinion pieces written by Bekker, in which he commented on issues outside his primary field of interest, Naspers and the media. The following eight discursive themes emerged: (Koos Bekker as) supporter of Darwinian evolution theory, critical patriot, champion for Afrikaans, critic of some Afrikaners, honorary Chinese citizen, strategic opinion leader, informed casual writer, and youth "worshipper".
    It was noted that Bekker occasionally moved close to institutional power, for example as a member of the Board of Stellenbosch University, and the Bid and Local Organising Committee of the 2010 Fifa Soccer World Cup. Interestingly, on at least two occasions Bekker engaged critically with the views of two former National Party ministers, Naspers'former allies, in opinion pieces. In the first instance Bekker displayed relative conservative views on the maintenance of Afrikaans at South African universities, and in the second case he argued against conservative Afrikaners who tried to stop Stellenbosch University from awarding an honorary doctorate to deceased (Afrikaner Communist) freedom fighter Bram Fischer.
    Thus, the CDA found that Bekker displayed a complex positioning towards Afrikaans and Afrikaners. On the one hand he clearly identified with "white" and "brown" Afrikaans speakers of a younger generation. His argument was that they should not be blamed for the "sins" of apartheid because they were born after the fact. But Bekker had far less empathy for the older generation of white Afrikaners. He identified two "types", on the one hand those who had become bitter and reactionary about the loss of political power, and on the other those who had resigned themselves to an inferior position for their language and culture.
    Writing in English for a wider audience on some occasions, Bekker emphasised South African inclusiveness and diversity as the key to unlocking the potential of the country. He was generally optimistic about the "new" South Africa, but also cautioned against tendencies such as "cader deployment" and a devisive polarisation between black and white.
    It is argued in closing that his informed style and rhetoric displayed a sense of careful and strategic planning, dressed down by seeming nonchalance and a deliberate informal approach.

    Key words: Afrikaans, Afrikaners, Bourdieu, Critical Discourse Analysis, Entrepreneur, Identity, Foucault, Language, Media, Naspers, Power, South Africa


     

     

    INLEIDING

    Die Suid-Afrikaanse mediamagnaat Koos Bekker is nie iemand wat doelbewus in die mediakalklig boer nie. Hy het trouens 'n reputasie as privaat, teruggetrokke en eksentriek (Harber 2012:11), wat sekerlik daartoe bydra dat sy periodieke mediaverskynings meer gesog sal wees. Maar met die fenomenale groei van die Suid-Afrikaanse mediamaatskappy Naspers (Kruger 2014), wat dikwels regstreeks aan Bekker se toedoen toegeskryf word (De Lange en Williams 2014; Hogg 2014), kan hy kwalik openbare aandag vermy. Bekker is self bewus van die gevare wat die kalklig mag inhou, want volgens Harber (2012:11) is sy "lae profiel n kwessie van beleid":

    "When you run media," he told an interviewer, "you soon discover that managers who love playing in the limelight often get dazzled and bump into the furniture...Our managers stay away from the flashlights."

    Wat Bekker presies bedoel met "bump into the furniture" is onduidelik, maar dit dui op n verlies aan fokus op wat werklik saak maak - om die maatskappy winsgewend te bestuur. Dit is ook geregverdig om te bespiegel dat die topbestuur van n genoteerde maatskappy soos Naspers versigtig moet wees met die tipe uitsprake wat in die openbaar gemaak word, aangesien aandelebeurspryse sensitief is vir stories en gerugte.

    n Goeie voorbeeld van bogenoemde het hom afgespeel rondom die nuus aan die begin van 2014 dat Bekker nâ 17 jaar uittree as besturende direkteur van Naspers en na n jaar se sabbatsverlof in April 2015 as voorsitter van die direksie sal terugkeer (Fin24 2014). Nuusberigte daarna dat hy gedurende sy sabbatsverlof "70% van sy aandele in die maatskappy verkoop het", het aanvanklik heelwat wenkbroue laat lig, maar nader ondersoek het aangetoon dat hy geensins daarmee sy beherende houvas op die maatskappy verslap het nie (Rose 2015a). Inteendeel, dié transaksie het slegs Bekker se ontsaglike rykdom en invloed beklemtoon, soos Rose (2015a) beskryf:

    For one thing, Bekker still holds 4,6m Naspers "N" shares - 1,1% of the company's stock, worth R8,09bn at today's price. But there is another reason to think Bekker's influence is as strong as ever. This is thanks to Naspers's archaic control structure, which dates back to its listing on the JSE in 1994. It works like this: the Naspers shares trading up a storm on the JSE are the "N" shares. But the real locus of power lies in the privately held Naspers "A" shares, which carry 1 000 times the vote of the "N" shares. However, those "A" shares are owned by three opaque entities: Keeromstraat 30, which owns 30,8%; Nasbel, which owns 49,1%; and Wheatfields 221, which owns nearly 19%....Crucially, Bekker, who personally owns 25% of Wheatfields 221, hasn't reduced his exposure to those "A" shares. So the headlines might suggest his influence at Naspers has dimmed of late. Don't believe it: Koos is still in charge.

    Ook Harber (2012:32) beskryf hoe Bekker se beherende aandeel in die maatskappy in die praktyk funksioneer, wat beteken dat sy uittrede as besturende direkteur of die onlangse aandele-transaksie allermins die einde van sy mag en invloed daar beteken. In h onlangse onderhoud verwoord Booyens (2015) dit so: "Jy is nou die nie-uitvoerende voorsitter van Naspers. Mense het jou egter nie leer ken as 'n nie-uitvoerende mens nie . . ." Bekker antwoord as volg:

    Ek dink dit is 'n ander rol. Die uitvoerende hoof, die ou wat die skip aanvoer, moet aanhoudend 'n klomp besluite neem. Dit is, veral in ons bedryf, 'n geweldig harde, vinnige en brutale lewe. Die voorsitter se rol is anders, nè? Jy staan terug en probeer kyk na die strategie. (Booyens 2015)

    Voeg daarby die faktor dat Bekker se roem - Pierre Bourdieu (1984) sal dit beskryf as "simboliese kapitaal"1 - hom al so ver vooruitloop dat dit moeilik is om te dink dat hy binne die afsienbare toekoms op die agtergrond gaan verdwyn. ´n Veelseggende verskynsel by Naspers is dat bestuurders dikwels h sin begin met "Koos sê ..." - met ander woorde - dit impliseer h opdrag wat uitgevoer of h idee wat ondersoek moet word, want binne Naspers is Bekker se woord wet (Harber 2012:17). h Belangrike vraag kom in hierdie verband na vore: watter moontlike invloed kan Koos Bekker in die openbare domein buite Naspers uitoefen? Om daaroor te besin moet daar vasgestel word wat Koos Bekker dink en glo, en spesifiek ook oor onderwerpe wat op die oog af minder direk met die politieke ekonomie van Naspers en die media te doen het.

    Hierdie artikel ondersoek Bekker se uitsprake met die veronderstelling dat sy menings trefkrag in die openbare domein het. Die moontlike uitwerking daarvan is belangrik omdat Bekker nie net inspraak in die toekoms van SA en Afrika se grootste mediamaatskappy (Onu 2015) het nie, maar ook omdat sy sukses en invloed in die media- en sakewêreld aan hom h mate van invloed op ander terreine van die samelewing ook gee (Bourdieu [1992] se "metakapitaal"), met ander woorde, hy word as h meningsvormer gesien. Aan die hand van Bourdieu beskryf Couldry (2003:669) metakapitaal as die mag, verkry deur mediablootstelling, om in meer as een veld invloed uit te oefen.

    Daarmee word nie gesuggereer dat Bekker as (enigste) oorsprong of sentrum van mag en magsdiskoerse binne of buite Naspers funksioneer nie. Foucault (1980, 1972) toon aan hoedat h subjek deur diskoers "ontstaan", met ander woorde ook magshebbers soos Bekker is deel van strukture wat op hulle inspeel en hulle "skep" en help bepaal. Wat wel waar is, is dat wanneer Bekker aan diskoerse deelgeneem het, sy uitsprake dikwels aandag trek in verskeie oorde en moontlik ander se besluite en optrede beïnvloed. Bekker het dus die vermoë om aan sekere diskoerse legitimiteit bo ander te verleen.

    Hierdie artikel probeer die aard van Bekker se metakapitaal peil. Dit verduidelik met ander woorde aan watter magsdiskoerse hy deelgeneem het, en in watter rigting hy bestaande magsdiskoerse help stuur.

     

    AGTERGROND

    Harber (2012:6) beskryf Bekker as "bloubloed-Afrikaner": "die seun van h onderwyser en boer wat sy loopbaan as senior lid van die Nasionale Intelligensiediens afgesluit het; hy was hoofseun van die Heidelberg Hoër Volkskool en het sy merk gemaak in die tempel van die Afrikaanse intellektuele establishment Universiteit Stellenbosch, waar hy die redakteur van die studente-koerant [Die Matie] was". Daarna het Bekker ook aan die Universiteit van Witwatersrand regte studeer en h MBA aan Columbia-universiteit in New York behaal (Retief 2014).

    Terwyl ek h werknemer van Die Burger was,2 het Bekker in 1997 by Ton Vosloo oorgeneem as besturende direkteur van Naspers, die koerant se beheermaatskappy. Sy byna legendariese reputasie was toe reeds aan die groei - hoe hy as student in Amerika in die tagtigerjare by Ton Vosloo aangeklop het met die idee om die betaaltelevisiekanaal M-Net te begin, hoe die twee van hulle met die aanmoediging van die Nasionale Party h konsortium van media-aandeelhouers bymekaargebring het, en hoe die inisiatief eers amper gefaal en toe begin blom het.

    Daarna het Bekker ook h hand gehad in die stigting van die selfoonmaatskappy MTN en die internet-onderneming MWEB. Die bars van die internetborrel aan die begin van die 21ste eeu het Naspers se aandeleprys ernstig geknou, maar nie Bekker se waagmoed as visionêre entrepreneur gedemp nie. Mettertyd het strategiese internasionale beleggings, veral in die Chinese maatskappy Tencent, reuse-dividende afgewerp. Naspers het uitgeskiet en is vandag die grootste media-maatskappy in Afrika.

    Innovering en onkonvensionele strategieë het ook Bekker se bestuurstyl en persoonlike posisionering gekenmerk. Weg was die formele aanspreekvorms van die ou Nasionale Pers, hy was "Koos" vir almal van die bode en sekretaresse tot die lede van die direksie. By geleentheid het "Koos" h lorrievrag mielies van sy plaas af na Naspers laat vervoer, en personeellede kon elk h sakkie vars mielies voor die gebou gaan optel.

    Benewens Naspers se kommersiële suksesse het Bekker die aandag van die sakemedia en medesakelui getrek omdat hy h formele salarispakket van Naspers van die hand gewys het in ruil vir mildelike aandele-opsies in die maatskappy. Die reëling het sy ingesteldheid getoon - as die maatskappy wen, wen hy groot, maar as dit faal, val hy saam.3

    Tot op hede was die kurwe nog maar net boontoe, en Naspers (en daarmee saam Bekker) neem nou sy plek in saam met die "groot gorillas", aldus die joernalis Anton Harber wat h kort biografie, Gorrilla in the room, oor Koos Bekker geskryf het. Die titel is ontleen aan h grappie by Naspers wat lui: "Waar sit die groot gorilla?" Die antwoord is: "Waar hy wil" (Harber 2012:24).

     

    TEORETIESE INVALSHOEK EN METODOLOGIE

    Hierdie artikel aanvaar die diskoersteorie van Michel Foucault (1980, 1972), asook Pierre Bourdieu (1991, 1984) se soortgelyke argumente oor die verband tussen taaluitinge en magsuitoefening, as teoretiese vertrekpunt. Kortliks kom dit daarop neer dat menslike belewenis van die werklikheid binne taal plaasvind, en dat die proses van simboliese kommunikasie deur taal ook 'n magsproses is. Foucault (1980) het die samestelling "mag/kennis" gebruik om dié beginsel te illustreer, terwyl Bourdieu verwys het na "simboliese geweld" om magsuitoefening deur taal te beskryf (Bourdieu & Thompson 1991).

    Volgens hierdie teoretici berus prosesse van benoeming en beskrywing deur taal op die reg om sekere idees, mense, groepe ens. in of uit te sluit, en dus om legitimiteit daaraan te verleen of te misken. Groep- en kultuurvorming en -ontwikkeling is dus gekoppel aan diskursiewe mags-prosesse, want die stryd om te bepaal wat binne of buite n bepaalde groepsverband tuishoort, word ook op taalvlak gevoer.

    In die geval van Bekker is dit dus belangrik om ag te slaan op wat hy sê (of nie sê nie), hoe hy dit sê, en waar en wanneer dit gesê word. Die seleksie van media-inhoud oor en deur Bekker vir ontleding bied 'n praktiese uitdaging. Desondanks die feit dat hy relatief media-sku is, het daar oor die afgelope dekades uiteraard baie in die media oor hom verskyn. Die slagwoord "Koos Bekker" op die soekenjin Google lewer byvoorbeeld meer as 36 000 resultate op, van 'n Wikipedia-inskywing en formele media-artikels tot informele verwysings in sosiale media-interaksies.

    Die seleksie van die tekste vir ontleding is gemotiveer deur wat Merriam (2009:77) beskryf as "doelgerigte seleksie" ("purposeful sampling"). Dit is gebaseer op die veronderstelling dat voorbeelde "ryk aan informasie" aan die hand van voorafbepaalde kriteria geselekteer word. Merriam (2009:77) skryf:

    Purposeful sampling is based on the assumption that the investigator wants to discover, understand and gain insight and therefore must select a sample from which the most can be learned.

    Talle generiese verwysings na Bekker in sy hoedanigheid as sakeman, entrepreneur en "bekende", dikwels in die verbygaan wanneer daar na Naspers verwys is, is buite rekening gelaat vir die doeleindes van hierdie artikel. Die teoretiese raamwerk posisioneer die data-ontleding immers in die kader van Bekker se eie uitsprake, omdat dit n meer direkte aanduiding van sy mening is. Voorts is hierdie artikel nie gefokus op wat Bekker oor Naspers en sy sakebelang en prestasies, asook die media en joernalistiek in die breë te sê gehad het nie. Danksy Bekker se gevestigde magsposisie binne die sake- en mediawêreld word hierdie uitsprake gewoonlik wyd gerapporteer en kan daar aanvaar word dat dit daar rigtinggewend is. Gemotiveer deur die konsep van metakapitaal is hierdie artikel eerder geïnteresseerd in Bekker se mening buite sy gevestigde veld van invloed, met die veronderstelling dat hy daar ook n mate van gewig dra.

    Vir seleksiedoeleindes is dus primêr gefokus op persoonlike meningstukke deur Bekker waarin hy hom veral oor onderwerpe buite Naspers, en die sake- en mediawêreld uitgespreek het. Deur n internetsoektog met die slagwoorde "Koos Bekker skryf" en "Koos Bekker writes" is gepubliseerde media-artikels wat voldoen aan die kriteria wat bo bespreek is, opgespoor (sien bv. Bekker 2002, 2004a, 2004b, 2005, 2006, 2010a, 2010b, 2012, 2014).

    n Tweede kategorie media-inhoud oor Bekker is profielsketse en onderhoude wat klaarblyklik met sy instemming gepubliseer is (bv. Booyens 2015; Le Cordeur 2015; Booyens 2014; Retief 2014; Vorster 2012). Hierdie tekste is opgespoor deur 'n internetsoektog met die slagwoorde "Koos Bekker praat" en "Koos Bekker speaks". Hoewel hierdie tekste nie deur Bekker self geskryf is nie, word sy mening daarin dikwels direk gerapporteer (van die voorbeelde sluit video-opnames in waarin hy self aan die woord is).

    Selfs met joernalistieke raamteorie in gedagte - met ander woorde die idee dat mediabood-skappe deur die seleksie en prosessering van joernaliste "gekonstrueer" word en dus nie as n spieëlbeeld van die "werklikheid" beskou kan word nie (sien bv. Entman 1993), word daar steeds geargumenteer dat hierdie tweede kategorie tekste aan bogenoemde kriteria vir seleksie voldoen. Die punt is dat hierdie tekste deel is van media-uitsprake wat met Bekker geassosieer word, en n aanduiding gee van die aard en inhoud van sy "metakapitaal" in die samelewing. In sommige gevalle is die ontwikkeling van sy standpunte oor bepaalde onderwerpe met verloop van tyd weergegee, terwyl daar ook probeer is om sy mees onlangse uitsprake oor n bepaalde onderwerp op te spoor.

    Voortvloeiend uit die bogenoemde idees van Foucault, Bourdieu en ander, het n metode van teksontleding, genaamd kritiese diskoersanalise ontwikkel. Dit is deel van n groot en diverse multidissiplinêre veld van diskoersteorie en -analise. Talle inkarnasies en variasies van kritiese diskoersanalise is veral gewild in die velde van linguistiek en mediastudies. In eersgenoemde veld is die klem dikwels op hoog-tegniese teksanalise, terwyl laasgenoemde tipies meer fokus op die kontekstuele plasing van tekste.

    Hierdie artikel sluit aan by Fairclough (2003, 1998) en Van Dijk (1998) se inklusiewe beskouing van teks en konteks, en volg eersgenoemde se voorstel vir n drievlakkige analise van samelewingskonteks, konteks van produksie, en teks. Met ander woorde, elke teks word eerstens ontleed deur te kyk na die groter samelewingskonteks en die rolspelers, aktuele gebeure en geskiedenis waarteen die teks geplaas is en waarmee dit verband hou. Tweedens kyk die analise na die joernalistieke konteks waarin die tekste geproduseer is (soos hoe en waar tekste geplaas is; wie die skrywers en bronne is; die eienaars van die media waarin dit gepubliseer is ens.). Laastens verskuif die fokus na die interne meganismes van kommunikasie (woordgebruik, metafore, aktiewe of passiewe rede, ens).

    Hoewel die analise van tekste hoofsaaklik gefokus het op die twee kategorieë wat bo uiteengesit is (n seleksie van tekste deur Bekker, asook profielsketse en onderhoude met hom) is tersaaklike inligting uit ander primêre en sekondêre bronne wat opgespoor is, ook ter stawing ingesluit. Temas is induktief geïdentifiseer deur die tekste deeglik te bestudeer totdat ´n punt van "versadiging" ("saturation") bereik is. Merriam (2009:183) bespreek die vraag hoe ´n kwalitatiewe navorser weet dat hy of sy genoeg data versamel en ontleed het. In dié verband word die konsep "versadiging" beskryf as die punt wanneer geen nuwe inligting of insigte oor die fenomeen wat jy bestudeer meer na vore kom nie. In hierdie artikel is die fenomeen onder bespreking die "metakapitaal" van Koos Bekker, soos blyk uit die samelewingsdiskoerse waarin hy geposisioneer is.

    Vervolgens word die bespreking gestruktureer aan die hand van temas wat induktief uit die analise na vore gekom het. Hoewel die model van kritiese diskoersanalise wat hier aangewend is, op drie vlakke funksioneer (teks, konteks van produksie, en samelewingskonteks) word die bespreking nie daarvolgens onderskei nie. Die bespreking van bevindings word dus om praktiese redes, veral om fragmentasie en herhaling te voorkom en leesbaarheid te verhoog, eerder rondom die geïdentifiseerde temas aangebied.

     

    BEVINDINGS (Koos Bekker as...)

    Aanhanger van evolusie-teorie

    Klaarblyklik is evolusieteorie n sterk persoonlike belangstelling by Bekker. Soos Harber (2012:25) skryf:

    ...Bekker told me of his long-standing interest in Darwin: 'People quote Darwin saying that it is the strongest that survive, the fittest. But that is not what he said: he said it is those who are most flexible, those who can adapt to change, who survive.' At the time, it seemed like a throwaway remark. I was to realise that it was the key to understanding his approach to business and management.

    Tekenend hiervan is die Naspers Akademie, gestig op inisiatief van Bekker in 2013 om voortdurende opleiding vir personeel te verseker (Naspers Academy 2015). Een van die akademie se konferensies in 2014 was byvoorbeeld getitled "How to develop adaptive leader", en is bemark onder die slagspreuk: "If you want to survive you must learn to adapt!"

    In samehang met die groter evolusietema skets Bekker (2006) die buitelyne van die Afrika-oorsprong-teorie, wat beskryf hoe mense in Afrika ontwikkel het en daarvandaan oor die aardbol migreer het. Hy gebruik dus evolusieteorie om uit te kom by die slotsom dat wit mense ook in Afrika "hoort" en dat Afrika sy regmatige plek in die wêreld moet inneem. Tweedens argumenteer hy dat dié teorie aantoon dat diskriminasie op grond van velkleur en "ras" totaal ongegrond en teenproduktief is. Bekker se siening hieroor is waarskynlik beïnvloed deur die boek Out of Africa's Eden deur Stephen Oppenheimer (uitgegee deur Jonatahan Ball, filiaal van Naspers, in 2004), waarin Afrika as oorsprong van die mensdom beskryf word.

    Botma (2006:230-231) dui aan hoe Bekker, na aanleiding van die bekendstelling van Out of Africa 's Eden, ´n reeks "sinergie"-projekte binne Naspers onder die vaandel van die "So where do we come from"-projek geïnisieer het. Dit het ingesluit die vervaardiging van h dokumentêre rolprent oor genetika en genealogie, met die strekking dat alle mense uiteindelik hul oorsprong na Afrika kan terugvoer, diepte-forumartikels en prominente nuusberigte (selfs op voorblaaie) deur Beeld en Die Burger, ´n artikelverslag deur Huisgenoot oor die proses om Suid-Afrikaanse glanspersoonlikhede se herkoms deur genetiese toetsing te bepaal, pogings om deur MWeb h genealogie-webwerf te begin, en geselsprogramme op MNet en kykNET waaraan wetenskaplikes, joernaliste en bekendes deelgeneem het.

    Hierdie geval is h goeie voorbeeld van Bekker se "metakapitaal", met ander woorde hoe sy persoonlike belangstellings nie net Naspers se optrede en strategie kon beïnvloed nie, maar ook uitgekring het met die potensiaal om menings daarbuite te vorm. In die geval van "So where do we come from" was die doelwit, behalwe finansieel, klaarblyklik om wit mense se aanspraak op Afrika as tuiste te ondersteun, en dus in die proses moontlik ook sogenaamde rassewrywing teen te werk.

    Kritiese patriot

    h Oorsig oor sommige van Bekker se uitsprake oor Afrika en Suid-Afrika se situasie en vooruitsigte dui op klemverskuiwings tiperend van h kritiese patriot. Vroeg in die nuwe millennium (2002) was hy by geleentheid matig optimisties, en kort nâ die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi (hy was lid van die bod- en plaaslike reëlingskomitee) bykans eufories oor Afrika en Suid-Afrika se vermoë om die res van die wêreld in die oë te kyk. Bekker (2012) is egter erg krities oor politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse ekonomie en reageer soos volg: "In South Africa, regrettably, a practice has arisen to mingle the two." Hy vervolg:

    Politicians acquire business interests and soon can't distinguish between private profit and the greater public good. Conversely, business people are 'cadre deployed' into public appointmens and use those to push their private interests.. .There can hardly be any country in the world that has mangled its great public corporations like we have in recent years: Eskom, Telkom, the SABC, Sentech, the Land Bank, etc.

    Aan Retief (2014) sê Bekker:

    Die politiek in die land loop tans skeef, en dit kan dalk treurig eindig. Maar, soos ons almal in 1994 verras is, só kan dinge ook weer regkom.

    Teen 2015 is dieselfde mengsel van optimisme, kritiek en twyfel oor wat Bekker sien as korrupsie en politieke betrokkenheid by en inmenging in die ekonomie steeds aanwesig. Oor die (ekonomiese) toekoms van Afrika sê Bekker byvoorbeeld aan Booyens (2015):

    Afrika in sy geheel groei tipies teen 3%, 4%, 5%. Dit is nie 'n groeikoers wat jy in Europa kry nie. Afrika het sy probleme - korrupsie en sosiale instellings wat nog swak is - maar hy het oor die algemeen ook 'n vinniger groeikoers as die meeste ontwikkelende lande. Afrika gaan oor, kom ons sê, 50 jaar 'n groter bevolking as China hê en beslis ryker wees as wat hy vandag is. Ek is redelik optimisties oor die kontinent.

    Hoewel Bekker se uitsprake oor Afrika en Suid-Afrika dikwels uit ´n ekonomiese perspektief, sy primêre kennis- en magsveld, plaasvind, sluit aspekte daarvan aan by ´n bekende Westerse koloniale diskoers van Afrika-pessimisme. Maar hy balanseer hierdie uitsprake strategies met boodskappe van optimisme en trots, gebaseer op prestasies op die terreine van onder meer sport, geskiedenis en kultuur.

    Kampvegter vir Afrikaans

    Na aanleiding van n onderhoud met Koos Bekker skryf Retief (2014) soos volg oor sy houding teenoor Afrikaans:

    En Afrikaans, waarvoor hy so lief is. Vir hom as wêreldburger suggereer dit steeds die klanke van sy jeug, die reuke, die herinneringe. 'My nooi is in 'n nartjie, my ouma in kaneel... Omdat ek daarin grootgeword het, het Afrikaans vir my 'n resonansie wat geen ander taal het nie.'

    Dus het Bekker, sedert 2000 n raadslid van die Universiteit van Stellenbosch (verkies deur die konvokasie), hom al sterk in die openbaar oor die plek en rol van Afrikaans aan dié en ander universiteite uitgespreek. Bekker (2005) verklaar dat "[A]s Stellenbosch homself as tweetalig begin projekteer - of slegs binnensmonds-mompelend Afrikaans wil wees - kan hy dit nooit bly nie". Teen 2014 het die taalbeleid van die US inderdaad sodanig verander dat Afrikaans en Engels gelyke status gegee is. In 2005 het Bekker nog stellig verklaar: "As Stellenbosch sou verengels, kies hy myns insiens die roete van papbroekigheid".

    In 2014 argumenteer Bekker steeds dat Afrikaans as universiteitstaal in stand gehou moet word:

    Ons land het so 25 universiteite. As 14% van hulle ook Afrikaanstalig is, impliseer normale burgerregte dat ons land rondom drie universiteite sal bied waar daardie studente wat dit graag wil doen ook in Afrikaans kan studeer. Met geen meer burgerregte as enigiemand anders nie, maar ook nie met minder nie.

    Bekker (2014) is veral gekant teen die suggestie dat Afrikaanssprekenes weens apartheid nie moet aandring op Afrikaanse universiteitsonderrig nie. In 2015 het hy - vir sover vasgestel kon word - geen openbare uitsprake oor Stellenbosch se taalbeleid gedoen nie. Hy was wel steeds lid van die Universiteitsraad wat te midde van hewige debat oor n voorstel van die Rektor se Bestuurspan dat Engels die verstektaal aan die universiteit moes word (Phakhati 2015; Makhafola 2015), die gelyke status van Afrikaans en Engels as administratiewe en onderrigtale op voorgraadse vlak herbevestig het (Nel & Janse van Rensburg 2015).

    Insiggewend in die lig van kritiek uit talle oorde dat Naspers, gebou op Afrikaner-belange, algaande sy ideale ten koste van winsbejag versaak het (Sien Froneman 2004), laat Bekker (2005) hom soos volg uit oor die beperkte rol van sakelui soos hy om Afrikaans se voortbestaan te verseker:

    Net sowat 12% van Naspers se omset word in Afrikaans bedryf4... Ons verkoop daagliks ook meer koerante in Engels as in Afrikaans. Geen groot maatskappy waaraan ek kan dink, sal 'n vinger lig om Afrikaans te beskerm nie. Die redes om so 'n taal/ kultuur te koester, hou nie verband met geld nie. Eerder met die gemeenskap wat ons wil wees, met ons wortels in Afrika en met die verhouding van wit en bruin Afrikaanssprekende lede van dieselfde huisgesin.

    In 2005 en 2014 het Bekker dit duidelik gemaak dat hy die toekoms van Afrikaans aan universiteite, en spesifiek die US, deels aan die toetrede van die "bruin" gemeenskap van die Wes-Kaap koppel. Indien die US verengels, het hy in 2005 aangevoer, word "...in die praktyk die rug toe[gekeer] op ons wortels in Afrika en op ons bruin boeties en sussies. Watse soort gemeenskap bou ons só in die Wes-Kaap?".

    Die verwysings na "bruin boeties en sussies" suggereer h nabye (familiale) en informele verhouding tussen alle lede van die Afrikaanse taalgemeenskap, wat in feite weens apartheid, en 21 jaar na die afskaffing daarvan, nie bestaan nie. In dié opsig is Bekker se mening oop vir kritiek dat h verhouding met bruin sprekers om strategiese redes versin word.

    Bekker toon h relatiewe konserwatiewe houding ten opsigte van die behoud van Afrikaans by universiteite, wat in h mate indruis teen die huidige rigting van ontwikkelinge op grondvlak by al die voormalige Afrikaanse universiteite. As raadslid van die US was hy wel in 2005 krities uitgesproke oor die moontlikheid van verengelsing spesifiek daar, maar meer onlangs het hy meer oor die algemeen kommentaar gelewer.

    Kritikus van sommige Afrikaners

    Bekker (2014) is taamlik afwysend oor sommige ouer wit Afrikaners, wat hy beskryf as 'n "vorige geslag wat verantwoordelik was vir die administrasie van apartheid", maar wat nou reaksionêr of passief geraak het. Hy plaas lede van dié geslag op h "spektrum" en identifiseer dan "twee sielkundige reaksies" as uiterstes.

    Die een uiterste noem Bekker (2014) 'n "refusenik". Dit is hoofsaaklik afgetredenes wat nie hoef te "engage met die nuwe werklikheid nie". Hulle sou wou emigreer, maar die "laaste dae van bitterheid leef hy uit in 'n strandhuis op Rooi-Els, waar hy tuur na die nuwe Suid-Afrika om fout te vind: Elke beriggie van korrupsie of onbeholpenheid gee hom eintlik Schadenfreude". Die ander uiterste, 'n "professionele kreepy krauly", kort "tipies 'n inkomste en kan dit nie bekostig om te onttrek nie".

    Maar jongmense word klaarblyklik kwytgeskeld van enige vorm van kollektiewe of historiese skuld. Hy verklaar dat "bruin" lede, wat die helfte van die groep van Afrikaanssprekendes beslaan, "kwalik vir apartheid geblameer [kan] word", terwyl die "wit helfte het ook nie deel aan apartheid gehad nie omdat hulle eenvoudig daarna gebore is". Met hierdie argument ignoreer Bekker (2014) die feit dat patrone van wit bevoorregting in vele opsigte nog by die jonger generasie Suid-Afrikaners te bespeur is.

    Die enigste opsie, volgens hom, vir 'n "Afrikaanssprekende jongmens, bruin of wit" is volgens hom om "vrede te maak met die nuwe Suid-Afrika" en om h "rol in sy ekonomie te vind waarin jy 'n nuttige bydrae kan maak". Bekker sien dit as "redding" vir jongmense dat hulle nie "die persoonlike skuld van apartheid dra nie en regop kan loop". Die implikasie is dat ouer mense dus wel skuld dra en dus nie dié voorreg het nie. Hy raai die jonges aan om "die ouer geslag wat namens jou wil oorgee uit die pad te vee en self [te] begin praat".

    Ere-Chinees

    Bekker assosieer hom met verteenwoordigers van sogenaamde opkomende lande, en veral China, wat al dekades een van sy fokuspunte en ´n objek van sy bewondering is (Retief 2014). Danksy Naspers se belegging in veral die Chinese maatskappy Tencent het eersgenoemde tot ongekende hoogtes gegroei. Maar Bekker "belê" ook op ander maniere in China deur bevordering van dié land se taal en kultuur in Suid-Afrika. Hy het byvoorbeeld 'n deurslaggewende rol gespeel in die vestiging van die Sentrum vir Chinese Studie en die bevordering van die onderrig van Mandaryns aan die Universiteit van Stellenbosch (Marais 2002) en onder belangstellende Naspers-werknemers.

    Volgens Hogg (2011) meen Bekker dit is net 'n kwessie van tyd voor die Chinese ekonomie die Weste klop. Bekker meld gereeld dat die Weste nou "oud" is en dat nuwe geleenthede daarbuite gesoek moet word (sien Booyens 2015).

    In sy besinging oor die prestasies van China bly Bekker egter in gebreke om die land se onderdrukkende politieke regime te kritiseer. Dit skakel met Naspers se algemene swye oor China se diktatoriale sensuurstelsel, klaarblyklik omdat die maatskappy nie sy eie media- en ander handelsbelange daar wil skaad nie (sien Rose 2015b).

    Naspers se standpunt, volgens Harber (2012:37), is dat hy dit aan sy Chinese vennote oorlaat om met die owerheid te onderhandel, en dat dit die maatskappy help dat Suid-Afrika nie vyande het nie, en dus meer welkom is op plekke soos China, Rusland en Brasilia as byvoorbeeld 'n Amerikaanse maatskappy. Oor sensuur kan hy kwalik kommentaar lewer, sê Bekker byvoorbeeld aan Harber (2012:37) en vervolg: "Tencent is a listed entity with its own board and identity."

    Harber vervolg dat dié pragmatiese benadering dalk spruit uit Naspers se ondervinding gedurende die jare van apartheid-sensuur in Suid-Afrika. Of, as jy meer krities wil wees, kan jy sê dit reflekteer Naspers se geskiedenis, naamlik dat hy "gemaklik naby mag kan lewe" (2012:37).

    Strategiese meningsvormer

    Dit is opmerklik dat Bekker relatief gereeld meningsartikels gepubliseer het in media-instansies wat aan Naspers behoort (sien bv. Bekker 2002, 2004a, 2004b, 2005, 2006, 2010a, 2010b, 2012, 2014). Bydraes is versprei tussen Media24 se Engelse weekblad City Press, die aanlyn-nuuswebwerf News24 (ook in Engels) en die Afrikaanse koerante Beeld, Die Burger en Rapport. Aangesien Bekker in n magsposisie in die maatskappy is, is dit onwaarskynlik dat die redakteurs van die onderskeie publikasies sy bydraes sou afkeur, terwyl hy waarskynlik n mate van inspraak in redaksionele prosesse (kon) gehad het (soos of en in watter mate die artikel voor publikasie geredigeer is). Hoe meer beheer Bekker oor die produksieproses van die media-inhoud kon behou, hoe minder is die kans dat die joernalistieke "raming" van die artikel van sy eie doelstellings verskil.

    Bekker se bydraes vir die Afrikaanse dagblaaie (2004b, 2005, 2014) het opmerklik sterk op die Afrikaanse taalkwessie en die posisie van Afrikaners in die postapartheid bedeling gefokus. By minstens twee geleenthede het hy erg krities te velde getrek teen openbare uitsprake deur oud-ministers van Naspers se voormalige bondgenoot, die Nasionale Party, onderskeidelik Leon Wessels en Tertius Delport. By eersgenoemde bespeur Bekker (2014) "n soort weersin in Afrikaans,'n aanname dat Afrikaanssprekendes weens die sonde van apartheid nie hul stem in die openbare debat moet laat hoor nie". Bekker (2004b) kry Delport en sy ondersteuners voor stok oor teenstand teen die toekenning van n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch aan die kommunistiese anti-apartheidstryder Bram Fischer:

    Hoe op aarde stel mens Fischer se nalatenskap as bloeddorstig voor, waar Afrikaners soos hy en Beyers Naudé so 'n groot rol gespeel het om Nelson Mandela en ander van die essensiële goedheid van die mens te oortuig? Hierdie aanname lê vandag ten grondslag van ons demokrasie.

    Rondom die Wêreldbekersokkertoernooi in 20105 het hy bydraes oor die "nuwe" Suid-Afrika se plek en rol in die wêreld in City Press gelewer (2004a, 2010a). Interessant genoeg was Bekker se bydraes tot die Engelse media dus dikwels veel minder aan h spesifieke kultuurgemeenskap gebonde as dié in die Afrikaanse media. Hy het in Engels byvoorbeeld breedvoerig oor h herwaardering van Afrika as die "wieg van die mensdom" geskryf, ook in City Press (2006). h Ander tema was Suid-Afrikaanse identiteit en politieke ekonomie, waaroor Bekker in 2002 (meer positief) en weer in 2012 (meer negatief) geskryf het.

    Ingeligte loslit-skrywer

    h Informele, amper nonchalante skryfstyl, samehangend met ingeligte en berekende inhoud, is kenmerkend van Bekker. Dit pas by sy beeld as immer vernuwende, aweregse innoveerder en vrydenker wat konvensies en strukture verwerp en omvorm. Bekker (2004a) vermeng dikwels klassieke literatuurverwysings met kontemporêre spreektaal en verklaar byvoorbeeld met verwysing na die twee vorige Olimpiese gasheerstede Athene en Beijing:

    Their experiences remind one of Charles Dickens' A Tale of Two Cities: there ain't no similarities.

    Hy gebruik ook graag humoristiese verwysings en beeldspraak, soos byvoorbeeld die volgende aanhaling in h stuk waarin hy vra dat politici hul neuse uit die ekonomie moet hou:

    To parachute a politician in as head of a complex commercial group is as wise as dressing that same gentleman in the strip of Kaizer Chiefs and sending him on the field as goalie in the next derby against Pirates. (Bekker 2012)

    Bekker (2005) verskaf nog h goeie voorbeeld:

    Soos die tieners sê : Hal-lo. (Of dit in die 21ste eeu überhaupt nog aspirerend is om 'n Europeer te probeer wees, weet ek nie. Europa is 'n moeë ou brontosaurus in die wêreldekonomie. Die toekoms lê in dim sum en roti, nie in yorkshire pudding nie: Vlieg oos, jongman.)

    Bogenoemde paragraaf demonstreer ook h ander aspek van Bekker se styl en inhoud, doelbewuste verwysings na en identifisering met die jeug, veral deur tipiese humoristiese formulerings, verwysings en tussenwerpsels. In Bekker (2014) verklaar hy in h stadium "Soos die studente sê: Gimme a break!" in reaksie op h argument wat hy verwerp, in h ander konteks weer "Like the kids type on their cellphones: LOL" (Bekker 2012). Meer oor die rol wat "jeudigheid" in Bekker se uitsprake speel, volg in die volgende bespreking.

    Bekker (2014) deel die leser mee dat hy "tans oorsee" reis en "nuwe dinge" beleef. Dit pas by sy beeld as internasionale entrepreneur op soek na die volgende tendens, maar suggereer ook n binêre spanning met "oud", wat na gelang van omstandighede deur verskillende van Bekker se diskursiewe "opponente" beliggaam word.

    Bekker is byvoorbeeld binne Naspers berug daarvoor dat hy by verskillende geleenthede aangedui het dat mense bo 40 nie nuwe media verstaan nie en mense bo 30 kwalik met nuwe uitvindsels vorendag kom (sien Retief 2014). Soos bo genoem, is hy in dié sin n "aanbidder" van jeugdigheid en besing dikwels jong mense se lof. Aan Retief (2014) sê hy:

    Meeste mense degenereer soos hulle ouer word. Hulle raak minder bevatlik vir indrukke, vervelig. Jong mense stimuleer jou, want hulle is ontvanklik, enigiets is nog moontlik in hul lewens.

    Bekker (2014) meld dat hy op n internasionale reis veral getref is deur "die selfvertroue van studente - veral Chinese, Indiërs en Nigeriërs", want die "wêreld behoort aan hulle; hulle gaan hom herskep". Aan Booyens (2015) sê Bekker onder meer:

    Mense in jong lande is meer optimisties en meer ambisieus. Hulle wil hul kinders verder laat kom in die wêreld. Dis anders as in Europa. Wat my altyd tref in Frankryk wanneer jy met studente gesels, is dat hulle al teen Woensdag praat oor wat hulle die naweek gaan doen. Dan kom jy in Indië by 'n klomp ingenieurs en Vrydagaand agtuur werk hulle nog. Dit is hoekom Indië gaan ryk word en Europa arm.

    Teen hierdie agtergrond van sy bewondering vir jeugdigheid is sy beskrywing van sy ontmoeting met en bewondering vir die bejaarde kosskrywer van Kook en geniet-faam, S.J.A. de Villiers, by n maatskappyete (wat hy gewoonlik as "sieldodend" ervaar), nogal ironies. Bekker (2010b) beskryf hoe hy aanvanklik maar huiwerig was:

    Een middag enkele jare gelede kyk ek regs en sien ek's geplaas langs 'n grys-wit antietjie met 'n bril. Links is darem 'n internet-genie. Maar ek moet met haar praat en my moed sak. Ek skink my chardonnay-glas vol om deur die volgende uur te kom. Nou wie's dié antietjie? skryf ek op die spyskaart en glip dit na ons uitgewer oorkant die tafel. Ons uitgewer bekyk my soos Julius Malema, haal 'n Cartier-vulpen uit haar handsak, krap iets op die spyskaart en skuif dit met die voorpunt van 'n koue mes stadig terug oor die tafeldoek. Haar woorde lees: "SJA de Villiers, Kook en geniet".

    Bekker beskryf hoe hy met haar begin gesels het en in haar n geesgenoot as entrepreneur ontdek het. Hy sluit af:

    Ina de Villiers was 'n entrepreneur wat nie net die goue eier gelê het nie, maar die hele gans gemaak het: skrywer, uitgewer, entrepreneur. Sy het ryk geword. Toe die ete eindig en die poeding kom, besef ek die internet-genie wat links van my gesit het, het reeds geloop, seker dikbek. Ek het immers heeltyd met Ina gepraat. Dis die soort mens wat ons ekonomie nodig het: vindingryk, weerbarstig, onkonvensioneel. Wat 'n eer om langs die grys-wit antietjie met die bril te sit!

    Dié huldeblyk aan De Villiers is met Bekker se kenmerkende beskrywende humoristiese aanslag gelewer, met ontblotende self-ironisering daarby, maar dit toon ook aan dat in Bekker se denkraamwerk die gewone senior burger veel eerder as die (jong) internet-genie die "dikbek" gas rondom die maatskappy-tafel sal wees.

     

    TEN SLOTTE

    Dié artikel toon aan dat Koos Bekker hom die afgelope twee dekades en meer oor n wye reeks onderwerpe buite die sakewêreld van Naspers uitgespreek het. Hier is agt diskursiewe temas as aanduiding van sy metakapitaal geïdentifiseer: (Koos Bekker as) aanhanger van evolusieteorie, kritiese patriot, kampvegter vir Afrikaans, kritikus van sommige Afrikaners, ere-Chinees, strategiese meningsvormer, ingeligte loslit-skrywer, en jeug-"aanbidder".

    Eerstens opmerklik is dat Bekker se persoonlike oortuigings in verband met evolusieteorie klaarblyklik neerslag vind in sy sakefilosofie en besluitneming binne Naspers. In aansluiting daarby het hy verskeie inisiatiewe van stapel laat loop om die "Afrika-oorsprong" -teorie aan n breë publiek bekend te stel, en by geleentheid ook self n meningsartikel daaroor in n Naspers-publikasie gepubliseer. Behalwe die finansiële voordele wat die maatskappy moontlik uit hierdie vorm van "sinergie" kon put, het Bekker se eie politieke filosofie oor die plek en rol van wit mense in Afrika, asook teenkanting teen diskriminasie gegrond op velkleur en "ras", waarskynlik ook n rol gespeel.

    As internasionale sakeman het Bekker hom dikwels op ´n groter forum as Afrika- en Suid-Afrikaanse optimis en patriot geposisioneer. Bekker se Suid-Afrikaanse optimisme het teen 2010 n hoogtepunt bereik, net na die suksesvolle Fifa-sokkertoernooi met hom as lid van die bod- en plaaslike reëlingskomitee. Twee jaar later het hy egter sterk krities gereageer op "kader-ontplooiing" en die skade wat politieke aanstellings aan die ekonomie aanrig, maar teen 2015 meen hy steeds dat die toekoms in Afrika en ander "ontwikkelende" streke lê en dat die Weste se beste dae agter die rug is.

    Aangaande die Afrikaanse taaldebat by universiteite en die rol van "wit" Afrikaners in die samelewing toon die analise dat Bekker teenstrydige posisies probeer versoen. As raadslid (verkies deur die konvokasie) van die Universiteit van Stellenbosch was Bekker in 2005 byvoorbeeld taamlik uitgesproke oor verwikkelinge by dié universiteit. Hoewel sy kernargumente teen 2014 wesenlik dieselfde was, lyk dit of hy hom in die openbaar van regstreekse kritiek op die US weerhou het, desnieteenstaande dat dit waarteen hy die US in 2005 gewaarsku het, in die praktyk aan die gebeur was (gelyke tweetaligheid is byvoorbeeld as vertrekpunt daar aanvaar in direkte teenstelling met Bekker se afkeur daarvan in 2005). Bekker was by geleentheid egter self skepties oor die moontlikheid dat daar op ryk sakemanne (soos hy) en maatskappye soos Naspers "vertrou" sal kan word om Afrikaans se voortbestaan te verseker.

    Terwyl Bekker se standpunt oor Afrikaans as behoudend gesien kan word, is hy terselfdertyd erg krities oor ouer wit Afrikaners, veral diegene wat volgens hom reaksionêr of kruiperig in die nuwe bedeling optree. Hierdie klaarblyklike gebrek aan empatie met sy tydgenote en sy ouers se generasie staan in skerp kontras met sy onkritiese ondersteuning van en assosiasie met jong Suid-Afrikaners, insluitend wittes in die Afrikaanse taalgemeenskap (soos sy kinders), wat hy kwytskeld van enige kollektiewe historiese apartheidskuld.

    Bekker se belangstelling in en bevordering van China as sake- en kultuurbestemming neem baie vorme aan, maar die artikel toon aan dat hy hom strategies weerhou van kritiek op die land se diktatoriale regering en sensuurstelsel omdat Naspers aansienlike sakebelange daar gevestig het. Dié optrede lok kritiek uit by diegene wat meen Naspers se optrede in China vertoon sekere raakpunte met die maatskappy se onderdanigheid gedurende apartheid.

    Bekker se keuse van onderwerpe en betrokke media waarin hy periodiek meningsartikels gepubliseer het, was fyn strategies, byvoorbeeld deur vir Afrikaanse koerante oor Afrikaanse taal- en kultuursake te skryf en in die Engelse media oor inklusiwiteit, diversiteit en nasiebou, asook groter historiese en politiek-ekonomiese kwessies.

    Bekker se skryfstyl getuig van afwerking en berekendheid, al is dit op die oog af dikwels informeel en nonchalant. Hy verander gereeld die toonaard deur eietydse humoristiese woorde, frases en tussenwerpsels te jukstaponeer met ingeligte interteksverwysings na die klassieke geskiedenis en letterkunde van die wêreld. Ernstige argumente word soms ligtelik aangebied, en omgekeerd.

    Die artikel het ten slotte aangedui hoe Bekker hom as ondersteuner van die jeug enjeugdigheid posisioneer, wat al tot omstredenheid binne Naspers gelei het omdat ouer werknemers misken voel. Sy "aanbidding" van jeugdigheid sorg ook soms vir ironiese teenstrydighede, soos sy huldiging van h bejaarde entrepreneur in wie hy h geesgenoot ontdek het, hoofsaaklik omdat albei van hulle as betreklik jeugdige entrepreneurs hulself onderskei en hul fortuine begin maak het.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Bekker, K. 2002. We are one nation, now let us all build it - together. City Press, 10 November, p. 30.         [ Links ]

    Bekker, K. 2004a. The Greek example: what not to do. City Press, 16 May, p.3.         [ Links ]

    Bekker, K. 2004b. Wat is die alternatief vir versoening? Die Burger, 11 November, p15.         [ Links ]

    Bekker, K. 2005. Keira, wat's jou ringtone? Die Burger, 26 Oktober, p. 13.         [ Links ]

    Bekker, K. 2006. Africa is no sideshow in the epic story of humankind. City Press, 30 April, p.23.         [ Links ]

    Bekker, K. 2010a. Overcoming the victim mentality. City Press, 31 July, p. 27.         [ Links ]

    Bekker, K. 2010b. Langs my sit 'n grys-wit antietjie...Rapport, 25 September, p. 3.         [ Links ]

    Bekker, K. 2012. Anyone up for being the goalie? News24, 6 May. http://www.news24.com/Columnists/GuestColumn/Anyone-up-for-being-the-goalie-20120505-2 [24 February 2015].         [ Links ]

    Bekker, K. 2014. Refuseniks, kreepy kraulies en studente. Beeld, 10 Junie, p.10.         [ Links ]

    Booyens, B. 2014. "17 jaar van tone stamp, en miljarde se sukses." Die Burger. 23 Februarie.http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2014/02/ 24/13/bunkoos-SA_30_0_262944636.html [3September 2015].         [ Links ]

    Booyens, B. 2015. Koos Bekker gesels nâ sy Sabbatsverlof. Netwerk24, 9 Mei. http://www.netwerk24.com/sake/2015-05-09-koos-bekker-gesels-n-sabbatsverlof [3 September 2015].         [ Links ]

    Botma, G.J. 2006. Sinergie as politiek-ekonomiese strategie in die balansering van idealisme en markgerigtheid by Die Burger, Wes-Kaap, 2004-2005. Ongepubliseerde MPhil (Joernalistiek)-verhandeling, Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

    Bourdieu, P. 1984. Distinction: A social critique of the judgement of taste. (Trans. Richard Nice). Cambridge, M.A.: Harvard University Press.         [ Links ]

    Bourdieu, P. & Thompson, J.B. 1991. Language and symbolic power [Ce que parler veut dire]. Cambridge, Mass.: Harvard University Press.         [ Links ]

    Bourdieu, P. & Wacquant, L. J.D. 1992. An invitation to reflexive sociology. Cambridge: Polity Press.         [ Links ]

    Couldry, N. 2003. Media meta-capital: extending the range of Bourdieu's field theory. Theory and Society, 32 (5-6): 653-677.         [ Links ]

    De Lange, J. & Williams, F. 2014. Bekker se denk-leiding bly. Opvolger kom uit groei-segment. Netwerk 24, 23 Februarie. http://www.netwerk24.com/sake/2014-02-23-bekker-se-denk-leiding-bly?redirect_from=beeld#!/artikel/path:2014-02-23-bekker-se-denk-l/dus-het-n-enkele-aandeel-v[27 Februarie 2015].         [ Links ]

    Entman, R. M. 1993. Framing: Toward clarification of a fractured paradigm. Journal of Communication, 43(4), 51-58.         [ Links ]

    Fairclough, N. 1998. Political discourse in the media: An analytical framework. In A. Bell & P. Garrett (eds). Approaches to media discourses. Oxford: Blackwell, pp. 143-262.         [ Links ]

    Fairclough, N. 2003. Analysing discourse: Textual analysis for social research. London: Routledge.         [ Links ]

    Fin24. 2014 (22 February). Koos Bekker steps down as Naspers CEO. http://www.fin24.com/Business/Koos-Bekker-steps-down-as-Naspers-CEO-20140222[24 February 2015].         [ Links ]

    Foucault, M. 1972. The archaeology of knowledge. London: Tavistock Publications.         [ Links ]

    Foucault, M. 1980. Power/ Knowledge: Selected interviews & other writings (1972-1977). New York: Pantheon.         [ Links ]

    Harber, A. 2012. Gorilla in the room: Koos Bekker and the rise of Naspers. Johannesburg: Parktown.         [ Links ]

    Harker, R., Mahar, C. & Wilkes, C. (eds). 1990. An introduction to the work of Pierre Bourdieu: The practice of theory. London: Macmillan.         [ Links ]

    Hogg, A. 2014. Naspers losing "24-bagger" CEO Koos Bekker; names 41yo ecommerce specialist as successor. BizNews, 22 February.http://www.biznews.com/undictated/2014/02/22/naspers-losing-24-bagger-ceo-koos-bekker-names-41yo-ecommerce-specialist-successor/[20 February 2015].         [ Links ]

    Hogg, A. 2011. "Time to get tough."MoneyWeb Davos 2011 Review., pp. 10-14.         [ Links ]

    Kruger, A. 2014. Naspers' astounding growth. Fin24, 22 February. http://www.fin24.com/Companies/ICT/Naspers-astounding-growth-20140222[20 February 2015].         [ Links ]

    Le Cordeur, M. 2015. Koos Bekker: Don't try this at home. Fin24, 11 May. http://www.fin24.com/Companies/ICT/Koos-Bekker-Dont-try-this-at-home-20150511[3 September 2015].         [ Links ]

    Makhafola, G. 2015. Stellies drops Afrikaans as primary language. IOL, 13 November. http://www.iol.co.za/news/south-africa/western-cape/stellies-drops-afrikaans-as-primary-language-1.1944728 [11 January 2016].         [ Links ]

    Marais, P. 2002. Matie gee klas in Manderyns. Die Matie, 21 Augustus.http://www0.sun.ac.za/diematie/archive/pre2003/argief/20020821 /artikels/sl04.htm [10 September 2015].         [ Links ]

    Merriam, S.B. 2009. Qualitative research: A guide to design and implementation. San Francisco: Jossey- Bass.         [ Links ]

    Naspers Academy, 2015. http://www.naspersacademy.com/ [17 September 2015].         [ Links ]

    Nel, C-A & Janse van Rensburg, A. 2015. Afrikaans gaan nie verdwyn by US. Netwerk24, 30 November. http://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/afrikaans-gaan-nie-verdwyn-by-us-20151130 [11 Januarie 2016].         [ Links ]

    Onu, E. 2015. Naspers aims to grow TV offering in Nigeria. Business Day Live, 4 March. http://www.bdlive.co.za/business/technology/2015/03/04/naspers-aims-to-grow-tv-offering-in-nigeria[5 March 2015].         [ Links ]

    Phakhati, B. 2015. Sparks to fly when Maties brass meets. Business Day Live, 14 September. http://www.bdlive.co.za/national/education/2015/09/14/sparks-to-fly-when-maties-brass-meets [11 January 2016].         [ Links ]

    Retief, H. 2014. Die man wat die toekoms wil sien. Rapport Weekliks, 4 Maart.http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2014/03/04/RH/4,5/2mrt_hrnuwekoos _30_0_289798412.html[3 September 2015].         [ Links ]

    Rose, R. 2015a. Fine Print: Why Koos Bekker had to sell his Naspers shares. Financial Mail, 24 September. http://www.financialmail.co.za/opinion/fineprint/2015/09/24/fine-print-why-koos-bekker-had-to-sell-his-naspers-shares [11 January 2016].         [ Links ]

    Rose, R. 2015b. Naspers dances with China's censorship dragon. Rand Daily Mail, 9 February. http://www.rdm.co.za/business/2014/12/13/naspers-dances-with-china-s-censorship-dragon [13 March 2015].         [ Links ]

    Slabbert, A. 2011. "Hy ploeg en plant nou om later góéd te oes." Beeld. 30 November, p. 17.         [ Links ]

    Van Dijk, T.A. 1998. Opinions and ideologies in the press. In A. Bell & P. Garrett (eds). Approaches to media discourse. Oxford: Blackwell, pp. 21-63.         [ Links ]

    Vorster, T. 2012. Sakegesprek met Koos Bekker_Koos Bekker EPS39.1. YouTube, 16 Oktober. https://www.youtube.com/watch?v=jo9brNP2tOo [3 September 2015].         [ Links ]

    Williams, F. 2014. Naspers: Bob van Dijk - "Ons sal aanhou spaghetti teen die plafon gooi": Groep sal bly eksperimenteer, ook fokus op gevestigde sake. Netwerk24, 23 Junie. http://www.netwerk24.com/sake/2014-06-23-naspers-ons-sal-aanhou-spaghetti-teen-die-plafon-gooi?redirect_from=dieburger[27 Februarie 2015].         [ Links ]

     

     

     

    Gabriel J. Botma is senior lektor in die departement Joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch (US). Hy het in 2011 die graad PhD aan die US verwerf met die proefskrif Manufacturing cultural capital: Arts journalism at Die Burger (1990-1999). Botma is die stigter-redakteur en uitgewer van die akademiese internet-joernaal Global Media Journal - African Edition. Hy het die graad MPhil (cum laude) in 2006 aan die US behaal met n studie wat op media-transformasie by Naspers en Die Burger sedert 1994 fokus. Hy het navorsingsartikels in vooraanstaande vaktyd-skrifte, soos Journalism and Mass Communication Educator, Ecquid Novi: African Journalism Studies, Communicatio en Critical Arts, gepubli-seer. Tot en met sy aanstelling by die US was hy kunsredakteur en -skrywer/resensent van Die Burger in Kaapstad.
    Gabriel J. Botma teaches Media Studies and Mass Communication Theory at the Journalism Department of Stellenbosch University. He is the founding editor and publisher of Global Media Journal - African Edition. In 2011 he obtained a PhD degree with the dissertation Manufacturing cultural capital: Arts journalism at Die Burger (1990-1999). He has published research articles in prominent journals such as Ecquid Novi: African Journalism Studies, Critical Arts, Communicatio and Journalism and Mass Communication Educator in the field of political economy, cultural studies and journalism education. Until his appointment at SU he was arts editor and theatre critic of Die Burger in Cape Town.
    1 Volgens Harker, Mahar en Wilkes (1990:13) is "the definition of capitaL.very wide for Bourdieu and includes material things (which can have symbolic value), as well as 'untouchable' but culturally significant attributes such as prestige, status and authority (referred to as symbolic capital), along with cultural capital (defined as culturally-valued taste and consumption patterns").
    2 Ek was lid van die redaksie van 1988-1992 en weer van 1994-2007.
    3 Williams (2014) verwys na wat Bekker "al grappenderwys gesê het oor Naspers se entrepreneuriese inslag: Hulle gooi spaghetti na die plafon en kyk watter stukke sit vas".
    4 Teen 2015 is dié persentasie waarskynlik veel laer deurdat Naspers se internasionale beleggings aansienlik gegroei het terwyl die Suid-Afrikaanse belange in veral die drukmedia toenemend onder druk verkeer.
    5 Naspers, soos talle ander bedrywe in die land, het uiteindelik ook gebaat by die toernooi, volgens Slabbert (2011): "Meer as 200 000 Suid-Afrikaners en ongeveer 60 000 in die res van Afrika het bykomend op [Naspers se] betaal-TV ingeteken - vir die eerste keer was die totale subskripsies meer as vyf miljoen."