Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.62 n.1 Pretoria Mar. 2022
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a4
RESEARCH AND REVIEW ARTICLES
Die probleem van historiese skuld in Suid-Afrika
The problem of historical guilt in South Africa
Leopold Scholtz
Buitengewone hoogleraar, Geskiedenis, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-pos: leoscholtz@yahoo.com
OPSOMMING
Historiese skuld is ten beste 'n baie problematiese konsep. Dit word duidelik geïllustreer deur die Duitse geskiedenis sedert 1945, toe die Duitsers vir hulself rekenskap moes gee van hul optrede in die jare 1933-1945.1 Wié het wát aan wié gedoen? Wie besluit oor die vraag van skuld of onskuld van wie? En wie of wat gee hulle die reg om dit te doen? Welke morele of regsbeginsels word in die proses gebruik?
Ook: Hoe ver moet in die tyd teruggegaan word? Na Columbus se aankoms in die Nuwe Wêreld in 1492? Na Jan van Riebeeck se koms na die Kaap in 1652? Na die "Scramble for Africa" in die negentiende eeu? Die verwoesting van die Boererepublieke en die groot sterfte van die Republikeinse burgerlike bevolking in die konsentrasiekampe in 1899-1902? Die begin van apartheid in 1948? Dit is vrae wat nie so maklik beantwoord kan word nie.
Tog, gebeure wat 'n sekere morele grens oorskry - soos die volksmoord op die Jode in die Tweede Wereldoorlog, die Rwandese volksmoord van 1994, of die etniese "suiwering" in die Balkan in dieselfde tyd - het uitgekristalliseer in 'n bepaalde konsensus oor internasionale optrede rakende menseregte in die breedste sin van die woord, en dit is geformaliseer in 'n sekere juridiese benadering oor die saak.
Oor die kwessie van historiese skuld in Suid-Afrika is, in elk geval op politieke vlak, reeds besluit. Die paradigma wat die ANC aan die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) voorgehou het - wat, met sekere nuanses, basies deur die WVK aanvaar is - was dat daar twee kante in die bevrydingstryd was. Oorvereenvoudig, was dit die "siegte ouens" (die apartheidsregering) teen die "goeie ouens" (die bevrydingsbewegings, veral die ANC/SAKP).
Trefwoorde: Apartheid, kommunisme, ANC/SAKP, Nazisme, Karl Jaspers, Alfred Nzo, Oliver Tambo, Nelson Mandela, pres. FW de Klerk, Afrikanernasionalisme, Lenin, Gandhi, Albert Luthuli, Kabwe, MK, Chris Hani, WVK, Joe Slovo
ABSTRACT
South Africans are very quick to accuse one another of having been very bad in the past.
Afrikaners are accused of severe race discrimination in the form of apartheid. They are portrayed as uniquely evil, almost as bad as the Nazi's in the Second World War. At the same time, especially the ANC/SACP is accused of severe transgressions, such as terrorism in the name of a freedom struggle, supportfor a totalitarian system in the form of Marxism-Leninism, and extreme intolerance of deviant viewpoints in the liberation movement.
It would be wrong to view the matter in a simplified way, as the problem of historical guilt is a complex one.
In this article, the problem is, firstly, examined from an ethical perspective. Apartheid must be recognised as - when viewed from a Christian viewpoint - immoral and wrong. The policy is examined in detail, with the conclusion that, while there were fleeting moments in which things could have developed more positively, these moments were still-born.
Subsequently, the accusation that apartheid was akin to Nazism is examined. It is concluded that, while there were superficial similarities, the differences were too deep, in principle, to be taken seriously.
Another aspect that should be seriously considered is why the Afrikaners actually acted in a particular way. Without defending what they had done, it is clear that they, in their own minds, were convinced that the very survival of Afrikaners as a people was at stake amidst threatening historical circumstances exemplified by the political, cultural and economic onslaught of British imperialism, as well as the looming shadow of a vastly superior majority of black people.
Lastly, there is the question as to whether the ANC/SACP also has historical guilt to carry. In the light of the way in which the very Kremlin-loyal SACP during the years took over the leadership of the alliance, the answer must be yes. The alliance wanted to replace apartheid with Communism, a policy which has as severe ethical problems as may be ascribed to apartheid. Also, the alliance handled dissenters in an extremely intolerant way by locking them up in concentration camps, where they were treated very cruelly.
It is hoped that a nuanced treatise like this could promote a public debate in South Africa.
Keywords: Apartheid, communism, ANC/SACP, Nazis, Karl Jaspers, Alfred Nzo, Oliver Tambo, Nelson Mandela, President FW de Klerk, Afrikaner nationalism, Lenin, Gandhi, Albert Luthuli, Kabwe, MK, Chris Hani, TRC, Joe Slovo
Volgens die ANC was daar "an unjust cause on one side and a just cause on the other". Enersyds was "the philosophy and practice of the use of force to ensure the perpetuation of the [apartheid] system" inherent in die stelsel van wit minderheidsregering. Apartheid het die wêreld in twee dele gekategoriseer, "humans with a right to govern and sub-humans privileged to be governed". Dit kon slegs in stand gehou word deur "the concentrated expression of the unlimited right to the use of force". Andersyds het die bevrydingsbewegings die morele en juridiese reg gehad om geweld vir die bereiking van hul vryheid te gebruik. "Thus, it would be morally wrong and legally incorrect, for instance, to equate apartheid with the resistance against it. While the latter was rooted in the principles of human dignity and human rights, the former was an affront to humanity itself."2
Daar is ook 'n ander moontlike paradigma, wat egter nooit behoorlik geartikuleer is nie. Dit is dalk die beste verwoord deur wyle genl. Constand Viljoen, wat in 1996 by die debat oor die aanvaarding van die Wet op Waarheid en Versoening aan 'n parlementêre komitee gesê het "dat ons almal maar mal was, dat ons almal maar 'n donker kant gehad het."3 Met ander woorde, pleks van "goeie ouens" teen "slegte ouens", het álmal wat aan die stryd deelgeneem het, elemente van "goed" en "sleg" bevat.
Die doel van dié artikel is om dié probleem te ondersoek.
Historiese skuld in etiese perspektief
As 'n mens uitgaan van 'n vertrekpunt wat beïnvloed word deur die liberaal-demokratiese en Christelike etiek, kan 'n mens nie anders nie as om te stel dat apartheid - gegewe die praktiese gevolge - 'n immorele beleid was. Dit wil nie sê dat álle vorms van territoriale segregasie of stelsels wat voorsiening vir etniese verskille maak noodwendig boos is nie. As só 'n stelsel die gevolg is van 'n ooreenkoms waartoe die demokraties aangewese verteenwoordigers van alle groepe vryelik ingestem het, en as dit sonder grootskaalse diskriminasie en lyding toegepas kan word, kan dit duidelik nie verkeerd wees nie. Maar dít is 'n teoretiese oefening; dit is geen akkurate beskrywing van die apartheidsbeleid wat die destydse Suid-Afrikaanse regering gevolg het nie.
Dit is waar dat sommige van die oorspronklike ideoloë wat die apartheidsidee ontwerp het (op die tipiese paternalistiese wyse wat die vroeë 20ste eeu in die algemeen gekenmerk het), die stelsel gesien het as 'n filantropiese beleid wat ook die swartes en bruinmense sou bevoordeel. Sommige intellektuele - 'n mens dink aan byvoorbeeld proff. BB Keet, Ben Marais en André Hugo, die skrywer NP van Wyk Louw en ander - het deurgaans beklemtoon dat apartheid 'n eties aanvaarbare grondslag moes hê.
In 1948 het die Nasionale Party 'n verslag van 'n kommissie onder leiding van Paul Sauer gepubliseer om onder meer die intellektueel-etiese grondslag van apartheid te verwoord. Gelykstelling is verwerp omdat dit tot die vernietiging van die wit bevolking sou lei. Daarteenoor moet die apartheidsbeleid wat die kommissie voorsien, voldoen aan die Christelike eise van geregtigheid en billikheid: "Elke vorm van verdrukking word dus verwerp as verkeerd en volkskadelik, sowel wittes as swartes, en in teenstelling met die beleid van apartheid."4
Daar was 'n vlietende oomblik in die jare vyftig, toe die Tomlinson-kommissie gedetailleerde voorstelle voorgele het om Suid-Afrika in verskeie geografiese gebiede te verdeel, dat só 'n benadering kon geslaag het. Maar dit was waarskynlik toe al te laat, want die ekonomiese groei wat deur die Tweede Wereldoorlog gestimuleer is, het toe reeds 'n onkeerbare verstedelikingsproses aan die gang gesit wat uiteindelik alle apartheidsmure sou deurbreek.5
Bowendien, vir die destydse politici was die filantropiese aspek van apartheid 'n duidelik sekondêre saak. Vir hulle was apartheid primêr 'n instrument om die politieke mag te behou. In die proses is sowat 3,5 miljoen mense met dwang van die sogenaamde "swart kolle" na die "tuislande" verskuif in 'n uitgebreide operasie wat vandag moontlik "etniese suiwering" genoem sou kon word. Die bendegeweld op die Kaapse Vlakte kan minstens gedeeltelik toegeskryf word aan die maatskaplike ontwrigting van die gedwonge verskuiwing van bruinmense kragtens die Groepsgebiedewet. Ook die intense misdaadgolf wat Suid-Afrika die laaste jare teister, is deels die resultaat van die minagting wat apartheid vir die "witman se wet" by die swartes geskep het.6 (Dit is natuurlik nie die énigste oorsaak nie; daar is ook ander.)
Afgesien van die fisieke leed en ontwrigting was dalk die ergste aspek van apartheid en die voorafgaande kolonialisme die sielkundige skade wat dit aan diegene aan die ontvangskant berokken het. Die swartes is wysgemaak dat hul kultuur en geskiedenis minderwaardig is. "The European insisted that we accept his version of the past," aldus prof. ZK Matthews, een van die vroegste swart intellektuele en 'n steunpilaar van die ANC. Maar "it was utterly unacceptable to accept his judgements on the actions and behaviour of Africans, of our own grandfathers in our own lands."7 Wat die bruines betref, hul blote bestaan is deur die Wet op die Verbod van Gemengde Huwelike en art. 16 van die Ontugwet tot sonde verklaar.
Wat die Afrikaners en die wittes se skuld des te erger maak, is dat die meeste van dié feite bekend was, veral sedert die jare sestig. Soms het dit 'n bepaalde moeite gekos om hulle uit te grawe, maar hulle was beskikbaar vir enigeen wat wou weet. Maar lank nadat die effense morele vernis wat apartheid aanvanklik bedek het weg was, lank nadat die politici ten volle besef het wat hulle aan die doen was (en dit dikwels privaat toegegee het), het hulle steeds daarmee voortgegaan, en het wittes en Afrikaners steeds dié leiers gevolg. Daarby het die meeste Afrikaners en wittes hulself met immoraliteit oorlaai.
Die Duitse filosoof Karl Jaspers (1883-1969), wat self 'n slagoffer van die Nazi's in die Tweede Wereldoorlog was, het vier kategorieë van skuld teen die agtergrond van die oorlog geïdentifiseer:
• Krimineel-juridiese skuld: Hier bedoel hy lede van die SS, Gestapo en ander wat aktief misdade begaan het, wat mense vermoor, vergas of gemartel het;
• Politieke skuld: Die meeste Duitsers, aldus Jaspers, het nie persoonlik misdade gepleeg nie. Maar hulle het die Nazi's met hul stemgedrag gesteun en entoesiasties langs die straat gewaai en die Nazi-saluut gegee wanneer Hitler verbygekom het. Dié mense het die Nazi's die politieke steun gegee om te doen wat hulle wou doen;
• Morele skuld: Natuurlik het nie álle Duitsers die Nazi's aktief gesteun nie. Baie was apaties of het geen belangstelling in die politiek gehad nie. Maar hulle het ook geen vinger gelig om die Nazi's te stop nie;
• Metafisiese skuld: Dit is die skuld wat alle mense op aarde weens die oersonde voor God het.8
Vir die doeleindes van ons analise kan ons die laaste kategorie buite rekening laat; dit is veels te wyd. Maar die eerste drie kategorieë verskaf 'n baie bruikbare model. In terme van dié model was 'n klein getal Afrikaners krimineel-juridies skuldig - die Jeff Benziens en die Eugène de Kocks. Verreweg die meeste Afrikaners en wittes was polities en moreel skuldig, aangesien hulle óf vir die Nasionale Party gestem het óf niks gedoen het om die destydse regering te stop nie.
Die aanklag teen die Afrikaners en die wittes
Die tipiese aanklag teen die Afrikaners en die wittes is dat hulle 'n beleid gesteun en uitgevoer het wat tot 'n misdaad teen die mensdom uitgeroep is, 'n misdaad wat in sy boosheid met die Nazisme self vergelyk kan word. In hul boek skryf Kader en Louise Asmal en Robert Suresh Roberts in 'n absolute oordeel: "The apartheid state stood outside any possibility of beauty or of simple decency. To act in defence of apartheid was to choose a path of immorality and international outlawry, with no possibility of ever approaching the good." 9
In 1986 het die ANC se sekretaris-generaal, Alfred Nzo, by die 65ste herdenking van die SAKP se stiging in Londen verklaar: "Comrades, the imperialist domination of our country has produced one of the most abhorrent social systems ever known to mankind. It is no accident that apartheid has, like Nazism, been solemnly categorised and denounced as a crime against humanity. To this system, as to Nazism, belong the theory and practice of the denial of the very humanity of an entire people, resulting in the veritable daily commission of the crime of genocide against our people."10
En in sy toesprake, soos versamel op die ANC se webwerf,11 het die ANC se leier, Oliver Tambo, apartheid gereeld met die Nazisme en die Joodse volksmoord gelykgestel. 'n Tipiese, taamlik lukraak gekose voorbeeld was 'n toespraak by die La Trobe-Universiteit in Australië in 1987, waar hy gesê het: "During the [Second World] war, some of those who had hoped for the victory of Hitler's Germany had been detained, arrested for subversion, for attempting to subvert the war effort. They never accepted that South Africa should participate in the war against Hitler. They were supporters of Nazi Germany ... They won an election ... They were determined to achieve in South Africa what Hitler had failed to do internationally. They were determined to win the war Hitler had lost. They were going to turn South Africa into something which Hitler would have been glad to see. A superior race lording it over allegedly, supposedly, inferior races - especially the black race."12
Opgesom: Die Afrikaners en die wittes was skuldig aan apartheid, 'n misdaad teen die mensdom wat só afskuwelik was dat dit in dieselfde asem as die Nazisme genoem kan word, 'n beleid wat verantwoordelik was nie alleen vir die volksmoord waarin ses miljoen Jode gesterf het nie, maar vir 'n wereldoorlog waarin die Nazi's regstreeks skuldig en medeskuldig was aan die dood van sowat 24 miljoen mense.13
Apartheid en die Nazisme: 'n Vergelyking
Ons sal later sien presies waaraan die Afrikaners en die wittes wérklik skuldig was. Die vraag wat ons nou besig hou, is of hulle inderdaad skuldig was aan dít waarvan hulle aangekla is.
Daar kan geen twyfel wees dat sommige van die aanklagte 'n sekere mate van waarheid bevat nie. Sommige Afrikaners het Nazi-Duitsland in die oorlog gesteun. Sommige het selfs verder gegaan en sabotasie gepleeg om Suid-Afrika se oorlogspoging te ontwrig.14 Nietemin, enige akademiese historikus wat die waarheid gewetensvol probeer dien, kan nie outomaties die woord van politici aanvaar nie, mense wat dikwels dinge sê om hul eie politieke agenda te dien.
Feit is dat daar diep en prinsipiële verskille tussen die Nazisme en apartheid was:
• Apartheid en die Nazisme het vanuit 'n totaal verskillende ideologiese konteks geopereer. Die Nazi's het die Jode vervolg en massaal vermoor vir geen ander rede as dat hulle Jode was nie. Wat die Jode ook al gedoen het of juis nié gedoen het nie, dit was vir die Nazi-ideoloë volstrek irrelevant. Andersyds, ofskoon rassisme beslis 'n belangrike bydraende faktor in die opkoms en toepassing van apartheid was, dit was primêr 'n instrument vir oorlewing. Die feit dat 'n mens oor die wysheid van die gebruik van dié instrument kan verskil, verander niks aan die basiese historiese feit dat dit die Afrikaners se antwoord was op dekades en selfs eeue se subjektiewe ervaring waarin hulle gevoel het dat hul oorlewing op die spel was nie. Ons sal na dié tema terugkeer.
• Die Nazisme was 'n totalitäre stelsel wat die hele samelewing met sy eie ideologie wou onderwerp en beïnvloed. Níks, nie die politieke lewe, godsdiens of selfs vryetydsbesteding, kon aan die stelsel ontsnap nie. In dié eienskap was dit soortgelyk aan die kommunisme. Apartheid het totalitêre trekke gehad in soverre dit 'n totale formule vir Suid-Afrika se probleme gesoek het. Maar 'n groot deel van die samelewing is met rus gelaat.
• Apartheid was 'n stelsel met diepgaande wetlike rassediskriminasie waardeur gekleurdes ernstig gely het. Maar dis nie dieselfde as volksmoord, as massamoord, nie. Die Nazisme het 'n volledige groep mense, die Jode, tot die laaste man probeer uitwis. In Suid-Afrika het die wittes as minderheid nooit eens daaraan gedínk om die swart meerderheid uit te moor nie. Om die waarheid te sê, die swartes se aktiewe deelname aan die stelsel van apartheid is aktief gesoek - en soms verkry. Dit het ook beteken dat wanneer 'n struikelblok opgedaag het, kon die apartheidsregeerders slegs selektiewe strafmaatreëls toepas, heeltemal anders as die miljoene wat deur die Nazi's afgeslag is. In die jare sewentig en tagtig was sowat tweederdes van die polisie swart, en 'n groeiende getal "etniese" bataljons in die Leër het daarvan getuig dat swartes in beduidende getalle aan die voortsetting van apartheid deelgeneem het.15 In teenstelling hiermee sou 'n egte Nazi absoluut gewalg word deur die blote idee dat Jode tot die Gestapo, SS of die Wehrmacht toegelaat word.
• Ses miljoen Jode is deur die Nazi's vermoor. Aan die ander kant het die groeikoers van die swart bevolking van Suid-Afrika gedurende die apartheidsjare gegroei van 2% in die dekade voor die invoering van die beleid tot 3% in die jare tagtig, toe apartheid op sy hoogtepunt was.16 Voorts, volgens statistieke van die SA Menseregte-kommissie, het 73 politieke gevangenes deur die toedoen van die apartheidsregering gesterf, terwyl nog 49 weens politieke oortredings die doodstraf gekry het. Die kommissie het ook 150 politieke sluipmoorde in die jare 1974-1989 deur die regering geboekstaaf, en nog 220 deur alle politieke partye in 1990-1994, waarvan aanvaar kan word dat die regering vir minstens 'n deel verantwoordelik was.17 Interessant genoeg, die getal mense wat in die "vuil oorlog" van die Argentynse militêre diktatuur teen sy opponente vermoor is, was ruweg dieselfde as die totaal wat in Suid-Afrika aangehou was - 78 000 - mense wat, toegegee, dikwels sleg behandel of selfs gemartel is, maar wat wel oorleef het. In dieselfde tyd het die regse diktatuur in El Salvador 55 000 mense vermoor, van wie 31 000 slegs in 1980-1981.18 Die burgeroorlog in Guatemala het die lewe van 150 000 mense vroegtydig beëindig, van wie 40 000 verdwyn het en van wie aangeneem word dat hulle deur lede van die weermag of polisie vermoor is.19 (Die syfers word nie aangehaal om die apartheidsregering se skuld te verminder nie. Immers, elke politieke opponent wat weens sy of haar politieke oortuigings vermoor is, is een te veel en kan onder geen omstandighede goedgekeur word nie. Tog plaas die getalle dinge wel in 'n sekere perspektief.)
• Die Nazi's het geen politieke opposisie hoegenaamd toegelaat nie. In Suid-Afrika het die regering - weliswaar met wisselende mate van onentoesiasme - die bestaan van 'n parlementêre opposisie geduld, saam met 'n relatief vrye regterlike stelsel en media (in elk geval vry genoeg om die regering herhaaldelik te embarrasseer). Waar selfs die fiksie van die reg en die regstaat in Duitsland afgeskaf is, het dit in Suid-Afrika oorleef. En soms het selfs die blote fiksie 'n kragtige skild teen onreg geblyk.
Die gevolgtrekking is duidelik: Apartheid en die Nazisme kan geensins vergelyk word sonder om die waarheid geweld aan te doen nie. Soos Heribert Adam dit treffend stel: "In short, if anything and everything amounts to fascism and genocide, then nothing is fascism and genocide. The propagandistic inflation of serious accusations cheapens the fate of the real victims of fascism."20
Selfs die Marxistiese historikus Dan O'Meara beskryf die fascistesoekers se metode as "verificationist analysis": "The first analytical step erects a model of fascism. Subsequent enquiry is directed towards gathering empirical proof of South Africa's fit into the model, rather than an investigation of the historical specificity of the South African social formation. The real comparative insights gained through the use of the concept of fascism do not compensate for the lack of historical specificity, nor, in my view, really extend the theoretical understanding of the South African social formation in general, and Afrikaner nationalism in particular." Om dié rede het hy dit nie gebruik in sy studie van die Afrikanergeskiedenis nie.21
Uiteraard is daar steeds die argument dat die VN apartheid, soos die Nazisme, tot 'n misdaad teen die mensdom uitgeroep het. Dit is waar. In 1974 het die Algemene Vergadering van die VN só 'n resolusie goedgekeur. Die geregtigheid van die aanklag kan egter bevraagteken word as 'n mens kyk presies wie die resolusie gesteun en wie dit teengestaan het: Onder die ondersteuners was hoofsaaklik totalitêre diktature soos die Sowjetunie en sy satelliete in die Kommunistiese blok, plus militêre diktature of eenpartystate in die Derde Wêreld. Andersyds was die opponente of dié wat buite stemming gebly het hoofsaaklik Westerse demokrasieë, dikwels lande wat self onder die Nazi-besetters deurgeloop het en nie die unieke aard van die Joodse volksmoord wou relativeer nie.22 Op dié gronde kan 'n mens nie anders as om polities-opportunistiese motiewe te vermoed nie, pleks van suiwer eties-morele redes.
Daar is nóg 'n saak waarvan 'n bespreking uiters polities inkorrek sou wees. Kom ons aanvaar argumentsonthalwe dat die Nasionale Party nié in 1948 aan die bewind gekom het nie. In só 'n geval sou dit redelik wees om te aanvaar dat Suid-Afrika nie vry sou bly van die winde van verandering van die dekolonisasieproses nie, en dat die land op 'n tydstip in die jare sestig of vroeë sewentig 'n swart regering sou gekry het.
Dié regering sou heel waarskynlik gelei gewees het deur 'n vurige Nelson Mandela wat nie die kalmerende invloed van 27 jaar se nadenke in die gevangenis sou ondergaan het nie. As 'n mens na sy openbare uitsprake en geskrifte in die jare vyftig kyk, sou dié Nelson Mandela heel moontlik basies dieselfde rigting ingeslaan het as sommige van sy sielsgenote, soos Jomo Kenyatta, Julius Nyerere, Kwame Nkrumah, Kenneth Kaunda en ander. Suid-Afrika sou blootgestel gewees het aan rampspoedige sosialistiese eksperimente. Teen die agtergrond van wat elders in Afrika gebeur het, kan vermoed word dat die land waarskynlik 'n eenpartystaat sou geword het. Moontlik sou militêre staatsgrepe plaasgevind het, soos elders op die vasteland. Gesien die groeiende invloed van die SA Kommunistiese Party in die ANC selfs in die vyftigs en sestigs, is dit ook glad nie onmoontlik dat Suid-Afrika, soos Mosambiek en Angola, 'n Marxisties-Leninistiese eenpartystaat kon geword het nie.
Dit is dus 'n diep historiese ironie dat die apartheidstelsel wat, uit 'n liberaal-demokratiese perspektief bekyk, slegs as immoreel beskryf kan word, gefungeer het as 'n skild teen 'n selfs nóg immoreler stelsel, die kommunisme. Apartheid het dié funksie uitgeoefen tot 1989, toe die kommunisme geval het en daarmee saam ook die laaste ekskuus om die NP se groeiende outoritêre benadering en magsuitoefening voort te sit. En dit was regstreeks verantwoordelik vir pres. FW de Klerk se historiese toespraak van 2 Februarie 1990, waarin hy die doodsklok van apartheid gelui het.
Die gevolgtrekking is dus duidelik: Waaraan die Afrikaners en die wittes ook al skuldig is, hul skuld word grootliks oordryf. Nogtans moet dit tog duidelik gestel word: Apartheid was 'n unieke historiese verskynsel wat tipies en eie aan Suid-Afrika was. Al was daar beleidsrigtings en omstandighede elders in die wêreld wat ooreenkomste daarmee vertoon het, moet die verskynsel uiteindelik, as dit puntjie by paaltjie kom, binne sy eie omstandighede en op sy eie voorwaardes beoordeel word.
Waarom het hulle gedoen wat hulle gedoen het?
Vir enige akademikus en historikus wat verbind is tot 'n soeke na die waarheid, is dit nie voldoende om dié waarheid so na as moontlik te rekonstrueer nie. Dit is nie genoeg om oordele, gebaseer op die feite wat hy blootgelê het, te vel nie. Hy moet dieper delf. Hy moet ook vasstel waarom dinge gebeur het soos hulle gebeur het, en wat die motiewe van mense was om te doen wat hulle gedoen het.
In sy boek The Historians' Craft verklaar die vermaarde Franse historikus Marc Bloch dat "there are two ways of being impartial: that of the scholar and that of the judge. They have a common root in their honest submission to the truth." Maar op 'n gegewe oomblik loop hul paaie uiteen. "When the scholar has observed and explained, his task is finished. It yet remains for the judge to pass sentence." Vir die historikus is dit egter nie só eenvoudig nie: "Are we so sure of ourselves and of our age as to divide the company of our forefathers into the just and the damned? How absurd it is, by elevating the entirely relative criteria of one individual, of one party, or one generation to the absolute ... If the judgment only followed the explanation, the reader could simply skip it. Unfortunately, the habit of judgments leads to a loss of taste for explanations. When the passions of the past blend with the prejudices of the present, human reality is reduced to a picture in black and white." Bloch se konklusie is: "When all is said and done, a single word, 'understanding', is the beacon light of our studies. ... It is so easy to denounce. We are never sufficiently understanding. Whoever differs from us - a foreigner or a political adversary - is almost inevitably considered evil. ... If history would only renounce its false archangelic airs, it would help us to cure this weakness."23
Dit is natuurlik moontlik om die maklike pad in te slaan. 'n Mens kan apartheid en alles wat in die naam van die stelsel gebeur het, toeskryf aan rassisme, aan haat en afkeer van swart mense. Of andersins kan dit uit 'n Marxistiese perspektief verklaar word as 'n instrument om ekonomiese mag en voorregte en klasseverskille te behou. Dit sou nie heeltemal verkeerd wees nie; dié faktore kan beslis nie genegeer word nie. Maar hulle vorm slegs 'n deel van die legkaart. As daar één tema in die geskiedenis van die Afrikaners is wat hul houding meer as enigiets anders verklaar, is dit hul voortdurende geveg vir oorlewing.
Uit hul geskiedenis sedert die begin van die negentiende eeu het die Afrikaners een groot historiese les geleer: As hulle wil oorleef as groep, as etniese eenheid (en nie eenvoudig as individue nie), moet hulle die land - of minstens deel daarvan - regeer. Dit was een van die embrioniese, enigsins ongeartikuleerde argumente vir die Groot Trek. Dit was een van die kragtigste faktore wat die kommando's gedurende die Anglo-Boereoorlog gemotiveer het om tot die bitter einde in die veld te bly. Dit was die hoofrede waarom die Afrikaners hul geledere ná 1902 gesluit het om die politieke mag op wettige wyse te wen, eers in 1924 en toe weer in 1948.
Die eerste regeringstermyn van die Nasionale Party het plaasgevind op 'n tydstip dat die bitterheid oor die onreg van die Britse imperialisme nog relatief swak ontwikkel was. Die Afrikaners se nasionalistiese gevoelens kon grootliks bevredig word deur simboliese gebare soos die erkenning van Afrikaans op gelyke vlak met Nederlands en Engels, 'n nuwe staatswapen, 'n nuwe vlag, ensovoorts. In die jare 1933-1948 het verskeie faktore (veral die ekonomiese krisis van die vroeë dertigerjare, die invloed van die Duitse romantiese nasiona-lisme onder Afrikaner-intellektuele, en die feit dat die nuwe generasie - die kinders van die konsentrasiekampe - begin het om leierskapsposisies oor te neem) gesamentlik daartoe bygedra om die Afrikanerpolitiek beslissend te radikaliseer. Toe die NP die bewind dus in 1948 vir 'n tweede keer verkry, het die party besluit om dit nooit weer af te staan nie. As dit gebeur, so was die gevoel, sou dit die oorlewing van die Afrikaners bedreig. Die NP was, in elk geval in dié stadium, nie eenvoudig 'n politieke party nie. Soos dr. Hendrik Verwoerd gesê het, dit was "'n volk in beweging". En apartheid sou een van die belangrikste instrumente om oorlewing te verseker wees.24
Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer stel dit só: ". since the Afrikaners were rooted in South Africa and had nowhere else to go, they had to ensure their survival within the country. The only way in which they could safeguard their culture, language and 'biogenetic' identity was through exclusive political control over 'white' South Africa - that is, South Africa outside the so-called Bantu homelands. In any unitary state Afrikaners (and other whites) would be swamped."25
Op dié manier het 'n historiese bedreigingsgevoel daartoe gelei dat apartheid gesien is as sinoniem met oorlewing. Daar was natuurlik talle soorte ideologiese argumente om apartheid te regverdig. Maar as die saak tot sy diepste kern gereduseer word, was dít die belangrikste rede vir die stelsel.
'n Mens kan uiteraard stel dat apartheid die verkeerde manier was om oorlewing te bewerkstellig. 'n Mens kan ook op die immoraliteit van die stelsel wys. Maar die oor-lewingsinstink is een van die sterkstes in die natuur. En as die historikus verby die maklike stadium van aanklagte wil beweeg, as hy die geskiedenis werklik wil analiseer, moet die paradigma van apartheid as 'n oorlewingstrategie een van die belangrikste verklarings wees.
Is enigiemand anders ook skuldig?
Wie in 'n glashuis woon, moet nie klippe na ander gooi nie, lui die spreekwoord. As diegene wat die Afrikaners van immoraliteit beskuldig self moreel onbevlek (of grotendeels onbevlek) is, sou hulle die morele reg hê om dit te doen. As hulle egter self 'n historiese skuldlas dra, sal 'n sekere beskeidenheid hulle pas.
Weer eens, gesien uit die perspektief van liberaal-demokratiese waardes en Christelike moraliteit en etiek, is die stryd van iemand wat geweldloos teen apartheid vir die verkryging van 'n liberale veelpartydemokrasie gestry het, moreel meer werd as dié van iemand wat met geweld vir die behoud van apartheid geveg het. Met ander woorde, met daardie agtergrond as uitgangspunt verdien iemand soos Helen Suzman ons bewondering in verskeie opsigte; iemand soos Eugène de Kock nie.
Maar talle van die huidige aanklaers word nie gevind onder die Helen Suzmans van die wêreld nie. Hulle kom dikwels van die ANC en die SA Kommunistiese Party. Dit is dus 'n legitieme vraag om te stel hoe húl morele verlede dan is. Drie temas is hier van belang: Die aanwending van geweld in die struggle, die invloed van die kommunisme, en die stand van die ANC se interne demokrasie.
Die kwessie van geweld: Daar is basies twee revolusionêre modelle, die Leninistiese en die Gandhiaanse model.26 Die eerste is histories gekenmerk deur dwang, terreur en bloed-vergieting. 'n Taamlik tipiese aanhaling om dit te illustreer sou die volgende woorde wees van Felix Dzjerzjinski, eerste hoof van die Tsjeka, Lenin se geheime polisie en voorganger van die KGB: "Ons bestaan op die grondslag van georganiseerde terreur, wat 'n absoluut essensiële element in revolusie is. Ons bied die vyande van die Sowjetregering die hoof met terreur en verdelg die misdadigers onmiddellik ... Die Tsjeka is geen geregshof nie. Dit is 'n verdediger van die Revolusie, net soos die Rooi Leër. En net soos die Rooi Leër in die burgeroorlog nie kan halt roep om te kyk of hy individue veronreg nie, en verplig is om 'n enkele doel na te volg, naamlik die oorwinning van die Revolusie oor die bourgeoisie - op dieselfde manier is die Tsjeka verplig om die Revolusie te verdedig en die vyand te verguis, selfs as sy swaard soms op die koppe van onskuldiges neerkom."27
Histories het die Leninistiese model onherroeplik tot diktature gelei. Daar is geen enkele voorbeeld van 'n gewelddadige Leninistiese diktatuur wat tot 'n liberale demokrasie gelei het nie. Die Poolse filosoof en demokrasie-aktivis Adam Michnik het dit in die tagtigs só gestel: "Teen die agtergrond van die geskiedenis dink ons as ons ons Bastilles bestorm, ons onwetend nuwes bou ... Dit moet des te meer vermy word omdat demokrasie selde uit bloedige opstande gebore word."28 Elders het hy gesê: "Ek is nie bang vir wat hulle aan ons kan doen nie, maar waarin hulle ons kan verander." En: "Ek bid dat ons nie van gevangenes in gevangenisbewaarders verander nie."29
Die tweede model is geweldloos. Dit is nie dieselfde as pasifisme of passiwiteit nie; inteendeel, dit verg ongelooflike moed, wilskrag en dissipline, moontlik selfs meer as die gewelddadige Leninistiese model. Dit is nie slegs taamlik suksesvol deur Mahatma Gandhi gepraktiseer nie, maar dit was ook 'n regstreekse inspirasie vir Martin Luther King. En ná hom pous Johannes Paulus II, die hoof-ideoloog van die reeks geweldlose revolusies agter die Ystergordyn in die jare tagtig, wat begin het in Pole, waar die vakbondleier Lech Walesa en sy volgelinge die geweldlose stormtroepe van 'n unieke revolusie was. Dit is 'n model met beperkings, maar wat in sekere omstandighede kan slaag en wat moreel veel hoogstaander as die Leninistiese model is.
Die geweldlose model was goed bekend in Suid-Afrika. Gandhi het die fondament van sy strategie geskep in sy verblyf van 19 jaar in Suid-Afrika en ANC-leiers soos Albert Luthuli en Nelson Mandela het die invloed daarvan erken. Mandela het self geskryf: "I saw nonviolence on the Gandhian model not as an inviolable principle but as a tactic to be used as the situation demanded".30 Hierin het hy verskil met Luthuli, wat baie meer beginselvas in sy geweldlose benadering was.31
Nietemin het die ANC - hoofsaaklik onder invloed van Mandela en die SAKP - in 1960-1961 besluit om die Leninistiese model te aanvaar. Aanvanklik was die nuwe guerrillabeweging, Umkhonto we Sizwe (MK), baie versigtig om geen ongevalle onder die burgerlike bevolking te veroorsaak nie. Ná die eerste mislukte golf bomaanvalle en sabotasiepogings het MK na Zambie en Tanzanie geretireer, waarvandaan sy enigste operasionele aktiwiteite 'n rampspoedige poging was om die Zimbabwiese beweging Zapu te help om die destydse Rhodesië te infiltreer - die sogenaamde Wankie-veldtog onder bevel van wyle Chris Hani.32
Die onafhanklikwording van Mosambiek en Angola in 1975 en die Soweto-onluste die daaropvolgende jaar het die strategiese situasie aansienlik verander. In 1978 het 'n afvaardiging van die ANC en SAKP Viëtnam besoek om van daardie land se ervaring te leer. Gebaseer daarop is 'n nuwe strategie geformuleer, wat 'n verandering van die aanvanklike naïewe geloof was dat die Suid-Afrikaanse regering deur 'n eenvoudige militêre opstand omvergewerp kon word. Volgens die nuwe strategie sou die struggle voortaan op vier pilare gebou word, waarvan die gewapende stryd slegs een was. Die ander drie was die internasionale isolasie van Suid-Afrika, klandestiene aktiwiteite in die land self, en die mobilisering van die massa om die land onregeerbaar te maak.33
Verder het die ANC se National Consultative Conference wat in 1985 in Kabwe, Zambië, gehou is, formeel besluit om die aanwending van geweld te eskaleer en "to shift the struggle from the black ghettoes into the white areas". "We can no longer allow our armed activities to be determined solely by the risk of civilian casualties. The time has come when those who stand in solid support of the race tyranny and who are its direct or indirect instruments, must themselves begin to feel the agony of our counter-blows."34 Op 'n perskonferensie het Tambo verwys na die Geallieerdes se besluit in die Tweede Wêreldoorlog om Duitse stede uit die lug te bombardeer en gesê dat die "distinction between 'hard' and 'soft' targets is going to disappear ... I think the distinction between hard and soft targets is being erased by the development of the conflict."35 In 'n koerantonderhoud kort daarna het hy gesê burgerlikes sal hoofsaaklik in "a crossfire situation" getref word. Maar, het hy bygevoeg, "We will not go into cinemas and bars and places like that. We won't do that. But we will certainly be looking for military personnel, police and so on."36
Maar die moeilike kommunikasie tussen die MK-guerrillas binne Suid-Afrika en die leiding in ballingskap het dié besluit van die begin af futiel gemaak. Daar was eenvoudig geen manier waarop voldoende beheer uitgeoefen kon word nie, en die leiers kon dit geweet het. Volgens statistieke, wat lede van die ou SA Weermag aan die WVK verskaf het, was daar ná die Kabwe-konferensie 'n skerp klemverskuiwing van "harde" na "sagte" teikens. Die volgende tabel37 wys hoe die verskuiwing hom in die praktyk gemanifesteer het, ondanks die verklarings van Tambo:
Selfs terwyl dié nuwe strategie in Kabwe bespreek is, is vier bomaanvalle in Suid-Afrika uitgevoer, op 'n hotel, 'n restaurant, 'n garage en 'n stadhuis. Nege burgerlikes is beseer. Tot aan die einde van die jaar is dit opgevolg deur 15 bomaanvalle, waarin 5 mense dood en nog 55 beseer is. Verder is altesame 406 mense gedood deur die berugte "necklace"-metode en 28 beseer. Nog 395 mense het in brande gesterf en 150 is beseer.38
Oor dié afskuwelike metode om politieke opponente te vermoor het die ANC 'n ambivalente benadering gehad. 'n Tipiese uitlating was dié van Chis Hani in 1986, toe hy aan die ANC-tydskrif Sechaba gesê het: "So the necklace was a weapon devised by the oppressed themselves to remove this cancer of collaboration of the puppets ... from the very disruptive and even lethal activities of the puppets and collaborators. We do understand our people when they use the necklace because it is an attempt to render our townships, to render our areas and country ungovernable . But we are saying here our people must be careful . We have our own revolutionary methods of dealing with collaborators, the methods of the ANC. But I refuse to condemn our people when they mete out their traditional forms of justice to those who collaborate. I understand their anger."39
In sy amptelike voorlegging aan die WVK het die ANC dit geëggo: "But the ANC leadership refused, and will always refuse to condemn those who believed they were part of the struggle for liberation led by the ANC and UDF ."40
In sy amptelike verslag het die WVK bevind dat die wyse waarop die ANC sy gewapende stryd in Suid-Afrika gevoer het, met inbegrip van die halssnoermoorde, op ernstige menseregtevergrype neergekom het.41
In die UDF was daar wel sommige leiers - byvoorbeeld aartsbiskop Desmond Tutu en in 'n mindere mate ook dr. Allan Boesak - wat dinge min of meer geweldloos wou hou. Maar die UDF het ook gedien as binnelandse toevlugsoord en fort vir die ANC, wat die geweldloosheid van bogenoemde leiers gekanselleer het.
Die invloed van die kommunisme in die ANC:
Die intrede van die kommunisme in die ANC dateer van 1927, toe die destydse president van die ANC, Josiah Gumede, 'n kongres bygewoon het van die Bond teen Imperialisme in Brussel, en toe verder na Moskou gereis het. Hy was vergesel van James la Guma, sekretaris van die ANC se Kaapstadse tak en ook lid van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika (KPSA), wat ses jaar tevore gestig is. In Moskou het La Guma 'n onderhoud gehad met Nikolai Boecharin, voorsitter van die Komintern, die internasionale bond waarin alle kommunistiese partye ter wêreld verteenwoordig was - 'n front wat deur die Kremlin oorheers is. Boecharin het aan La Guma Lenin se leer rakende kommunistiese partye in koloniale situasies uitgelê. Dit het daarop neergekom dat hulle om mee te begin nou moes saamwerk met bourgeois-partye om die val van die koloniale regime te bewerkstellig terwyl hulle hul eie onafhanklikheid handhaaf. Daarna sou 'n tweede fase met 'n behoorlike sosialistiese revolusie volg.42
Op dié grondslag het Boecharin en La Guma saamgestem dat die bourgeois-beweging waarmee die kommuniste moes saamwerk vanselfsprekend die ANC was.43 Die jaar daarop is die besluit geformaliseer deur 'n resolusie van die Komintern dat "the Party should pay particular attention to the embryonic organisations among the natives, such as the African National Congress. The Party, while retaining its full independence, should participate in these organisations, should seek to broaden and extend their activity. Our aim should be to transform the African National Congress into a fighting nationalist revolutionary organisation against the white bourgeoisie and the British imperialists, based upon the trade unions, peasant organisations, etc., developing systematically the leadership of the workers and the Communist Party in this organisation."44
In die dertigs het dié strategie op die agtergrond geraak, aangesien sowel die KPSA en die ANC gesukkel het om aan die gang te bly. Bowendien, toe 'n groep woedende jong swart Suid-Afrikaners (onder wie 'n militante jong Nelson Mandela) die ANC nuwe lewe wou inblaas, het hulle ernstige besware gehad teen die leidende rol van nie-swartes - veral wittes en Indiërs - in die beweging. Tog, teen die vroeër vyftigs was die meeste van dié protesteerders oortuig dat die kommuniste 'n baie waardevolle rol in die stryd speel en dat hulle omhels, eerder as beveg, moes word. Wat Mandela self betref, die feit dat wit kommuniste swartes as gelykes behandel en aansienlike deursettingsvermoë in hul stryd teen apartheid aan die dag gelê het, was genoeg om hul hulp te aanvaar. Agterna het hy treffend geskryf: "I did not need to become a communist in order to work with them. I found that African nationalists and African communists generally had far more to unite them than to divide them. The cynical have always suggested that the communists were using us. But who is to say that we were not using them?"45
Mandela was waarskynlik heeltemal opreg in sy geloof. Maar dit is nie hoe die kommuniste sake self beskou het nie. In 1950 het die KPSA hom opgehef nadat dit duidelik geword het dat die regering hom sou verbied, iets wat inderdaad kort daarna gebeur het. In 1949 het die Kominform - die opvolger van die Komintern - die resolusie van 1928 bekragtig.46 In sy jaarverslag vir 1949, wat kort voor sy opheffing deur die KPSA aanvaar is, het die party ooreenkomstig die Komintern-resolusie van 1928 geargumenteer dat kommuniste met "national organisations" moes saamwerk: "The national organisations, to be effective, must be transformed into a revolutionary party of workers, peasants, intellectuals and petty bourgeoisie .. ,"47 In 1952 het die kommuniste hul party ondergronds as die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party herskep.
Dieselfde tema kan sedertdien in tallose dokumente gevind word. Ironies genoeg, die verbod op die Kommunistiese Party het sy bondgenootskap met die ANC soos niks anders nie verstewig. In groeiende getalle het Kommuniste hoë posisies in die ANC bereik. Teen die tyd van die Rivoniasaak was slegs één van die tien (Walter Sisulu) nié lid van die SAKP nie. (In sommige verouderde bronne word Mandela ook genoem as iemand wat geen lid was nie, maar lank ná sy dood het dit bekend geword dat hy dit in dié stadium wel was.48) Die invloed van die SAKP in die top van die ANC het sy hoogtepunt gevind tydens die Nasionale Raadgewende Vergadering in Kabwe in 1985, toe die Nasionale Uitvoerende Komitee tot 30 lede vergroot is, van wie minstens 22 lid van die SAKP was.49 Ook Oliver Tambo, formeel geen lid nie, het ideologies baie na aan die kommunisme gestaan.50
In sy nuwe program, The Path to Power, wat op sy kongres in 1989 in Havana, Kuba, aanvaar is, het die SAKP aansienlike moeite gedoen om die kwessie van die twee revolusies te verduidelik - die eerste synde die "national democratic revolution" (wat in samewerking met die ANC sou geskied), en dan die "socialist revolution". Drie belangrike punte moet hier uitgelig word. Eerstens wys die dokument op die "correlation of class forces within the liberation alliance" as een van die faktore wat die sukses van die tweede fase sou bepaal: "In the final analysis, this depends on the extent to which the working class ... assume positions within the democratic alliance." (Natuurlik, met die SAKP wat die voorhoedeparty van die werkersklas is, beteken dit by implikasie dat die SAKP die leidende posisies in die ANC moet hê.) Ten tweede stel die dokument veelseggend dat "[v]ictory in the national democratic revolution is, for our working class, the most direct route to socialism and ultimately communism". In die derde plek word beklemtoon dat "[a] deliberate effort will have to be made to prevent attempts by the bourgeoisie and aspirant capitalist elements - and their imperialist supporters - to dominate state power and divert the revolution."51
Dié laaste punt is natuurlik volkome in ooreenstemming met die ortodokse Marxisties-Leninistiese teorie, ingevolge waarvan 'n kommunistiese owerheid alle stappe mag doen, met inbegrip van die afskaffing van die liberale veelparty-demokrasie, om onbepaald lank aan die mag vas te hou. Dit word genoem die diktatuur van die proletariaat.
Neem verder in ag dat die SAKP tradisioneel een van die mees Kremlin-getroue kommunistiese partye ter wêreld was. Joe Slovo het self in 'n onderhoud in 1988 toegegee: "I was defending the Stalinist trials of the 1930s ... It's not that we did not know what was going on, but we just rejected whatever evidence was produced and rationalised our way out of it . It resulted in a defence in principle of everything Russia did both domestically and internationally."52
Met ander woorde, 'n mens mag met veiligheid tot die gevolgtrekking kom - en laat ek my hier uiters presies uitdruk - dat die leiding van die ANC destyds oorheers is deur mense wat nie soseer in die totstandkoming van 'n liberale veelparty-demokrasie belang gestel het nie, maar in 'n eenparty-diktatuur
Die ANC se gebrek aan interne demokrasie
'n Derde metode om na te gaan in welke mate die ANC en sy bondgenote aan 'n ondersoek rakende historiese skuld onderwerp mag word, is die wyse waarop hy na binne opgetree het. Op die keper beskou moet die beweging hom oor baie dinge verantwoord, veral gedurende die laaste jare van sy ballingskap.
Verskeie faktore het hiertoe bygedra.
• Om mee te begin het die relatief groot getal rekrute wat ná 1976 na die ANC in die buiteland gestroom het, vir 'n sekere mate van ontwrigting gesorg in 'n organisasie wat gewoond geraak het aan 'n beskeie bestaan. Anders gestel, die ANC was eenvoudig nie in staat om die toevloed te hanteer nie.53
• Terselfdertyd het die Suid-Afrikaanse regering die geleentheid gebruik om die ANC met spioene en informante te infiltreer. Dié mense is dikwels swak opgelei en is maklik ontmasker. 'n "Spy scare" het in 1981 uitgebreek, wat 'n paranoia oor potensiële gevare vir die beweging teweeg gebring het. Dus het die Security Department - oorheers deur lede van die SAKP, meestal opgelei in die Sowjetunie en Oos-Duitsland en algemeen bekend as Mbokodo (die "maalsteen") - enorm in mag en invloed toegeneem.54
• Dit het saamgeval met 'n diep kloof tussen die gewone MK-lede in die opleidings-kampe, veral in Angola, en die leierskap. Volgens die Stuart-kommissie55 was die toestande in sommige kampe "shocking, to say the least. Extremely poor quality of food, no fresh meat, vegetables or fruit for months; hardly any recreation facilities; low level of cultural activities, poor tents, uniforms, boots, sports shoes if any; no medicaments, corruption and fear is omnipotent." Terselfdertyd was daar 'n "insen-sitivity and the open abuse of authority on the part of some officers".56
• Wat Mobokodo self betref, daar was bewerings oor grootskaalse verduistering van geld, onwettige handel in waardevolle minerale en die diefstal van motorvoertuie.57Daar was ook bewerings dat MK-bevelvoerders in groot luukse geleef het, veel beter as hul ondergeskiktes geëet het, en selfs dat hulle hul voorregte misbruik het deur hulself seksueel op te dring aan vroulike MK-lede of die vriendinne van MK-rekrute. "There is a widespread belief that women are sex objects and that they do not develop politically and militarily," het die Stuart-kommissie bevind.58
• Dit alles het gelei tot 'n neerdrukkende atmosfeer van vrees. Volgens die Motsuyen-yane-kommissie, "with the increasing authority of the security department in the camps, it became a dangerous thing to voice criticism, and this, in turn, stifled the political expression of the cadres".59 Selfs Pallo Jordan, 'n prominente nie-konformis in die ANC, is ses weke lank deur die Security Department opgesluit. Geen rede is verskaf nie, maar die feit dat dit gebeur het nadat hy kritiek op Mbokodo uitgespreek het, laat 'n mens dink.60
Teen dié agtergrond het twee verwante opstande in ANC-kampe in Angola plaasgevind, een in die deurgangskamp Viana in die buitewyke van Luanda, en die ander in die opleidingskamp Pango in die noorde van Angola. Dit sou ons te ver voer om die presiese verloop van sake na te gaan; dit is voldoende om te sê dat albei opstande onderdruk is met behulp van ANC-lojaliste en Angolese regeringsoldate en met die gebruikmaking van sowel oorreding as militêre geweld. Die leiers is óf verhoor en tereggestel (soms sonder dat hulle hul kon verdedig), of opgesluit in Kamp 32, wat onder die gevreesde naam Quatro bekend geword het.
Die wantoestande en marteling wat daagliks in Quatro voorgekom het, is goed gedokumenteer61 en dit is nie nodig om al die bloedige feite op te rakel nie. Wat wel relevant is, is die politieke konteks waarin die hele opstand plaasgevind het.
Verskeie bronne maak dit duidelik dat die rebelle se doel was om die ANC-leiding verantwoordbaar te hou en om interne demokrasie binne die beweging uit te oefen. Immers, dit was nou al 1984, en die laaste keer dat die ANC 'n konferensie gehou het, was in 1969 te Morogoro, Tanzanie. Dit was inderdaad een van die eise van die rebelle, dat nog 'n raadgewende konferensie belê word. Maar soos 'n groep leiers van die rebelle later geskryf het, "[t]he demands were a backhand blow in the face of the ANC leadership. They threatened to explode the myth of a 'tried and tested' leadership. No wonder Chris Hani, in one of those tense and emotionally charged meetings, in bewilderment retorted: 'You are pushing us down the cliff! You are stabbing us in the back!"62
Uiteindelik is 'n konferensie inderdaad gehou, en wel in 1985 te Kabwe, Zambië. Maar die kwessie van die muitery en die rebelle se eise is nie uitdruklik aan die orde gestel nie. En ofskoon 'n verkiesing gehou is vir 'n vergrote NUK, het Oliver Tambo vooraf 'n lys name gesirkuleer van mense wat hy aanbeveel het. Geen enkele naam van buite die lys is gekies nie, wat dié oefening in interne demokrasie taamlik tam gemaak het.63
Later het Joe Slovo self erken (ofskoon slegs namens die SAKP): "Our external policies were dominated by blind adherence to the decisions of the Soviet Communist Party, a practice which took root during the period when all affiliates of the CPSU-dominated Comintern were obliged to follow its decisions. Some of our negative practices were imposed upon us by the framework in which we were forced to operate. For example, during the 40 years of illegality we could not engage in complete inner-party democracy."64
Niemand minder nie as die (weliswaar taamlik onafhanklik denkende) ANC-voorbok Pallo Jordan het tydens 'n interne ANC-debat oor die saak gesê: "Comrades, I've learnt something very interesting today. There is such a thing as regime torture, and there is ANC torture, and regime torture is bad and ANC torture is good; thank you for enlightening me!" - en toe weer gaan sit.65
So kan gesien word dat die beskuldigende vinger wat die ANC/SAKP na die apartheidsregering gewys het, nie skoon was nie. Dit beteken nie noodwendig dat alles waarvan hulle die vorige regering beskuldig het, onwaar is nie. Dit beteken wel dat die alliansie se geloofwaardigheid, wanneer hy die beskuldigings maak, maar baie beperk is.
Dié benadering beteken nie dat die Afrikaners en die ANC/SAKP se historiese skuld teen mekaar "opweeg" en dus gerelativeer word nie. Albei moet in beginsel volledig los van mekaar beskou word; anders word die polarisasie van die verlede eenvoudig deur emosionele vergelykings in stand gehou. Die Suid-Afrikaanse debat verg juis dat daar verder as net dit beweeg word - dat die toekoms nie gyselaar deur die verlede gehou word nie. Ook moet beklemtoon word dat die fokus die verskynsel van historiese skuld as sodanig is, nie dié van die Afrikaners of die ANC/SAKP nie.
GEVOLGTREKKING
Gebaseer op voorgaande beskouings, lyk 'n aantal basiese gevolgtrekkings geregverdig:
• Uit 'n Christelike moreel-etiese oogpunt beskou, was die apartheidsbeleid, soos hy toegepas is, immoreel en vir groot menslike leed verantwoordelik. Diegene wat die beleid geformuleer, uitgevoer en aktief of passief gesteun het, het te make met 'n historiese skuld waarmee hulle in hul gewetes in die reine moet kom.
• Terselfdertyd is die aanklag hoogs oordrewe. Volgens die klagstaat, soos veral opgestel is deur die ANC/SAKP, was apartheid nie slegs uit die bose nie, maar 'n misdaad teen die mensdom en vergelykbaar met Adolf Hitler se Nazisme. Wanneer 'n mens apartheid egter nugter, logies en op feite gebaseer met die Nazisme vergelyk, duik verskeie duidelike, prinsipiële en onoorbrugbare verskille op. Dit maak enige vereenselwiging van apartheid met die Nazisme in alle opsigte onhoudbaar.
• Wat ook van belang is, is om vas te stel wat die motiewe vir apartheid was. Naas die onmiskenbare rassisme en paternalistiese kolonialisme (wat, terloops, destyds wêreldwyd voorgekom het) was dit veral die Afrikaners se vrees dat hulle nie as volk sou oorleef nie. Dit was 'n praktiese instrument om voortbestaan te verseker. Die feit dat 'n mens dit as 'n onverstandige instrument kan beskou, neem nie die féit van die saak weg nie.
• Ten slotte is die hande van diegene wat die klagstaat geformuleer het, ook nie skoon nie. Die ANC/SAKP se stryd teen apartheid het gepaard gegaan met gruwelike geweld en terreur waarin talle burgerlikes gesneuwel het. Bowendien het die SAKP - een van die mees Kremlin-getroue kommunistiese partye ter wêreld - die ANC allengs prakties en ideologies volkome oorheers. Teen die tweede helfte van die jare tagtig, kan sonder meer bewys word, wou die alliansie geen liberale veelparty-demokrasie teweeg bring nie, maar 'n totalitêre Marxisties-Leninistiese eenparty-diktatuur. Ten slotte het die ANC/SAKP sy totalitarisme prakties bewys deur sy wrede verdrukking van interne debatvoering binne die alliansie en die vervolging van almal wat anders as die leiding gedink het.
Uiteindelik hét die ANC/SAKP natuurlik die bewind in 1994 oorgeneem, maar die historiese konteks waarin dit gebeur het, was volkome anders as die periode terwyl hy apartheid vanuit die buiteland met 'n totalitêre diktatuur probeer vervang het. Sy praktiese en ideologiese beskermheer, die Sowjetunie, het uitmekaar geval, en die kommunistiese ideologie was nie meer die blinkende ster wat die ANC/SAKP so nougeset nagevolg het nie. Die nuwe politieke paradigma was die liberale veelpartydemokrasie, iets wat die Grondwet van 1997 nougeset weerspieël het. Gevolglik is daar 'n aktiewe parlementêre opposisie wat die regering op talle terreine hotagter gee; 'n onafhanklike regbank wat die regering gereeld tot verantwoording roep; asook 'n lewendige burgerlike samelewing en aktivistiese media wat die regering dikwels embarrasseer.
Uiteraard kan geen grondwet, hoe voorbeeldig demokraties dit ook al is, 'n regering dwíng om goed te regeer nie. En inderdaad, politieke waarnemers is dit eens dat die ANC/SAKP sedert sy bewindsoorname nié goed geregeer het nie. Soos Khulu Mbatha, 'n leidende intellektueel met noue bande met die ANC, oor die verskil tussen 1994 en 2014 skryf: "The flame of the miracle seemed to have faded away. South Africa has changed, and so have the main actors, including the ANC. The glorious character of the organisation as a leader of society is now questionable. It is almost as though the ANC is making itself irrelevant to South Africa's future." Elders skryf hy dat die ekskuus dat die ANC nog aan die leer is, ná 22 jaar in die regering nie meer geldig kan wees nie. Hy verwys reguit na die "gross blunders and misconduct committed by the current leadership".66
Maar as 'n mens kyk waar die destydse regering gestaan het en waar die ANC/SAKP ná sy bewindsoorname wóú staan, is daar baie rede om ondanks alles dankbaar te wees.
BIBLIOGRAFIE
Adam, Heribert. 1991. Eastern Europe and South African Socialism: Engaging Joe Slovo. Idasa Occasional Papers, 29. [ Links ]
Adam, Heribert, Frederik van Zyl Slabbert & Kogila Moodley. 1997. Comrades in Business. Cape Town: Tafelberg. [ Links ]
ANC-voorlegging aan die WVK TRC. 1997. www.truth.org.za/submit/anc2.htm. [ Links ]
Asmal, Kader, Louise Asmal & Ronald Suresh Roberts. 1996. Reconciliation through Truth. A Reckoning of Apartheids 'Criminal Governance. Cape Town: David Philip. [ Links ]
Bloch, Marc. 1953. The Historian's Craft. New York: Alfred A. Knopf. [ Links ]
Bunting, Brian. 1975. Moses Kotane, South African Revolutionary. [ Links ]
Clark, Ronald W. 1988. Lenin, the Man behind the Mask. London: Faber & Faber. [ Links ]
Coleman, Max (ed.). 1998. A Crime against Humanity. Analyzing the Repression of the Apartheid State. Cape Town: David Philip. [ Links ]
Couper, Scott Everett. 2009. 'An embarrassment to the Congresses'?: The silencing of Chief Albert Luthuli and the production of ANC history. Journal of Southern African Studies, 25(2):331-348. [ Links ]
Doyle, Kate. 1999. Death Squad Diary. Harper's Magazine, June 1999. [ Links ]
Ellis, Stephen, 2017. External Mission. The ANC in Exile 1960-1990. London: Hurst. [ Links ]
Ellis, Stephen & Tsepo Sechaba. 1993. Comrades against Apartheid. London: James Currey. [ Links ]
Everatt, David. 1992. Alliance politics of a special type: the roots of the ANC/SACP alliance, 1950-1954. Journal of Southern African Studies, 18(1). [ Links ]
Filatova, Irina. 2013. The Hidden Thread. Russia and South Africa in the Soviet Era. Johannesburg: Jonathan Ball. [ Links ]
Fischer, Klaus P. 1997. Nazi Germany, a New History. Continuum. mars.wnec.edu/~grempel/courses/hitler/lectures/german_guilt.html. [ Links ]
Fulford, Robert. 1998. Tyranny and after: Adam Michnik in today's Poland. Globe and Mail, 19.9.1998. [ Links ]
Giliomee, Hermann. 2000. Manipulating the Past. Political Correctness in South Africa. SA Institute of Race Relations & Friedrich Naumann-Institute, Braamfontein. [ Links ]
Giliomee, Hermann & Lawrence Schlemmer. 1989. From Apartheid to Nation-Building. Cape Town: Oxford University Press. [ Links ]
International convention on the suppression and punishment of the crime of Apartheid. 1973. https://treaties.un.org/pages/ViewDetails.aspx?src=TREATY&mtdsg_no=IV-7&chapter=4&clang=_en. [ Links ]
Johns, Sheridan. 1994. Raising the Red Flag. The International Socialist League and the Communist Party of South Africa, 1914-1932. [ Links ]
Ketelo, Bandile, Amos Maxongo, Zamxolo Tshona, Ronnie Massango & Luvo Mbengo. 1997. A Miscarriage of Democracy. The ANC Security Department in the 1984 Mutiny in Umkhonto we Ziswe. Myers, Bob (ed.). 1997. Revolutionary Times, Revolutionary Lives. Personal Accounts of the liberation struggles. London: Index, pp. 55-98. [ Links ]
Khan, Gulshan, Hlengiwe Motaung & Max Bearak. 2021. In a sudden bout of racial killings, a South African suburb sees a dark history repeating itself. Washington Post, 7.8.2021. [ Links ]
Lodge, Tom. 1983. Black Politics in South Africa since 1945. Johannesburg: Ravan Press. [ Links ]
Mandela, Nelson. 1995. Long Walk to Freedom. The Autobiography of Nelson Mandela. London: Abacus. [ Links ]
Mbatha, Khulu. 2017. Unmasked. Why the ANC Failed to Govern. Sandton: KMM. [ Links ]
Nöthling, CJ. 1986. The role of non-whites in the South African Defence Force. Scientia Militaria, 16(1):47-54. [ Links ]
O'Meara, Dan. 1983. Volkskapitalisme. Class, Capital and Ideology in the Development of Afrikaner Nationalism 1934-1948. Johannesburg: Ravan Press. [ Links ]
Roux, Edward. 1944. S.P. Bunting. A Political Biography. [ Links ]
Sachs, Albie. 1995. Fourth D.T. Lakdawala Memorial Lecture. Nieuw-Delhi. [ Links ]
Sampson, Anthony. 1999. Mandela, the Authorised Biography. Johannesburg: Jonathan Hall. [ Links ]
Scholtz, Leopold & Ingrid. 2003. "Problematisch verleden: een vergelijking tussen Duitsland, Polen en Zuid-Afrika". Historia, 48(1):126-168. [ Links ]
Scholtz, Leopold & Ingrid. 2003. Die etiek van revolusionêre geweld: 'n Vergelyking van die Leninistiese en Gandhiaanse model. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 42(3):178-196. [ Links ]
Scholtz, Leopold & Ingrid. 2009. Die ANC/SAKP in Angola: 'n Gevallestudie rakende interne demokrasie. Historia, 54(1):211-238. [ Links ]
Scholtz, Leopold & Ingrid. 2011. Die Konferensie van Kabwe en die ANC/SAKP se gewapende stryd. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(4):551-574. [ Links ]
Scholtz, Leopold & Ingrid. 2014. Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme. Historia, 59(2): 79-93. [ Links ]
Scholtz, Leopold & Ingrid. 2016. Kruispaaie. Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste Eeu. Pretoria: Kraal. [ Links ]
Scholtz, Leopold & Ingrid. 2017. Oliver Tambo en die kommunisme. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(4):1-16. [ Links ]
Seekings, Jeremy. 2000. The UDF. A History of the United Democratic Front in South Africa 1983-1991. Cape Town: David Philip. [ Links ]
Stadler, HD. 1997. The Other Side of the Story. A true perspective. Pretoria: Contact Publishers. [ Links ]
Twala, Mwezi & Ed Benard. 1994. Mbokodo. InsideMK: Mwezi Twala - a Soldier s Story. Johannesburg: Jonathan Ball. [ Links ]
Van Driel, Nicole. 2003. The ANC's first armed military operation. MA-verhandeling, UWK. [ Links ]
Visser, George Cloete. 1976. OB - Traitors or Patriots? Johannesburg: Macmillan. [ Links ]
Welsh, David. 2009. The Rise and Fall of Apartheid. Johannesburg: Jonathan Ball. [ Links ]
Ontvang: 2021-09-06
Goedgekeur: 2022-01-27
Gepubliseer: Maart 2022
Leopold Scholtz het gestudeer aan die Universiteit van Stellenbosch, die Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Leiden, waar hy in 1978 'n doktorsgraad verwerf het. Hy was adjunkredakteur van Die Burger in Kaapstad, asook buitengewone professor in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch voordat hy uit protes teen die instelling se taalbeleid bedank en na die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus oorgeskuif het. Hy is die outeur of medeouteur van nege boeke en ongeveer 50 ewekniebeoordeelde artikels in akademiese tydskrifte.
Leopold Scholtz studied at the University of Stellenbosch, the Rand Afrikaans University and the University of Leiden, where he obtained a doctor's degree in 1978. He was deputy editor of Die Burger in Cape Town, as well as extraordinary professor of history at the University of Stellenbosch, before he resigned in protest because of the institution's language policy and switched to the Potchefstroom campus of the Northwest University. He is the author or coauthor of nine books and in the vicinity of 50 peer-reviewed articles in academic journals.
1 Kyk Leopold en Ingrid Scholtz : "Problematisch verleden: een vergelijking tussen Duitsland, Polen en Zuid-Afrika" (Historia 48/1, Mei 2003, pp. 126-168).
2 Tweede ANC-voorlegging aan die WVK TRC, 12.5.1997, by ww.truth.org.za/submit/anc2.htm.
3 Aangehaal in Die Burger, 28.7.1999.
4 David Welsh: The Rise and Fall of Apartheid (Johannesburg, Jonathan Ball, 2009), p.21.
5 Leopold en Ingrid Scholtz: Kruispaaie. Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste Eeu (Pretoria, Kraal, 2016), pp. 116-126.
6 Vgl. Gulshan Khan, Hlengiwe Motaung en Max Bearak: "In a sudden bout of racial killings, a South African suburb sees a dark history repeating itself" (Washington Post, 7.8.2021).
7 Aangehaal in Anthony Sampson: Mandela, the Authorised Biography (Johannesburg, Jonathan Hall, 1999), p. 13.
8 Vgl. Klaus P. Fischer: Nazi Germany, a New History (Continuum, 1997), waarvan 'n relevante uittreksel gevind kan word by mars.wnec.edu/~grempel/courses/hitler/lectures/german_guilt.html.
9 Kader Asmal, Louise Asmal en Ronald Suresh Roberts: Reconciliation through Truth. A Reckoning of Apartheids 'Criminal Governance (Cape Town, David Philip, 1996), p. 42.
10 "Message of the National Executive Committee of the African National Congress" by www. sacp. org.za/docs/history/65yrs.html.
11 Kyk www.anc.org.za/ancdocs/history/or/.
12 Kyk Tambo se toespraak, 3.4.1987, by www.anc.org.za/contenl7address-oliver-tambo-la-trobe-university.
13 Stéphane Courtois:
14 Kyk George Cloete Visser: OB - Traitors or Patriots? (Johannesburg, Macmillan, 1976.)
15 C.J. Nöthling: "The role of non-whites in the South African Defence Force" (Scientia Militaria, 16/1, 1986, pp. 47-54).
16 Vgl. Hermann Giliomee: "Manipulating the Past" (Political Correctness in South Africa. SA Institute of Race Relations en die Friedrich Naumann-Institute, Braamfontein, 2000), p. 113).
17 Max Coleman (ed.): A Crime against Humanity. Analyzing the Repression of the Apartheid State (Cape Town, David Philip, 1998), pp. 56, 84, 251 en 258.
18 Cf. Jeremy Seekings: The UDF. A History of the United Democratic Front in South Africa 19831991 (Kaapstad, David Philip, 2000), p. 300.
19 Kate Doyle: "Death Squad Diary" (Harper's Magazine, Junie 1999).
20 Heribert Adam, Frederik van Zyl Slabbert & Kogila Moodley: Comrades in Business (Cape Town, Tafelberg, 1997), p. 34.
21 Dan O'Meara: Volkskapitalisme. Class, Capital and Ideology in the Development of Afrikaner Nationalism 1934-1948, (Johannesburg, Ravan Press, 1983), p. 11.
22 Vgl. "International convention on the suppression and punishment of the crime of Apartheid", 30.11.1973 (by https://treaties.un.org/pages/ViewDetails.aspx?src=TREATY&mtdsg_no=IV-7&chapter=4&clang=_en).
23 Marc Bloch: The Historian's Craft (New York, Alfred A. Knopf, 1953), pp. 138-144.
24 Leopold Scholtz: Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu (Pretoria, Kraal, 2016), pp. 95-99.
25 Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer: From Apartheid to Nation-Building (Cape Town, Oxford University Press, 1989), p. 42.
26 Vgl. hieroor Leopold en Ingrid Scholtz: "Die etiek van revolusionêre geweld: 'n Vergelyking van die Leninistiese en Gandhiaanse model" (Tydskrifvir Geesteswetenskappe 42/3, September 2003, pp. 178-196).
27 Ronald W. Clark: Lenin, the Man behind the Mask (London, Faber & Faber, 1988), p.370.
28 "Adam Michnik by home.wlu.edu/~bahlstrom/adam_michnik.htm.
29 Robert Fulford: "Tyranny and after:Adam Michnik in today's Poland" (Globe andMail, 19.9.1998).
30 Nelson Mandela: Long Walk to Freedom. The Autobiography ofNelson Mandela (London, Abacus, 1995), p. 147.
31 Scott Everett Couper: "'An embarrassment to the Congresses?': The silencing of Chief Albert Luthuli and the production of ANC history" (Journal of Southern African Studies, 25/2, Junie 2009, pp. 331-348).
32 Nicole van Driel: "The ANC's first armed military operation" (MA-verhandeling, UWK, 2003).
33 Vgl. "The dream of total liberation of Africa is in sight" (Sechaba, Maart 1984, p. 4).
34 Sien die notule van konferensie by gopher.anc.org.za/00/anc/history/kabrep.txt. Vir 'n analise, kyk Leopold en Ingrid Scholtz: "Die Konferensie van Kabwe en die ANC/SAKP se gewapende stryd" (Tydskrif vir Geesteswetenskappe 51/4, Desember 2011, pp. 551-574).
35 www.anc.org.za/ancdocs/history/or/or85-7.html.
36 www.anc.org.za/ancdocs/history/or/or85-12.html.
37 Verslag van SAW-generaals in my besit.
38 H.D. Stadler: The Other Side of the Story. A true perspective (Pretoria, Contact Publishers, 1997), pp. 68 en 179.
39 Aangehaal in die tweede voorlegging van die ANC voor die WVK, 12.5.1997, at https://www.justice.gov.za/trc/hrvtrans/submit/anc2.htm.
40 Ibid.
41 WVK: TRCReport, VI, p. 655.
42 Brian Bunting: Moses Kotane, South African Revolutionary, p. 28.
43 Edward Roux: S.P. Bunting. A Political Biography, pp. 88-89.
44 Sheridan Johns: Raising the Red Flag. The International Socialist League and the Communist Party of South Africa, 1914-1932, p. 226.
45 Nelson Mandela: Long Walk to Freedom (London, Abacus, 1994), pp. 138-139.
46 David Everatt: "Alliance politics of a special type: the roots of the ANC/SACP alliance, 19501954", (Journal of Southern African Studies, 18/1, Maart 1992, p. 24.
47 Tom Lodge: Black Politics in South Africa since 1945 (Johannesburg, Ravan Press, 1983), p. 28.
48 Stephen Ellis: External Mission. The ANC in Exile 1960-1990 (London, Hurst, 2017), pp. 17 en 20-23; Irina Filatova: The Hidden Thread. Russia and South Africa in the Soviet Era (Johannesburg, Jonathan Ball, 2013), pp. 300-301). Vir Mandela se vroeë flirtasie met die kommunisme, kyk Leopold en Ingrid Scholtz: "Nelson Mandela se houding teenoor die kommunisme" (Historia 59/2, November 2014, pp. 79-93).
49 Stephen Ellis and Tsepo Sechaba: Comrades against Apartheid (London, James Currey, 1992), pp. 150-151.
50 Vgl. Leopold en Ingrid Scholtz: "Oliver Tambo en die kommunisme" (Tydskrif vir Geesteswetenskappe 57/4, Des. 2017, pp. 1-16).
51 Kyk The Path to Power by www.sahistory.org.za/archive/path-power-1989-sacp.
52 Aangehaal in Heribert Adam: "Eastern Europe and South African Socialism: Engaging Joe Slovo" (Idasa Occasional Papers, 29), p. 3.
53 Motsuyenyane-verslag, p. 32 (in my besit).
54 Motsuyenyane-verslag, pp. 32-33 (in my besit).
55 James Stuart was die skuilnaam van Hermanus Loots, wat later 'n parlementslid van die ANC geword het.
56 Stuart-verslag by www.anc.org.za/ancdocs/misc/stuartreport.html.
57 Motsuyenyane-verslag, p. 29 (in my besit).
58 Stuart-verslag by www.anc.org.za/ancdocs/misc/stuartreport.html.
59 Motsuenyane-verslag, p. 38 (in my besit).
60 Motsuyenyane-verslag, p. 28 (in my besit).
61 Kyk bv. die Motsuyenyane-verslag (ongepubliseer; die Skweyiya-verslag (by www.anc.org.za/ancdocs/misc/skweyiya.html); Bandile Ketelo, Amos Maxongo, Zamxolo Tshona, Ronnie Massango and Luvo Mbengo: "A Miscarriage of Democracy. The ANC Security Department in the 1984 Mutiny in Umkhonto we Ziswe" (Bob Myers(ed.): Revolutionary Times, Revolutionary Lives. Personal Accounts of the liberation struggles (London, Index, 1997), pp. 55-98); Mwezi Twala en Ed Benard: Mbokodo. Inside MK: Mwezi Twala - a Soldier's Story (Johannesburg, Jonathan Ball, 1994); Leopold en Ingrid Scholtz: "Die ANC/SAKP in Angola: 'n Gevallestudie rakende interne demokrasie" (Historia 54/1, Mei 2009, pp. 211-238).
62 Ketelo et. Al: "A Miscarriage of Democracy" (Meyers (ed.): Revolutionary Times, Revolutionary Lives, p. 70).
63 Ellis and Sechaba: Comrades against Apartheid, pp. 148-150.
64 Toespraak van Slovo aan die Universiteit van Wes-Kaapland, 19.7.1991, by www.sacp.org.za/docs/history/stereotypejs.html.
65 Albie Sachs: "Fourth D.T. Lakdawala Memorial Lecture" (Nieuw-Delhi, 1995), p. 18.
66 Khulu Mbatha: Unmasked. Why the ANC Failed to Govern (Sandton, KMM, 2017), pp. xiv en 213.