SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue4VoorwoordAnother translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912
    Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.63 n.4 Pretoria Dec. 2023

    http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a2 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

     

    Nasionalisering van die Suezkanaal en die gevolg-like internasionale reperkussies

     

    Nationalisation of the Suez Canal and the resultant international repercussions

     

     

    Riaan Eksteen

    Navorsingsgenoot, Departement Politieke Studie en Regeerkunde, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika. E-pos: reksteen@swakop.com

     

     


    OPSOMMING

    In 1956 het Nasser met sy besluit om die Suezkanaal te nasionaliseer die wêreld se aandag onherroeplik op hom gevestig. Die internasionale krisis wat daarna gevolg het, het vrede in die Midde-Ooste ernstig bedreig. Brittanje en Frankryk se besluit om 'n aanval teen Egipte te loods terwyl Israel toe reeds militêr betrokke was, was ondeurdag en sinneloos. Dié fiasko het hul diplomatieke isolasie vererger. Die toenmalige Britse eerste minister, Sir Anthony Eden, wou Nasser ten alle koste uit die weg ruim, maar in die proses is sy eie loopbaan en reputasie vernietig. In Januarie 1957 het Sir Harold Macmillan hom opgevolg. Die alliansie tussen Brittanje en die VSA is erg geknou. Brittanje se finansiële en militêre swakhede is ontbloot en met die Eisenhower-doktrine het die VSA meer direk betrokke geraak by die gebeure. Groter betrokkenheid deur die Sowjetunie het die wedywering tussen die twee moondhede verder laat toeneem. Vir Nasser was die Suezkrisis 'n groot sukses. In die Arabiese wêreld het hy na vore getree as die nuwe messias. Lande wat die koloniale juk wou afskud, het hul politieke heil by Nasser gaan soek. Op 28 September 1970 sterf hierdie legendariese figuur - hy was 53 jaar oud. Sy impak op die internasionale toneel vibreer vir nog baie dekades daarna. Die Suezkrisis kan nie as 'n geïsoleerde gebeurtenis in politieke geskiedenis beskou word nie.

    Trefwoorde: Brittanje, Dulles, Eden, Egipte, Eisenhower, Frankryk, Israel, Macmillan, Midde-Ooste, militêre optrede, Nasser, Sowjetunie, Suezkanaal, Verenigde State van Amerika


    ABSTRACT

    Within three years of the 1952 overthrow of Egypt's monarchy, in which Nasser had played a prominent role, he utilised the Suez Canal to make his mark, thereby irrefutably and irreversibly attracting the world's attention. When he nationalised the channel, an international crisis arose that posed a grave threat to the Middle East. His actions followed after the United States of America (USA) had withdrawn an offer financially to assist Egypt with the construction of the Aswan Dam on the Nile River. With assistance from the Soviet Union (SU) for that project, Nasser was able to intimidate the USA, Britain, and France. Britain's and France's decision to attack Egypt while Israel was already involved militarily was ill-advised and illogical. These events caused a surge of activity at the United Nations (UN), which exacerbated the diplomatic isolation of Britain and France. Many experts continue to refer to said military actions as a failure and miscalculation. In addition, it gravely harmed the alliance between Britain and the USA, since the latter had not been informed about it prior to the attack and subsequently took a strong stance against it. The effect was tremendous on Britain's prestige and domestic politics. The crisis was a brutal awakening to the financial and military vulnerability of Britain. Sir Anthony Eden, the then prime minister of Britain, was obsessed with reclaiming the Canal. He desired Nasser's destruction at all costs as a result of which Nasser became the target of unprecedented hostility in British political life. Specifically, regarding Nasser, Eden's emotions verged on hysteria. Eden was also eager to reassert British authority in a region where the USA was gaining dominance under the powerful leadership of President Dwight (Ike) Eisenhower before, during, and after the crisis. The Eisenhower doctrine increased the active and direct involvement of the USA in the Middle East. Three months later, Eden resigned and was succeeded by his minister of finance, Sir Harold Macmillan, in January 1957. Eden and the Suez crisis have since become synonymous. His career and reputation in the minds of many were destroyed. In the Middle East, Britain's reputation was at an all-time low. In the process, Britain alienated many influential Commonwealth members. France was not immune to the effects of the events either. Nasser had no qualms inciting Algerians against France. His direct participation and the Egyptians ' success during the Suez conflict bolstered the Algerian insurgents' resolve to continue an intense and bloody struggle against France for independence - and the age of superpowers commenced. Even of greater significance, the events allowed the Soviet Union (SU) to become more involved in Egyptian affairs. Egypt and the SU strengthened their ties. The SU was able to establish a new sphere of influence by establishing associated footholds in a number of other Middle Eastern countries. The USA and Britain considered the expansion of Nasser's authority in the Middle East as a threat. In his homeland, Nasser was revered as a patriot and became an icon. The Suez crisis was a tremendous success for Nasser. In the Arab world, he became known as the new messiah and his prestige and influence grew substantially. Not only did the Suez crisis terminate British and French influence in the Middle East, but it also precipitated the decline of the two European powers. The USA became the new protector of Israel's interests over time. This new political setup in the Middle East ushered in a new chapter for this part of the world. Leaders in the emerging Third World, particularly those in Africa who desired to cast off the colonial yoke, began to seek political salvation from Nasser instead of their colonial masters. This legendary figure died of a heart attack on 28 September 1970. He was 53. His influence on the international stage continued to reverberate for decades. Consequently, the Suez Canal crisis cannot be viewed as a singular occurrence in political history.

    Keywords: Britain, Dulles, Eden, Egypt, Eisenhower, France, Israel, Macmillan, Middle East, military action, Nasser, Soviet Union, Suez Canal, United States of America


     

     

    Inleiding

    In die tweede helfte van die 1950's is die politieke toneel in die Midde-Ooste deur veral vier afsonderlike verwikkelinge gekenmerk wat onderling met mekaar vervleg was. Die eerste was die anti-koloniale stryd van Arabiese nasionaliste teen die twee oorblywende imperiale moondhede, Brittanje en Frankryk, wat met die Suezkrisis sy hoogtepunt bereik het. Daaruit het die ander drie gevolg, naamlik die geopolitieke stryd om invloed in die Midde-Ooste tussen die Verenigde State van Amerika (VSA) en die Sowjetunie (SU); die verskerping van die Arabies-Israeliese dispuut; en die wedloop om die leierskap van die Arabiese wêreld.

    In die eerste van die reeks van vier artikels is die gebeure geskets toe Gamal Abdul Nasser deel van die groep offisiere was wat met die staatsgreep die heerskappy van Koning Faroek in 1952 beeïndig het.1 Teen daardie tyd was die VSA en die SU reeds betrokke in geopolitieke mededinging. 'n Spitsberaad tussen hierdie twee moondhede wat in 1955 in Genève plaasgevind het, was veronderstel om die begin van 'n ontdooiing in die Koue Oorlog aan te dui. Weinig het egter werklik verander. Die Midde-Ooste het die nuwe fokuspunt van wedywering in die Koue Oorlog geword wat tegelyk plaaslike konflikte vererger en die gevaar ingehou het dat magte van buite in groot konfrontasies ingesleep kon word.2

    Twee maande ná die spitsberaad het die SU 'n groot besending wapentuig vir Egiptiese katoen wat in ooraanbod was, verruil. Dit was 'n berekende besluit van die SU om sy invloed in die Midde-Ooste uit te brei. Nikita Khrushchev, eerste sekretaris van die Kommunisteparty en voorsitter van die Ministersraad van die SU, het die VSA uitgedaag om die SU voortaan teen te werk in areas wat voorheen veilig binne die Westerse invloedsfeer geval het. Naas Indië het Egipte die belangrikste nalatenskap van Brittanje se imperiale verlede verteenwoordig. Selfs in die verswakte toestand waarin Brittanje ná die Tweede Wêreldoorlog verkeer het, het Britse leiers steeds hul land as die leidende moondheid in die Midde-Ooste geag. Die Suezkanaal se gunstige geografiese ligging was van uiters waardevolle geostrategiese belang vir die Weste vanweë die afhanklikheid van olie vanuit Irak en Iran.3 Vir Nasser was Brittanje se noue verhouding en toenemend vriendskaplike betrekkinge met Irak ' n groot bron van kommer. Hy het dit as ' n bedreiging vir sy doelwit gesien om Egipte as die leidende land in die Arabiese wêreld te vestig. Brittanje se posisie in Irak het mettertyd begin verswak.4

    Die VSA was deurentyd onseker oor wie sy bondgenoot in die Midde-Ooste moes wees. Sy beleid het gehuiwer tussen 'n begeerte om goeie betrekkinge met sy twee bondgenote in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), Brittanje en Frankryk, te handhaaf, wat ook groot koloniale moondhede was enersyds, en ' n begeerte om Arabiese nasionaliste se vriendskap te wen andersyds. Met verloop van tyd het die VSA se sterk druk egter aansienlik bygedra tot Brittanje se verswakkende posisie in die Midde-Ooste hoofsaaklik omdat die VSA Brittanje nie in sy konflikte in die area gesteun het nie.5 Brittanje het die toename in die SU se teenwoordigheid in die Midde-Ooste beskou as 'n onheilspellende verwikkeling wat gedreig het om ' n einde aan Britse invloed in die olieryke streek te maak.

    Die Chinese premier, Zhou Enlai, het Nasser by die Bandungkonferensie in April 1955 ontmoet. Nasser het hom beïndruk en hy het later Khrushchev aanbeveel om die Egiptiese leier as 'n potensiële bondgenoot te behandel.6 Hierdie Afro-Asiatiese konferensie het die belangrikheid van Egipte en sy rewolusie erken. Nasser is as ' n gelyke deur Asiatiese staats-manne soos Jawaharlal Nehru van Indië, Zhou Enlai en Sukarno van Indonesië behandel. Nasser se vriendskap met Nehru en Josef Broz Tito van Joego-Slawië het hom verder gehelp om sy idees te vorm deur betrokkenheid by die groot magsblokke te verwerp en eerder ' n neutrale Arabiese blok onder Egiptiese leierskap te skep in alliansie met ander ontluikende lande in Asië en Afrika. Later het hy 'n kragtige simbool vir Arabiese nasionaliste geword, soos Saddam Hussein van Irak, Hafez al-Assad van Sirië en Muammar al-Qaddafi van Libië. Tesame met Neru en Tito was hy een van die uitstaande leiers van die Beweging van Onver-bonde Lande wat hy vroeër help stig het. Hierdie troika was toonaangewend tydens die eerste spitsberaad van die Beweging in Belgrado in 1961.

    Vanaf die begin het hierdie status Nasser dadelik in konflik met Brittanje se planne vir die Midde-Ooste gebring.7 Uiteindelik was 'n botsing ook onvermydelik tussen Nasser en John Foster Dulles, die VSA se minister van buitelandse sake, wat neutraliteit as immoreel beskou het en Nasser wat dit daarteenoor ná die Bandungkonferensie heelhartig omhels en bevorder het.8

    Nasser het met sy dominante persoonlikheid en aansienlike sjarme 'n charismatiese figuur in Egipte en in die Arabiese wêreld geword. Sy beroep op Arabiese nasionalisme het onmiddellik wye aanklank gevind. Sy vasbeslotenheid om Brittanje en Frankryk uit die streek te verdryf en sy standpunt dat Israel sy ontstaan aan Westerse kolonialisme te danke het, het hom 'n baie omstrede figuur gemaak. Nasser was gereed om sy epogmakende skuif te maak. Op 26 Julie 1956 het die Britse Ryk ' n knou gekry waarvan dit nooit sou herstel nie toe Nasser die Suez-kanaal genasionaliseer het. Dit was ' n noodlottige dag vir Brittanje se status as ' n wêreld-moondheid. Die beslissende einde van Brittanje se imperiale era het aangebreek.

    In die derde en vierde artikels word word aandag gegee aan Nasser se optredes en die gebeure met die Suezkrisis wat bepaalde gevolge vir Algerië (dus ook Frankryk) en Suid-Afrika gehad het. Die strategiese ligging van Suid-Afrika het weereens wêreldwye aandag op die seeroete om die Kaap gevestig; ook toe die kanaal in 1967 weer gesluit is. Die status van die vlootbasis by Simonstad het ook in die laat 1950's verander. Voorts word verdere belangwekkende onderwerpe ook behandel, naamlik die betrokkenheid van die Verenigde Nasies (VN); die rol van die media voor en ná die krisis; Brittanje en Frankryk en kolonialisme; olie as belangrike bedingingsmeganisme; die optredes van prominente persoonlikhede oor wie daar ná die krisis vrae ontstaan het; en Nelson Mandela se besoeke aan Egipte en Algerië tussen 1958 en 1962.

     

    Die onmiddellike gevolge van nasionalisering

    Nóg Brittanje en Frankryk nóg die VSA het volle begrip gehad of verstaan wat Nasser verteenwoordig het. Al drie was onder die indruk dat Nasser se weerstand teen hulle te wyte was aan 'n spesifieke stel griewe wat reggestel kon word. Brittanje het probeer om Nasser te oorreed om sy historiese oorheersing van Egipte te aanvaar, terwyl die VSA gepoog het om Nasser in te sluit by sy groot strategiese benadering tot die Midde-Ooste, wat daarop gemik was om ekonomiese en militêre hulp aan te bied aan enige land wat deur Sowjet-penetrasie bedreig sou word. Die Sowjetunie, daarenteen, het die geleentheid raakgesien om die Weste en sy kapitalistiese beleidsrigtings uit te oorlê en ook om nuwe bondgenote te bekom deur hulle van wapens te voorsien sonder om, soos in Oos-Europa, verantwoordelikheid vir hul binnelandse bestuur hoef te aanvaar. Nasser het die kombinasie van al hierdie faktore slim gebruik om daarmee die verskillende mededingers teen mekaar af te speel.

    Brittanje was die eerste groot moondheid wat gedwing is om sy illusies oor Egipte, en ook binne ' n breër verband die Midde-Ooste, te laat vaar. Sy reeks militêre basisse langs die Suezkanaal was teen hierdie tyd ook al ontruim. Die VSA het volgehou om Egipte in die Westerse dampkring te probeer hou en saam met Brittanje aan te bied om die Aswandam te help finansier. Die kern van die besluit het egter berus op 'n belangrike denkfout, naamlik dat Egipte daardeur finansieel van hulle afhanklik gemaak sou word op dieselfde wyse as wat Brittanje finansiële beheer oor die Suezkanaal in die 19de eeu bekom het. Hierdie aanbod het Nasser glad nie nederig gehou nie. Die Aswandamprojek het by hom ' n groter gevoel van belangrikheid gewek. Hy het gou besef dat hy die projek as ' n unieke hefboom kon gebruik indien hy vinnig sou beweeg om meer en groter voordele te beding. Gevolglik het hy hardnekkig finansiële eise en terme gestel. Die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het, was toe Nasser in Mei 1956 die erkenning van die regering van Chiang Kai-shek in Taiwan met dié van die Volksrepubliek van China vervang het en diplomatieke betrekkinge met laasgenoemde aangeknoop het. Dit was 'n direkte klap in die gesig van die VSA en veral Dulles, wat baie toegewyd aan Taiwan was. 'n Maand later het Dmitri Shepilov, wat kort vantevore die nuwe minister van buitelandse sake van die SU geword het, Egipte besoek om 'n aanbod te maak vir die finansiering en bou van die Aswandam. Dit het Nasser in staat gestel om die twee supermoondhede behoorlik teen mekaar af te speel. Kort daarna het die VSA Egipte in kennis gestel dat geen hulp beskikbaar gestel gaan word nie omdat Washington tot die gevolgtrekking gekom het dat die dam buite Egipte se ekonomiese vermoëns sou val.

    Byna elke aksie wat die VSA geneem het, was met die Koue Oorlog in gedagte. Daarenteen het Nasser sy politieke optredes vinnig en sonder veel agting vir die groter gevolge van die Koue Oorlog geneem. Sy besluite was in belang van Egipte en hy het nie veel vir Koue Oorlog-implikasies omgegee nie. Hierdie houding van Nasser het politici in die VSA erg bekommerd gelaat.9

    Nasser was nie 'n kommunis nie. Hy was eerder 'n nasionalis. Toe die VSA egter geweier het om sy nasionalistiese agenda te ondersteun, het hy besef dat hy hul aandag kon verkry deur op hul vrese vir Sowjet-infiltrasie en kommunisme se verspreiding in die Midde-Ooste te fokus. Daarom was dit vir Nasser duidelik dat die Suezkanaal die enigste wapen was wat oorgebly het om teen die Weste, en dan veral Brittanje, aan te wend. Henry Kissinger was later die mening toegedaan dat die VSA moes begryp het dat die skielike onttrekking van finansiële hulp die begin, nie die einde nie, van 'n krisis sou wees.10 'n Week ná die VSA se besluit het Nasser sy antwoord gelewer. Voor 'n groot skare in Alexandrie het Nasser op 26 Julie 1956 'n beroep op Arabiese nasionalisme gedoen:

    Arab nationalism progresses. Arab nationalism triumphs. Arab nationalism marches forward; it knows its road and it knows its strength. Arab nationalism knows who are its enemies and who are its friends.11

    Daarna het hy eers Brittanje goed laat verstaan dat hul imperiale era wat Egipte betref finaal tot 'n einde gekom het:

    We shall eliminate the past by regaining our right to the Suez Canal.12

    Toe het Nasser vir Frankryk doelbewus uitgetart en die skare met sy opmerking opgesweep dat nooit aan Egipte gesê sou word dat die slag van Algerië nie hul geveg was nie. In die middel van sy toespraak het Nasser die naam van Ferdinand de Lesseps, die Fransman wat die Suezkanaal gebou het, uitgeroep. Dit was die kodewoord en teken vir Egiptiese militêre magte om beheer van die kanaal oor te neem. Aan die einde van sy toespraak het Nasser triomfantlik aan die opruiende skare verkondig dat op daardie oomblik hul Egiptiese broers besig was om die kanaalmaatskappy en sy eiendom oor te neem en om skeepvaart in die kanaal te beheer wat in Egiptiese grondgebied geleë was, deel van Egipte was en deur Egipte besit word. Eintlik was die daad van nasionalisering nie onwettig nie, aangesien Nasser onderneem het om die aandeelhouers getrou te vergoed en te verseker dat daar geen ontwrigting van navigasie sou wees nie.13 Maar, Brittanje en Frankryk het Nasser se optrede as uittartend en 'n militante uitdaging vir hul eie persoonlike en politieke aansien in Egipte, die Midde-Ooste en Noord-Afrika (Marokko en Algerië) beskou. Enkele dae ná hierdie gebeure het The Rand Daily Mail die volgende in 'n voorbladberig ingesluit:

    The devastating effect on the West of President Nasser's simple political move, which no one seems to have anticipated, has underlined again Western Europe's dependence on the co-operation of the small group of Arab states for their industrial lifeblood and consequent political stability.14

    Ná Nasser se nasionaliseringsbesluit het Eden en sy kabinet besluit dat, indien nodig, militêre ingryping ' n regverdige manier sou wees om Brittanje se lewensbelangrike belange in die Midde-Ooste te beskerm.15 Brittanje het Nasser as 'n fundamentele gevaar vir sy belange in die Midde-Ooste verklaar, veral in Egipte. Van hierdie standpunt is nooit afgewyk nie.16 Om die kanaal te verloor, sou onvermydelik lei tot die verlies van een van Brittanje se belangrikste bates in die Midde-Ooste. Vir Sir Harold Macmillan, wat minister van finansies was, het die beheer van die kanaal ' n stryd geword tussen Nasser en Westerse moondhede:

    There could therefore be little doubt that, if Colonel Nasser's policy succeeded, our whole position in the Middle East would be undermined, our oil supplies would be in jeopardy, and the stability of our national economy would be gravely threatened.17

    Die groot geostrategiese implikasie wat aan die beheer oor die Persiese Golf gekoppel was, het nou uit Brittanje se hande geglip. Dit was maklik om te bewys dat lande wat die Persiese Golf (insluitende die Straat van Hormuz) beheer, 'n groter belang daarby gehad het om die Suezkanaal oop te hou as lande wat min beheer oor die Golf uitgeoefen het.18 Selwyn Lloyd, minister van buitelandse sake, het saamgestem dat Brittanje se enigste belang in daardie streek was om Britse oliebronne in Irak en die Persiese Golf te beskerm.19

    Frankryk was baie uitgesproke en selfs meer vyandig teenoor Nasser. Franse belange in die Arabiese wêreld was aansienlik. Hulle het Nasser se woorde as 'n oproep gesien om die wêreldorde soos wat hulle dit geken het, te vernietig.20 Inderwaarheid het dit die nuwe realiteite in die naoorlogse Midde-Ooste blootgelê.

    Nasser was the most important statesman thrown up by the Arab resistance. He was also a leading figure in the anti-colonial revolutions, one of the great world political movements of the twentieth century. An Egyptian, a Muslim and a self-proclaimed Arab, he was also a product and animator of the same anti-colonial, anti-imperialist and modernising revolution that produced Nehru and Mao Tse-Tung, Sukarno and Nkrumah, Castro and Ho Chi Minh. He belonged to the heroic age of national liberation movements.21

    Ná Nasser se toespraak het Eden dit aan Eisenhower gestel dat indien hulle nie kragdadig standpunt sou inneem en optree nie, hul invloed regdeur die Midde-Ooste finaal vernietig sou word.22 Met optrede het Eden beslis militêre aksie ingesluit. Drie dae later het Eden die Laerhuis oor die krisis toegespreek waarin hy geen toegewing aan Nasser gemaak het nie:

    No arrangements for the future of this great international waterway, could be acceptable to Her Majesty' s Government which would leave it in the unfettered control of a single Power which could, as recent events have shown, exploit it purely for purposes of national policy.23

    Om Egipte uit te lok, het Brittanje en Frankryk alle maritieme moondhede opdrag gegee om te weier om kanaalgeld aan Egipte te betaal. Nasser was uitgeslape. Om konfrontasies te vermy wat in Brittanje se hande sou gespeel het, het Egipte geen tolgeld van Westerse skepe gevorder nie.

    Die VSA se eerste reaksie was dat indien 'n militêre operasie onderneem moes word, dit groter kans op sukses en minder ernstige gevolge sou hê as wanneer dit oorhaastig onderneem sou word. Brittanje en Frankryk het hierdie standpunt vertolk as synde dat die VSA hul optredes ondersteun het. Gou daarna het dit duidelik geword dat die drie bondgenote nie eensgesind oor die krisis en optrede teen Nasser was nie. Eden en Guy Mollet, Franse eerste minister, het die omverwerping en vernedering van Nasser as 'n doel op sigself voorgestaan. Dulles en sy president het egter die krisis in terme van die VSA se langtermynverhouding met die Arabiese wêreld en die reaksie van die SU ontleed. Eisenhower het ook gevrees dat indien Egipte aangeval sou word, die VSA met sy naaste en belangrikste bondgenote sou bots.

    Op 27 Julie 1956 het Eden vir Eisenhower skriftelik meegedeel dat hulle twee nie behoort te verval in 'n regstwis oor die nasionalisering van 'n Egiptiese maatskappy nie en ook nie in 'n finansiële argument betrokke moet raak oor Egipte se vermoë om die vergoeding te betaal wat hulle aangebied het nie. Eden het sy brief egter afgesluit met 'n betoog dat hy en sy kollegas oortuig daarvan was dat Brittanje gereed moes wees om geweld te gebruik om Nasser tot sy sinne te bring.24 In sy antwoord op 31 Julie 1956 het Eisenhower ondubbelsinnig aangedui dat die VSA wel Brittanje se standpunt oor die kanaal se waarde begryp. Nogtans het hy sy ferm oortuiging aan Eden oorgedra dat die oorweging van militêre optrede op daardie oomblik onwys sou wees.25 Vir 'n wyle het Eden onder Eisenhower se druk geswig en tydelik teruggedeins daarvan om militêr op te tree. Twee weke later het die kabinet egter besluit dat die bestuur en beheer van die kanaal nie in die hande van die Egiptiese regering gelaat kon word nie.26 Die basiese uitgangspunt wat hierdie besluit onderlê het, was dat "agtergeblewe" Egiptenare nie hulself kon regeer nie, "onbetroubare" Egiptenare nie die kanaal kon bestuur nie en die kanaal regtens op Britse grondgebied geleë was en dat dit Egipte was wat geweld op Brittanje afgedwing het.27 Daarenteen het alles daarop gedui dat Egipte die kanaal wel doeltreffend geadministreer het.

    Die volgende stap wat die drie bondgenote geneem het om die krisis te probeer ontlont, was om die Maritieme Konferensie van 18 tot 23 Augustus 1956 in Londen te hou. Op 12 Augustus het Nasser die uitnodiging om die konferensie by te woon summier van die hand gewys. Die 24 hoofverbruikers van die kanaal het dit wel bygewoon, insluitende die agt lande wat die Konstantinopel-konvensie van 1888 onderteken het. Die VSA het saam met die meerderheid van 18 lande vir ' n nuwe kanaalregime gestem wat die eerste minister van Australië, Sir Robert Menzies, aan Nasser moes gaan voorlê. Dit het Egiptiese soewereiniteit en deelname deur Egiptiese personeel aanvaar, maar ook die konferensiedeelnemers as die de facto administrateurs van die kanaal gevestig. Dulles was onwillig om tot ander optredes in te stem. Hy het daarop aangedring dat morele oortuiging en die druk van openbare mening uiteindelik vir Nasser sou oortuig om toe te gee. Nasser het weereens al die voorstelle van die konferensie verwerp. Soos verwag, het die SU en verskeie sogenaamd neutrale state, onder leiding van Indië, Egipte se standpunt onomwonde gesteun. Drie maande van veelparty-onderhandelinge het gevolg om 'n diplomatieke oplossing vir die krisis te bereik rakende 'n internasionale ooreenkoms vir die toekoms van die kanaal. Terselfdertyd sou dit die VSA die geleentheid bied om 'n veldtog te loods wat sy Europese bondgenote van militêre optrede sou laat afsien.

    Eden het weer gepoog om Eisenhower tot ander insigte te bring. In sy antwoord aan Eden op 12 September 1956 het laasgenoemde weereens teen enige militêre aksie gewaarsku. Dulles het die volgende dag prontuit verklaar dat indien met geweld in Egipte ingegryp sou word, die alternatief vir die VSA sou wees om hul skepe om die Kaap te stuur.28 Eden kon nie glo dat Eisenhower sy bedenkinge oor eensydige Britse en Franse optrede in openlike opposisie verander het nie. Maar, Eisenhower was oortuig daarvan dat Frankryk en Brittanje uiteindelik nie sou waag om militêr teen Nasser op te tree sonder die VSA se medewete, goedkeuring en steun nie. Daarvoor was die spesiale verhouding tussen die VSA en Brittanje wat deur vennootskap tydens oorloë en persoonlike vriendskap wat oor baie jare versterk was, te sterk.29Spanning het nou hierdie spesiale verhouding gekenmerk. Soos Hathaway dit in sy artikel "Suez, The Perfect Failure" gestel het:

    [t]he single word "Suez" remains synonymous for disaster in the annals of the Anglo-American "special relationship".30

    Die VSA het sy twee bondgenote en verskeie ander maritieme state oorreed om weer op 19 September 1956 vir 'n tweede konferensie in Londen byeen te kom. Op 21 September het hierdie groep die stigting van ' n vereniging aangekondig wat veronderstel was om die finansies en administrasie van die kanaal op 'n praktiese wyse te beskerm. Die plan was doodgebore, aangesien Nasser toe reeds al die vorige maatskappy se navigators met Egiptenare en beamptes van die SU en Indië vervang het en vir ononderbroke werking van die kanaal onder Egiptiese bestuur gesorg het. Anglo-Amerikaanse verhoudings het nou merkbaar versleg. Die VSA se benadering is gekenmerk deur enersyds begrip vir Nasser se aanspraak op nasionale soewereiniteit en andersyds Eisenhower se sterk standpunt dat Brits-Franse militêre aksie moreel, wetlik en polities aanstootlik was. Hy wou verseker dat die VSA in die Midde-Ooste as 'n bemiddelaar in die Arabiese wêreld gerespekteer sou word en as 'n vriend vir optrede wat na onafhanklikheid gesmag het.31

    Die VSA was onthuts oor Eden se besluit om sonder enige voorafgaande konsultasie die Veiligheidsraad te betrek. Die Franse en Britte wat vêr met hul militêre voorbereidings gevorder het, wou eers nog op hul eie ' n diplomatieke stap neem en het besluit om die kwessie by die VN te opper. Dulles het getwyfel dat so 'n stap iets sou bereik. Dit sou emosies eerder vererger. Aan die einde van September het Brittanje en Frankryk wel 'n formele klag by die Veiligheidsraad ingedien. Midde-in die gebeure by die VN het Eden 'n handgeskrewe brief aan Eisenhower gestuur waarop laasgenoemde onder andere die volgende in sy antwoord aan Eden gestel het:

    Truly, this is a rather forbidding letter, and it is scarcely couched in the terms which one would expect in a communication from one Head of Government to a another.32

    Toe Brittanje en Frankryk aangedring het op 'n formele resolusie wat Nasser se nasionalisering sou veroordeel en nietig verklaar, het die SU sy veto gebruik. In nog 'n boodskap aan Eisenhower het Eden Sowjetbedreiging in die Midde-Ooste heelwat aangedik. Op 2 Oktober het Dulles tydens sy perskonferensie die gebruik van geweld 'n tweede keer sterk afgekeur. Teen die middel van Oktober was dit vir die Britte en Franse duidelik dat wat hulle betref alle diplomatieke moontlikhede uitgeput was en die tyd aangebreek het om tot militêre aksie oor te gaan. Eden en Mollet was desperaat om op hul eie met militêre ingryping voort te gaan wat toe nog net 'n paar taktiese skuiwe vereis het. Die uiteinde was eenvoudig rampspoedig vir Brittanje en Frankryk, maar veral vir Eden.

     

    Brittanje en Frankryk gaan eensydig oor tot militêre optrede

    Brittanje en Frankryk was in hul eie denke oortuig dat hulle genoegsame redes gehad het om oorlog te voer. Hulle moes egter 'n voorwendsel vir hul optrede kry. Om hulle van 'n onafwendbare ramp te probeer vrywaar, het hulle hul gehaas om Israel te betrek.33 Met Israel se betrokkenheid het die Franse met 'n slenter vorendag gekom. Daarvolgens moes Israel vir Egipte binneval en na die Suezkanaalarea beweeg. Daarna sou Brittanje en Frankryk in die naam van vryheid van navigasie daarop aandring dat beide Egipte en Israel tot ' n afstand van 16 kilometers van die kanaal moes onttrek. Sou Egipte weier, wat ten volle verwag was, sou Brittanje en Frankryk die kanaalsone beset en Egiptiese teikens aanval. Hierdie ingewikkelde plan sou 'n week voor die presidentsverkiesing in die VSA, wat op 6 November 1956 sou plaasvind, in werking gestel word. Die Britte en Franse was albei bewus daarvan dat die VSA se standpunt van kritieke belang sou wees wanneer die VSA bewus sou word van hul invalsplanne. Om hierdie rede is die Anglo-Franse plan nie vooraf met die VSA bespreek nie en doelbewus vertraag om met die verkiesing saam te val.

    Mev. Golda Meir, Israel se minister van buitelandse sake, het op 30 September op uitnodiging van die Franse verkennende gesprekke in Parys gevoer. Sy was vergesel van generaal Moshe Dayan, die stafhoof van Israel se weermag en Shimon Peres, die direkteur-generaal van die ministerie van verdediging. Die byeenkoms het egter geen definitiewe militêre planne geformuleer nie. Met die veronderstelling dat Israel aan die oorlog gaan deelneem, het Frankryk dadelik wapentuig na Israel verskeep. Op 14 Oktober het Franse verteenwoordigers die plan en die betrokkenheid van Israel aan Eden voorgele. Ná die hoogs geheime vergadering wat daarna tussen 20 en 23 Oktober by ' n klein private villa in Sèvres, buite Parys, plaasgevind het, het die drie state die uiters geheime Sèvres-protokol onderteken. Binne enkele dae het Eden die aanvalsplan met sy binnekring, wat as die Egiptiese Komitee bekend gestaan het, bespreek. Die volle inhoud van daardie protokol is nie bekend gemaak nie. Almal wat teenwoordig was, het begryp dat die protokol in totale geheimhouding gehou moes word.34Die plan is goedgekeur en later die middag het Eden in die Laerhuis die Brits-Franse ultimatum aangekondig. Hy het geensins na die Sèvres-protokol verwys nie. 'n Hewige debat het gevolg waartydens die opposisie Arbeidersparty hom heftig gekritiseer het oor die feit dat hy nie die Parlement geraadpleeg het nie. Tog het die Laerhuis hom ondersteun. Eden en sy binnekring het irrasioneel tydens die Suezkrisis opgetree wat 'n skeuring in die alliansie geskep en ook struweling in die regering op die hoogste vlak veroorsaak het. Die volle kabinet was nooit werklik ingelig nie, en daardie komitee se versuim om vinnig en beslissend op te tree saam met buitensporige geheimhouding het nie net gelei tot die verlies van die VSA as 'n potensiële bondgenoot nie, maar ook in die afname van openbare steun in Brittanje vir militêre optrede.

    Op 29 Oktober het Israel die Sinai binnegeval. Die volgende dag nog voordat Israeliese troepe die vooraf beplande teikenarea bereik het, het Brittanje en Frankryk geëis dat beide kante aan die kanaalgebied moes onttrek. Op 31 Oktober het Brittanje en Frankryk aangekondig dat hulle gaan ingryp. Met die aanvang van gevegte het gesinkte skepe die kanaal versper. Saboteurs het boonop 'n groot oliepypleiding beskadig wat Brittanje van noodsaaklike olievoorrade ontneem het. Toe dit duidelik word dat daar militêre samespanning tussen Israeliese en Anglo-Franse magte was, was daar internasionale veroordeling van die veldtog en die imperiale aard daarvan. Die "Tripartite Aggression,'' soos dit in die Arabiese wêreld bekend gestaan het, het plaasgevind in omstandighede wat min mense 'n paar maande vantevore kon verwag het en met resultate wat nog minder mense toe kon voorsien het. Dit was eers toe die sameswering tussen Brittanje en Frankryk aan die lig gekom het dat Israel daarvan beskuldig is dat hulle ' n daad van aggressie teen Egipte gepleeg het. Aanvanklik is Israel se optrede as 'n skending van die wapenstilstandsooreenkoms van 1949 gekritiseer. In Pakistan het 300 000 mense in Lahore betoog om solidariteit met Egipte te toon terwyl in Karatsji 'n gepeupel wat anti-Britse slagspreuke gesing het die gebou afgebrand het wat die Britse konsulaat gehuisves het.35 Nehru het die militêre optrede as naakte aggressie veroordeel.36 In Sirië het die regering die Kirkuk-Baniyas-pypleiding, wat een van die hoofroetes was vir die aflewering van Irakse olie,37 opgeblaas om Irak te straf vir die ondersteuning van die inval en om olievoorrade aan Brittanje af te sny. Later het Saoedi-Arabië 'n olie-embargo teen Brittanje en Frankryk ingestel.38Ander NAVO-lede het geweier om olie wat hulle van Arabiese bronne ontvang het aan Brittanje of Frankryk te voorsien.

    Waarop nie een van die drie regerings bedag was nie, was die VSA se reaksie. Eisenhower was hewig ontsteld. 'n Dag ná Israel se aanvanklike aanval het die VSA 'n sterk bewoorde resolusie in die Veiligheidsraad ingedien wat die gewapende magte van Israel beveel het om onmiddellik te onttrek tot agter die gevestigde wapenstilstandlyne. Geen eis is gestel oor Egiptiese terrorisme of om die onwettige Arabiese blokkade van die Golf van Akaba te veroordeel nie. Eisenhower het Brittanje en Frankryk dieselfde dag in ' n televisietoespraak heftig veroordeel en hulle erg verkwalik dat die VSA op geen wyse oor enige fase van hul aksies geraadpleeg of vooraf daaroor ingelig is nie. Hy het die VSA se volle diplomatieke gewig teen hulle aangewend:

    There can be no peace - without law. And there can be no law - if we were to invoke one code of international conduct for those who oppose us - and another for our friends.

    Voorts het hy ook gewaarsku:

    We are forced to doubt that resort to force and war will for long serve the permanent interest of the attacking nations.39

    Dit was die eerste keer dat die VSA saam met die Sowjetunie teen sy naaste bondgenote gestem het. In ' n radiorede het Eisenhower verklaar dat hy, in die lig van verwagte Britse en Franse veto's in die Veiligheidsraad, sy saak na die Algemene Vergadering sou neem waar hul vetoreg nie geld nie.40 Op 2 November het die Algemene Vergadering met 'n oorweldigende meerderheid 'n einde aan die vyandelikhede geëis. Daarna is 'n selfs sterker resolusie aanvaar om ' n VN-vredesmag vir die kanaalarea te stig. Op 5 November het Brittanje en Frankryk aangekondig dat hul troepe onttrek sou word sodra die VN die vredesmag (UNEF, "United Nation Emergency Force") in Egipte ontplooi het. Vanuit ' n volkeregtelike perspektief, was die Suezkrisis een van die eerste groot toetse van die VN se regstelsel want ná die mislukking van die Volkerebond was die VN se posisie in wereldpolitiek nie 'n gegewe nie.

    Die ooglopende breuk tussen die VSA en sy bondgenote het die SU in staat gestel om hom as Egipte se beskermer voor te doen. Op 5 November het Nikolai Bulganin, die SU se eerste minister onder Khrushchev, briewe aan beide Eden en Eisenhower gestuur. In Eden s'n het hy dit onomwonde gestel dat die SU aksie sou neem teen enige aggressor in Egipte. Aan Eisenhower het hy gesamentlike Sowjet-Amerikaanse militêre optrede voorgestel in 'n poging om ' n einde aan die vyandelikhede te maak. Hy het onheilspellend ook verder verklaar dat indien die oorlog nie beëindig word nie, rekening gehou moes word met die gevaar van ' n moontlike Derde Wêreldoorlog. Daardie dreigement van die SU het die buitengewone bravade bevat wat later die kenmerk van Khrushchev se diplomasie sou word. Sowjet-troepe was juis op daardie presiese tydstip besig om vryheidsvegters in Hongarye wreed te onderdruk. Nou het die SU die lot van beweerde slagoffers van Westerse imperialisme betreur.41 Eisenhower het die Suezkrisis as ' n onnodige afleiding van die SU se brutale onderdrukking van die opstand in Hongarye beskou en met verontwaardiging gesamentlike militêre optrede met die SU summier verwerp. Sy waarskuwing dat die VSA enige eensydige Sowjet- militêre betrokkenheid sou teenstaan, het druk op Brittanje en Frankryk ongetwyfeld laat toeneem. Die dreige-mente wat Bulganin teen die Anglo-Franse alliansie gemaak het en deur Eisenhower verwerp is, was die hooffaktore wat ' n einde aan die Anglo-Franse opmars gebring het. Eisenhower het hom beywer om op 6 November as president herkies te word, en is toe vir 'n tweede termyn verkies met Richard Nixon weer as sy vise-president.

    Die Suezkrisis het nie soseer geëindig nie, maar eerder net minder hoofopskrifte gehaal. Teen die begin van April 1957 was die kanaal heeltemal onder Egiptiese beheer en weer vir skeepvaart oopgestel. Een maand later het Brittanje aangekondig dat Britse skepe toegelaat sou word om fooie aan die Egiptiese kanaalowerheid te betaal. Daarna het Westerse regerings hul poging voortgesit om een of ander vorm van internasionale beheer oor die waterweg af te dwing. Nasser het egter al sulke pogings verwerp totdat Brittanje, Frankryk en die VSA aan die einde van 1957 die nutteloosheid van hul pogings erken het en Nasser se volledige beheer oor die kanaal aanvaar het. Ekonomiese diplomasie het hier die verloop van gebeure bepaal.42

     

    impak op Brittanje

    Die nagevolge van die Suezfiasko was oorweldigend vir Brittanje. Macmillan het sy kabinetskollegas gewaarsku dat ' n werklike gevaar bestaan dat die Britse pond gedevalueer sou moes word. Die Bank van Engeland het tussen 30 Oktober en 2 November $45 miljoen verloor. Die moontlikheid van ' n Arabiese olie-embargo het ook gedreig te midde van die olietoevoer wat as gevolg van die sluiting van die kanaal ontwrig is. Meer as tweederdes van Wes-Europa se olie is deur die strategiese Suezkanaal vervoer wat nou geblokkeer was.

    Afgesien van beduidende negatiewe gevolge vir die ekonomie wat reeds in ' n groef vasgevang was, is Brittanje ook met 'n groeiende finansiële krisis gekonfronteer. Marksentiment het teen die geldeenheid gedraai en Brittanje se dollarreserwes het aangehou om te daal en die pond het vinnig gedepresieer. Britse owerhede het die bedreiging van markspekulasie totaal onderskat. Met Brittanje se goudreserwes wat in die eerste week van November 1956 met 100 miljoen Britse pond gedaal het, het Macmillan gevrees dat "withdrawals and sales of pound sterling were threatening disaster to the whole British economic position".43 Op 5 November 1956 het die pond gesteier en kommerwekkende afmetings aangeneem.44 Teen Desember 1956 was 'n gedwonge devaluasie 'n baie sterk moontlikheid. Teen daardie tyd het die Suid-Afrikaanse Reserwebank reeds $42,7 miljoen in goud aan Brittanje beskikbaar gestel.45In hierdie verband het Thula Simpson na hierdie interessante feit verwys:

    [d]ocuments considered by the British Cabinet in 1960 estimated that over £200m worth of South African gold was marketed annually in London, thereby supporting sterling.46

    Brittanje is geforseer om aansoek vir 'n lening van $1300 miljoen by die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) te doen. Hulp aan Brittanje was egter problematies. Dit was duidelik dat Brittanje nie op daardie stadium vir bystand deur die IMF gekwalifiseer het nie. Ten spyte van die VSA se teenkanting teen Europese militêre optrede het Macmillan gehoop om voort te bou op Brittanje en sy eie persoonlike verhouding met die VSA en daarmee vir Washington te oorreed om te help om die pond te ondersteun. In sy pleidooi om steun van die VSA het hy geredeneer dat 'n versuim om die Britse geldeenheid te ondersteun katastrofiese politieke gevolge sou hê, insluitende 'n triomf vir internasionale kommunisme. Eisenhower het dit aan sy kabinet duidelik gestel dat die VSA niks sou doen om Brittanje se geldeenheid te ondersteun totdat Brittanje en Frankryk hul magte uit Egipte onttrek het nie. Die VSA het voortgegaan om likwiditeit aan Brittanje te weier totdat Britse troepe ten volle uit Egipte onttrek het. Die laaste troepe het op 23 Desember 1956 vertrek.

    In Brittanje het die krisis ' n massiewe politieke polemiek veroorsaak en ' n ekonomiese krisis tot gevolg gehad. Brittanje se toegang tot brandstof en olie was beperk en tekorte het ontstaan. Petrolrantsoenering wat in Desember 1956 ingestel is, het tot Mei 1957 geduur. Die Konserwatiewe regering het beduidende vyandigheid van die Arbeiders-opposisie in die gesig gestaar en het selfs verdeeldheid en meningsverskille in eie geledere ervaar. Ingryping in Suez was aanvanklik gewild onder die Britse publiek, maar ná die vernedering wat die konflik veroorsaak het, het die regering vinnig steun verloor. Landwye anti-oorlogbetogings is gehou en verskeie staatsamptenare het uit protes bedank. In die Laerhuis is Eden gekasty.

    Eden se doelbewuste versuim om die Statebond te raadpleeg oor die besluit om Egipte binne te val, was 'n afwyking van die beginsel en praktyk van Statebondvennootskap.47 In die Statebond het hy min steun geniet. Toe die VSA vir Eden nog boonop in die steek gelaat het, het hy besef dat die skrif aan die muur was. Op 6 November, wat ook verkiesingsdag vir Eisenhower was, het Eden die wapenstilstand aangekondig wat die volgende dag van krag sou word. Britse en Franse magte was vir minder as 48 uur aktief betrokke. Eden het egter nog vir ' n paar weke met sy uitdagende houding volhard. Op 17 November het hy verklaar dat Brittanje geen verskonings vir sy optrede teen Egipte sou maak nie. Op 20 Desember is Eden in die Laerhuis ondervra of hy ooit vooraf kennis gedra het van Israel se aanval wat die Britse en Franse een voorafgegaan het. Eden het enige sodanige kennis ontken. Hy het die Huis duidelik mislei oor wat hy eintlik geweet het en hoe die Sèvres-protokol presies in die prentjie gepas het. Sy verkeerde berekening van die VSA se reaksie op die aanval op Egipte en sy hardkoppige hantering van die krisis daarna was skadelik vir Brittanje se reputasie en noodlottig vir sy loopbaan. Op 8 Januarie 1957 het hy sy kabinet vir die laaste keer toegespreek. Die rede vir sy bedanking was toenemende swak gesondheid.

    One of the many fascinating questions of the Suez crisis is to what extent Eden's handling of the situation was influenced both by his past surgery and by the sedatives and stimulants that he was taking.... If Eden had been fit and well, he would have realized that such a course [militêre optrede] contained the seeds of its own destruction. ... Eden's illness and his treatment got to him in ways that did affect his judgement and decision-making. . A fit and well Anthony Eden would not have made all of those mistakes.48

    Hy was vir minder as twee jaar eerste minister. Anthony Nutting49 wat as minister van buitelandse sake uit protes in 1956 oor die hantering van die Suezkrisis bedank het, het die volgende oor die verwese Eden opgemerk:

    He possessed . a great "capacity for self-deception", which allowed him to see what he wished to see. He was blind to how seriously the western position in the Arab world had deteriorated, and utterly failed to understand that British aspirations in the Middle East were irreconcilable with Arab demands for independence and national dignity. His Middle East diplomacy reflected "the illusions of a passing age".50

    Die Suezkrisis was waarskynlik een van die belangrikste episodes in die Britse geskiedenis ná 1945. George Peden het die omvang daarvan opgesom as synde "one of the most dramatic episodes in British history".51 Die krisis was die keerpunt vir Brittanje in vele opsigte - iets wat sy dalende status as ' n tweederangse wêreldmoondheid bevestig het. Die resultate, vir Brittanje sowel as vir Eden, was in gelyke mate rampspoedig. Die Britte is van alle pretensies gestroop om steeds as ' n wêreldmoondheid erken te word.

    When the crisis was over, when the abscess had burst, the world was a different place. But, of all the nations involved, Great Britain was affected most immediately, most dramatically. For although Britain's economic and military strength had long been trickling away, Anthony Eden's Suez policy and its mortifying aftermath made it apparent to everyone there and to most people everywhere that Britain could no longer exercise power on a global scale. Sixty years after Queen Victoria's Jubilee, the lion roared for the last time.52

    Hierdie ekspedisie is uit frustrasie en desperaatheid gebore en op ondeurdagte en amateuragtige wyse pateties sonder ' n duidelike politieke doelwit uitgevoer om politieke realiteite, internasionaal en binnelands, enigsins te kwantifiseer. Omdat dit persoonlikheidgedrewe was om van Nasser ontslae te raak, was dit verder nie vreemd dat dit tot mislukking gedoem was nie.

    The expected Anglo-French invasion did not materialize, and the anti-government protests that opposition members had hoped would erupt following an international move did not occur, as world support started to pour out for the Egyptian president.53

    George Kennan was vol kritiek oor die betrokkenes aan albei kante:

    We [die VSA] bear a heavy measure of responsibility for the desperation which has driven the French and British Governments to this ill-conceived and pathetic action."54

    Die politieke en sielkundige impak van die krisis het 'n fundamentele uitwerking op die Britse politiek gehad. Eden se opvolger, Macmillan, het die proses van dekolonisasie aansienlik versnel en probeer om die welwillendheid van die VSA te herwin sodat Brittanje se verhoudinge nie blywende skade moes ly nie. Ibrahim Saad som die impak van die krisis soos volg op:

    The awakening of Arab nationalism, the creation of Israel with Western support, and social and economic disaffection were active forces undermining Western influence. Egypt's revolution of 1952 and the rise to power of Nasser were crucial turning points in accelerating this new trend. The other revolutions in Iraq (1958), Algeria (1954-62), Yemen (1962), Sudan (1969), and Libya (1969) reinforced the trend. Meanwhile the Soviet Union has been systematically increasing its influence by offering massive economic aid (e.g., the Aswan Dam) and arms; by showing greater empathy with Arab national aspirations; and by taking advantage of Western mistakes.55

    Met twee van die belangrikste lesse wat Brittanje uit die krisis geleer het - die belangrikheid van die spesiale verhouding met die VSA en die sterkte van wêreldmening - was die Britte daarna op soek na 'n nuwe rol in die wêreld. In daardie proses het Brittanje met 'n gebrek aan morele gesag en materiële swakheid sy rug op sy Ryk begin draai.

    Binne vier jaar onder die bewind van Macmillan het Brittanje die postkoloniale era betree. In die ywer om Anglo-Amerikaanse betrekkinge te probeer herstel, het Brittanje begin om die koste van die koloniale Ryk te ontleed en ' n diepgaande verdedigingsoorsig onderneem. Hierdie prosesse het later gelei tot onder andere Macmillan se beleid van "winde van verandering" in Afrika.56 Brittanje se sleutel- diplomatieke verhoudinge het onder druk gekom. Statebondslande was verdeeld in hul lojaliteit teenoor Brittanje en verhoudinge met kernlede het vertroebel. Net Australië het Brittanje ondersteun. Pakistan het gedreig om sy lidmaatskap te beëindig. Die Suezkrisis het duidelik getoon dat die finansiële en veiligheidsvlakke van Brittanje uiters swak was ten spyte van die maatreëls wat ná die Tweede Wêreldoorlog geneem is om hulle sterk te hou. Min steun is ondervind wanneer dit om die instandhouding van Britse en Franse kolonies in Afrika en Asië gegaan het. Brittanje het dit al hoe moeiliker en duurder gevind om sy oorblywende kolonies te beskerm en te behou op ' n tydstip wat die Tesourie toenemend gewaarsku het oor die effek van hoë verdedigingsuitgawes op die ekonomie. Om te verhoed dat hy in ' n duur stryd met plaaslike nasionalistiese bewegings vasgevang sou word, het Brittanje met onbehoorlike haas begin om uit die meeste van sy oorblywende kolonies te onttrek. Ghana se onafhanklikheidswording op 6 Maart 1957 was 'n direkte gevolg van die krisis en het ' n politieke voorbeeld vir meeste Afrikaleiers van daardie tyd gestel. Hierna het 'n mate van selfregering vir Kenia, Uganda en Tanganjika gevolg. Somalië en Nigerië het onafhanklikheid in 1960 gekry. Die mislukking van die inval en die optrede van beide die VSA en die SU het aan Afrika-nasionaliste regoor die vasteland gewys dat die internasionale mag van hul koloniale meesters na die twee nuwe supermoondhede verskuif het. Brittanje en Frankryk het aansienlike aansien en invloed verloor en, soos George Herring dit stel, "resented their humiliation at the hands of their ally". Toe nasionaliste regoor Afrika gesien het hoe Nasser Brittanje en Frankryk die stryd aangesê en gewen het, het hulle met groter vasberaden-heid hul eie stryd vir onafhanklikheid aangepak. Die Suezkrisis was 'n teken vir nasionaliste in die Britse Ryk dat die uur van hul vryheid aangebreek het en vir die meeste leiers in koloniale Afrika was dit 'n katalisator. Vir Egipte en die SU het dit die gesamentlike doelwit geword om kolonialisme te verslaan. Nasser se staatsmanskap het 'n belangrike rol in die dekolonisasie van Afrika begin speel.

    Beide Konserwatiewe en Arbeidersregerings was uiteindelik daartoe verbind om Brittanje se invloed in die Midde-Ooste vol te hou en Nasser se streeksambisies teen te werk, maar in die post-Suezera het die fundamentele wanopvatting van Brittanje se kapasiteit egter voortgeduur.57 Wat Brittanje gehoop het om deur die optrede in November 1956 te voorkom, het eintlik daarin geslaag om dit te waarborg. Egipte het beheer oor die kanaal behou met die ondersteuning van die VN en die VSA. Egipte het die kanaal vir kommersiële skeepvaart in Maart 1957 heropen.

    Gedurende Macmillan se premierskap (1957-1963) was daar voortdurend debatte oor Suez. Onthullings wat verskeie toonaangewende publikasies gemaak het, het substansie verleen aan die aanvanklike vermoedens oor Brittanje se geheime bande met Frankryk en Israel voor die aanvang van die oorlog. Ook dat ministers die Parlement doelbewus mislei het toe hulle voorafkennis van Israel se betrokkenheid heftig ontken het. Opeenvolgende regerings het telkens geweier om ondersoeke oor hierdie polities verdelende krisis toe te laat. Dit het Peter Beck die opmerking laat maak:

    . strong opposition from successive British governments apparently seeking to protect the secrets of Suez, most notably those centred upon alleged British collusion with France and Israel, in a manner epitomizing Britain's "culture of secrecy."58

    Die klad van Suez het aan Brittanje se naam bly kleef; binnelands, sowel as internasionaal.

     

    Suid-Afrika se houding

    Suid-Afrika se eerste minister, Hans Strijdom, se reaksie op die besluit van Nasser om die kanaal te nasionaliseer was kort en kragtig:

    I think we should keep our head out of that beehive.59

    Die Suid-Afrikaanse regering het Nasser as 'n vyand beskou, maar om ekonomiese redes en geopolitiese oorwegings het Suid-Afrika wat by ' n geslote kanaal sou baat ook in hierdie geval die beginsel streng gehandhaaf om nóg by binnelandse aangeleenthede van ander lande betrokke te raak, nóg om oor hul beleidsbesluite kommentaar te lewer. Daarom was dit nie vreemd dat Suid-Afrika nie genooi is om die twee konferensies by te woon wat in Augustus en September 1956 in Londen gehou is nie. Suid-Afrika het ook nie versoek om die byeenkomste by te woon nie. Hierdie nie-deelname het vervolgens Suid-Afrika se neutraliteit in die twis oor die Suezkanaal onderstreep.60 In die vierde artikel word aandag geskenk aan die gevolge van die kanaalsluiting vir Suid-Afrika in 1957 en ook weer in 1967.

     

    Impak van die gebeure op ander rolspelers

    Die politieke dinamika van die Midde-Ooste het gevolglik net meer gekompliseerd geraak. Die SU se ingryping aan die kant van Egipte het sy vriendskapbande met Arabiese nasies ook versterk. Arabiese nasionaliste is bemoedig daardeur. Nasser het rebellegroepe wat onafhank-likheid van Brittanje gesoek het aktief ondersteun. Om sy Arabiese gehore te beïndruk en hul steun te behou, het Nasser sy aanvalle op gematigde regerings in die Midde-Ooste verskerp en hulle gevolglik ondermyn. Van hierdie lande se regerings het gevolglik toenemend radikaal geword. Binne vyf jaar het Egiptiese troepe Jemen ingeval in ' n vergeefse poging om die bestaande orde omver te werp. Aangesien die VSA uiteindelik die strategiese posisies geërf het wat Brittanje agtergelaat het, het Nasser die volle woede van sy radikalisme teen die VSA losgelaat; wat later in 1967 op 'n verbreking van diplomatieke betrekkinge uitgeloop het.

    Onder die onverbonde lande het die VSA se invloed verswak. Dit was nie dat die meerderheid van daardie lande skielik vyandig teenoor die VSA gestaan het nie; net dat hulle die politieke hefboom wat Nasser vir hulle geskep het begin verstaan en toegepas het. Die meeste van hulle het eintlik nie eens die Suezkrisis begryp nie. Wat wel vir hulle belangrik was, was Nasser se suksesse om behendig supermoondhede teen mekaar af te speel. Dit het beslis bepaalde indrukke gelaat, veral sy radikalisme wat hy as noodsaaklik beskou het vir sy Pan-Arabiese ambisies waarvoor hy verplig gevoel het om in konstante konfrontasie met die VSA in die Midde-Ooste te bly. Hiermee het hy verseker dat hy 'n nog meer prominente streeks- en wêreldleier word, wat 'n beduidende rol sou speel in die Beweging van Onverbonde Lande waarvan hy 'n medestigter was en wat hy in hierdie era van die Koue Oorlog verder help vorm het. Imperialisme het plek vir nasionalistiese bewegings gemaak. Nasser se triomf het ' n bron van inspirasie vir Arabiese Nasionaliste en vir rebelleleiers in koloniale Afrika geword.61 Sy optrede teenoor Anglo-Franse imperialisme het 'n besliste invloed op ander Afrika- en Arabiese ontwikkelende state gehad wat gepoog het om onafhanklikheid te verkry.

    Die VSA se versaking van sy twee naaste bondgenote het ook die kanselier van Wes-Duitsland, Konrad Adenauer, beïnvloed. Hy was 'n getroue vriend van die VSA in die naoorlogse Europa en het Dulles geweldig bewonder. Tog het hy die VSA se diplomasie tydens die Suezkrisis beskou as 'n potensiële voorloper van 'n soort wêreldwye ooreenkoms tussen die VSA en die SU waarvoor Europa uiteindelik die prys sou moes betaal. Hy was toevallig op 6 November 1956 in Parys, die dag toe Eden en Mollet onder die druk van die VSA geswig het. Volgens die Franse minister van buitelandse sake, Christian Pineau, het Adenauer die volgende opgemerk:

    France and England will never be powers comparable to the United States and the Soviet Union. Nor Germany, either. There remains to them only one way of playing a decisive role in the world; that is to unite to make Europe. England is not ripe for it but the affair of Suez will help to prepare her spirits for it. We have no time to waste: Europe will be your revenge.62

    Hierdie stelling het Frans-Duitse samewerking gegrondves. Op 25 Maart 1957 het België, Frankryk, Italië, Luxemburg, Nederland en Wes-Duitsland die Verdrag van Rome onderteken wat ook as die verdrag ter stigting van die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG) bekend staan. Hierdie verdrag het op 1 Januarie 1958 in werking getree. Dit is een van die twee belangrikste verdrae wat die huidige Europese Unie (EU) grondves. Terwyl Brittanje internasionaal geïsoleerd gestaan het, is dit tuis ontmoedig om nouer bande met Europa te smee. So het Brittanje aanvanklik van Europese eenheid weggedraai en die keuse vir permanente ondergeskiktheid aan die VSA se beleid en optredes gemaak. Later het Brittanje wel twee pogings (1963 en 1967) aangewend om by die Unie aan te sluit in die hoop om deels sy stagnante ekonomie reg te ruk, deels om die Frans-Duitse alliansie teen te werk. Sommige kommentators meen die nagevolge van die Suezkrisis was van die redes waarom De Gaulle so ' n hardnekkige anti-Britse standpunt gehandhaaf het, veral wanneer dit by Brittanje se aansoeke om lidmaatskap gekom het.63 Lidmaatskap het egter eers op 1 Januarie 1973 'n werklikheid geword toe De Gaulle alreeds vier jaar vantevore uitgetree het. Ná die Brexit-referendum van 23 Junie 2016 het Brittanje die Unie op 31 Januarie 2020 verlaat.

    Die mees negatiewe impak van die Suezkrisis was as gevolg van die betrokkenheid van die SU wat gretig was om invloed in die Midde-Ooste te verkry en reeds wapens en ammunisie aan die Egiptiese weermag verskaf het. Khrushchev het die optrede van die VSA as 'n swakheid eerder as die toepassing van verhewe beginsels beskou. Wat begin het as 'n voorlopige Tsjeggo-Slowaakse wapentransaksie met Egipte het ontaard in 'n groot Sowjet- strategiese deurbraak wat die Atlantiese Alliansie verdeel en veroorsaak het dat ontwikkelende lande hul meer en meer tot die SU gewend het om hul bedingingsmag teenoor die Weste te vergroot. Khrushchev was eufories. Die een konfrontasie na die ander het gevolg. Eers was dit die Berlynse krisis van 1958-1959 oor die status van Wes-Berlyn. Daarna het die Berlynse Muur in 1961 gevolg. Dit het met die Kubaanse missielkrisis van 1962 geëindig.

    Nadat Brittanje en Frankryk hul historiese rolle in die Midde-Ooste kwyt was, het die VSA besef dat verantwoordelikheid vir die magsbalans in daardie streek in die toekoms vierkantig op sy skouers sou rus. Op 26 November 1956 het die VSA tydens die beraad van die Bagdad-verdraglande wat die leiers van Irak, Iran, Pakistan en Turkye ingesluit het, verklaar:

    A threat to the territorial integrity or political independence of the members would be viewed by the United States with the utmost gravity.64

    Soos wat die VSA dit hier gestel het, het hulle nou die rol oorgeneem om die lidstate van die Bagdad-verdrag te verdedig waarvoor Brittanje te swak geword het en te gediskrediteer was. Op 5 Januarie 1957 het Eisenhower in 'n boodskap aan die kongres goedkeuring versoek vir wat daarna bekend sou staan as die Eisenhower-doktrine. Dit het 'n drieledige program vir die Midde-Ooste behels met die klem op ekonomiese hulp, militêre bystand en beskerming teen kommunistiese aggressie.65 In sy staatsrede (State of the Union) op 10 Januarie 1957 het Eisenhower selfs verder gegaan deur die VSA tot die verdediging van die hele vrye wêreld te verbind:

    First, America' s vital interests are worldwide, embracing both hemispheres and every continent. Second, we have community of interest with every nation in the free world. Third, interdependence of interests requires a decent respect for the rights and the peace of all peoples.66

    Tussen 1945 en 1960 het ongeveer 40 nasies met 800 miljoen mense in opstand gekom teen hul koloniale meesters. Hierdie politieke aardbewing het die VN geskud. Sy oorspronklike 51 lede het toegeneem tot 82 lede in 1958 en 99 lede in 1960. Die VSA kon nie meer die steun van 'n meerderheid in die VN as gegewe aanvaar nie. 'n Groeiende gaping het ontstaan tussen die welvarende VSA en die arm, nuut opkomende wêreld. Die vraag waarmee die VSA se beleidmakers nou gekonfronteer was, is of die VSA wat wel oorloë kon wen, rewolusies kon wen. Dulles het gehoop om daardie probleem op te los - ten minste gedeeltelik - deur die nuwe state by alliansiestelsels in te sluit wat die VSA sou lei en grootliks sou befonds.67 Die beweegrede vir die Eisenhower-doktrine was die VSA se vaste oortuiging dat die SU die begeerte gekoester het om die Midde-Ooste te beheer en enigiets sou doen om beheer in daardie area te verkry. Daarom het die Arabiese state die beskerming van die VSA benodig en die meeste van hulle het dit verlang. So was die VSA dus verplig om vryheidsliewende state ekonomies en militêr te ondersteun ten einde hul onafhanklikheid te handhaaf, veral in die lig van dreigende kommunisme. Gevolglik het die VSA ná die krisis 'n meer dominante globale rol begin speel toe daar besluit is om die magsvakuum in die Midde-Ooste te vul wat deur Brittanje en Frankryk se agteruitgang gelaat is. Die krisis het sodoende 'n reeks onmiddellike en langtermyngevolge vir die VSA ingehou.

    Die toenemende betrokkenheid van die VSA in die Midde-Ooste het verder die vrees laat ontstaan dat die SU die geleentheid ook sou aangryp om daardie magsvakuum te vul. Nasser het die Eisenhower-doktrine en die Bagdad-verdrag as wesentlike bedreigings vir sy posisie in die Arabiese wêreld beskou en om sy isolasie te bewerkstellig. Terwyl die doktrine amptelik daarop gemik was om die Midde-Ooste teen Sowjet-indringing te beskerm, was die onuitgesproke bedoeling daarmee om Nasser se Arabiese nasionalisme te beveg omdat Eisenhower die optredes van Nasser as bevorderlik vir Sowjet-ekspansionisme beskou het. Dus moes Nasser geïsoleer word en om gepaardgaande daarmee Nasserisme se aantrekkings-krag dwarsdeur die Arabiese wêreld teen te werk. Nasser was bevrees dat die VSA vir NAVO direk of met die implementering van die Eisenhower-doktrine teen hom sou aanwend. Om hierdie redes was hy angstig om sy posisie ook buite Egipte te konsolideer. Nasser het sy uiteindelike doelwit om hegemonie in Egipte se drie invloedsfere (Arabies, Afrikane en Islam) te bereik onveranderd en meedoënloos nagejaag. Hy het bloot gewag vir geskikte geleenthede om sy doelwitte na te streef. Binne ' n kort periode het hy van sy doelwitte in die Arabiese invloedsfeer begin bereik.

    Op 14 Julie 1958 het Irakse offisiere wat Nasser bewonder het die swak Irakse koninkryk tot ' n val gebring. Eisenhower se vrees dat Libanon volgende sou wees, het daartoe gelei dat die VSA met min huiwering of voorbereiding 5 000 troepe na Libanon gestuur het om orde te handhaaf. In sy aankondiging hieroor het Eisenhower gesinspeel op die bedreiging wat Washington bekommer het, naamlik die groei van die politieke mag in die Arabiese wêreld as gevolg van Nasser en sy Arabiese nasionalisme. Hierdie troepe het Libanon uiteindelik in Oktober 1958 verlaat. Aangevuur deur die Suezkrisis het radikale werkers baie van Koeweit se oliebronne en pypleidings aan die brand gesteek. Sterk en vinnige optrede deur die Koeweitse veiligheidsmagte het verdere ernstige skade verhoed: 100 tydbomme is ontdek wat die sjeikdom se pypleidings sou opblaas. Nasser het stelselmatig sy eie posisie gekonsolideer; sy land se invloed in die Midde-Ooste verhoog; en die verspreiding van radikalisme in die streek aangewakker, veral in state met onstabiele regerings soos, Irak, Jordanië, Libanon en Sirië. Die Verenigde Arabiese Republiek wat Egipte en Sirië in Februarie 1958 gevorm het, was 'n verdere triomf vir Nasser. Hiermee het hy sy stempel van Arabiese nasionalisme en daarmee saam sy meerderwaardigheid op die Arabiese wêreld bepaald afgedruk. Die Arabiese politieke bestel het 'n nuwe gedaante aangeneem. Die Egiptiese nasionalisme wat eers onderskat is, het wyd veld in die Arabiese wêreld gewen.

    The force of Egyptian nationalism was weighed by British officials at the time, as they debated whether military action could result in successful "regime change" in the Egypt of 1956.68

    Suez en hierdie gebeure het die wêreld gewys dat die lont van olie en politiek in die Midde-Ooste elkeen op hul eie baie kort kon wees, wat nog te sê as die twee saamgevoeg sou word. Ook dat die Midde-Ooste reeds aansienlik sedert die Suezkrisis verander het in een wat 'n baie minder vriendelike houding teenoor die VSA ingeneem het.69 In 1980 het Nixon in een van sy boeke die volgende gestel:

    Far more than the canal was lost. This humiliating defeat in Suez had a devastating effect on the willingness of Britain and France to play a major role not only in the Mideast but in other areas of the world as well. The U.S. action, rather than winning Nasser's friendship, gained his contempt and increased his hostility toward Israel, other Arab countries, and the United States itself.70

    Later het Kissinger die situasie waarin die VSA hom bevind het soos volg verwoord:

    . America would be grappling with it all alone in Vietnam, most of its allies having dissociated from it by invoking many an argument from the days of Suez as scripted by America itself.71

     

    Impak op Israel

    Israel se weermag het met vertroue uit die veldtog getree. Die oorlog het getoon dat Israel in staat was om grootskaalse militêre maneuvers uit te voer. Die oorlog het ook tasbare voordele vir Israel ingehou. Ingevolge die Sèvres-protokol het Frankryk in uiters geheime omstandighede skynbaar dele van sy eie kernkragtegnologie aan Israel oorgedra. Die Straat van Tiran, wat sedert 1951 deur Egipte vir skeepsverkeer van Israel gesluit was, het vir Israeliese skeepvaart heropen sodat verkeer vrylik daardeur na en van Afrika en Asië kon beweeg. Die Israeli's het ook die teenwoordigheid van VN-vredesmagte in Sinai verseker en die politieke vernedering vrygespring wat Brittanje en Frankryk getref het ná hul vinnige, gedwonge onttrekking. In die sewe jaar wat gevolg het, het Israel nog meer paraat geword vir die oorlog in 1967 wat gelei het tot die sluiting van die Suezkanaal vir etlike jare daarna.

     

    Aspekte van Nasser se binnelandse en buitelandse beleid

    Binnelandse politiek in Egipte was 'n groot dryfveer in Nasser se optrede om die kanaal te nasionaliseer. Hy het verskeie binnelandse beleidsprestasies behaal met infrastruktuurprojekte wat gehelp het om Egipte te moderniseer en lewenstandaarde te verbeter, soos veral met die bou van die Aswandam en die elektrifisering van dorpe. Hy het ook rewolusionêre hervormings aan die feodale landboustelsel teweeggebring en uiters gewilde sosialistiese beleidsmaatreëls geïmplementeer wat Egipte se gevoel van selfvertroue en ere herstel en die grondslag vir die moderne Egipte gelê het. Sy binnelandse beleid het 'n beduidende impak op die Egiptiese ekonomie gehad. Op die gebied van buitelandse beleid het hy vele prestasies gehad en het hy behendig veranderinge in die internasionale magsbalans uitgebuit om ' n reeks beduidende nasionalistiese doelwitte te bereik. Maar, sy buitelandse beleid het toenemende koste gehad en sy pogings om Egiptiese invloed te projekteer, het die land se hulpbronne uitgeput. Oor die algemeen het Nasser se buitelandse beleid beide suksesse en uitdagings gehad.72 So was sy suksesvolle poging om Jordanië te verhoed om by die Bagdad-verdrag aan te sluit 'n voorbeeld van sy pragmatiese diplomatieke strategie.

    Although Abdul Nasser was a product of the decolonization period, and as such he had a latent disposition towards neutrality, he was nevertheless a pragmatic leader willing to cooperate tacitly with the West so long as this cooperation was based on his own terms.73

    Sy suksesse met die hantering van buitelandse aangeleenthede het die tekortkomings oorskadu wat daar in binnelandse aangeleenthede voorgekom het.

     

    Slot

    Op 26 Julie 1956 het die Britse Ryk met die nasionalisering van die Suezkanaal 'n knou gekry waarvan dit nooit weer sou herstel nie. Dit was 'n noodlottige dag vir Brittanje as ' n wêreldmoondheid met die verlies van een van die juwele in Brittanje se imperiale portefeulje. Die Suezoorlog wat drie maande later gevolg het, word algemeen beskou as een van die grootste flaters in moderne internasionale betrekkinge - nie net die uitvoering van die militêre invalsplan nie, maar bepaald ook die vooraf-beplanning en veral Brittanje se uitsluiting van die VSA in die proses. Daar word dikwels na die Suezkanaalkrisis verwys as 'n deurslagge-wende oomblik in die geskiedenis van internasionale betrekkinge: dit het amptelik die einde van Britse en Franse kolonialisme en oorheersing beteken en het verdere momentum aan die Beweging van die Onverbonde Lande en dekolonisasie gegee. Die onvermoë van Brittanje om die steun van die VSA ná die mislukte inval te kry, het Brittanje letterlik op 'n eiland van ellende gelaat. Die Suezkrisis het wêreldwye vernedering vir Brittanje besorg en sy nasionale trots verlaag. Brittanje was nie meer magtig nie. Ondersteuning van die VSA is benodig om sy verpligtinge na te kom. Oor Brittanje se agteruitgang as 'n groot moondheid stel Max Beloff dit soos volg:

    Britain, despite its possession of a nuclear weapon system, is not in a position to play a Great Power role and this is or should have been obvious at least since the Suez affairs of 1956.74

    Gekombineerd met Brittanje se ekonomiese insinking en finansiële verknorsing, het die krisis en die gevolge daarvan ' n kernrol in die veranderinge in sy koloniale beleid gespeel, wat die proses van dekolonisasie laat toeneem het.75 Nóg 'n gevolg van hierdie waterskeiding was dat dit die dekolonisasie-beweging in die VN aan die gang gesit het.76 Kristoffer Rystad se gevolgtrekking was dat kolonisasie vinnig en sonder veel hindernisse ná die krisis toegeneem het. Die Midde-Ooste wat oor dekades heen ontevrede met Westerse kolonialisme was, was nou nie net ryp vir kommunistiese uitbuiting nie, maar Arabiese nasionalisme het 'n omvang van sy eie aangeneem en het vinnig veld gewen met Arabiese state wat aanhoudend met woede teenoor hul voormalige koloniale heersers geagiteer het.77

    Nasser se nasionaliseringsbesluit was nie 'n lukrake besluit nie. Dit was 'n doelbewuste strategiese stap met politieke dinamika wat nog nie voorheen ondervind is nie. Allermins deur Brittanje teen wie dit in die eerste plek gemik was om Britse gesag in Egipte te ondermyn en uiteindelik te beëindig. Verder het Nasser met sy sterk anti-Britse beleid Britse imperiale heerskappy in die Arabiese wêreld beveg. Hiervoor was sy pan-Arabiese retoriek baie effektief en aanloklik wat enorme impak op die politieke ontwikkeling van die Arabiese state gehad het. Die oorwinning van Nasser oor die aggressors was ' n deurslaggewende stimulasie vir regerings van die ander Arabiese state om die ideologie van pan-Arabisme te implementeer en so ook hul eie te maak. As gevolg hiervan het toenemende radikalisme meer en meer onstabiele politieke situasies tot gevolg gehad. In die Midde-Ooste het Suez Arabies-Israeliese antagonisme versterk en 'n nuwe streekorde onder Egiptiese beskerming ingelui wat Palestyne oortuig gelaat het dat hulle nie op enige van die ander Arabiese state kon staatmaak om ' n tuisland vir hulle te bewerkstellig nie. Verskeie Palestynse groeperings het in 1964 onder die vaandel van die Palestynse Bevrydingsorganisasie wat Yasser Arafat later gelei het, verenig.

    Kort nadat die kanaal heropen het, het oorlogskepe van die SU vir die eerste keer sedert die Eerste Wereldoorlog die kanaal deurkruis. Die SU se ontluikende invloed in die Midde-Ooste het die verkryging van Mediterreense basisse, die bekendstelling van veeldoelige projekte en die ondersteuning van die groeiende Palestynse bevryding ingesluit. Meer en meer Arabiese lande is gepenetreer. Saam daarmee het Nasser homself die rol as die verdediger van die Palestyne se saak toegeëien.

    Nasser se beleid en optredes het nie net Arabiese nasionalisme bevorder nie. Sy beweging was veel groter omdat dit 'n anti-Westerse, anti-imperialistiese, anti-koloniale en nieverbonde nasionalistiese beweging geword het. Hy het daarin geslaag om verskeie Arabiese lande te verenig om voortaan as 'n verenigde front op te tree. Nasserisme het neerslag in die volksmond gevind en mense se verbeelding aangegryp. In Egipte en dwarsdeur die hele Arabiese wêreld het Nasser ' n held geword wat deur miljoene mense verafgod is. Terwyl sy voorliefde vir anti-Westerse retoriek hom 'n verdagte figuur in die VSA en Europa gemaak het, was die een wat as die uiteindelike wenner uit die hele krisis getree het, ongetwyfeld Nasser. Hy het die besluit om die Suezkanaal te nasionaliseer behendig uitgevoer en sy politieke doelwit daarmee verwesentlik om die laaste oorblyfsels van Britse imperiale teenwoordigheid uit Egipte te verwyder. Die Suezkrisis het sy statuur in die Arabiese wêreld onmeetbaar verhoog en hom daarmee as die onbetwiste leier van die Arabiese state na vore laat tree. Sy impak op die internasionale toneel vibreer vir nog baie dekades daarna.

    Die Suezkanaalkrisis kan nie as 'n geïsoleerde gebeurtenis in politieke geskiedenis beskou word nie. Die belangrikheid van interaksie tussen die streeks- en internasionale dimensies van die krisis is beklemtoon. Verder het die krisis gehelp om 'n veranderende wêreld in die middel van die 20ste eeu te verstaan wat dekolonisasie, nasionalisme en die Koue Oorlog hervorm het.

    Die gevolge van die krisis het blywend gebly. Die verband daarmee en die huidige konflik tussen Israel en Hamas - na laasgenoemde se terreuraanvalle teen Israel op 7 Oktober 2023 en Israel se onmiddellike en onverbiddelike militêre optrede in Gaza - kan nie onderskat word nie. Ná die Suezkrisis en met die Eisenhower-doktrine het die VSA die Midde-Ooste toenemend as 'n streek van beduidende betekenis hanteer. Opeenvolgende administrasies het omvattende doelwitte nagestreef wat onderling gekoppel was ten einde strategiese doelwitte te bereik. In daardie proses is gepoog om die Israeli-Palestynse kwessie aan te spreek. Ondersteuning van Israel het terselfdertyd ferm gebly met die onwrikbare erkenning van Israel se reg tot self-verdediging terwyl groter streekstabiliteit bepleit is.

    Die Suezkrisis het 67 jaar gelede as 'n buitelandse beleidkwessie skokgolwe deur die binnelandse bestel en -politiek van menige lande, veral die VSA, Brittanje en Frankryk, gestuur. Die huidige gebeure in die Midde-Ooste het 'n fel, indien nie nog feller nie, impak op baie lande waar hierdie buitelandse aangeleentheid nou hoog op die agenda is weens die hewige reaksie en polemiek wat dit intern in elke land ontlok.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Boeke en Artikels

    Aldrich, Winthrop. 1967. The Suez Crisis: A Footnote to History, Foreign Affairs, 45(3):541-552.         [ Links ]

    Beck, Peter. 2009. 'The Less Said about Suez the Better': British Governments and the Politics of Suez's History, 1956-67, The English Historical Review, CXXIV:508, 605-640.         [ Links ]

    Beoloff, Max. 1969. The future of British foreign policy. New York: Taplinger Pub. Co.         [ Links ]

    Bernard, Jean-Yves. 2009. Disregarding the Atlantic 'Special Relationship': The Eden Cabinet in the Lead-up to the Invasion of the Suez Canal Zone, Canadian Journal of History, 44(1):39-61.         [ Links ]

    Brew, Gregory. 2015. "Our Most Dependable Allies": Iraq, Saudi Arabia, and the Eisenhower Doctrine, 1956-1958. Mediterranean Quarterly, 26(4):89-109.         [ Links ]

    Chou, Shih-Yu. 2018. Constructing National Interests: Narrating the Suez Crisis, International Critical Thought, 8(3):453-467.         [ Links ]

    Cooper, Chester. 1978. The Lion's Last Roar: Suez, 1956. New York: Harper & Row.         [ Links ]

    Crowcroft, Barnaby. 2016. Egypt's other nationalists and the Suez crisis of 1956, Historical Journal, 59(1):253-285.         [ Links ]

    Eksteen, Riaan. 2023. Historiese perspektief: Redes vir en gevolge van die betrokkenheid van Groot Moondhede in die Suezkanaal (Egipte), in besonder voor 1956, (Deel I). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(2):420-451.         [ Links ]

    Eayrs, James. 1964. The Commonwealth and Suez: A Documentary Survey. Selected, edited, and with commentaries. London: Oxford University Press.         [ Links ]

    Feis, Herbert. 1960. Suez Scenario: A Lamentable Tale, Foreign Affairs, 38(4):598-612.         [ Links ]

    Fowler, Randall. 2017. Lion's Last Roar, Eagle's First Flight: Eisenhower and the Suez Crisis of 1956, Rhetoric and Public Affairs, 20(1):33-68.         [ Links ]

    Gharbawi, Ayad. 2021. Nasser, Eden, and Suez 1956 and the Moral Victor Is. (<https://www.academia.edu/45102469/Nasser_Eden_and_Suez_1956_and_the_Moral_Victor_Is>         [ Links ]).

    Hathaway, Robert. 1994. Suez, The Perfect Failure: A Review Essay, Political Science Quarterly, 109(2):361-366.         [ Links ]

    Henshaw, Peter. 1996. Britain, South Africa and the sterling area: Gold production, capital investment and agricultural markets 1931-1961, The Historical Journal, 39(1):197-223.         [ Links ]

    Herring, George. 2008. From Colony to Superpower: U.S. Foreign Relations since 1776. New York: Oxford University Press.         [ Links ]

    Ibrahim, Saad. 1972. Arab Images of the United States and the Soviet Union before and after the June War of 1967, Journal of Conflict Resolution, 16(2):227-240.         [ Links ]

    Kissinger, Henry. 1994. Diplomacy. New York: Simon & Schuster.         [ Links ]

    Kissinger, Henry. 1979. White House Years. Boston: Little, Brown & Company.         [ Links ]

    Klug, Adam & Gregor Smith. 1991. Suez and Sterling, 1956. Queen's Economics Department Working Paper No. 1256, Kingston, Ontario: Queens University.         [ Links ]

    Kunz, Diane. 1991. The Economic Diplomacy of the Suez Crisis, Chapel Hill: University of North Carolina Press. (<https://www.jstor.org/stable/10.5149/9780807862698_kunz>         [ Links ])

    Kyle, Keith. 2003. Suez: Britain's End of Empire in the Middle East. London: I.B. Tauris.         [ Links ]

    Lafeber, Walter. 1994. The American Age: United States Foreign Policy at Home and Abroad, Vol. II - Since 1896. New York: W.W. Norton & Company.         [ Links ]

    Lacey, Robert. 1981. The Kingdom. London: Hutchinson & Co.         [ Links ]

    Lahav, Pnina. 2015. The Suez Crisis of 1956 and Its Aftermath: A Comparative Study of Constitutions, Use of Force, Diplomacy and International Relations, Boston University Law Review, 95(4):1297-1354.         [ Links ]

    Lord Owen. 2005. The effect of Prime Minister Anthony Eden's illness on his decision-making during the Suez crisis, Q J Med 98:387-402.         [ Links ]

    Mansfield, Peter. 1976. The Arab World: A Comprehensive History. New York: Thomas Y. Crowell Company.         [ Links ]

    Mohan, Jitendra. 1961. South Africa and the Suez Crisis, International Journal, 16(4):327--357.         [ Links ]

    Nixon, Richard. 1980. The Real War. New York: Warner Books Inc.         [ Links ]

    Noble, Frankland. 1959. Documents on International Affairs, 1956. London: Oxford University Press.         [ Links ]

    Peden, George. 2012. Suez and Britain's Decline as a World Power, Historical Journal, 55(4):1073-1096.         [ Links ]

    Pike, Francis. 2009. Empires at War. London: I.B. Tauris.         [ Links ]

    Podeh, Elie. 1996. The Drift towards Neutrality: Egyptian Foreign Policy during the Early Nasserist Era, 1952-55, Middle Eastern Studies, 32(1):159-178.         [ Links ]

    Rostow, Walt. 1972. The Diffusion of Power: An Essay in Recent History. New York: The Macmillan Company.         [ Links ]

    Rystad, Kristoffer. 2018. The Suez Crisis and British Colonial Policy: How the Suez Crisis accelerated the Decolonisation of the British Empire. Norwegian University of Science and Technology. (<https://ntnuopen.ntnu.no/ntnu-xmlui/bitstream/handle/11250/2575112/Masteroppgave%20Rystad.pdf>         [ Links ])

    Siegfried, Andre. 1953. The Suez: international Roadway, Foreign Affairs, 31(4):605-618.         [ Links ]

    Simpson, Thula. 2020. "The Commonwealth and Apartheid" In: Dubow, Saul en Drayton, Richard (eds). Commonwealth History in the Twenty-First Century. London: Palgrave Macmillan, pp. 207-228.         [ Links ]

    Smith, Simon. 2016. Reassessing Suez 1956: New Perspectives on the Crisis and its Aftermath. New York: Routledge.         [ Links ]

    Stephens, Robert. 1981. Makers of the Twentieth Century: Nasser, History Today, 31(2):17-21.         [ Links ]

    Stockwell, AJ. 2006. Suez and the Moral Bankruptcy of Empire, History Today, 56(11):48-50.         [ Links ]

    Supple, Dominic. 2017. Eisenhower Internationalism and Nasser Nationalism: The Suez Crisis Defining International Policy in Post-Colonial Egypt, Dominican Scholar, Los Angeles: University of California. 1-31. (<https://doi.org/10.33015/dominican.edu/2017.HIST.ST.01>         [ Links ])

    Turner, Barry. 2006. Suez 1956: The World's First War for Oil. London: Hodder & Stoughton.         [ Links ]

    Vexler, Robert. 1970. Dwight D. Eisenhower 1890-1969: Chronology-Documentation-Bibliographical Aids. New York: Oceana Publications, Inc.         [ Links ]

    Yilmaz, Oguzhan. Suez Crisis. 1-67 (ongedateerd). (<https://www.academia.edu/30879479/Suez_Crisis>         [ Links ])

    Eisenhower Papers, 1957

    Special Message to the Congress on the Situation in the Middle East, 5 Januarie 1957.

    (<https://www.presidency.ucsb.edu/documents/special-message-the-congress-the-situation-the-middle-east>)

    Annual Message to the Congress on the State of the Union, 10 Januarie 1957.

    (<https://www.presidency.ucsb.edu/documents/annual-message-the-congress-the-state-the-union-9>)

    Minutes of the British Cabinet Meetings

    28 Februarie 1956: CAB/128/30/CM (56) 17.

    27 Julie 1956: CAB/128/30/CM (56) 54.

    14 Augustus 1956 CAB/128/30/CM (56) 59.

    28 Augustus 1956 CAB/128/30/CM (56) 62.

    11 September 1956 CAB/128/30/CM (56) 64.

    26 September 1956 CAB/128/30/CM (56) 67.

    Parliamentary Debates, House of Commons, Hansard

    Session 1955-55. 1956. 557. London: Herr Majesty's Stationery Office.

    US Department of State

    Suez Crisis, July 26-December 31, 1956. XVI. Washington, DC: US Government Printing Office. US Support for Baghdad Pact, Press Release 604, 29 November 1956, XXXV: 911.

    Koerantberig

    "Keep out of the M.E. Beehive - Strijdom's advice on Trouble Spot," The Rand Daily Mail, 28 Julie 1956.

    "Suez: British Govt. makes Decisions on Counter-moves," The Rand Daily Mail, 30 Julie 1956.

     

     

    Ontvang: 2023-06-20
    Goedgekeur: 2023-08-28
    Gepubliseer: Desember 2023

     

     

     

    Riaan Eksteen was vir 27 jaar lid van Suid-Afrika se Buitelandse Diens. Hy beklee in daardie tyd verskillende poste en dien in verskillende hoedanighede in die Buitelandse Ministerie. Gedurende 1964-67 is hy in die Namibiese afdeling gemoeid met SA se betrokkenheid in die hofsaak by die Internasionale Geregshof in Den Haag; hy is ook agtereenvolgens hoof van die VN- en Namibiese afdeling (1973-76) en van Beplanning (1981-1983). Hy dien vanaf 19681973 by die SA Ambassade in Washington, DC. Voorts is hy vir 12 jaar ambassadeur by die VN in New York (1976-1981); Namibië (1990-1991); VN in Genève (1992-1995) en Turkye, insluitende Azerbaidjan, Kirgistan, Oesbekistan en Turkmenistan. Hierdie laaste aanstelling is deur Pres. Mandela gedoen. Hy was ook Direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) van 1983 tot 1988. Hy is die outeur van The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs en was besoekende dosent aan die Tashkent State University ofLaw, Uzbekistan. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vanaf Junie 2022. Sy memoires, Beyond Diplomacy, is in Oktober2022 gepubliseer.
    Riaan Eksteen was a member of the South African Foreign Service for 27 years, during which time he held several posts in various capacities within the Foreign Ministry. From 1964-67 he served in the Namibian division, participating in South Africa's court case in the International Court of Justice in The Hague; he also successively held the positions of Head of the UN and Namibian divisions (1973-1976) and Head ofPlanning (1981--1983). In addition, from 1968-1973, he was stationed at the South African Embassy in Washington, DC; subsequently, he was Ambassador for 12 years at the U.N. New York (1976-1981); Namibia (1990-1991); U.N. Geneva (1992-1995); and Turkey, including Azerbaijan, Kyrgyzstan, Turkmenistan and Uzbekistan (1995-1997). The assignment to Turkey was done by Pres. Mandela. He is also a former Director-General of the South African Broadcasting Corporation (1983-1988). He is the author of The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs and was visiting scholar at the Tashkent State University of Law, Uzbekistan. He is a member of the South African Academy for Science and Arts since June 2022. His memoirs, Beyond Diplomacy, was published in October 2022.
    1 Eksteen (2023:420-451).
    2 Kissinger (1979:342-343).
    3 Siegfried (1953).
    4 Mansfield (1976:232).
    5 Bernard, (2009:41-42).
    6 Yilmaz, (ongedateerd), bl. 6.
    7 Mansfield (1976:292).'
    8 Ibid., bl. 295.
    9 Supple (2017:23).
    10 Kissinger (1979:347).
    11 Noble (1959:80).
    12 Smith (2016:1).
    13 Britse kabinetnotules het duidelik getoon dat die oorname van die maatskappy deur 'n wet ondersteun was en dat die kanaalmaatskappy korrek as 'n Egiptiese maatskappy ingevolge Egiptiese wetgewing geregistreer was. Die kabinet was ook deeglik bewus van Nasser se voorneme om die aandeelhouers teen heersende markpryse te vergoed en dat sy optrede nie neergekom het op ' n besluit om die aandeelhouers uit te koop nie. 'n Britse regsmening het tot dieselfde gevolgtrekking gekom dat die kanaal ' n integrale deel van Egipte was. Cabinet Meeting (27 Julie 1956).
    14 The Rand Daily Mail, 30 Julie 1956.
    15 Cabinet Meeting (27 Julie 1956).
    16 Cabinet Meetings (14 Augustus 1956; 28 Augustus 1956; 11 September 1956; en 26 September 1956).
    17 Cabinet Meeting (28 Augustus 1956).
    18 Chou (2018:455).
    19 Cabinet Meeting (28 Februarie 1956)
    20 Lahav (2015:1319).
    21 Stephens (1981:18).
    22 Vexler (1970:36).
    23 Parliamentary Debates House of Commons (1956), kolom 919.
    24 US Department of State (1990:10).
    25 Ibid., bls. 70-71.
    26 Cabinet Meeting (14 Augustus 1956).
    27 Chou (2018:458).
    28 US Department of State, bl. 492.
    29 Die VSA en Brittanje het wat albei 'n "spesiale verhouding" genoem het sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog gedeel, hoewel die verhouding in werklikheid baie ouer was.
    30 Hathaway (1994:361).
    31 Rostow (1972:609).
    32 Vexler (1970:54).
    33 Chou (2018:462).
    34 Lahav (2015:1312, 1322).
    35 Pike (2009:303).
    36 Eayrs (1964:249).
    37 Turner (2006:328).
    38 Lacey (1981:314).
    39 Eisenhower Papers (1956:7064).
    40 Hierdie proses wat as "Uniting for Peace" bekend geword het, word verder in die vierde artikel bespreek. So onlangs as 3 Maart en 14 November 2022 is hierdie proses aangewend om Rusland oor Oekraïne te veroordeel.
    41 Kissinger (1994:543).
    42 Kunz (1991).
    43 Feis (1960:611).
    44 Aldrich (1967:547).
    45 Klug en Smith (1991:26), voetnoot 18. Peter Henshaw het hierdie opmerking gemaak: The flow of South African gold to the London market facilitated the Bank ofEngland's international operations (especially its management of sterling's value) and helped to sustain both the image of the City of London as the world's pre-eminent financial centre and confidence in sterling as an international currency. Henshaw (1996:203).
    46 Simpson (2020:209).
    47 Peden (2012:13).
    48 Lord Owen (2005:387, 395 en 401).
    49 Gedurende sy ampstermyn as minister van buitelandse sake het hy eers gepoog om ' n vreedsame skikking vir die krisis te beding voordat hy onwillig gehelp het om Eden se opdrag uit te voer om die samesweringplan met Frankryk en Israel te onderhandel as ' n voorspel tot militêre optrede.
    50 Hathaway (1994:362).
    51 Peden (2012:22).
    52 Cooper (1978:281-282).
    53 Crowcroft (2016:278).
    54 Soos aangehaal deur Kyle (2003:426).
    55 Ibrahim (1972:228).
    56 Hierdie aspekte word in die derde artikel verder toegelig.
    57 Stockwell (2006:50).
    58 Beck (2009:605).
    59 The Rand Daily Mail, 28 Julie 1956.
    60 Mohan (1961:13).
    61 In deel IV word die besoeke van Nelson Mandela bespreek wat hy tussen 1958 en 1960 aan Egipte en Algerië gebring het.
    62 Kyle (2003:467).
    63 Gharbawi (2021:22).
    64 Department of State (1956:918).
    65 Eisenhower Papers (1957:6-16); Brew (2015:89).
    66 Eisenhower Papers (1957:29).
    67 Lafeber (1991:564).
    68 Crowcroft (2016:257).
    69 Lafeber (1994:565-566).
    70 Nixon (1980:79).
    71 Kissinger (1994:549).
    72 Crowcroft (2016: 260).
    73 Podeh (1996:159).
    74 Beoloff (1969:18).
    75 Rystad (2018:iii).
    76 Ibid., bl. 37.
    77 Fowler (2017:38).