Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.64 n.1 Pretoria Mar. 2024
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a1
NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS
Suez se nagevolge: Persoonlikhede en kolonialisme
The Suez aftermath: Personalities and colonialism
Riaan Eksteen
Navorsingsgenoot. Departement Politieke Studie en Regeerkunde Universiteit van die Vrystaat. Bloemfontein. Suid-Afrika. E-pos: reksteen@swakop.com
OPSOMMING
Eisenhower, Dulles, Eden en Macmillan was instrumenteel tydens die Suezkrisis wat beduidende implikasies vir die Midde-Ooste en die globale magsbalans meegebring het, maar nie een van hulle het heeltemal ongeskonde uit die krisis gekom nie. Eisenhower het die inperking van kommunisme as sy hoogste prioriteit geag en het Brittanje se koloniale erfenis as onhoudbaar beskou, en Dulles het die koloniale dimensie dikwels opgehaal. Brittanje se dalende status as 'n wêreldmoondheid is blootgelê en as 'n tweederangse moondheid bevestig. Die feit dat Brittanje 'n koloniale mag was, het 'n stigma gelaat waaraan Eden en Macmillan weinig kon doen. Dit was alombekend dat Eden die reëls van geheimhouding verontagsaam het in sy meedoënlose en bloedige strewe na regverdiging. Wat Eden se konserwatiewe regering noodlottig ondermyn het, was die onenigheid in sy eie geledere. Hyself was polities, fisies en emosioneel deur Suez verpletter. Macmillan het uit die wrak van Suez getree om 'n gedemoraliseerde Konserwatiewe Party te lei en 'n land wat nog in die dieptes van vertwyfeling verkeer het. Frankryk was diep gegrief oor Nasser se steun aan rebelle in Algerië. Die nagevolge van die krisis het die agteruitgang van Europese kolonialisme beklemtoon en 'n blywende impak op Frankryk se internasionale verhoudings gehad. Algerië het ontsaglike probleme vir Frankryk veroorsaak en selfs sy politieke stabiliteit bedreig.
Trefwoorde: Algerië, Brittanje, Dulles, Eden, Eisenhower, Frankryk, kolonialisme, Macmillan, Nasser, persoonlikhede
ABSTRACT
Eisenhower, Dulles, Eden and Macmillan played crucial roles in the Suez crisis, which had significant repercussions for the Middle East and the global balance of power. However, none of them entirely escaped the crisis unscathed. Eisenhower viewed containment of communism as his primary objective. He believed that it was untenable for the USA to identify with Britain's colonial past. Dulles rarely lost sight of the colonial dimension during the crisis. Ultimately, the crisis had a significant impact on Britain's international standing, confirming its status as a second-rate nation and revealing its waning status as a global power. As the international aspect of decolonisation was crucial for Macmillan to address, he pursued withdrawal from Africa as a vital objective to maintain and expand Britain's status as a powerful nation. He was unable to eradicate the stigma associated with the fact that Britain was a colonial power. His efforts to strengthen the status of Britain as a significant power through the Commonwealth were similarly ineffectual. The importance of British colonialism had attained its pinnacle.
In some quarters, it was believed that Macmillan had always played a dubious role targeting Eden's removal as prime minister. Reasons for these apparent misrepresentations remain a matter of conjecture. The most favourable interpretation was that he attempted to use his association with Eisenhower from World War II to bolster Eden's domestic position against cabinet opponents. Alternately, he may have led Eden intentionally into a political catastrophe from which he expected to profit. He was the ultimate beneficiary of Suez. Macmillan was involved in all of the crucial decisions during the crisis and may have had greater intent than Eden to bring down Nasser. Added to the suspicions about Macmillan's behaviour was his reluctance, if not outright refusal, to formally evaluate Suez that prompted him to collaborate closely with the Cabinet Office in order to authorise ministerial memoirs and official publications that were required to be submitted to him prior to publication. As it involved extremely delicate concerns of foreign and domestic politics, he ruled that nothing could be published regarding Suez without his permission.
In his ruthless and violent pursuit of vindication, it was common knowledge that Eden disregarded the norms of confidentiality. His conservative administration was fatally undermined by internal discord. Suez ruined him politically, materially and emotionally. Eden made the final decision to invade Egypt without extensive consultation with his cabinet, without playing open cards with the United States, and while keeping members of the Commonwealth in the dark. Suez remained a highly visible and fiercely contested issue in British academic, media and political circles, and a parliamentary campaign continued as new publications, radio and television programmes addressed new aspects of the issue. The crisis resulted in moral defeat and diplomatic catastrophe for the two former colonial powers. Their authority and prestige among Arab powers were irreparably harmed. They were now dependent on Israel, the youngest and most rapidly expanding military power in the Middle East.
The crisis had an enduring effect on the international relations of France. Mollet, the French premier, disapproved of Nasser's support for Algerian insurgents who presented France with substantial challenges and even posed a threat to its political stability. Following the collapse of the Fourth Republic, General Charles de Gaulle was elected president of France. He held his own opinion about France's indispensable role in international affairs.
Nasser was at ease within the Soviet sphere of influence due to hostility and vilification from the West. The Soviet Union and its allies took advantage of the concurrent Hungarian insurrection to condemn Western imperialism, thereby diverting global attention away from their own brutality in Hungary. Nasser emerged from the crisis with distinction owing to his Pan-Arab nationalism and neutrality. It allowed him to strengthen his position as an advocate for the Arab cause and decolonisation. The new realities, which the West encountered in the Middle East, turned out to be the decline of colonialism and the rise of nationalism.
Keywords: Algeria, Britain, colonialism, Dulles, Eden, Eisenhower, France, Macmillan, Nasser, personalities
Inleiding
Tydens die Suezkrisis het verskeie sleutelpersoonlikhede belangrike ampte beklee. Afgesien van Nasser was Eisenhower, Dulles, Eden en Macmillan die mees noemenswaardige persoonlikhede. Hulle het onder andere die verloop van die krisis en die nagevolge daarvan bepaal wat op hul beurt beduidende implikasies vir die Midde-Ooste en die globale magsbalans meegebring het. Nie een van hierdie vier figure het ongeskonde uit die krisis gekom nie. Dit het op elkeen se naam 'n klad tot 'n mindere of meerdere mate gelaat.
Toe die oorlog in November 1956 uitgebreek het, wou Eisenhower verhoed dat die Suezkrisis in 'n groot konflik eskaleer. Sy teenkanting teen die inval het hom 'n mate van erkenning besorg as 'n teenstander van Europese imperialisme, maar hy was nie bereid om die Westerse alliansie permanent te beskadig nie. Omdat hy die inperking van kommunisme as sy hoogste prioriteit geag het, het hy Midde-Oosterse regerings ondersteun. Die verdeeldheid binne die Arabiese state, hul onderlinge wedywering en hul vyandigheid teenoor Israel het hom egter verhinder om die doelwit van streekstabiliteit wat hy nagestreef het, te bereik. Nadat hy reeds afgetree het, het hy erken dat hy 'n paar belangrike foute gemaak het met die hantering van die hele krisis; ook dat die VSA se onttrekking aan die Aswandam-projek wat Dulles taamlik skielik gekanselleer het dalk meer diplomaties hanteer kon gewees het.
Eden en die Franse eerste minister, Guy Mollet, het gehoop om die kanaalkrisis te gebruik om Nasser se regering te verlam of selfs omver te werp. Mollet was gegrief oor Nasser se steun aan rebelle in die Franse kolonie Algerië. Eden, wat toe reeds in swak gesondheid verkeer en medikasie geneem het wat moontlik sy oordeel aangetas het, het homself oortuig dat Nasser 'n ander Hitler was wat Brittanje se voortbestaan as 'n groot moondheid bedreig het. Hy het aan sy minister van finansies, Harold Macmillan, die taak toevertrou om deurslaggewende gesprekke met die VSA te voer. Toe Nasser die nasionalisering van die Suezkanaal aangekondig het, was Macmillan 'n groot voorstander daarvan dat Egipte ingeval moes word. Die VSA het hom herhaaldelik gewaarsku dat Brittanje nie militêre optrede moes onderneem nie. Ook was die veldtog in die Amerikaanse presidentsverkiesing in volle swang en dit het baie van Eisenhower se tyd in beslag geneem.
Die Suezkrisis het aan die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) sy eerste internasionale krisis besorg. Vir Brittanje was Suez ook 'n finansiële krisis. Macmillan het 'n dapper front voorgehou dat die Bank van Engeland oor die vermoë sou beskik om so 'n krisis af te weer, maar teen Desember 1956 was die bedreiging van 'n gedwonge devaluasie 'n sterk moontlikheid, veral nadat Eisenhower aanvanklik daarteen gekant was dat die Fonds vir Brittanje bystaan. Hierdie gebeure het ontvou op 'n tydstip toe die IMF nog ongetoets in krisisbestuur was.
Ná die krisis het Macmillan ywerig gewerk om die spesiale verhouding met die VSA uit die wrak van die krisis te herbou. Hy het ook die dekolonisasie van Afrika gefasiliteer en bespoedig. Macmillan het Eden as eerste minister in Januarie 1957 opgevolg. Een van die groot ironieë van daardie krisis was die vervanging van Eden, wat beskou is as die persoon wat 'n te radikale benadering voorgestaan het, met Macmillan, wat een van die argitekte van die krisis was. David Thorpe het ook hierdie insiggewende opmerking gemaak:
Macmillan argued at Cabinet on 4 January that Suez should be regarded as a "strategic retreat" like Mons or Dunkirk. This did not meet with Eden's approval at Cabinet on 7 January.1
Die Suezkrisis het 'n beduidende impak op Brittanje se internasionale aansien gehad. Daar was min twyfel dat die pynlike gevolge van die oorlog in Egipte die einde van die imperiale era verhaas het. Die Suezdebakel word dikwels as die tydstip beskou waarop die einde van Brittanje se imperiale era en sy agteruitgang as 'n groot wêreldmoondheid aangebreek het. So was die keerpunt in die era van Britse kolonialisme dan ook bereik. Die aandag het nou verskuif na die hantering van die komplekse verhouding tussen kolonialisme en die strategiese belange van groot moondhede. Die gevolg daarvan was dat Nasser versterk is deur sy politieke en diplomatieke oorwinning, asook die geweldige aansien wat hy in die Arabiese wêreld geniet het. Hy het sy beeld as die slagoffer van 'n imperialistiese komplot ten volle uitgebuit. Die Europese moondhede moes teen wil en dank erken dat hulle voortaan nie meer wêreldmoond-hede sou wees nie en dat hul rol op die internasionale verhoog niks meer sou behels as om die VSA te ondersteun nie. Dit het inderdaad vir hulle toenemend moeilik geword om 'n onafhanklike beleid op die wêreldtoneel te vestig, en hulle invloed in die Midde-Ooste met 'n dergelike beleid het byna opgehou bestaan. Die Suezkrisis het dus in 'n morele nederlaag en diplomatieke fiasko vir die voormalige koloniale moondhede ontaard, terwyl Nasser sy posisie as verdediger van die Arabiese saak en kampvegter van dekolonisasie verder gekonsolideer het.
Eden het dit moeilik gevind om te aanvaar dat Brittanje eenvoudig nie meer in staat was om 'n militêre aksie, soos die een met Suez, op sy eie aan te pak nie. Britse soldate moes saam met Franse troepe veg. Nog belangriker was die feit dat die Europese moondhede nou gebonde was aan en moes steun op Israel wat die jongste en steeds groeiende militêre mag in die Midde-Ooste geword het.
Maar dit was nie Brittanje se militêre bondgenote wat die finale slag toegedien het nie. Dit was interne politieke vyande. Wat Eden se konserwatiewe regering noodlottig ondermyn het, was die onenigheid in sy eie geledere. Hyself is polities, fisies en emosioneel deur Suez verpletter. Buitelands het die Sowjetunie en sy bondgenote die geleentheid aangegryp om Westerse imperialisme te veroordeel en sodoende die wêreld se aandag van hul eie brutaliteit met die gelyktydige Hongaarse opstand af te lei.
Die mislukte Suezaksie en die gevolglike toenemende vyandigheid van die Arabiese wêreld jeens Frankryk het ook gevolge vir Franse dekolonisasie gehad. Die nagevolge van die krisis het die agteruitgang van Europese kolonialisme beklemtoon en 'n blywende impak op Frankryk se internasionale verhoudings gehad. Tussen 1956 en 1958 het Franse militêre bevelvoerders in Algerië gepoog om 'n nuwe Frans-Moslem-gemeenskap te bevorder ter voorbereiding van Algerië se totale integrasie met Frankryk. Die land is sodoende polities geradikaliseer. Generaal Charles de Gaulle, wat ná die ineenstorting van die Vierde Republiek president van Frankryk geword het, het soos Macmillan tot die gevolgtrekking gekom dat die waarde van die kolonies minder was as die koste daarvan.
Persoonlikhede: Eisenhower, Dulles, Eden en Macmillan
Die Suezkrisis van 1956 is deur persoonlikhede en hul interaksies met mekaar gekenmerk. Naas Nasser was Dwight (Ike) Eisenhower2 en John Foster Dulles3 saam met Sir Anthony Eden4 en Sir Harold Macmillan5 sekerlik die vernaamste rolspelers in die gebeure voor, tydens en ná die Suezkrisis. Geeneen van hulle het heeltemal ongeskonde uit die krisis te voorskyn getree nie.
Een van die besluite wat Eisenhower ná die militêre ingryping geneem het, was om verlammende aksies teen Brittanje en Frankryk te neem wat hulle effektief van ingevoerde olie ontneem het. Hy was van oordeel dat hy geen ander keuse gehad het nie want vir die VSA om die twee bondgenote te ondersteun, sou daarop neerkom dat die ganse Arabiese wêreld verlore sou wees.
Eisenhower now faced the key question of the crisis in its most fateful form: should he support his allies or Nasser? He chose Nasser.6 ...Eisenhower placed his second bet: that supporting traditional allies was less beneficial to the West than a policy aligning the United States with "the whole Arab world."7
Hy was oortuig daarvan dat sy doktrine Egipte, as die magtigste Arabiese land, die hele Arabiese wêreld agter die VSA in die Koue Oorlog sou verenig; dat die groot struikelblok Europese kolonialisme was; en dat die Weste pan-Arabiese nasionaliste, soos Nasser, moes bearbei sodat hulle uiteindelik die hele Midde-Ooste sou lei. In die proses was die ontknoping van die Arabies-Israeliese konflik en die aftakeling van kolonialisme belangriker as enigiets anders in die Midde-Ooste. Gevolglik het die VSA min aandag aan inter-Arabiese konflikte geskenk en hoofsaaklik hul aandag toegespits daarop om die Sowjetunie se invloed in die Midde-Ooste te beperk. Voor die einde van sy tweede termyn in die laat 1950's het die Sowjetunie nie net Egipte as 'n bondgenoot gehad nie, maar ook Sirië en Irak en het Nasser die Arabiese wêreld opgesweep tot 'n anti-Amerikaanse waansin. Teen daardie agtergrond was dit nie verbasend dat Eisenhower later erken het dat hy die Suezkrisis en die gevolge daarvan anders moes hanteer het nie.
In 1988, Nixon revealed that Eisenhower had personally confided in him that Suez was "his major foreign policy mistake." ..... To this, Eisenhower then added words of self-criticism. "Saving Nasser at Suez didn't help as far as the Middle East was concerned.
Nasser became even more anti-West and anti-US." ..... Eisenhower regretted his failure to force Nasser to compromise on the Suez Canal dispute.8
Peter Rodman het hierdie bykomende siening verskaf:
Eisenhower told at least two interlocutors that he had changed his mind about Suez. It had been his biggest foreign policy mistake, he concluded; U.S. policy in 1956 had only strengthened Nasser as a radical force in the Middle East and weakened the will of our best allies. But at the time, he was without doubt the driver of a very different policy.9
Dulles was beslis bekwaam en 'n geharde anti-kommunis maar sy obskure persoonlikheid het baie mense geaffronteer. Sy naam bly steeds gekoppel aan die begrip "brinkmanship" wat hy geskep en beoefen het.10 Volgens Britse siening was Dulles geveinsd.11 Hy het die Britte laat glo dat hy hulle ondersteun, terwyl die teenoorgestelde in werklikheid waar was, en met 'n moralistiese wending. Daarom val dit nie vreemd op dat gesê word dat Dulles se naam saam met Nasser s'n in Britse demonologie voorkom nie! Alistair Horne wat geag word as die gesaghebbendste biograaf oor Macmillan het opgemerk dat Dulles bekend was "for all his contradictory utterances".12 Die studies wat Robert Divine en Richard Immerman oor Dulles gedoen het, het daarop gewys dat kritici Dulles met sy vurige anti-kommunistiese standpunte en voorliefde vir oordrewe retoriek gekarakteriseer het as 'n vroom, eiegeregtige stryder van die Koue Oorlog-era wat nie die internasionale werklikheid van die 1950's verstaan het nie en later deur diplomatieke historici beoordeel is as een van die vyf swakste ministers van buitelandse sake wat die VSA nog opgelewer het.13
Mr. Dulles had made a prolonged study of international affairs, though he had little practical experience of them. ... A preacher in a world of politics, Mr. Dulles seemed sometimes to have little regard for the consequence of his words, as demonstrated by the outburst against colonialism. ... his bravado was both safe and popular.
Eden (1960:71, 542).
Yet Dulles's apparently thick skin was also due to his personality and philosophy. He was supremely self-confident; some would say arrogant and self-righteous. He never doubted the wisdom of his policies, nor their moral rectitude. ... It has often been said of Dulles that he lent himself to caricature: the public appearance of sanctimonious stuffiness; the tendency to let self-confidence become self-congratulation; the penchant for grandiloquent phrase-making.14
Brittanje se eensydige en geheime optrede het Eisenhower en Dulles verstom. So het Eisenhower by geleentheid opgemerk:
Foster and I at first found it difficult to talk constructively with our British colleagues about Suez because of the blinding bitterness they felt toward Nasser. They were... obsessed with the possibilities of getting rid of Nasser.15
Eisenhower het dit as verraad beskou en die volgende daaroor opgemerk: "Nothing justifies double-crossing us."16 Eden het op sy beurt, terwyl Macmillan die tussenganger met die VSA was, gevind dat hy deur Dulles mislei is:
We have been misled so often by Dulles' ideas that we cannot afford to risk another misunderstanding... Time is not on our side in this matter.17
Immerman het daarop gewys dat Eden selfs so ver gegaan het "to describe Dulles's attitude as 'dishonest'".18
Volgens Steven Freiberger was Dulles se oogmerk 'n Midde-Ooste wat vry sou wees van Europese kolonialisme en oorblyfsels van Britse imperialisme in Egipte en Franse betrokkenheid in Algeria. Met Brittanje wat nie in staat was om sy beleid van kolonialisme in die Midde-Ooste te handhaaf nie, was die VSA gereed om groter verantwoordelikhede in die streek te aanvaar.19
Indien daar werklik 'n skurk in die verhaal was, was dit heel waarskynlik Macmillan, wat Eden eers toegejuig en daarna in die steek gelaat het. Die Suezkrisis het 'n geleentheid vir beide Eisenhower en Macmillan gebied om persoonlike en strategiese doelwitte te bereik ten koste van Brittanje se breër strategiese belange.
In the end, Eisenhower and Macmillan's duplicity deliberately directed Eden's decision making toward strategic disaster.20
Hierdie geveinsdheid van Macmillan en Eisenhower, asook Eden se strategiese besluitneming, wys op die deurslaggewende rol wat Macmillan vanaf Julie 1956 tot Januarie 1957 in die verhoudinge tussen die VSA en Brittanje gespeel het. Die unieke en noue verhouding wat Macmillan met Eisenhower gehandhaaf het, het voortgespruit uit hul vriendskap wat hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog in Noord-Afrika gesmee het. Eden het Macmillan vertrou om regdeur die krisis 'n eerlike weergawe van die VSA se voornemens te verskaf. Macmillan en Eisenhower het egter albei 'n verandering in leierskap tot Eden se nadeel nagestreef.
Robert James wat saam met Macmillan 'n parlementariër was, het gemeld dat van hul kollegas ten beste dubbelsinnig oor Macmillan was; ander was sterk krities. Dan het hy ook prontuit verklaar dat Eden nie van Macmillan gehou het of hom vertrou het nie.21
Macmillan was to play a central role in his downfall. It was his role during the Suez Crisis...that gave him a reputation as a Machiavellian political operator of consummate ruthlessness that he never entirely lost.22... His conduct during Suez... was brilliantly concealed.23
Eisenhower se begeerte om sy doktrine24 in die Midde-Ooste te laat slaag, het saamgeval met Macmillan se strewe om die Britse ekonomie met finansiële bystand van die VSA reg te ruk en om Brittanje doeltreffend los te maak van die laaste oorblyfsels van die imperiale las. By nabetragting het Macmillan se versekering aan Eden in 1956 dat die VSA vir Brittanje oor Suez gesteun het en die daaropvolgende vestiging van die Eisenhower-doktrine lig gewerp op Eden se powere strategiese besluitneming tydens die Suezkrisis. Seker dié swakste besluit van Eden in daardie tyd was om saam met sy Franse eweknie die militêre inval te laat plaasvind ses dae voor die presidensiële stemdag vir die herverkiesing van Eisenhower. Later het Eden hierdie basiese fout erken. Hieroor haal Alistair Horne die volgende uit Eden se memoires aan: "Perhaps I should have attached greater weight to the date of the Presidential Election."25Voor en tydens die krisis was dit Macmillan wat voortdurend in noue en private kontak met Eisenhower en Dulles was. Hy kon nie oor die VSA se werklike posisie getwyfel het nie, maar het by Eden bly aandring dat die VSA oor die algemeen ten gunste van militêre intervensie was.26
The more famous instance of such a distortion by Macmillan comes during the Suez Crisis itself when... Macmillan cabled Eden that "Ike is really determined, somehow or other, to bring Nasser down".27
Nigel Ashton het oor Macmillan se verslae aan Eden opgemerk dat
... effective misrepresentation to Eden of the views of the US administration on the use of military force28... the beginnings of a pattern of distortion of conversations with the Americans, at important junctures, in communications from Macmillan to Eden, to assist in the promotion of policies favoured by Macmillan.29... it seems clear that Macmillan's behaviour followed a pattern of repackaging of American opinions to suit his own purposes ...30
In sy memoires het Eden se aanbieding van gebeure neergekom op 'n geïmpliseerde aanklag teen die VSA se buitelandse beleid onder Eisenhower en Dulles. Eden het hulle verwyt omdat hy vas geglo het dat Eisenhower Brittanje se pogings sinies ondermyn het om die nasionalisering van die kanaal deur ekonomiese en diplomatieke druk ongedaan te maak, wat hom geen ander keuse gelaat het as om geweld te gebruik nie.31 Dit was alombekend dat Eden die reels van geheimhouding verontagsaam het in sy meedoënlose en bloedige strewe na regverdiging. Selfs vir historici wat vertroud was met die sterwende kultuur van eerbare geheimhouding was dit moeilik om nie getref te word deur die skynheiligheid, oneerlikheid en eie belang wat Eden in sy eie geval as 'n hoë beginsel voorgehou het nie. Aan die einde kon Moran tereg verklaar dat Suez Eden se reputasie vernietig het.32
Om beheer oor die Suezkanaal weer terug te wen, was vir Eden van die uiterste belang, maar volgens Jill Bennett het dit in 'n nasionale ramp geëindig:
Shorthand for post-imperial decline, ministerial duplicity and incompetence, humiliation, and failure; the lowest point of British government in the twentieth century which must never be repeated.33
Wat Eden se nalatenskap die finale knou gegee het, was dat terwyl hy wel onder die indruk gebring is dat Eisenhower die militêre optrede sou steun, hy saam met die Franse en Israeliete planne beraam het om daardie optrede te bewerkstellig sonder om die VSA daaroor in te lig of te raadpleeg.
Dulles, for all his deviousness, emerges as much the more responsible statesman of the two. In the last resort he was prepared to draw back, to contain his frustrations, and to pay attention to the views of his weaker ally. Eden two years later was not prepared to draw back, he allowed his frustrations full rein, and not only did he not heed his much more powerful ally, he double-crossed her.34
Dit het deurgaans geblyk dat Macmillan daarvan oortuig was dat militêre optrede teen Nasser sowel die onvermydelike as die wenslike manier was om die kanaalgeskil te besleg.35 Hieroor het Keith Kyle opgemerk:
If there had been one person more set on destroying Nasser than Eden it had been Macmillan.36
Peter Catterall het die volgende woorde van Macmillan aangehaal om aan te toon dat hy net soos sy eerste minister oorlogsugtig was:
If Nasser "gets away with it", we are done for. The whole Arab world will despise us. our friends will fall. It may well be the end of British influence and strength for ever. So, in the last resort, we must use force and defy opinion, here and overseas.37
Hierdie aanhaling illustreer die skynheiligheid van Macmillan. In sy gesprekke met Eisenhower en Dulles, het hy voorgegee dat hy ten volle bewus was van die posisie van die VSA oor gewapende optrede. Tuis het hy Eden aangemoedig om militêr op te tree. Maar die deurslaggewende ingryping was dié van Macmillan, wat aangevoer het dat sake tot 'n punt gebring moes word:
This was of great importance from the point of view of the national economy. If we could achieve a quick and satisfactory settlement... confidence in sterling would be restored; but if a settlement was long delayed the cost and the uncertainty would undermine our financial position. He therefore hoped that Parliament would be persuaded to give the Government a mandate to take all necessary steps, including the use of force, to secure a satisfactory settlement of this problem.38
Diegene wat gevoel het dat Macmillan deurentyd 'n slinkse rol gespeel het wat gemik was op die uiteindelike verwydering van Eden as eerste minister, het om verstaanbare redes op hierdie opmerkings gefokus.39 Macmillan se motiewe vir sy duidelike wanvoorstellings het 'n kwessie van spekulasie gebly. Die gunstigste interpretasie was dat hy probeer het om sy oorlogstydse vriendskap met Eisenhower te gebruik om Eden se binnelandse posisie teen kabinetwankelaars te versterk. Alternatiewelik was dit moontlik dat hy Eden doelbewus na 'n politieke ramp gelei het waaruit hy gehoop het om as die begunstigde te voorskyn te tree.40 Op die ou end was hy wel die begunstigde van Suez.41 Nigel Ashton se opmerking oor Macmillan se pogings om Eden as eerste minister op te volg, is insiggewend:
The weeks from the decision to halt operations on 6 November until Macmillan's succession to the premiership on 9 January 1957 witnessed Macmillan using his skills of political manipulation to the utmost.42
Macmillan was by al die sleutelbesluite tydens die krisis betrokke en het moontlik meer opset as Eden self gehad om Nasser tot 'n val te bring, veral wanneer sy waninterpretasie, opsetlik of andersins, van die VSA se standpunt in gedagte gehou word. Die voorspelling dat Eisenhower gedwee was en nie eintlik iets sou doen nie was die ergste mistasting van die hele aangeleent-heid. Wanneer blaam vir Suez steeds uitgedeel word, kan 'n sterk argument uitgemaak word vir 'n regverdiger verdeling van die aanspreeklikheid daarvoor.43
If so, the Chancellor [Macmillan] would be a prime candidate for sharing such a burden. Not only did he misread, and indeed misrepresent, the likely American response to force, but he also ignored Treasury advice about the possible financial consequences of a resort to arms.44
Oor hierdie aspek het Douglas Little opgemerk dat Diane Kunz45 aangetoon het dat die Withuis Brittanje toenemend en uitdruklik gewaarsku het om nie militêr betrokke te raak nie. Tog het Macmillan gedurende September en Oktober 1956 versuim om selfs die mees elementêre finansiële voorsorgmaatreëls te tref wat sy land kon beskerm het teen die ekonomiese sanksies wat die VSA op die hoogtepunt van die krisis teen Brittanje ingestel het.46
Dwarsdeur die tydperk tussen 1957 en 1964 het konserwatiewe regerings, hetsy onder leiding van Macmillan of sy opvolger, Sir Alec Douglas-Home,47 herhaalde oproepe gesystap om die amptelike geskiedenis oor Suez aan te spreek. Dit het al hoe meer geblyk dat toesmeerdery nie beperk was tot net die Sèvresprotokol nie.48 Dit is te verstane dat hierdie twee eerste ministers, soos verskeie van hul ministeriële kollegas, daarna onwillig was om die soeklig op hul onderskeie rolle in die Suezkrisis te laat val. Macmillan het opeenvolgende publikasies oor Suez as vermoeiend beskou en afgemaak, gegewe hul geneigdheid om die samespanningskontroversie te laat herleef. Gedurende sy premierskap het hy geweier om bes te gee vir sodanige ondersoeke om plaas te vind.49 Sodanige onwilligheid, selfs weiering, om Suez amptelik in oënskou te neem, het daartoe gelei dat hy ten nouste met die kabinetskantoor saamgewerk het om ministeriële memoires en amptelike publikasies goed te keur wat voor publikasie aan hom voorgelê moes word:
Macmillan's reluctance, even refusal, to look back officially at Suez led him to work closely with the Cabinet Office in order to sanitise ministerial and official memoirs submitted for vetting prior to publication.50
Hy het beslis dat die onderwerp van Suez baie belangrike vrae oor buitelandse en binnelandse politiek behels het en gevolglik kon niks sonder sy toestemming gepubliseer word nie; hy het inderdaad om politieke redes aanvanklik 'n algehele verbod op publikasie voorgestaan.51Macmillan het sy dagboek oor die klimaks van die Suezaangeleentheid verbrand. Vermoedelik het hy dit op Eden se versoek gedoen, maar John Campbell het meer daartoe geneig om te vermoed dat Macmillan dit eerder gedoen het om sy eie reputasie te beskerm.52 Gegewe die onderwerp, was sameswering 'n kernfokus vir resensente omdat geen spoor van die Britse kopie van die Sèvresprotokol in bestaande rekords opgespoor kon word nie. Gedurende 1986 het hierdie onvermoë daartoe aanleiding gegee dat ministers en amptenare bekommerd was oor wat om in Januarie 1987 te verklaar in reaksie op onvermydelike bewerings dat eerste minister Margaret Thatcher se konserwatiewe regering hierdie dokument weerhou het, indien dit toe nie reeds al vernietig was nie, ten einde die reputasie van 'n vorige konserwatiewe eerste minister te beskerm.53 Vir The Observer het die afwesigheid van die Britse kopie daarvan beteken dat 30 jaar ná Suez die toesmeerdery steeds voortgeduur het.54 Toe Douglas-Home namens die Macmillanregering die hoërhuis in Februarie 1960 toegespreek het, het hy herhaaldelik alle versoeke vir 'n amptelike geskiedenis of ondersoek na Suez geweier.55 George Brown, wat ook later minister van buitelandse sake was, se standpunt was dat die argumente oor buitelandse beleidsgronde oorweldigend steeds gegeld het en dat die gevolge van enige ondersoek wêreldwyd skadelik sou wees. Afgesien van die ernstige gevolge wat dit op betrekkinge met Frankryk, Israel, die VSA en Arabiese state sou hê, kon sy ministerie nie daarin slaag om enige land te vind waarin so 'n ondersoek Brittanje enigsins tot voordeel sou strek nie.56
Die Suezonderwerp het 'n hoogs sigbare en hewig betwiste item in akademiese, media- en politieke kringe in Brittanje gebly en 'n parlementêre veldtog het voortgeduur, terwyl die Britse media gereeld nuwe aspekte daaroor in opeenvolgende publikasies en radio- en televisieprogramme bespreek het.57 Gegewe Suez se historíese betekenis en sy prominente plek in wêreldgebeure het dit onvermydelik deel van kontemporêre politieke woordeskat geword. Soos Hugh Trevor-Roper tereg opgemerk het: "We cannot get away from Suez. It will not sink into history."58
Ten regte of ten onregte het Suez steeds 'n donker wolk oor Eden bly werp, wie se reputasie in die geskiedenis onlosmaaklik verbind sal bly met die Suezdebakel waartydens hy daarvan beskuldig is dat hy kortpaaie bly neem het met die doel om etiese argumente en inkriminierende dokumentasie klaarblyklik te laat vernietig. Hy het steeds 'n slagoffer gebly van sy versuim om eerlik te wees. Sy memoires, Full Circle,59 het gespreek van sy naïewe oortuiging dat hy sy eie scenario vir die geskiedenis kon skryf.
It was Eden's misreading of American policy, and particularly the likely reaction in Washington to the use of force, that represented his greatest failing over Suez.60
Eden het 'n ernstige oordeelsfout begaan wat min gedoen het om sy historiese reputasie te help of om parlementêre kampvegters te paai. Eerder as om verwikkelinge eerlik te boekstaaf, het hy gepoog om 'n digte sluier oor gebeure en openbare uitsprake oor aangeleenthede te trek.61 Die valse voorwendsel om teen Nasser ná die nasionalisering van die Suezkanaal op te tree, bevestig die standpunt dat 'n Westerse demokrasie nie 'n oorlog kan begin op 'n voorwendsel wat die regering se werklike motiewe verswyg nie.62 Ná byna sewe dekades het hierdie onvermoë om presies agter die kap van die byl van Brittanje en Frankryk se motiewe te kom, die vermoede steeds laat voortbestaan dat die grondslag vir die Sèvresprotokol Israel se kernprogram was. Inderdaad is die alliansie met Frankryk later verder verskerp tot die punt waar Frankryk Israel in 1958 gehelp het om sy kernreaktor by Dimona op te rig.63
Brittanje en Kolonialisme
'n Jaar voordat Nasser president geword het van Egipte en hy die nasionalisering van die Suezkanaal afgekondig het, het hy die VSA oor hul steun vir kolonialiste aangespreek:
It would be unwise for the United States to take that view of nationalist activities, led by sincere patriots whose only desire is to see their nations free from foreign domination. Americans recognize this to be the inalienable right of every man, yet balk at supporting these nationalists for fear of annoying some colonial Power that has refused to move with the times. It is this procrastination that gives the Communists the chance to take over what usually start as genuinely patriotic movements.64
Die VSA se houding teenoor Brittanje en kolonialisme is in 'n sekere mate gevorm deur hul eie geskiedenis van anti-kolonialisme waarteen hulle geveg het sowel as die konsep van nasionale selfbeskikking wat President Woodrow Wilson geskep het. Brittanje en Frankryk se militêre optrede teen Egipte is geag as nog 'n voorbeeld te wees van kolonialisme wat beveg moes word.
On the other hand there were some Americans in Washington and New York who felt that the invasion of Egypt by British and French forces without warning not only was a betrayal of its ally, the United States, but was also another example of colonialism, which they regarded as a world evil that must be destroyed.65
Ná 'n besoek aan die Midde-Ooste het Dulles verklaar dat Brittanje se vestings vinnig besig was om te verswak. Daarom moes die VSA druk plaas op beide Brittanje en Frankryk om na ordelike verandering te beweeg omdat hul "colonial and imperialistic policies are millstones around our neck".66 Aan die VSA se Nasionale Veiligheidsraad het Dulles verduidelik dat die VSA nou al vir baie jare aan die een kant 'n fyn balans moes handhaaf tussen die gewaardeerde betrekkinge met sy twee bondgenote en om aan die ander kant die nuwe onafhanklike lande waar kolonialisme beëindig is, van die VSA se vriendskap te probeer verseker.
In view of the overwhelming Asian and African pressure upon us, we [can] not walk this tightrope much longer...In short, the United States would survive or go down on the basis of the fate of colonialism.67
Vir William Louis was dit belangrik om aan te haal uit dieselfde betoog van Dulles:
Unless we now assert and maintain this leadership, all of these newly independent countries will turn from us to the USSR. We will be looked upon as forever tied to British and French colonialist policies.68
Eisenhower en Dulles was deurentyd skepties oor Brittanje se koloniale beleid met laasgenoemde wat oortuig was daarvan dat die Britte altyd gepoog het om die VSA te oortuig dat hul kolonialisme van dié van die Franse s'n verskil het. Volgens Freiberger het Eisenhower met Dulles saamgestem en opgemerk:
Sure, the British always think their colonialism is different and better. Actually what they want us to do is go along and help them keep their empire.69
Die Eisenhower-administrasie het duidelik 'n ander buitelandse beleidsrigting gevolg as vorige administrasies wat van koloniale moondhede bondgenote gemaak het met die verwagting om sodoende ook 'n bondgenoot van die state van die Derde Wêreld te word. Eisenhower en veral Dulles het die VSA as 'n anti-koloniale supermoondheid voorgehou wat sterk hieroor met Londen en Parys verskil het, wat op hulle beurt gepoog het om kolonies vir eers te behou. Eden het hierdie opmerking daaroor in sy memoires gemaak:
It is worthwhile to probe deeper into the causes for the frequent divergences on colonialism, which have presented a continuing problem in Anglo-American relations and still do so, despite official denials.70
Teen die einde van Oktober 1956 was die VSA daarvan oortuig dat daar nie meer op Brittanje staatgemaak kon word om Sowjetpenetrasie in die Midde-Ooste te stuit nie. Verder was Washington lugtig om steeds in 'n gevaarlike en onsekere situasie geplaas te word waar hulle moes kies tussen Britse kolonialisme en die vriendskap en begrip van die Arabiese wêreld.71Die spesifieke boodskap wat die VSA aan Brittanje en Frankryk oor sy afkeur van kolonialisme wou stuur, het Nixon ondubbelsinnig op 2 November 1956 aan die wêreld verkondig. Tydens die finale byeenkoms voor die presidentverkiesing vier dae later het hy hierdie boodskap gelewer wat die uitdruklike goedkeuring van Eisenhower weggedra het:
In the past the nations of Asia and Africa have always felt that we would, whenever the pressure was on, side with the policies of the British and French governments in relation to the once colonial areas. For the first time in history we have shown independence of Anglo-French policies towards Asia and Africa which seemed to us to reflect the colonial tradition. That declaration of independence has had an electrifying effect throughout the world.72
Die dubbelsinnige rol wat Dulles gespeel het, soos wanneer hy sy waardering vir Brittanje se dilemma uitgespreek het, maar uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom het dat die VSA teen koloniale ondernemings standpunt moes inneem, soos dié waarvan Eden 'n voorstander was, het laasgenoemde hewig ontstig.73
During the Suez crisis the British were caught off guard by Dulles's volcanic sentiments about European colonialism.74
Belangriker nog was dat Eisenhower in werklikheid die VSA wou distansieer van Brittanje se koloniale erfenis wat hy tereg beskou het as onhoudbaar:75
Eisenhower shared Dulles's aversion to British colonialism.76
Herring het die volgende opmerking oor Dulles gemaak na aanleiding van wat hy in een van sy toesprake in die Veiligheidsraad van die VN gemaak het toe hy die VSA van die optrede van Brittanje, Frankryk en Israel gedistansieer het.
He closed with a ringing attack on colonialism he said he would be proud to have as his epitaph.77
Gedurende die Suezkrisis het Dulles gevolglik die koloniale dimensie selde uit die oog verloor. Vroeg in Januarie 1957 het Eden se regering gedisintegreer en Macmillan as sy opvolger sou weldra bekend staan as die "dekoloniseerder" van die Britse Ryk. In hierdie proses was hy heel gewillig om die VSA ter wille te wees, gedagtig daaraan dat die VSA ná die Suezkrisis in volle beheer van die spesiale verhouding tussen die twee lande was en ook Brittanje genoegsaam bygestaan het tydens laasgenoemde se finansiële verknorsing.
Toe Macmillan in Januarie 1957 eerste minister geword het, het Brittanje 15 gebiede in Afrika beheer; teen 1964 was daar net vier oor. Meer as tweederdes van Brittanje se Afrikabesittings het onafhanklikheid verkry tydens Macmillan se premierskap. Volgens Hemming was daar min twyfel dat Brittanje mettertyd van sy gebiede in Afrika ontslae sou raak; die vraag was hoe vinnig dit gedoen sou word en op watter wyse.78
However, the very fact that Britain was a colonial power stigmatised her, and there was little that Macmillan could do to change this perception. The ambiguous attitude of the Americans towards colonialism meant that they were difficult to please, while the ArabAsian (and later African) states needed anti-imperialism as a cohesive force. No matter how fast Britain shed her Empire, she would still have been subject to criticism.79
Toe Macmillan die amp van eerste minister oorgeneem het, was die internasionale arena relatief stil. Sy primêre beweegrede om aanvanklik 'n lae profielbeleid oor Afrika te handhaaf, was sy oorheersende behoefte om die wonde wat die Konserwatiewe Party as gevolg van die Suezkrisis opgedoen het eers te laat genees.80 Binnelandse politieke bekommernisse het gevolglik 'n rol gespeel in die tempo van dekolonisering. Macmillan was in die eerste plek 'n politikus en daarom was hy versigtig om nie die risiko te loop om sy Konserwatiewe Party oor koloniale kwessies te verdeel en geharde ondersteuners van die Britse Ryk te vervreem nie.81
Omdat die internasionale aspek van dekolonisasie egter vir Macmillan deuslaggewend was, het hy onttrekking aan Afrika as 'n belangrike doelwit nagestreef, waarmee hy Brittanje se status as 'n groot moondheid wou handhaaf en uitbou. Sodoende het drie belangrike buitelandse beleidsoorwegingsredes die internasionale konteks van sy dekoloniseringsproses gevorm.82 Eerstens was daar die ervarings van ander Europese koloniale moondhede. Franse en Belgiese koloniale beleid het ook gedien as 'n aansporing tot Britse dekolonisering. Frankryk se nuwe president, generaal Charles de Gaulle, het 'n algemene aanbod aan Franse kolonies gemaak: óf outonomie binne 'n Franse gemeenskap, óf onafhanklikheid. Hierdie stap het Macmillan groot angs besorg aangesien dit Britse kolonies se druk vir onafhanklikheid sou laat toeneem.83 Tweedens het die Afro-Arabies-Asiatiese groep gegroei met gepaargaande toename in invloed in internasionale aangeleenthede en 'n groter rol en seggenskap in die VN. Derdens kon Macmillan nie die belangrikheid van Brittanje se spesiale verhouding met die VSA ignoreer nie. Dit het prominent in Macmillan se denke oor dekolonisering gefigureer.84Omdat die VSA se buitelandse beleid tradisioneel teen alle vorme van kolonialisme gekant was, was hierdie uitgangspunt 'n gereelde knelpunt in die Anglo-Amerikaanse verhoudinge.85Macmillan het besef dat die VSA se aanhoudende wanpersepsie van Brittanje se koloniale beleid, soos wat hy dit vertolk het, een van die ernstigste struikelblokke was om 'n behoorlike verstandhouding tussen die twee regerings te bewerkstellig. Daarom was dit vir hom noodsaaklik om die VSA te laat besef dat Brittanje se toepassing van sy koloniale beleid die beste vooruitsigte gebied het om 'n stabiele, pro-Westerse Afrika te skep.86
Macmillan se pogings om deur middel van die proses van dekolonisasie Brittanje se globale posisie te handhaaf of selfs te verbeter, was nie eintlik suksesvol nie. Die feit dat Brittanje 'n koloniale mag was het 'n stigma gelaat en Macmillan kon weinig doen om hierdie persepsie te verander. Sy pogings om Brittanje se status as 'n groot moondheid deur middel van die Statebond te versterk, was eweneens onsuksesvol.87 Die VSA was gereeld geïrriteerd met Brittanje se onvermoë om die anti-Westerse beleid van sekere Statebondslede soos Indië en Ghana te beïnvloed.88 Hemming se gevolgtrekking was dus dat Macmillan se verwagting om met die proses en resultaat van dekolonisasie Brittanje se status as 'n groot moondheid ten beste te verander, 'n wanhoopspoging gebly het. Daarby moet onthou word dat as dit nie vir sy onttrekking uit Afrika was nie, Brittanje se agteruitgang aansienlik meer traumaties sou kon wees.89 Ten spyte van al sy optredes om Brittanje se doelwit met dekolonisasie van sy oorsese gebiede te bereik, kon Macmillan nie die stigma van kolonialisme afskud nie.
Dit was teen hierdie agtergrond wat Macmillan sy befaamde toespraak van "Winde van Verandering" in 'n saal van die parlement in Kaapstad op 3 Mei 1960 gelewer het.90
The wind of change is blowing through this [African] continent, and whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact. We must all accept it as a fact, and our national policies must take account of it.91
Nodeloos om te meld het hierdie toespraak eerste minister Hendrik Verwoerd nie aangestaan het nie. Afgesien van die kritiek wat die toespraak in Suid-Afrika ontlok het, is daar ook in Brittanje kommentaar daaroor uitgespreek, soos byvoorbeeld:
... though mainly in South Africa: not even the Times, here, cared to damn the Prime Minister for his lack of tact on that occasion.92
Nog kritiek wat oor die toespraak gelewer is, was die gebrek aan oorspronklikheid, terwyl Macmillan se voorliefde vir dramatiese staatsmanskap daaruit geblyk het.93
Frankryk en Kolonialisme
Die gevolge van die Suezkrisis was vir Frankryk net so dramaties, en in sekere opsigte was dit dalk ernstiger as vir Brittanje. In November 1956, toe Frankryk en Brittanje saam met Israel hul noodlottige militêre optrede geloods het, het Frankryk reeds koloniale gevolge op twee ander fronte beleef. Eers was daar die terugslag van die geveg om Dięn Biên Phủ (in hedendaagse Viëtnam) in Mei 1954, wat die einde van Franse koloniale betrokkenheid in Indo-China beteken het.
It hits defeat at Dien Bien Phu, the French army - the army of Valmy, Austerlitz and, yes, Verdun - passed into history.94
Nader aan die tuisfront was Frankryk teen daardie tyd ook reeds al gekonfronteer met die opstand van rebelle in Fransbeheerde Algerië.
The fight against colonialism in Algeria was more bitter and bloody than in Egypt.95
Frankryk se beheer oor Algerië het begin verkrummel, en net soos Brittanje, was Frankryk nie meer in staat om sy imperiale ambisies en heerskappy te handhaaf nie. Die persoon wat in 'n groot mate daartoe bygedra het, was Nasser. In sy nasionaliseringstoespraak op 26 Julie 1956 het hy Frankryk doelbewus uitgetart en die skare opgesweep met sy opmerking dat daar nooit aan Egipte gesê sou word dat die slag van Algerië nie hul geveg was nie. In Algerië, net soos in die res van die Arabiese wêreld, is hy geprys as die man wat teen hierdie eens koloniale kolosse opgestaan en dit vernietig het. Nasser se steun vir hierdie nasionale bevryding van Algerië het die grondslag vir die konfrontasie met Frankryk gelê.
The Algerian revolt was rapidly becoming an international issue. The whole Arab world, which had been further embittered by the French role in the Suez affair, took up the cause of the Algerians with enthusiasm. ... Although France could be said to be winning the war militarily, it was losing it politically.96
Frankryk het Egipte en Nasser by name daarvan beskuldig dat eersgenoemde se probleme met die Algeryne te wyte was aan die direkte beplanning en aanhitsing deur Egipte.97 Frankryk se aandeel aan die aanval op Egipte het baie te doen gehad met die hoop om die Algerynse koloniale probleem te beëindig, waar Brittanje se deelname meer in eie belang was ten opsigte van Egipte en die Midde-Ooste eerder as om Frankryk enigsins by te staan om van 'n koloniale nagmerrie te ontsnap. Oor die maande heen het die band tussen die rebelle en Nasser net stewiger geword met hul lot wat verbind was aan sy prestige.98 In November 1958 het Nasser sy sterkste verklaring oor steun aan die Algerynse rebelle gelewer.
Algeria will triumph over France and we shall not spare any help to make Algeria free, even if this means incurring the wrath of France and her imperialistic allies.99
Vir die Algerynse rebelle wat deur die Front de Libération Nationale (FLN) gekoördineer en deur Ahmed Ben Bella gelei is, was Nasser 'n bondgenoot ten opsigte van sy solidariteit met hul strewe na bevryding.100 In 1955 het die Bandungkonferensie, waartydens Nasser reeds 'n prominente rol gespeel het, besluit om die selfbeskikkingsreg van die Algeryne te ondersteun.101
In Cairo, Ben Bella and his two colleagues were instructed to apply urgent pressure upon the pan-Arabist Nasser regime for maximum support in arms and propaganda.102... another success was registered by the Algerians when, at a new Afro-Asian conference hosted by Nasser in Cairo, they were accepted on an equal footing among the sovereign powers. At the same time an important first contact was made through their delegations with the U.S.S.R. and Red China.103
Nasser het die Algeryne nie net van wapens voorsien nie, maar ook van fondse.104 Voorts het hy later besluit om die voorlopige Algerynse regering te ondersteun deur hulle toe te laat om hul hoofkwartier in Kaïro te vestig.
In permitting the rebel Algerian Government to operate here, President Nasser is serving notice in a most convincing manner that there will be no rapprochement with France as long as she continues to support and arms the Arabs' hated enemy.105
In 1958, toe hierdie voorlopige regering gestig is, het dit diplomatieke erkenning gesoek ten spyte van die feit dat hulle nie enige van die grondgebied wat hulle opgeëis het, kon beheer nie. Die Sowjetunie het de facto erkenning van die voorlopige regering verleen en alle moontlike hulp belowe. Die voorlopige regering het volstoom gewerk om Frankryk polities te isoleer - in Algerië en in die wêreld.106 Die toepaslike platform wat geskep is om daardie beleid van Franse isolasie te verwesentlik, was om permanente kantore by die VN, in die VSA asook in Asie te open. Teen die einde van 1958 was al agt van hierdie kantore aktief in die buiteland.
By thinking and acting globally to attain their goals at home and abroad, the Algerians revealed how even a stateless and embattled people could be authors of their own history, a history in which the Cold War was a small but essential part.107
Toe Brittanje en Frankryk hul optrede om van Nasser ontslae te raak afsonderlik van Washington gekoördineer het, is die VSA daarvan beskuldig dat hulle Frankryk se probleme in Noord-Afrika geïgnoreer het.108 Uiteindelik was daar tydens die Suezkrisis geen ooreenstemmigheid onder die drie bondgenote oor wat om met Nasser te doen nie. Hierdie meningsverskil het nog lank ná die krisis voortgeduur, veral toe die FLN verteenwoordigende kantore in die VSA, maar ook in Italie en Switserland, begin bedryf het. Frankryk het in al hierdie lande sonder enige sukses teen daardie teenwoordigheid beswaar gemaak. Washington was oortuig daarvan dat die FLN Algerië eendag sou regeer. Die ander lande het dit beaam.
The FLN was at war with France, and the United States was an ally; the American government's attitude could only be characterized as shocking.109
Washington was verstom dat die FLN se aktiwiteite in die VSA kritieke wrywing met Frankryk kon veroorsaak.110
Privately generated American aid to Algerian refugees, and the open sympathy for the rebels manifest in American public opinion also hurt. . FLN leaders continued to be received at their request at the State Department. [France] demanded that all this be stopped. Washington replied that it was constitutionally unable to do anything about FLN propaganda activities in the United States, even if it had been willing.111
Hierdie stryd het revolusionêres wêreldwyd geïnspireer.112 Die presedente wat hulle geskep het, het die weg vir ander nasionale bevrydingsbewegings gebaan.113 Sodoende het die Algeryne betekenis aan die konsep verleen dat 'n nasionale bevrydingsbeweging wel 'n buitelandse beleid behoort te beoefen wat dividende kon oplewer wanneer dit suksesvol geïmplementeer is. Dit was nog 'n kardinale aspek wat bepaald 'n indruk op Nelson Mandela gemaak het tydens sy besoeke aan Algerië en wat daarna ywerig deur die ANC nagevolg is.
Algerië het ontsaglike probleme vir Frankryk veroorsaak en selfs sy politieke stabiliteit bedreig. Daarom was dit Frankryk se hoofdoelwit om saam met Brittanje en Israel die militêre inval in November 1956 te onderneem om Nasser vir sy ondersteuning van die Algerynse rebelle te straf.114 Ná die mislukte inval het Frankryk se invloed in die Arabiese wêreld tot 'n einde gekom.
Die Franse politieke opset was in 'n warboel, en internasionaal was die gevolge vir Frankryk ook aansienlik.
... the ghosts of the Algerian War continue to shape the conversation about France's identity, it's largely because the political class has decided to bestow upon the conflict - and its legacy - an outsized role.115
Die Suezkrisis het 'n geweldige impak op die binnelandse politiek in Frankryk gehad, en het grootliks bygedra tot die militêre ontnugtering van die Vierde Republiek. Teen Mei 1958 was die meerderheid Franse ontevrede met hul politieke stelsel. Hulle was geïrriteerd oor die inherente onstabiliteit daarvan en het geen vertroue in die regering se vermoë gehad om die Algerynse krisis op te los nie.116 Daardie Republiek se einde het in 1958 aangebreek - die sesde regering om in die bestek van agt jaar te val. Daarteenoor is generaal Charles de Gaulle117gesien as die een figuur wat Frankryk van burgeroorlog kon red, nasionale eenheid kon verseker en 'n oplossing vir die Algerynse vraagstuk kon bewerkstellig. Die era van Gaullisme het aangebreek. De Gaulle het weer tot die aktiewe politiek teruggekeer en die eerste president van die Vyfde Republiek geword. Hy het wye mag gehad om die grondwet te hervorm, en in hierdie proses het hy tot die gevolgtrekking gekom dat beheer oor Algerië nie volhoubaar was nie. Hy het die Algerynse burgeroorlog beëindig en Frankryk se Afrikagebiede in 12 onafhanklike state omskep. De Gaulle het ingesien dat Frankryk Algerië en sy ander koloniale gebiede moes help om outentieke, demokratiese entiteite te word. Ook het hy besef dat dit in Frankryk se nasionale belang was om ekonomiese en politieke modernisering in Afrika te bewerkstellig anders sou hierdie gebiede die prooi van wanhoop word en uiteindelik kommunisme aanhang.118
Op 5 Julie 1962 het Algerië ná 132 jaar van Franse besetting sy onafhanklikheid verkry aan die einde van 'n bevrydingskonflik wat agt jaar vanaf 1954 geduur het. Volgens Mansfield moet daardie Franse heerskappy beskou word
... as the most extreme case of Christian European colonization of an Arab/Muslim country. The French set out deliberately to gallicize the country and to destroy all the symbols of Algerian nationality. French was made the language of government and higher education.119
Met die Franse onttrekking het die bitterheid van die Franse setlaars tot uitbarsting gekom toe hul hele wêreld binne 'n kort periode in duie gestort het en meer as een miljoen van hulle na Frankryk gestroom het toe hulle hul eiendomme verloor. 'n Gelyke getal Algerynse Moslems het hul lewens verloor.120
Voor die Suezkrisis was daar reeds spanning tussen die VSA en Frankryk. Parys het die VSA van verraad aangekla met die Franse oorlogspoging in Indochina en die nederlaag by Dięn Biên Phủ. Vir De Gaulle het die Suezgebeure aan hom bevestig dat Frankryk nie altyd op sy bondgenote kon staatmaak nie. Een voorbeeld was die Britte wat te midde van die militêre optrede wat hulle saam met Israel beplan en in November 1956 uitgevoer het 'n wapenstilstand aangekondig het sonder om hul Franse bondgenoot daaroor te raadpleeg. De Gaulle het sy eie besondere siening gehad oor die belangrike rol wat Frankryk in wêreldaangeleenthede behoort te speel. Gevolglik het hy ingrypende veranderinge in Frankryk se buitelandse beleid aangebring. Hy het op verskeie wyses die konfronterende aard van Frankryk se betrekkinge met die VSA verpersoonlik. Dit het hom dikwels in direkte botsing met die optrede en beleid van die nuwe supermoondheid gebring wie se groeiende mag in Europa hy betreur het.121 Hy wou Frankryk se status in veral Europa herstel en daarmee die VSA en dié se bondgenoot, Brittanje, uit kontinentale aangeleenthede hou. De Gaulle was vasberade om die leiding te neem om 'n sterk, verenigde en onafhanklike Europa op te bou. Intussen het betrekkinge met die VSA begin verbrokkel nadat hy die plasing van die VSA se kernplofstelle op Franse grondgebied verbied het.122 Hieroor het hy aan Eisenhower voorgestel dat die Franse en Britte geken moes word oor besluite van die VSA wat die Westerse alliansie geraak het, veral dié wat kernwapens behels het. Eisenhower het dit bloot geïgnoreer. Die VSA was nie van plan om sy vryheid van optrede prys te gee nie. De Gaulle het gereageer deur die ontwikkeling van Frankryk se kernwapenprogram te versnel, en Brittanje het dieselfde gedoen.123 Met Frankryk se daaropvolgende onttrekking aan die militêre vleuel van NAVO, was De Gaulle vasbeslote om sy land se kernarsenaal uit te brei eerder as om op die kernsambreel van die VSA staat te maak. Die beleid van neutraliteit wat Frankryk later tydens die Viëtnam-oorlog gehandhaaf het, is as anti-Amerikanisme beskou. Toe De Gaulle Brittanje se aansoek om lidmaatskap van die Europese Ekonomiese Gemeenskap in 1963 geveto het, het hy opgemerk dat Brittanje die spreekwoordelike Trojaanse perd vir die VSA in Europa sou wees. Hy het op die solidariteit van kontinentale Europa aangedring. Tydens hierdie onderhandelinge het De Gaulle die Britte berispe omdat hulle volgens hom te veel op die VSA staatgemaak het. Sommige kommentators was van mening dat die Suezkrisis een van die hoofaanleidende oorsake was waarom De Gaulle so 'n hardnekkige anti-Britse standpunt gehandhaaf het.124 Lidmaatskap het eers vir Brittanje op 1 Januarie 1973 'n werklikheid geword toe De Gaulle alreeds vier jaar vantevore uitgetree het.
Toe hy gekritiseer is dat hy te oud, te selfgesentreerd, te outoritêr, te konserwatief en te anti-Amerikaans was, het hy op 28 April 1968 as president bedank. Die Suezkrisis het bepaald 'n rol in sy denke en optredes gespeel.
In 2002 het Lizabeth Zach die volgende opgemerk:
The Algerian War made a profound imprint on a whole generation of people and has continued, to this day, to haunt the political cultures, collective memories, historiographies, and people's psyches in both France and Algeria.125
Hierna het Steven Cook in 2017 opgemerk dat die gevolge van daardie konflik steeds 'n skadu oor hedendaagse Franse politiek gegooi het.
What's more important is the way the Algerian conflict still casts a long shadow over French politics, and the way it has played into the nationalism and neofascism that still appeal to a significant portion of the French electorate. The war, France's withdrawal from Algeria, and the North African nation's journey to independence were collectively a searing experience that polarized and radicalized politics.126
Met die gewelddadige gebeure van Junie en Julie 2023 in Frankryk is die Algerynse verlede weereens opgediep toe betogings en wydverspreide voorvalle van geweld en anargie landwyd voorgekom het. Vandalisme, brandstigting en plundering was vir dae aan die orde van die dag in verskeie stedelike gebiede toe die polisie van Parys 'n tiener van Algeryns-Marokkaanse afkoms ná 'n verkeersinsident noodlottig geskiet het.127 Ná hierdie gebeure het Hilal Khashan 'n artikel oor die koloniale geskiedenis tussen Algerië en Frankryk geskryf. In sy slot het hy die volgende beklemtoon:
The colonial legacy of the political disharmony between Algeria and France became an ideological struggle... The crimes committed by France against the Algerian people left deep wounds that have not yet healed, primarily because of the unresolved history between the two countries128.
Nou is dit verstaanbaar waarom die wonde tussen die twee lande ná 61 jaar nog steeds baie rou is.
Slot
Die Suezkrisis het 'n diepgaande impak op die magsbalans in die Midde-Ooste tot gevolg gehad, gepaardaande met die verantwoordelikhede wat die VSA daar aanvaar het. Dit het Britse en Franse aansien en gesag onder Arabiese state aangetas en die pas van Europese dekolonisasie in Afrika verhaas. Met Suez het die Derde Wêreld 'n belangrike diplomatieke oorwinning behaal. Die krisis het die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) sy eerste internasionale krisis besorg. Die mees ooglopende gevolg van die IMF se betrokkenheid by die Suezkrisis was dat dit die Fonds vir die eerste keer 'n belangrike rol laat speel het om 'n land by te staan wat 'n internasionale geldkrisis die hoof moes bied.129
Brittanje se noodlottige pogings om sy teenwoordigheid in Egipte te behou en om Nasser uit te skakel, het tot gevolg gehad het dat hy in die invloedsfeer van die Sowjetunie verwelkom is en hy 'n tuiste daarin kon vind. So het die Sowjetunie daarin geslaag om met die Arabiese wêreld, wat as 'n teiken gesien is, een van sy doelwitte in die Koue Oorlog te bereik. Nasser het vir sy Pan-Arabiese nasionalisme en Derdewêreldneutraliteit groot lof ingeoes en met eer uit die krisis getree.
Die Suezoorlog het internasionale betrekkinge beïnvloed en die buitelandse beleid van die VSA vir die Midde-Ooste gevorm. Brittanje en Frankryk se optrede was nie ter selfverdediging nie. Dit was 'n voorkomende een wat daarop gemik was om die hegemonie van hierdie twee Europese moondhede oor Egipte te herstel en 'n nuwe orde in die Midde-Ooste te bewerkstellig. Hulle was egter die groot verloorders in die krisis. Elkeen se droom om koloniale glorie te herstel het aan skerwe gelê.
Israel, daarenteen, het besliste voordele uit die konflik getrek. Frankryk wat ontsteld was oor Nasser se steun vir die rebelle in Algerië, het reeds enkele maande voor die militêre inval ses eskaders Mystere IV-vliegtuie na Israel gestuur.130 Ná die konflik was die Straat van Tiran wat Egipte vir Israeliese navigasie gesluit het, weer toeganklik vir almal. Verder het Israel daarin geslaag om die aandag op sy militêre vermoëns te vestig en erkenning daarvoor te verkry. Die waarde daarvan as 'n strategiese bate in die Midde-Ooste is uiteindelik deur die Weste erken. Met die Suezkrisis het Frankryk 'n goeie verskoning gehad om met Nasser af te reken. Frankryk se bereidwilligheid om vanaf 1955 op Israel se wapenversoeke te reageer en gesamentlik teen Egipte op te tree, het verband gehou met die Franse oortuiging dat verbintenis met Israel die oorlog in Algerië sou vergemaklik.131
Ná die Tweede Wêreldoorlog was Frankryk gedemoraliseerd. Die Vierde Republiek wat ná die bevryding ingehuldig is, was onstabiel en eintlik onbevoegd. Afgesien van onoplosbare politieke en omstrede sosiale vraagstukke wat die regering gekonfronteer het, het die Algerynse kwessie, wat kort ná die neerlaag by Bien Ben Pu in 1954 in felheid toegeneem het, ook verder tot ernstige onstabiliteit gelei. Die een regering na die ander het geval. Vanaf 1946 het Frankryk twintig regerings gehad. Algerië het geagiteer vir onafhanklikheid van Franse heerskappy en die Algerynse rebelle is deur Nasser ondersteun en aangemoedig. Om sake te vererger, het die Koue Oorlog 'n donker skadu oor die gebeure gegooi en in die konteks daarvan het die militêre inval op 'n besonder ongeleë tydstip plaasgevind. Die angs oor die Koue Oorlog het toegeneem met die Sowjetunie se inval van Hongarye. Eisenhower was intens betrokke by sy veldtog om vir 'n tweede termyn as president verkies te word. Hy moes noodgedwonge groot dele van sy politieke veldtog opskort om op internasionale aangeleenthede te fokus. Die VN wat geskep is met die doel om konflikte te verhoed of so spoedig moontlik te beëindig, was skaars 'n dekade oud en het gesukkel om 'n eie, betekenisvolle rol te skep as bewaker van die oppergesag van internasionale reg ingevolge die VN se handves. Dit was die enigste gebeurtenis tydens die Koue Oorlog waar die twee supermoondhede saamgewerk het om 'n oorlog te beëindig en die twee Westerse bondgenote van die VSA te veroordeel, terwyl die Sowjetunie sy inval in Hongarye feitlik ongestoord voltooi het.
Die finale besluit om Egipte binne te val, het Eden geneem sonder noemenswaardige raadpleging met sy kabinet en met geen oorleg met die VSA en die Statebond nie.
Secrecy played a major part in the belligerents' decision to go to war.132
Vanuit die VSA se perspektief is die geheimhouding van die aanvalsplanne as verraad beskou deur 'n bondgenoot. Wat Eden se kabinet betref, het dit nie beteken dat lede van sy kabinet nie hul eie sienings en meningsverskille daaroor gehad het nie. Dan het hy ook nie regsadvies in die aanvanklike stadium van die konflik ingewin nie, omdat hy die hele aangeleentheid as polities beskou het.133 Brittanje se noodlottige pogings om sy teenwoordigheid in Egipte te behou en om Nasser te elimineer, het tot gevolg gehad dat Nasser in die invloedsfeer van die Sowjetunie verwelkom is en hy 'n tuiste daarin gevind het. So het die Sowjetunie daarin geslaag om met die Arabiese wêreld wat as 'n teiken gesien is een van sy doelwitte in die Koue Oorlog te bereik. Gevolglik moet hierdie siening van George Herring beaam word, naamlik dat Suez "was one of the most complex and dangerous of Cold War crises".134
Nasser het, soos reeds genoem, vir sy Pan-Arabiese nasionalisme en Derdewêreldneutraliteit groot lof ingeoes en met eer uit die krisis getree. Mettertyd het die Weste die denkfout besef dat die probleem nie Nasser was nie, maar die verbrokkeling van kolonialisme, met die daarmee gepaardgaande ontwaking van nasionalisme in die Midde-Ooste.
Nasser's eventual success in ending the British occupation ... finally gave a popular mandate to his personal leadership [that] made him an Arab hero, paving the way for the "Nasserite revolution" to be exported.135
Vir die dekolonisasie van Afrika was Suez die keerpunt. Die Suezkrisis het daartoe bygedra om die diepte van anti-koloniale gevoel in die internasionale arena te ontbloot en die gevoel van emansipasie in koloniale gebiede veral in Afrika aan te wakker. Die bevrydingsbewegings van Afrika was, soos Mandela ook telkens aangedui het, baie dank aan die Algeryne verskuldig vir die onderrig wat hulle ontvang het. Daardie opleiding was nie tot militêre instruksie beperk nie. Die bevrydingsbewegings is onder die indruk gebring van die belangrikheid om, naas militêre paraatheid, ook hulle eie buitelandse beleid te formuleer, wat bedryf moes word met die kantore wat in verskeie hoofstede van die wêreld en by die VN vir daardie doel geopen moes word.
Elkeen van die leiers wat hier bespreek is, het onteenseglik bygedra tot die boekstawing van die Suezkrisis in die annale van die geskiedenis as 'n merkwaardige gebeurtenis waarvan die gevolge oor soveel dekades daarna nog merkbaar is en ook steeds die onderwerp van bespreking en ontleding bly. Daarmee saam het Nasser gesorg dat sy naam onlosmaaklik verbind word aan die knou wat Britse en Franse koloniale heerskappy gekry het en wat 'n nuwe era in Afrika se ontkoppeling van kolonialisme en imperialisme ingelui het.
BIBLIOGRAFIE
Boeke en Artikels
Alahmed, Anas. 2011. Voice of the Arabs Radio: Its Effects and Political Power During the Nasser Era (1953-1967). (<https://ssrn.com/abstract=2047212 or http://dx.doi.org/10.2139/ssrn.2047212> [ Links ])
Aldrich, Winthrop. 1967. The Suez Crisis: A Footnote to History, Foreign Affairs, 45(3):541-552. [ Links ]
Alexander, Anne. 2005. Nasser. London: Haus Publishing Ltd. [ Links ]
Ashton, Nigel. 1996. Macmillan and the Middle East: In Aldous, Richard & Sabine Lee (eds). Harold Macmillan and Britain s World Role. London; Macmillan Press Ltd., pp. 37-66. [ Links ]
Barbero, Michele. 2021. France Still Struggles With the Shadow of the 'War Without a Name'. Foreign Policy, 13 Februarie 2021. [ Links ]
Beck, Peter. 2009. 'The Less Said about Suez the Better' : British Governments and the Politics of Suez's History, 1956-67, English Historical Review, CXXIV: 508, 605-640. [ Links ]
Bennett, Jill. 2013. Six Moments of Crisis: Inside British Foreign Policy. Oxford: Oxford University Press. [ Links ]
Blair, William. 1956. Nixon Hails Break With Allies' Policies, The New York Times, 3 November 1956. [ Links ]
Boddy-Evans, Alistair. 2021. "Wind of Change" Speech, ThoughtCo, 16 Februarie 2021. (<thoughtco.com/wind-of-change-speech-43748> [ Links ]).
Boughton, James. 2000. Northwest of Suez: The 1956 Crisis and the IMF, IMF Working Paper - WP/00/192, Desember 2000. [ Links ]
Campbell, John. 2010. Pistols at Dawn: Two Hundred Years of Political Rivalry from Pitt and Fox to Blair and Brown. London: Vintage. [ Links ]
Catterall, Peter (ed.). 2003. The Macmillan Diaries: The Cabinet Years, 1950-1957. London: Macmillan. [ Links ]
Connelly, Matthew. 2001. Rethinking the Cold War and Decolonization: The Grand Strategy of the Algerian War for Independence, International Journal of Middle East Studies, 33(2): 21-245. [ Links ]
Cook, Steven. 2017. How the French Debacle in Algeria Shaped the Rise of Marine Le Pen - and What America Can Learn From It. Council for Foreign Relations Blog Post, 1 Mei 2017. (<https://www.cfr.org/blog/how-french-debacle-algeria-shaped-rise-marine-le-pen-and-what-america-can-learn-it> [ Links ]).
Divine, Robert. 1991. John Foster Dulles: What You See Is What You Get, Diplomatic History, 15(2):277-285. (<https://doi.org/10.1111/j.1467-7709.1991.tb00130.x> [ Links ]).
Doran, Michael. 2016. Ike's Gamble: America's Rise to Dominance in the Middle East. New York: Free Press. [ Links ]
Dutton, David. 1997. Anthony Eden: A Life and Reputation. London: Arnold. https://archive.org/details/anthonyedenlifer0000dutt/page/408/mode/2up?view=theater&q=ignored. [ Links ]
Eden, Anthony. 1960. Full Circle : the memoirs of Anthony Eden. Boston: Houghton Mifflin Company. (<https://archive.org/details/fullcirclememoir0000eden/page/n3/mode/2up> [ Links ]).
Eksteen, Riaan. 2023a. Historiese perspektief: Redes vir en gevolge van die betrokkenheid van groot moondhede in die Suezkanaal (Egipte) in besonder voor 1956. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(2):420-451. [ Links ]
Eksteen, Riaan. 2023b. Nasionalisering van die Suezkanaal en die gevolglike internasionale reperkussies. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(4):756-780. [ Links ]
Evans, Martin. 2012. Algeria : France's Undeclared War. Oxford: Oxford University Press, Inc. [ Links ]
Fraser, Cary. 1992. Understanding American policy towards the decolonization of European empires. Diplomacy and Statecraft, 3(1):105-125. [ Links ]
Freiberger, Steven. 2007. Dawn over Suez : The Rise of American Power in the Middle East, 1953-1957. Chicago: Van R Dee, Inc. (<https://archive.org/details/dawnoversuezrise0000frei/page/n5/mode/2up?q=dawn+over+suez> [ Links ])
Gharbawi, Ayad. 2021. Nasser, Eden, and Suez 1956 and the Moral Victor Is. (<https://www.academia.edu/45102469/Nasser_Eden_and_Suez_1956_and_the_Moral_Victor_Is> [ Links ]).
Gilmour, Ian. 1960. Eden, Dulles and Collusion. The Spectator, 5 Februarie 1960. [ Links ]
Gilomee, Hermann. 2012. Die Laaste Afrikanerleiers: 'n Opperste toets van mag. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers. [ Links ]
Giniger, Henry. 1956. French See Suez as Key to Their African Dilemma - By Taking a Strong Stand Against Nasser They Hope to Ease Strain in Algeria. The New York Times, 9 September 1956. [ Links ]
Golani, Motti. 1998. Israel in Search of a War: The Sinai Campaign, 1955-1956. Brighton: Sussex Academic Press. (<https://archive.org/details/israelinsearchof0000gola/page/n7/mode/2up> [ Links ]).
Hahn, Peter. 1991. The United States, Great Britain, and Egypt, 1945-1956: Strategy and Diplomacy in the Early Cold War. Chapel Hill: The University of North Carolina Press. [ Links ]
Hemming, Philip. 1996. Macmillan and the End of the British Empire in Africa. In Aldous, Richard & Sabine Lee (eds). Harold Macmillan and Britain's World Role. London; Macmillan Press Ltd., pp. 97-121. [ Links ]
Herring, George. 2008. From Colony to Superpower: U.S. Foreign Relations since 1776. New York: Oxford University Press. [ Links ]
Horne, Alistair. 1977. A Savage War ofPeace: Algeria, 1954-1962. New York: The Viking Press. [ Links ]
Horne, Alistair. 1988. Macmillan Volume 1, 1894-1956. London: Macmillan. [ Links ]
Horne, Alistair. 1989. Macmillan 1957-1986. London: Macmillan. [ Links ]
Horton-Eddison, Martin. To What Extent did the United States Effect British Strategic Decision-Making during the Suez Crisis? (<https://www.academia.edu/12929752/To_What_Extent_did_the_United_States_Effect_B ritish_Strategic_Decision_Making_during_the_Suez_Crisis>). Ongepubliseerde datum. [ Links ]
Immerman, Richard (ed.). 1990. John Foster Dulles and the Diplomacy of the Cold War. Princeton: Princeton University Press. [ Links ]
Irfan, Anne. 2023. Analysis: Israel-Hamas war: six key moments for the Gaza Strip. The Conversation, 26 Oktober 2023 [ Links ]
James, Robert. 1996. Harold Macmillan: An Introduction: In Aldous, Richard & Sabine Lee (ed.). Harold Macmillan and Britain's World Role, London; Macmillan Press Ltd., pp. 1-7. [ Links ]
Khashan, Hilal. 2023. The Bitter Legacy of French Colonization of Algeria, GPF Geopolitical Futures, 12 Julie 2023. (<https://geopoliticalfutures.com/the-bitter-legacy-of-french-colonization-of-algeria/> [ Links ]).
Kissinger, Henry. 1994. Diplomacy. New York: Simon & Schuster. [ Links ]
Kunz, Diane. 1991. The Economic Diplomacy of the Suez Crisis. Chapel Hill: University of North Carolina Press. [ Links ]
Kyle, Keith. 2003. Suez: Britain's End of Empire in the Middle East. London: I.B. Tauris. [ Links ]
Lafeber, Walter. 1994. The American Age: United Staes Foreign Policy at Home and Abroad, Vol. II - Since 1896. New York: W.W. Norton & Company. [ Links ]
Lahav, Pnina. 2015. The Suez Crisis of 1956 and Its Aftermath: A Comparative Study of Constitutions, Use of Force, Diplomacy and International Relations, Boston University Law Review, 95(4):1297-1354. [ Links ]
Little, Douglas. 1994. America and the Middle East since 1945, Diplomatic History, 18(4):513-540. [ Links ]
Louis, William. 2006. The Ends of British Imperialism: The Scramble for Empire, Suez and Decolonization. London: I.B. Tauris Publishers. [ Links ]
Louis, William & Hedley Bull (eds). 1986. The Special Relationship: AngloAmerican Relations Since 1945. Oxford: Clarendon. [ Links ]
Mansfield, Peter. 1976. The Arab World: A Comprehensive History. New York: Thomas Y. Crowell Company. [ Links ]
Moran, Christopher. 2019. Concealing Collusion: The Suez Crisis, Political Memoirs and Official Secrecy, 1956-1969. English Historical Review, 134:567, 358-389. [ Links ]
Nasser, Gamal. 1955. The Egyptian Revolution, Foreign Affairs, 33(2):199-211. [ Links ]
Norman, Geoffrey. 2018. What the French Lost at Dien Bien Phu, Historynet, 2 Desember 2018. (<https://www.historynet.com/what-the-french-lost-at-dien-bien-phu/> [ Links ]).
Rahal, Malika. 2022. The Algerian War: Cause Célèbre of Anticolonialism, DailyJSTOR, 29 Junie 2022. [ Links ]
Rodman, Peter. 2009. Presidential Command: Power, Leadership, and the Making of Foreign Policy from Richard Nixon to George W. Bush. New York: Alfred A. Knopf. [ Links ]
Rubin, Barry. 1982. America and the Egyptian Revolution, 1950-1957. Political Science Quarterly, 97(1):73-90. [ Links ]
Smith, Simon. 2016. Reassessing Suez 1956: New Perspectives on the Crisis and its Aftermath. London: Routledge. [ Links ]
Tanner, Henry. 1958. Fate of Algeria linked to Nasser, The New York Times, 17 Julie 1958. [ Links ]
Thornhill, Michael. 2004. Britain, the United States and the Rise of an Egyptian Leader: The Politics and Diplomacy of Nasser's Consolidation of Power, 1952-4, English Historical Review, 119:483, 892-921. [ Links ]
Thorpe, David. 2010. Supermac: The Life of Harold Macmillan. London: Chatto & Windus. [ Links ]
Trevor-Roper, Hugh.1967. Suez: The Perils of Having Been Right, Sunday Times, 2 Julie 1967. [ Links ]
Tripier, Philippe. 1972. Autopsie de la guerre d'Algérie [Outopsie van die Algerynse Oorlog]. Paris: Editions France-Empire. [ Links ]
Van Niekerk, Phillip. 2023. A savage colonial past comes home to haunt the streets of modern France. Daily Maverick, 6 Julie 2023. [ Links ]
Wall, Irwin. 2001. France, the United States, and the Algerian War. Berkley: University of California Press. (<https://archive.org/details/franceunitedstat0000wall/page/n7/mode/2up> [ Links ]).
Youcef, Abdeldjalil. 2014. The Algerian Army Made Me a Man, Transition, 116:67-79. [ Links ]
Zack, Lizabeth. 2002. Who Fought the Algerian War? Political Identity and Conflict in French-Ruled Algeria. International Journal of Politics, Culture and Society, 16(1):55-97. [ Links ]
Koerante en Tydskrifte
Editorial: "30 Years after Suez the Cover-Up Goes On", The Observer, 4 Januarie 1987. [ Links ]
"Turn of the Tide", The Spectator, 18 Maart 1960. [ Links ]
"Algerian Rebels set up at Cairo - They Make City the Capital of Regime, With Nasser's Full Endorsement" The New York Times, 21 September 1958. "French Blame Nasser" The New York Times, 28 Mei 1958. [ Links ]
"Nasser pledges Aid in Freeing Algeria" The New York Times, 15 November 1958. [ Links ]
Brittanje
Hansard. Lords, CCXX, 1023, 9 Februarie 1960. [ Links ]
VSA
National Security Council. 302nd Meeting of the National Security Council. Thursday, November 1, 1956, Box 8, NSC Series, Ann Whitman File, Dwight D. Eisenhower Library. [ Links ]
Ontvang: 2023-09-20
Goedgekeur: 2024-01-19
Gepubliseer: Maart 2024
Riaan Eksteen was vir 27 jaar lid van Suid-Afrika se Buitelandse Diens. Hy beklee in daardie tyd verskillende poste en dien in verskillende hoedanighede in die Buitelandse Ministerie. Gedurende 1964-67 is hy in die Namibiese afdeling gemoeid met SA se betrokkenheid in die hofsaak by die Internasionale Geregshof in Den Haag; hy is ook agtereenvolgens hoof van die VN- en Namibiese afdeling (1973-76) en van Beplanning (1981-1983). Hy dien vanaf 1968-1973 by die SA Ambassade in Washington, DC. Voorts is hy vir 12 jaar ambassadeur by die VN in New York (1976-1981); Namibië (1990-1991); VN in Genève (1992-1995) en Turkye, insluitende Azerbaidjan, Kirgistan, Oesbekistan en Turkmenistan. Hierdie laaste aanstelling is deur Pres. Mandela gedoen. Hy was ook Direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) van 1983 tot 1988. Hy is die outeur van The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs en was besoekende dosent aan die Tashkent State University of Law, Uzbekistan. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vanaf Junie 2022. Sy memoires, Beyond Diplomacy, is in Oktober 2022 gepubliseer.
Riaan Eksteen was a member of the South African Foreign Service for 27 years, during which time he held several posts in various capacities within the Foreign Ministry. From 1964-67 he served in the Namibian division, participating in South Africa's court case in the International Court of Justice in The Hague; he also successively held the positions of Head of the UN and Namibian divisions (1973-1976) and Head ofPlanning (1981--1983). In addition, from 1968-1973, he was stationed at the South African Embassy in Washington, DC; subsequently, he was Ambassador for 12 years at the U.N. New York (1976-1981); Namibia (1990-1991); U.N. Geneva (1992-1995); and Turkey, including Azerbaijan, Kyrgyzstan, Turkmenistan and Uzbekistan (1995-1997). The assignment to Turkey was done by Pres. Mandela. He is also a former Director-General of the South African Broadcasting Corporation (1983-1988). He is the author of The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs and was visiting scholar at the Tashkent State University of Law, Uzbekistan. He is a member of the South African Academy for Science and Arts since June 2022. His memoirs, Beyond Diplomacy, was published in October 2022.
1 Thorpe (2010:358).
2 President van die VSA vanaf 20 Januarie 1953 tot 20 Januarie 1961 met Richard Nixon as vise-president.
3 Minister van buitelandse sake vanaf 26 Januarie 1953 tot 22 April 1959. Sy broer, Allan, was eers adjunk-direkteur van die Central Intelligence Agency (CIA) vanaf Augustus 1951 tot Februarie 1953. Hierna was hy direkteur tot November 1961. In die jaar wat hy hoof geword het, het hy toesig gehou oor Operasie Ajax, wat die geheime operasie was wat gelei het tot die verwydering van Mohammad Mossadegh, die demokraties verkose eerste minister van Iran, en sy daaropvolgende vervanging met Mohammad Reza Pahlavi, die Sjah van Iran. Omstandighede het ontstaan rondom 'n moontlike Sowjet-besetting van die land as gevolg van die nasionalisering van die Anglo-Iranese Oliemaatskappy. So het anti-kommunistiese oorwegingsredes reeds drie jaar voor die Suezkrisis beleidsbepalings van die VSA beïnvloed. Rodman maak hierdie insiggewende opmerking oor die twee broers:
There is evidence to suggest that both ... were rooting for the three allies to succeed in seizing the canal before the U.S. pressure kicked in. Rodman (2009:28).
4 Eerste minister van Brittanje vanaf 6 April 1955 tot 9 Januarie 1957.
5 Minister van finansies vanaf 20 Desember 1955 tot 10 Januarie 1957 en eerste minister vanaf 10 Januarie 1957 tot 18 Oktober 1963.
6 Doran (2016:192).
7 Ibid., 214.
8 Ibid., 241-242.
9 Rodman (2009:28).
10 Henry Kissinger het na Dulles se hantering van die weiering om fondse vir die bou van die Aswandam beskikbaar te stel verwys as "Dulles' congenital tendency to overstate the role of propaganda".
Kissinger (1994:529).
11 In sy memoires het Eden die volgende oor Dulles opgemerk:
12 Home (1988:423).
13 Immerman (1990:4).
14 Ibid., 5 & 47. Sien ook Divine (1991).
15 Ashton (1996:47).
16 Hahn (1991:230).
17 Louis (2006:657).
18 Immerman (1950:134).
19 Freiberger (2007:43, 44).
20 Horton-Eddison (gd:3).
21 James (1996:1).
22 Ibid., 2.
23 Ibid., 3.
24 Eksteen (2023b:756-780).
25 Horne (1988:423).
26 Horton-Eddison (gd:11-14). Hierdie gedeelte ("Macmillan and Eisenhower's Duplicity and Eden's Strategic Decision-Making") is gebaseer op 33 voetnote wat kabinetnotules en ander gesaghebbende bronne oor hierdie periode in die Britse geskiedenis insluit.
27 Ashton (1996:41) en Horne (1988:422).
28 Ashton (1996:37).
29 Ibid., 41.
30 Ibid., 44.
31 Moran (2019:366, 387).
32 Ibid., 388.
33 Bennet (2013:37).
34 Gilmour (1960).
35 Ashton (1996:43).
36 Kyle (2003:534).
37 Catterall (2003:587).
38 Dutton (1997:408). Hierdie skrywer word steeds beskou as die persoon wat die mees gebalanseerde biografíe oor Eden gepubliseer het.
39 Ibid.
40 Ibid., 411.
41 Smith (2016:9).
42 Ashton (1996:46).
43 Dutton (1997:455-456).
44 Smith (2016:9). Sien ook Dutton (1997:408, 411).
45 Kunz (1991).
46 Little (1994:529).
47 Hy was eerste minister van 18 Oktober 1963 tot 16 Oktober 1964. Voorheen was hy minister van buitelandse sake in Macmillan se kabinet.
48 Hierdie was die uiters geheime dokument wat Brittanje, Frankryk en Israel in Oktober 1956 in aanloop tot hulle militêre optrede onderteken het. Eksteen (2023b:756-780).
49 Beck (2009:608-610).
50 Ibid., 612.
51 Ibid., 612-613.
52 Campbell (2010:266).
53 Beck (2009:616).
54 The Observer, 4 Januarie 1987.
55 Hansard (Lords), CCXX, 1023, 9 Februarie 1960.
56 Beck (2009:627).
57 Ibid., 634.
58 Ibid., 635-636. Sien ook Trevor-Roper (1967).
59 Eden (1960).
60 Smith (2016:8).
61 Beck (2009:638-639).
62 Ibid., 639-640.
63 Golani (1998:196).
64 Nasser (1955:211).
65 Aldrich (1967:552).
66 Rubin (1982:79).
67 National Security Council meeting, 1956.
68 Louis (2006:659).
69 Freiberger (2007:5).
70 Eden (1960:557).
71 Freiberger (2007:5).
72 Blair (1956).
73 Gharbawi (2021:14-15).
74 Immerman (1990:134).
75 Kissinger (1994:524).
76 Immerman (1990:145).
77 Herring (2008:676).
78 Hemming (1996:97).
79 Hemming (1996:117).
80 Goldsworthy (1971).
81 Hemming (1996:116).
82 Ibid., 110-111.
83 Horne (1989:177).
84 Hemming (1996:110-111).
85 Fraser (1992).
86 Hemming (1996:114).
87 Ibid., 116-118.
88 Louis & Bull (1986:255).
89 Hemming (1996:118).
90 Hermann Gilomee maak hieromtrent die volgende betekenisvolle opmerking: Agter die diplomatieke hoflikheid was 'n onheilspellende boodskap: In Brittanje se halsoorkop de-kolonisasie van Afrika het Britse moraliteit en Britse belange die wit mense in Suid-Afrika as vervangbaar beskou. Die onderliggende veronderstelling was dat Suid-Afrikaanse wit mense, soos die wit mense in ander kolonies, politieke onderhorigheid aan swart mense sou aanvaar of sou wegtrek om iewers in 'n gemeenskap met 'n wit meerderheid te gaan woon. Gilomee (2012:74). (Kursief bygevoeg)
91 Boddy-Evans (2021).
92 "Turn of the Tide", The Spectator, 18 Maart 1960, bl. 3. Terloops, in 'n ander artikel in dieselfde tydskrif is hierdie opmerking geplaas:
The day before Mr. Macmillan made his surprising and stirring speech - those words "individual merit, and individual merit alone, is the criterion of man's advancement" are almost treasonable in South Africa - the British High Commissioner gave a garden party in honour of the Prime Minister. Whites, and Whites alone, were invited to it.
Mackenzie (1960:8).
93 Hemming (1996:104-105).
94 Norman (2018).
95 Alexander (2005:82).
96 Mansfield (1976:315). Hierdie waarneming is tans netso op Israel se optredes in Gasa van toepassing. Dit is belangrik om kortliks op die geskiedenis van die Gasastrook te let. Ná 1948 is Gasa deur Egipte geadministreer, maar met die Suezkrisis is dit in 'n belangrike slagveld omskep. Met Brittanje en Frankryk se aanval op Egipte het Israel Gasa vir die eerste keer in November 1956 beset met die oog op langtermynbesetting. Toe Israel sy troepe in 1957 moes onttrek, sou dit nie die laaste keer wees dat Israel in die Gasastrook betrokke sou raak nie. Tydens die Sesdaagse oorlog in 1967 het Israel die Strook oorgeneem en die Sinai-woestyn van Egipte verower. Terselfdertyd het Israel ook die Wesoewer en Oos-Jerusalem van Jordanie en die Golanhoogte van Sirië ingeneem. Irfan (2023)
97 "French Blame Nasser" The New York Times, 28 Mei 1958.
98 Tanner (1958).
99 "Nasser pledges Aid in Freeing Algeria" The New York Times, 15 November 1958.
100 Alexander (2005:81-82).
101 Evans (2012:139).
102 Horne (1977:79).
103 Ibid., 247.
104 Alexander (2005:82). Hierdie skrywer het vir Ben Bella hier soos volg aangehaal: "The first Suez Canal proceeds after nationalisation were presented to us, the FLN leaders, by Gamal Abdal Nasser."
105 "Algerian Rebels set up at Cairo" The New York Times, 21 September 1958.
106 Tripier (1972:583).
107 Connelly (2001:239). Die toepaslikheid op Gasa is tans weereens voor die hand liggend.
108 Wall (2001:33, 37).
109 Ibid., 168.
110 Ibid., 183.
111 Ibid., 166-167.
112 Rahal (2022).
113 Ibid., 222. Baie van die elemente wat in hierdie benadering vervat is, word tans in die stryd om Gasa waargeneem.
114 Giniger, Henry "French See Suez as Key to Their African Dilemma - By Taking a Strong Stand Against Nasser They Hope to Ease Strain in Algeria" The New York Times, 9 September 1956. Sien ook Clarke, Michael "Arab Algerians support Nasser" The New York Times, 17 August 1958.
115 Barbero (2021).
116 Evans (2012:236).
117 Hy was 'n Franse weermagoffisier en staatsman wat Vrye Frankryk teen Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog gelei het en die Voorlopige Regering van die Franse Republiek van 1944 tot 1946 gelei het om die demokrasie in Frankryk te herstel. Teen 1958 was hy nie meer deel van die politieke bestel in Frankryk nie. Hierna het hy weer tot die aktiewe politiek toegetree.
118 Evans (2012:242).
119 Mansfield (1976:134).
120 Horne (1977:1).
121 Dayton (2003).
122 Horne (1988:384).
123 Lafeber (1994:560).
124 Gharbawi (2021:22).
125 Zack (2002:56).
126 Cook (2017).
127 Van Niekerk (2023).
128 Khashan (2023).
129 Boughton (2001).
130 Freiberger (2007:121).
131 Ibid., 47. In Eksteen (2023b) is die uiters geheime Sèvres-protokol bespreek wat na bewering die weg gebaan het vir die oordrag van Franse kernkragtegnologie aan Israel.
132 Lahav (2015:1351).
133 Ibid., 1311.
134 Herring (2008:678).
135 Thornhill (2004:921).