SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1RedakteursnotaKing Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912
    Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.64 n.1 Pretoria Mar. 2024

    http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a2 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS

     

    Suez se nagevolge: Suid-Afrika en bevrydings-bewegings

     

    The Suez aftermath: South Africa and liberation movements

     

     

    Riaan Eksteen

    Navorsingsgenoot. Departement Politieke Studie en Regeerkunde. Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Suid-Afrika. E-pos: reksteen@swakop.com

     

     


    OPSOMMING

    Tydens die Suezkrisis was die gedrukte media die primêre bron van kommunikasie en byvoorbeeld in Brittanje die belangrikste wyse waarop die publiek ingelig is. In die VSA het nuusberigte ook die krisis gedek, veral omdat dit President Eisenhower se grootste buitelandse beleidsuitdaging op daardie tydstip was. In Egipte het Nasser ywerig en behendig die pers en radio aangewend om sy binne- en buitelandse doelstellings te bereik. Toe die Veiligheidsraad verhinder is om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf as gevolg van die vetoreg wat een van die permanente lede uitgeoefen het, het die Algemene Vergadering die aangeleentheid oorweeg en aanbevelings met die "Uniting for Peace"-prosedure gemaak, wat tot die stigting van die eerste vredesmag van die Verenigde Nasies gelei het. Kort voor die krisis is tweederdes van al Europa se olie deur die Suezkanaal verskeep. Die Suezkrisis het later aanleiding gegee tot die stigting van die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande (OPUL) in 1960. Met die sluiting van die kanaal, is die aandag weereens op die strategiese waarde van die seeroete om die Kaap gevestig om die toenemende verkeer te kan akkommodeer. Teen daardie tyd was Suid-Afrika en Brittanje reeds besig om oor die vlootbasis te Simonstad te onderhandel wat later aan Suid-Afrika oorgedra is. Nelson Mandela het by die revolusionêre magte van Algerië aangesluit en militêre opleiding van hulle ontvang. Ander bevrydingsbewegings van Afrika het ook militêre en diplomatieke opleiding gekry. Die geopolitieke implikasies van die krisis was wydverspreid en betekenisvol.

    Trefwoorde: Algerië, ANC, Kaapse seeroete, Mandela, media, militêre opleiding, OPUL, Simonstad, "UN Emergency Force (UNEF)", "Uniting for Peace", vlootbasis


    ABSTRACT

    During the Suez crisis, the written media served as the primary method which provided the British populace with information. Strong anti-Egyptian sentiment permeated the British press. It was constantly fuelled by the Government's propaganda strategy. In the USA the crisis was also covered by the news media, particularly in the light of the fact that it was President Eisenhower's greatest foreign policy challenge at the time and the crisis reached its zenith a few days before his re-election. Nasser utilised the Egyptian press and radio to accomplish his goals against Britain and France and to promote his nationalist image inside and outside of Egypt.
    When a permanent member's veto prevented the Security Council from fulfilling its primary responsibility of maintaining international peace and security, the General Assembly could consider the matter and make recommendations to member states to restore international peace and security. In November 1956, the "Uniting for Peace" resolution, which stipulates this procedure, went into effect.
    Prior to the crisis, two-thirds of Europe's crude oil was transported via the Suez Canal. Due to the strategic significance of Suez, the canal zone was always vigilantly guarded by Britain. After the crisis, oil emerged as the new deterrent in international affairs, and the crisis was the primary impetus for the establishment of the Organisation of Petroleum Exporting Countries (OPEC) in 1961.
    When the crisis broke out and the canal was closed, the strategic significance of the sea route around the Cape regained prominence, and in subsequent months, port traffic in South Africa increased. South Africa and the United Kingdom were already negotiating the status of the naval base at Simonstown, which was subsequently transferred to South Africa.
    In order to receive training from the Algerian National Liberation Army (Front de Libération Nationale - FLN) in preparation for the South African revolution, Nelson Mandela joined the revolutionary forces of Algeria in 1961. He visited FLN training camps where he established Umkhonto weSizwe (Spear ofthe Nation) or MK ofthe African National Congress (ANC). According to Mandela, his visits to Egypt were educational, whereas his encounters in Algeria served a different purpose. He received training in revolutionary strategy and tactics, as well as military instruction. All of these were crucial elements for him in shaping the ANC into a liberation movement. During a visit to Algeria following his release from prison, he declared that he deemed Algeria to be his home and that he regarded himself to be an Algerian. Algeria provided a great deal of military and diplomatic instruction to liberation movements. The Third World won a decisive diplomatic victory at Suez. The geopolitical implications of the crisis were thus widespread and significant. Several changes took place with regard to the policies of the nations involved and the climate of global affairs changed.
    The crisis resulted in significant geopolitical ramifications and had profound effects for the nations involved. Furthermore, within a wider regional framework, significant transformations occurred in the political structure of multiple nations. The crisis necessitated political decision modifications and the implementation of new policy ideas by the key stakeholders involved, including Egypt, Britain, France, and the USA. The crisis also had an influence on other countries, including South Africa. Undoubtedly, this particular juncture in history can be seen as being of significant consequence. Nasser emerged as a central figure in this crisis, garnering increased recognition both domestically and internationally. One notable accomplishment of his was his adeptness in retaining his position as the political leader of Egypt for a duration of 18 years, even in the face of significant opposition. He is generally recognised as an important political figure in modern Egyptian history and is highly respected as an emblematic figure in the Arab world. This is mostly due to his significant contributions to social justice, Arab unity, and unwavering resistance against colonialism and imperialism.

    Keywords: Algeria, ANC, Cape sea route, Mandela, media, military training, naval base, Simonstown, OPEC, Uniting for Peace (UNEF)


     

     

    Inleiding

    In die vorige artikels2 is die belangrikheid van die gebeure rondom die Suezkrisis in die periode 1956 tot 1958 bespreek en is op die impak gewys wat Nasser se optrede sowel binnelands in Egipte asook buitelands gehad het. Nasser se invloed het met verloop van tyd al hoe verder uitgekring en ook Suid-Afrika geraak. Geleenthede is vir Nelson Mandela geskep om Egipte en Algerië tussen 1958 en 1960 te besoek, wat sy politieke uitkyk vergroot en beïnvloed het en wat hom ook sy militêre opleiding besorg het.

    Tydens die Suezkrisis het die gedrukte media die openbare mening beduidend beïnvloed, met die Britse pers wat 'n sterk anti-Egiptiese vooroordeel aan die dag gelê het. Dit is deurentyd deur die regering se propagandastrategie aangevuur. Nuusfilms in bioskope en die BBC het ook tot die dekking van die krisis bygedra. Nuusfilms was in die eerste helfte van die twintigste eeu baie gewild, terwyl die BBC, ten spyte van regeringsdruk, gepoog het om sy onafhanklikheid en objektiwiteit te behou. In hul aanbiedinge het die Britse media Nasser baie negatief uitgebeeld deurdat die nasionalisering van die Suezkanaal sterk beklemtoon en as 'n bedreiging vir Brittanje se belange voorgehou is. Eden het geen steen onaangeroer gelaat om die media te manipuleer nie. Die doel van sy propagandastrategie was om Britse persvyandigheid jeens Egipte te verhoog en die openbare mening te beïnvloed ten gunste van militêre ingryping. By name het regsgesinde koerante veral Egipte as die aggressor uitgebeeld en so Britse militêre optrede geregverdig. Die noodsaaklikheid dat Britse belange beskerm moes word en dat beheer oor die Suezkanaal daarom teruggekry moes word, is voortdurend beklemtoon.

    Gedurende die krisis het 'n groot segment van die Britse pers versuim om die regering se optrede en motiverings krities te ondersoek. In plaas daarvan het hulle die militêre ingryping ondersteun en die regering se verhaal weerspieël. Alhoewel sommige koerante en joernaliste wel die noodsaaklikheid van militêre ingryping bevraagteken en soms die regering se optredes gekritiseer en nie net ondersteun het nie, was daar 'n duidelike gebrek aan kritiese beriggewing. Oor die algemeen is die standpunt van die regering goedgepraat en Egipte as die aggressor gekritiseer. Sodoende het die media 'n deurslaggewende rol gespeel om die openbare mening te beïnvloed en die noodsaak van Britse militêre ingryping te verdedig en te regverdig.

    Soms word die Veiligheidsraad verhinder om sy primêre verantwoordelikheid uit te voer, sodat internasionale vrede en veiligheid gehandhaaf kan word weens 'n gebrek aan eenstemmigheid onder die permanente lede. In so 'n geval kan die Algemene Vergadering (AV) dit oorweeg om aanbevelings aan lidlande te maak om internasionale vrede en veiligheid te herstel. Die "Uniting for Peace"-resolusie word net gebruik om effektiewe en kollektiewe maatreëls voor te stel vir die voorkoming en verwydering van bedreigings vir internasionale vrede en veiligheid en vir die onderdrukking van dade van aggressie of ander skendings van daardie vrede. Gevolglik beperk die omvang van die resolusie die hantering van ander situasies wat eweneens internasionale vrede en veiligheid bedreig. Die resolusie het dus bepaalde beperkings om internasionale vrede en veiligheid te verseker. So is die AV se aanbevelings ingevolge so 'n resolusie nie bindend nie en lidlande is nie verplig om dit te implementeer nie.

    Suid-Afrika was een van talle ander Statebondslande wat nie deur Eden oor sy militêre ingrypingsplanne geken is nie. Dit het die Suid-Afrikaanse regering ontstel en die vermoede laat toeneem dat Brittanje nie meer 'n betroubare bondgenoot was nie. Toe die krisis uitgebreek en die kanaal gesluit is, is die aandag weereens op die strategiese waarde van die seeroete om die Kaap gevestig, met gevolglike toename in verkeer in Suid-Afrikaanse hawens in die daaropvolgende maande.3 Teen daardie tyd was Suid-Afrika en Brittanje reeds besig om oor die vlootbasis in Simonstad te onderhandel wat later aan Suid-Afrika oorgedra is.

    Tweederdes van al Europa se olie is teen die middel van die vyftigerjare deur die Suez-kanaal verskeep. Hierdie feit het 'n nog groter strategiese waarde aan die kanaal verleen met die gevolg dat Brittanje die kanaalsone altyd angsvallig bewaak het. Nadat olie pertinent op die voorgrond as die nuwe afdreigmiddel in internasionale aangeleenthede getree het, is die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande (OPUL) in 1960 gestig.

    In 'n onderhoud het die Algerynse president Tebboune genoem dat Nelson Mandela in 1961 by die revolusionêre magte van Algerië aangesluit het om saam met sy kamerade deur die Algerynse Nasionale Bevrydingsleër (Front de Libération Nationale - FLN) opgelei te word ter voorbereiding van revolusie in Suid-Afrika waardeur die regering omvergewerp moes word. Per geleentheid het Mandela met 'n vals Ethiopiese paspoort na Algerië gereis.4

    He was immersed in the Algerian resistance against the French occupiers, made no secret of his pride in having "very close" ties with his "second homeland". For Mandela, Algeria was a "source of inspiration both on the military and diplomatic levels. He was deeply inspired by it in his fight against apartheid." He came to Algeria "to gather support for the fight against the racist apartheid regime, [and where] he would find relief and assistance in Algiers, where the ANC was granted the right to open an office.5

    Die eerste besoek ná sy vrylating wat Mandela aan die buiteland gebring het, was om Algerië te besoek. Tydens daardie besoek het hy verklaar dat hy homself as 'n Algeryn beskou en dat Algerië sy tuiste was.

    Die geopolitieke implikasies van die krisis was dus verreikend en betekenisvol. Verskeie veranderinge het plaasgevind met betrekking tot die beleid van die betrokke lande en die klimaat van internasionale aangeleenthede het verander.

     

    Die rol van die media

    Tydens die Suezkrisis in November 1956 was die Britse regering tuis en in die buiteland in 'n propagandastryd gewikkel in die opbou tot die Anglo-Franse militêre ingryping en hulle het uit die aard van die saak baie moeite gedoen om suksesvol te wees.6 Die BBC se onafhanklikheid was op sy beste dubbelsinnig, hoewel die korporasie uit die krisis getree het met sy reputasie ongeskonde weens aandrang op die beginsel van onpartydigheid. Beide die gedrukte media en die uitsaaiwese het egter beperkings ondervind in hul vermoë om oor gebeure rakende die krisis verslag te doen. Die goue era van Britse radio was besig om plek te maak vir die uitbreiding van televisie, maar radiopropaganda het noodsaaklik gebly tydens die Suezkrisis. Daar was altyd die implisiete bedreiging van regstappe sou die BBC nie ag slaan op die regering se advies nie.7 Burton Paulu het die volgende opmerking van Charles Curran, die Direkteur-generaal van die BBC ten tye van die krisis, aangehaal:

    Against formidable arguments about the national interest, the duty to provide an impartial service was held by the BBC to be paramount, and the pressures were successfully resisted.8

    Die belangrike rol wat die media tydens die krisis gespeel het, kan nie onderskat word nie. In die tydperk tussen Nasser se nasionaliseringsbesluit en die offensief was beide die media en die parlement in Brittanje in hewige debatte gewikkel. Hierdie debatte oor Suez het ook oor moraliteit gegaan en nie net bloot oor aspekte van buitelandse beleid nie. Die emosies wat die krisis opgewek het, het tot 'n introspektiewe besinning oor die aard van die Britse samelewing gelei. Openbare mening het oorspronklik die regering se vreedsame benadering tot Nasser ondersteun en was gematig teenoor hom. Daardie siening het gou verander. Die gebruik van geweld is ondersteun tot op die punt van aanmoediging om teen Nasser op te tree. Hoe, het die pro-Suezdrukgroep gevra, kon groot dele van die publiek en media noodsaaklike militêre optrede verwerp wat nasionale belange in die buiteland wou beskerm? Toe die ingryping wel plaasgevind het, is Brittanje se morele geloofwaardigheid verpletter.

    At home, the spleen opened up by Suez brought to the surface doubts about the state of the nation. Suez shattered Britain's moral credibility. The press meditated on national decline and, at a more basic level, the crisis permitted the venting of anger at an outmoded political Establishment and of disillusion with the postwar consensus.9

    In die weke en maande ná die militêre operasie en die gepaardgaande vernedering het die media onverpoosd voortgegaan om antwoorde te probeer kry oor die kwellende vraag oor wat verkeerd geloop het in een van die mees verdelende kwessies in Brittanje se geskiedenis tot op daardie tydstip. Die passievolle mediarubrieke en parlementêre debatte het weerspieël hoe diep Suez die Britte se politieke bewussyn en nasionale psige binnegedring het. Charlotte Peevers verskaf 'n deeglike analise van hierdie dekking van die media en die debatte, asook die wyse waarop die openbare mening daardeur gevorm is.10

    Suez became a sort of litmus test of the state of the nation. In the emotional context of decolonisation and a Cold War in which Britain's voice was being increasingly marginalised, the affair provided an opportunity for the manifestation of domestic frustration and narratives of national decline in the press.11

    Guillaume Parmentier het die verskille tussen nasionale koerante en hul algemene vyandigheid (hoewel oordrewe volgens hom) teen die hele kwessie van ingryping in Egipte beskryf en die veranderinge in hul houdings geskets. Hy het ook aspekte van die verhouding tussen die media, openbare mening en regeringsbeleid aangespreek:

    It will come as a surprise to no one that the Suez affair was the time of a reassessment of the role of Britain in the world on the part of the press and probably of the public.12

    Op sy beurt kom Ralph Negrine tot die volgende gevolgtrekking in sy artikel waarin hoogs insiggewende uiteensettings voorkom oor die verskillende standpunte wat die Britse publikasies aangebied het en die manier waarop hul perspektiewe aangepas en verkoopsyfers beïnvloed is.

    The national press, it is clear, had played a vital part in the national debate over the rights and wrongs of the government's policies towards Nasser and the Suez canal.13

    Die massamedia het bepaald 'n belangrike rol gespeel in die nasionale debat rondom Eden se beleid en optredes tydens die krisis. Hy het baie teenkanting van dele van die media ondervind, wat oor die algemeen veel meer aggressief as die openbare mening was. Met sy strategie van propaganda het Eden nie geskroom om die vyandigheid van die Britse pers teenoor Nasserisme te verhoog en eersgenoemde as aktiewe ondersteuners te betrek in 'n beleid wat uiteindelik op oorlog sou uitloop nie. Tony Shaw se gevolgtrekking was dat die Britse regering se hoofdoelwit gedurende die krisis - om Nasser en sy regering se ondergang te bewerkstellig - eintlik afhanklik was van 'n suksesvolle propagandabeleid.14

    Anthony Eden's attempts to fashion the press to his liking proved to be remarkably successful for someone who throughout the crisis failed to develop any real public relations strategy and who was in many ways a complete amateur in the realm of press manipulation. Indeed, had Eden not been so peculiarly innocent and his chief ministers so lacking in journalistic contacts, one cannot escape the impression that the newspapers would have proved even more malleable.15

    Die debat oor Suez en die regering se optrede het vir dekades voortgeduur. Selfs vandag nog is daar steeds onbeantwoorde vrae oor wat presies in regeringskringe plaasgevind het en waarom stilswye nou nog daaroor gehandhaaf word.

    In die VSA het die gedrukte media Nasser vanaf 1952 tot en met die Tsjeggiese wapentransaksie in 1955 oor die algemeen gunstig uitgebeeld. Baie artikels het die sekulêre en anti-kommunistiese aard van die nuwe regime beklemtoon. Nasser is met Turkye se Kemal Ataturk vergelyk en hierdie analogie het die oortuiging weerspieël dat Nasser se nuwe Egiptiese regime die Weste in die wêreldwye stryd van die Koue Oorlog goedgesind was. Newsweek het Nasser se sterk werksetiek en sy besonderse verstand geprys. US News & World Report het daarop gewys dat Nasser voorgekom het as synde pro-Westers, uitgesproke anti-kommunisties en vriendelik teenoor die VSA. Time het in gloeiende terme oor Nasser gepraat en hom as die kragtigste, mees energieke en potensieel mees belowende leier van die Midde-Ooste beskryf. In 1955 het die gesaghebbende Foreign Affairs 'n artikel deur Nasser gepubliseer waarin hy sy standpunte en politieke beskouinge uiteengesit het.16

    Maar die gunstige dekking oor Nasser het skielik verander ná sy aankoop van die Tsjeggiese wapens. Hierna is hy as 'n aggressiewe diktator uitgekryt wat daarop uit was om Israel te vernietig. The New York Times het Nasser as die Islamitiese Mussolini gedoop. Eisenhower en Dulles het hierdie karakterisering van Nasser nagepraat en tydens 'n vergadering met kongresleiers in Augustus 1956, het albei Nasser met Hitler vergelyk. Die media het 'n beduidende uitwerking op die aard van die VSA se beleid teenoor die Midde-Ooste in die 1950's gehad. Deur die fascistiese analogie na aanleiding van die Tsjeggiese wapentransaksie bekend te stel, het die media die publiek se belangstelling in Egipte verskuif van konvensionele Koue Oorlog-belange tot kommer oor Israel se veiligheid.17

    In Egipte het die radio 'n vername rol gespeel. Toe die VSA aan Nasser 'n wêreldklas uitsaainetwerk beskikbaar gestel het, was die veronderstelling dat hy daarmee die Arabiese wêreld agter die VSA teen die Sowjetunie (SU) sou laat saamtrek. In plaas daarvan het hy dit gebruik om gewelddadige anti-Amerikaanse propaganda aan te blaas en om die Weste se Arabiese bondgenote te ondermyn.

    These broadcasts inaugurated a new era in Arab politics. They were the beginning of a campaign of aggressive subversion. ... Egypt's Voice of the Arabs was an outlet of unrivaled influence because it was at the fore-front of the mass communications revolution made possible by the cheap transistor radio. Nasser was the first revolutionary leader in the postwar Middle East to exploit the technology in order to call over the heads of the monarchs to the man in the street.18

    Die openbare mening in Egipte en Arabiese lande was nou sterk beïnvloed. The Voice of the Arabs, 'n radiodiens, was een van die mees invloedryke propagandaverspreiders in die Arabiese mediageskiedenis, met as teiken die imperialistiese en kolonialistiese Weste en as doelwit die bewusmaking van nasionalistiese sentimente dwarsdeur die Arabiese wêreld.

    The Voice of the Arabs was not merely a radio program. It was propaganda medium with an aim to influence world events. It became a regional phenomenon in the Arab world by establishing the concept of Arab Nationalism.19

    Hierdie radiodiens se invloed het geblyk uit die fokus wat geplaas is op die bevordering van eenheid van die Egiptiese volk ter ondersteuning van hul president en die versterking van Pan-Arabiese solidariteit wat hy voorgestaan het. Die betrokke radiostasie het ook gekonsentreer op die ondersteuning van die Algerynse revolusie buite Egipte se grense en het toegelaat dat sy fasiliteite deur Algeryne gebruik word.

    Cairo radio beamed a constant flow of anti-colonialist propaganda at the Maghreb, Nasser had aroused the most fervent hopes among the revolutionaries.20

    Die relevansie van politieke kommunikasie in moderne militêre konflikte is duidelik hierdeur gedemonstreer. Nasser het hier gedemonstreer dat hy ook oor die vermoë beskik om ander se voorkeure te vorm sonder om dwang of geweld te gebruik.

    Nasser het radio behendig aangewend; nie net vir sy eie optredes nie, maar ook om sy boodskap deur middel van vermaak oor te dra. Hy het die beste en populêrste vermaaklik-heidskunstenaars van die Arabiese wêreld gemobiliseer en hul liedjies, soos "How We Build the High Dam at Aswan", het gewilde treffers geword. Hiermee het hierdie emosionele leier in die harte van Egiptenare en sy volgelinge in die Midde-Ooste gekruip deur sy toehoorders vernuftig op te sweep.

     

    "Uniting for Peace" en "United Nations Emergency Force (UNEF)"

    Op 3 November 1950 het die Algemene Vergadering van die VN (AV) 'n resolusie met die titel "Uniting for Peace" aanvaar. Dit was in reaksie op die strategie van die SU om enige daadwerklike optrede deur die Veiligheidsraad (VR) te verhoed om maatreëls ter beskerming van die Republiek van Korea teen Noord-Korea se militêre aggressie in te stel. Die belangrikste deel van daardie resolusie het bepaal dat wanneer die VR weens 'n gebrek aan eenstemmigheid van sy permanente lede versuim om sy primêre verantwoordelikheid vir die handhawing van internasionale vrede en veiligheid uit te oefen die aangeleentheid na die AV verwys kan word. Sodoende sou VN-optrede wel verseker kon word. Ingevolge die handves van die VN is slegs besluite van die VR afdwingbaar. Resolusies van die AV is bloot adviserend. Resolusies wat egter in terme van die "Uniting for Peace-"proses geneem word, het 'n kragtige karakter met sterk morele toepassingswaarde. Gevolglik word lande waarteen so opgetree word op verskillende wyses binne en buite die VN geïsoleer as synde deur wêreldmening veroordeel. In November 1956 het Brittanje en Frankryk elk hul vetoreg uitgeoefen oor 'n voorstel in verband met hulle en Israel se militêre aggressie teen Egipte. Die VSA en die SU het vir die eerste keer teen twee mede-permanente lede gestem wat ook Westerse bondgenote van die VSA was. Die VSA het dit belangrik geag dat die VN nie lamgelê moes word om behoorlik aksie te neem nie. Eisenhower het opdrag gegee dat die aangeleentheid ingevolge die "Uniting for Peace-"formule na die AV vir optrede verwys word waar Brittanje en Frankryk oor geen vetoreg beskik het nie. Op 2 November het die AV met 'n oorweldigende meerderheid 'n einde aan die vyandelikhede geëis. Die resolusie is met 64 stemme teen nul aanvaar. Die twaalf lande wat buite stemming gebly het, het onder andere lede van die Sowjetblok, Egipte, Israel en Suid-Afrika ingesluit. Die verduideliking wat Eric Louw, minister van buitelandse sake, later in die Volksraad oor Suid-Afrika se stembesluit gegee het, was stompsinnig:

    Our attitude on the Suez issue has been clear right from the start. We have at no time participated or recorded our vote on any proposal directly connected with the Suez issue. ... We abstained because we have consistently taken up the attitude that, as a non-user of the Canal, we are not interested in the Suez issue.21

    Met hierdie resolusie is daar 'n VN-vredesmag vir die kanaalarea gestig om 'n einde aan die Suezkrisis te verseker. Hierdie internasionale vredesmag was bestem vir die grens tussen Egipte en Israel. Die VN se sekretaris-generaal, Dag Hammarskjöld, het hoofsaaklik hierdie konsep uitgewerk, wat op 'n voorstel van die Kanadese minister van buitelandse sake, Lester Pearson, gebaseer was en waarvoor hy later die Nobelprys vir Vrede ontvang het. Op 5 November het Brittanje en Frankryk aangekondig dat hul troepe onttrek sou word sodra 'n vredesmag in Egipte ontplooi is. Op 7 November 1957 het die AV die daarstelling van UNEF ("United Nations Emergency Force") goedgekeur, wat die VN se eerste vredesmag was.

    Die mag se hooftaak was om Egiptiese grondgebied met toestemming van die Egiptiese regering binne te gaan, sodat vrede tydens en na die onttrekking van nie-Egiptiese magte gehandhaaf kon word. Aangesien UNEF ingevolge 'n resolusie van die AV geskep is en nie ingevolge hoofstuk VII van die VN se handves aanvaar is nie, moes die beplande ontplooiing van enige sodanige militêre mag deur beide Egipte en Israel goedgekeur word. Na multilaterale onderhandelinge met Egipte het elf lande aangebied om troepe tot die vredesmag by te dra. Ondersteuning is ook deur Italie en die VSA verskaf.22 Die eerste troepe het op 15 November in Kaïro aangekom en UNEF was teen Februarie 1957 op volle sterkte met 6 000 troepe.23

    Britse en Franse troepe het Egipte in Desember 1956 verlaat. Ná Israel se onttrekking in Maart 1957 het Egipte die kanaal vir kommersiële skeepvaart op 8 April heropen. Op 13 Julie het die "Suez Canal Company" 'n vergoedingsooreenkoms met die Egiptiese regering bereik. In Mei 1967 het Egipte versoek dat UNEF die land moes verlaat. Nadat die troepe ontruim is, het oorlog tussen Egipte en Israel op 5 Junie 1967 uitgebreek. Dit was die begin van wat bekend geword het as die Sesdaagse Oorlog en het op 10 Junie geëindig. Die laaste lid van UNEF het Egipte op 17 Junie verlaat. Daardie oorlog het die gevolg gehad dat die Suezkanaal weer van 5 Junie 1967 tot 5 Junie 1975 gesluit was.

    Vanuit 'n volkeregtelike perspektief beskou, was die Suezkrisis een van die eerste groot toetse vir die VN se regstelsel. Ná die mislukking van die Volkerebond wat geen morele invloed in die wêreld kon uitoefen nie, was die VN se posisie in wêreldpolitiek nie 'n gegewe nie, veral nie sy morele oortuigingswaarde nie. Met die aanvaarding van hierdie twee resolusies het die AV een belangrike beginsel herbevestig, naamlik om op te tree volgens die formule in "Uniting for Peace",24 en 'n ander aksie goedgekeur wat verskeie kere daarna suksesvol in konflikgebiede toegepas kon word, naamlik die skepping van 'n VN-vredesmag.

     

    Suid-Afrika en Suez

    Die verklaring wat Eden in die Parlement gemaak het, naamlik dat die besluit om saam met Frankryk militêr op te tree in noue konsultasie met lede van die Statebond geneem is, het eerste minister Johannes (Hans) Strijdom hewig ontstel. Volgens hom het dit beslis nie gebeur nie. Hy het daarop gewys dat dit sekerlik Brittanje se reg was om te besluit met wie gekonsulteer sou word, maar om aan die wêreld te verkondig dat die Statebond daaroor geraadpleeg is, was totaal onaanvaarbaar en het op 'n leuen berus. Omdat vrede Suid-Afrika se vernaamste doelwit was, het Strijdom gevrees dat Brittanje se versuim om ander belanghebbende partye te raadpleeg, veral Statebondslande, Suid-Afrika by 'n oorlog kon betrek waaroor hy nie geraadpleeg is nie. Die regering het gevolglik geredeneer dat Suid-Afrika sodoende van enige verantwoordelikheid vrygestel was om Brittanje te ondersteun. Hierna het twee senior kabinetslede verder oor Brittanje se optrede kommentaar gelewer. Frans Erasmus, minister van verdediging, het daarop gewys dat Suid-Afrika geen verdrag onderteken het wat dit enigsins verbind het om by daardie gebeure betrokke te raak nie. Met verwysing na Brittanje se geheime optrede het Louw in sy reaksie genoem dat Suid-Afrika as gevolg daarvan nou vrygestel was van enige verpligting om bystand te verleen.25

    Met die aanvang van die nuwe parlementsitting vir 1957 het die goewerneur-generaal, Ernest Jansen, in die eerste paragraaf van sy openingsrede op 18 Januarie na die gebeure in die Midde-Ooste verwys:

    Events in the Middle East during the past months have constituted a grave threat to world peace. Although South Africa, as a non-user of the Canal is not involved in the Suez Canal dispute, the government nevertheless is deeply concerned about the maintenance of peace in the Middle East. It is the earnest hope of my Ministers that the efforts now being made to find a satisfactory solution to the problems of the Middle East will be successful, and that peace and stability will soon be restored.26

    In die daaropvolgende debatte het verdere gebeure min aandag gekry en het die klem meer geval op die gevolge wat die sluiting van die Suezkanaal vir Suid-Afrika ingehou het asook die nuwe status van die eens Britse vlootbasis te Simonstad. Uitsprake wat wel by ander geleenthede gelewer is, is gedoen teen die agtergrond van die beginsel wat Suid-Afrika deurgaans streng gehandhaaf het, naamlik om nóg by binnelandse aangeleenthede van ander lande betrokke te raak, nóg oor hul beleidsbesluite kommentaar te lewer. Hierdie standpunt het voortgevloei uit eerste minister Daniel Malan se siening wat hy gedurende sy ampstermyn gehandhaaf het en sy opvolger, Strijdom, ook nagevolg het:27 om kant te kies, sou Suid-Afrika se toepassing van die beginsel van nie-inmenging in die huishoudelike aangeleenthede van state kompromitteer, iets wat onwrikbaar by die VN gevolg en verkondig is met die bespreking van Suid-Afrika se binnelandse beleid. Vir Suid-Afrika was dit bloot onmoontlik om openlik simpatie vir een van die partye te toon sonder om verhoudinge met een van die ander partye te affekteer. Louw se hardnekkige toepassing van hierdie beginsel het hy verdedig deur vol te hou dat Suid-Afrika alleenlik betrokke sou raak in reaksie op kommunistiese aggressie wat sonder provokasie gepleeg word. Hy het Sowjet-betrokkenheid afgemaak as synde nouliks aggressie te wees. Vir hom was die aggressors Brittanje en Frankryk. Hierdie onbetrokkenheid het nie oral byval gevind nie en die regering is trouens telkens skerp daaroor aangeval. Tydens een van die debatte het Marais Steyn, wat toe nog 'n lid van die amptelike opposisie was, opgemerk dat die moeilikheid oor Suez ontstaan het

    ... in an agreement between Col. Nasser and the Communist states for the infiltration of technicians and military experts into our Continent, the Continent of Africa.28

    By die VN het Suid-Afrika hierdie beginsel van nie-inmenging konstant gehandhaaf wanneer sy binnelandse beleid ter sprake gekom het. Louw was 'n vurige eksponent van dié beginsel.29Hy het dan ook sy verkondiging daarvan gekoppel aan artikel 2, paragraaf 7, van die VN se handves, waarin die volgende bepaling voorkom:

    Nothing contained in the present Charter shall authorize the United Nations to intervene in matters which are essentially within the domestic jurisdiction of any state or shall require the Members to submit such matters to settlement under the present Charter; but this principle shall not prejudice the application of enforcement measures under Chapter Vll.30

    Later in 1957 is Suid-Afrika egter by die VN ontnugter toe Egipte met wie hy nog tot op daardie stadium goeie diplomatieke verhoudinge gehandhaaf het, besluit het om die jaarlikse versoek te steun om Suid-Afrika se rassebeleid op die agenda van die AV te plaas. Dit was strydig met verwagtinge dat sy beginsel van nie-inmenging en die toepassing daarvan op Egiptiese gebeure Egipte meer simpatiek teenoor Suid-Afrika sou stem. In stede daarvan was Nasser toenemend krities oor Suid-Afrika se binnelandse beleid. Met Suid-Afrika se republiekwording in Mei 1961 het Egipte diplomatieke verhoudige met Suid-Afrika verbreek. Die rol wat Mandela se verbintenisse met Egipte en Nasser in besonder gespeel het (sien hier onder), kan in hierdie besluitneming nie geringgeskat word nie.

     

    Seeroete om die Kaap

    Toe die Suezkanaal vanaf middel November 1956 tot begin Mei 1957 gesluit was as gevolg van die militêre optrede teen Egipte in November 1956, was die seeroete om Suid-Afrika in die nuus met die geostrategiese belangrikheid van die Kaap wat daardeur spesifiek internasionaal aandag getrek het. Hanson Baldwin het twee maande ná Nasser se nasionaliseringsoptrede die volgende opgemerk:

    South Africa assumed new strategic importance yesterday as shipping through the Suez Canal began to slow down. The importance of the sea route around the Cape of Good Hope, particularly in war or in an emergency has long been recognized. But the Suez Crisis has suddenly and dramatically focused world's attention on the Union of South Africa's "guardian" of the Cape route.31

    Hy het sy artikel soos volg afgesluit:

    South Africa's defense preparations will almost certainly be expedited by the Suez Crisis. For this crisis, more than any other event, has highlighted the immense stakes that are at issue.

    Hierdie strategiese belangrikheid van die Kaap het die VSA reeds in Oktober 1952 as 'n amptelike standpunt aanvaar:

    The strategic importance of the Union of South Africa arises chiefly from ... the fact that in event of general war the Union's bases and port facilities would be valuable, especially if the Suez Canal were closed.32

    In 1960 het die VSA daardie standpunt herbevestig.

    The closing of the Suez Canal in 1956-57 demonstrated the importance of the sea routes around the Cape. The South African ports ... constitute strategic links with the rest of the world. These port installations in Southern Africa, containing repair and supply facilities, are linked technically and materially with the Union's own industrial capability.33

    Die sluiting van die kanaal in 1956-1957 het dus noemenswaardige betekenis vir Suid-Afrika gehad.34 Selfs voor die sluiting het skepe al begin om die kanaal te vermy en die roete om die Kaap gevaar. In Brittanje was die aandag reeds op die alternatiewe Kaapse roete gevestig wat sou meebring dat supertenkers gebou kon word om die lang reis van die Midde-Ooste se oliehawens om die Kaap te onderneem en steeds ekonomies te kon wees. Toe die kanaal wel gesluit is, het skeepsverkeer van olietenkers om die Kaap dramaties toegeneem.

    Gevolglik het Brittanje dringend op hoë vlak met Suid-Afrika beraadslaag oor die gevolge vir Suid-Afrikaanse hawens. 'n Senior adviseur in die Britse ministerie van skeepsvaart het vir hierdie doel na Kaapstad gereis. Hy het Brittanje se standpunt soos volg uiteengesit:

    It is vitally important to Britain and other European nations that South African ports, if Colonel Nasser closes the Suez Canal, should be able to handle with minimum delays greatly-increased numbers of ships.35

    Hierdie besoek is voorafgegaan deur twee betekenisvolle artikels in die Suid-Afrikaanse pers. Die eerste een was op 29 Julie 1956 waarin daarop gewys is dat 'n toevloei groter haweinkomste, aansienlik verhoogde verkope van brandstof en groot bestellings vir Suid-Afrika se skeepshandelaars sou inhou, wat op hul beurt aansienlike hoeveelhede by boere en voedselprodusente sou moes aankoop.36 Die volgende dag het 'n ander artikel verskyn wat aandag gevestig het op die chaos wat in al vier Suid-Afrika se hawens sou heers as honderde skepe gedwing sou word om die roete om die Kaap te onderneem. Die fasiliteite in daardie hawens is as totaal ontoereikend beskou om 'n groot toestroming te hanteer. Die gevolg sou opeenhoping wees met gepaardgaande duur vertragings vir skeepseienaars en irritasie vir passasiers en in- en uitvoerders. Die aanleidende oorsaak wat daarvoor gestel is, was dat min die voorafgaande jare gedoen is om hawens te ontwikkel en te verbeter. Inkomste uit hawens is eerder aangewend om die spoorweë en lughawens te finansier.37

    'n Maand later - en ses weke voor die sluiting van die kanaal - het 'n verdere artikel aangetoon hoe goed besigheid in Kaapstad se hawe was, asook in die stad self met bemanningslede en passasiers wat ruim spandeer het. Die skeepsverkeer is gerieflik met bestaande fasiliteite gehanteer.38

    In die Volksraad was daar bespreking van dié gebeure met betrekking tot die moontlike gevolge van die toename van verkeer om die Kaap, maar dit het baie keer versand in argumente tussen die twee politieke partye om punte aan te teken en opponente aan te val. Daar was egter een onderwerp wat bespreek is wat internasionale aandag getrek en ook buitelandse beleidsimplikasies ingehou het. Die regering het 'n verstommende besluit geneem, op klaarblyklike aandrang van Louw, om Indiese skepe toegang tot Suid-Afrikaanse hawens te verbied. Die rasionaal vir daardie besluit was Indië se jarelange vete by die VN om Suid-Afrika se rassebeleid voortdurend deur die AV te laat bespreek. Die Indiese minister van buitelandse sake, Krishna Menon, het jaarliks die voortou daarmee geneem, en hy was net so 'n groot vuurvreter as Louw.39 In sy verklaring op 18 Januarie 1957 het Louw gemeld dat Indië vir die voorafgaande tien jaar handelsanksies teen Suid-Afrika toegepas het en dat Suid-Afrika nou in 'n posisie was om vergeldingsmaatreëls teen 24 Indiese skepe te neem wat die Kaapse roete na Europa gevaar het. Hy het voorgestel dat Menon dit in gedagte moes hou wanneer hy by die VN sy volgende venynige aanvalle teen Suid-Afrika wou loods.40 Toe die onderwerp 'n paar weke later in die Volksraad geopper is, het 'n lid van die Nasionale Party opgemerk dat Louw uitgewys het dat

    In India's campaign against colonialism and apartheid Krishna Menon was in the vanguard in the United Nations and in the world at large. He articulated the anti-colonial, anti-racial policy of India with crusading passion and irresistible logic. He rallied within the United Nations, Asian-African and world opinion against apartheid and demolished with his scorching intellect and captivating eloquence all the defences which were being constantly propped up in favour of the obnoxious system of discrimination and oppression. Reddy (1994:2).

    ... in this struggle waged against us by India, we too have a weapon, although perhaps not a very strong weapon, but the Minister on behalf of South Africa, indicated that we were also in a position to show our teeth.41

    Hierdie woordkeuses het waarnemers nie oortuig dat Suid-Afrika wel sy hawens vir Indiese skepe sou sluit nie en dat hier 'n geval was waar Louw se blaf erger as sy byt was! In die Volksraad het opposisielede Louw oor sy dreigement berispe. Een lid het genoem dat Indië die dreigement afgelag het en op beleefde wyse opgemerk het oor wat Suid-Afrika met sy hawens kon doen.42

    Nie lank daarna nie het Louw weer wenkbroue laat lig toe hy verklaar het dat die groter hoeveelheid geld wat hawens nou verdien het, geensins vergoed het vir die ontwrigting van die hawens, die spoorwegnetwerk wat ooreis word en die nadelige effek op sekere dele van die ekonomie, soos byvoorbeeld verhoogde voedselpryse vir plaaslike verbruikers nie.43 Dit terwyl die ministerie verantwoordelik vir spoorweë en hawens in werklikheid lof ontvang het vir die groot vaardigheid waarmee hulle effektief daarin geslaag het om die groot vermeerdering in skeepsverkeer te hanteer.44 Die normale verkeer het tot 200 skepe per maand toegeneem.45Passasiersgetalle wat hawestede besoek het, het tot meer as 20 000 per maand gegroei. Verkope van bunkerolie het verdriedubbel per maand.46 Statistieke soos hierdie het die belangrikheid van hierdie seeroete laat toeneem.47 Internasionaal is ook gesaghebbend erken dat hierdie roete in tye wat die Suezkanaal gesluit was, uiters belangrik was.48

    South Africa's geographic location has intrinsic, strategic value for Europe and the United States. ... Every year more than 26 000 ships use the sea lanes off the Cape of Good Hope. Many of these ships depend on South Africa for fuel, water, food and weather reports. European members of the North Atlantic Treaty Organisation (NATO) are heavily dependent on goods shipped along the Cape route. Ninety percent of their total oil consumption, 70 percent of their strategic minerals and 25 percent of their food supplies pass within a few kilometres of Cape Town. Twenty percent of America's oil requirements are also routed via the Cape.49

    Gevolglik was die Kaapse roete gedurende die Suezkrisisjare een van die belangrikste handelsnetwerke van die Westerse wêreld.50 In 1950 was daardie roete reeds een van die redes waarom Brittanje noue betrekkinge met Suid-Afrika voorgestaan het. Met die Suezkrisis is die belangrikheid van hierdie roete nie net vir Brittanje herbevestig nie, maar is daar op groter skaal internasionaal daarvan kennis geneem. Teen die middel van 1955 is tweederdes van die hele Europa se olie deur die Suezkanaal verskeep. Vanweë die strategiese waarde van Suez het Brittanje die kanaalsone altyd angsvallig bewaak. So was die Britte se optrede in die Tweede Wêreldoorlog teen Generaal Erwin Rommel en sy Afrikakorps juis ter verdediging van die kanaal want sou hy dit verower het, sou dit 'n verwoestende strategiese uitwerking op die Britse posisie in die Midde-Ooste en ook Afrika gehad het. Brittanje moes eenvoudig Rommel se opmars stuit en die kanaal en sy belange in die streek beskerm om te verhoed dat lewensbelangrike produkte, waarvan olie seker die belangrikste kommoditeit was, verhinder sou word om via die kanaal Brittanje te bereik. Britse oorwinning by die tweede slag van El Alamein in November 1942 het 'n einde aan hierdie bedreiging gemaak. Suid-Afrika het 'n beduidende rol in daardie veldslag gespeel, wat 'n keerpunt in die Noord-Afrikaanse veldtog van die Tweede Wêreldoorlog was. Daardie betrokkenheid kan nie misken word nie.51

    Midde in die Suezkrisis het Brittanje verkeerdelik en naïewelik aanvaar dat die VSA olie sou verskaf indien die kanaal gesluit sou word. In plaas daarvan om voorrade aan Brittanje beskikbaar te stel, het Eisenhower teen alle verwagting in oliesanksies teen Brittanje en Frankryk ingestel! Hy het aangedui dat 'n wapenstilstand nie genoeg sou wees nie en het geëis dat hierdie twee lande en hul militêre bondgenoot Israel hul troepe moes onttrek. In hierdie proses het hy olie as 'n vername hefboom aangewend.

    The Eisenhower administration conducted diplomacy amid a rising clamor of domestic concern about the effects of Arab nationalism on the international oil trade.52

    Gepaardgaande daarmee het hy die VSA se posisie by die Arabiese olieprodusente versterk deur die koning van Saoedi-Arabië as 'n alternatief vir Nasser op te bou. Eisenhower het dit duidelik aan hierdie olieprodusente gestel dat hy van plan was om die Midde-Ooste se oliemarkte in Wes-Europa te herstel.

    Een van die aspekte wat skeepsverkeer om die Kaap gevolglik duideliker as ooit te vore beklemtoon het, was die vervoer van olie. Olie het nou die aandag getrek en kort voor lank is olie erken as die nuwe wapen in internasionale betrekkinge. Die stigting van OPEC (Engelse afkorting vir OPUL) op 14 September 1960 was die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis van die oliebedryf. Die Suezkrisis wat die VSA se olieverbod teen Brittanje ten gevolg gehad het en daarna die aanvang van die Arabiese olieverbod wat selektief toegepas is, het skerp klem geplaas op die noodsaaklikheid om aandag aan die strategiese belang van olie in internasionale aangeleenthede en die behoefte aan energie-onafhanklikheid te skenk. Olie het die nuwe politieke wapen geword waarmee lande afgedreig kon word. Die krisis het onmiddellik 'n beduidende impak op die oliebedryf gehad en hoe dit voortaan deel van die internasionale toneel sou word. Met die sluiting van die Suezkanaal was die verskeping van olie uit die Midde-Ooste na Wes-Europa sowat 800 000 vate per dag. Dadelik het daardie Westerse lande olietekorte en prysstygings gevrees omdat die kwesbaarheid van die verskeping van olie nou beklemtoon is en die afhanklikheid van die Suezkanaal vir olievervoer blootgelê is. Lande moes noodgedwonge begin om hul afhanklikheid van olie uit Midde-Oosterse bronne te heroorweeg. OPUL het samewerking tussen olieproduserende lande bevorder en stabiliteit in die globale oliemark verseker. Oor die jare het die organisasie ontwikkel in 'n prominente en beduidende faktor in die globale oliemark en internasionale betrekkinge.

    In Januarie 2024 het die geostrategiese belangrikheid van die verbinding tussen die Middellandse See en die Indiese Oseaan met die Suezkanaal in die Noorde van die Rooi See en die smal seestraat van Bab el-Mandeb, wat die Golf van Aden met die Rooi See in die Suide verbind, weereens internasionale aandag getrek. Ná die gebeure op 7 Oktober 2023 met die aanvalle wat die terreurgroep Hamas met ondersteuning van Iran teen Israel geloods het en laasgenoemde se onverbiddelike teenaanvalle op Gasa, het Houthi-rebelle in Jemen, wat ook deur Iran ondersteun word, begin om vrye skeepvaart in daardie seestraat aan te val. Die Rooi See met sy twee lewensbelangrike toegangspoorte is noodsaaklik vir kommersiële skeepvaart om markte in Europa, Asië en Afrika van voorrade te voorsien. Twaalf persent van die wêreld se handel beweeg deur hierdie waterweg. Nou het hierdie seegebied die terrein van aanvalle deur die Houthi-rebelle geword ter ondersteuning van Hamas se stryd met Israel. Die groep beweer dat hulle slegs skepe teiken wat van of na Israel vaar, maar ander met geen duidelike Israeliese verbintenisse nie, word wel aangeval. Die rebelle maak dit duidelik dat hulle alle Amerikaanse en Britse skepe as vyandelike teikens beskou.53 Verder hou hulle vol dat hulle eers hul veldtog teen skeepvaart in die Rooi See sal beëindig wanneer daar 'n wapenstilstand in Gasa is. Gevolglik redeneer sommige waarnemers dat die onus op die VSA rus om Israel te oorreed om sy stryd teen Hamas op te skort. Om egter voor Houthi- en Iranese afperstaktiek te swig, sal 'n teken van swakheid wees en die Houthi's beloon vir terrorisme op see waar hulle skepe met hommeltuie en missiele vanaf basisse in Jemen aanval. Dit is egter duidelik dat 'n voortdurende veldtog van speldeprikaanvalle en verdedigingsmaatreëls nie aggressie sal afskrik of die bedreiging sal verwyder nie. Kragtige en dodelike vergeldingsaksies sal noodwendig teen die rebelle volgehou moet word indien hulle met hul veldtog teen streekskeepvaart voortgaan.54 Tans loods die VSA saam met 'n aantal militêre bondgenote 'n internasionale veiligheidspoging teen die rebelle, terwyl skepe herlei word om aanvalle te ontduik. Honderde skepe vermy reeds die Suezkanaal en vaar duisende ekstra seemyle om die suidelike punt van Afrika, soos toe daardie kanaal in 1956 en 1967 gesluit was.

     

    Suid-Afrika se verdedigingsverbintenisse met Brittanje en die status van die vlootbasis te Simonstad

    Vanaf 1951 is Brittanje se verdedigingsuitgawes toenemend besnoei weens finansiële imperatiewe en is hy ook gedwing om sy militêre teenwoordigheid in Egipte te beëindig as gevolg van Nasser se besluite wat geneem is voor die nasionalisering van die kanaal in Julie 1956.

    Binne die konteks van die Koue Oorlog55 en die druk vir dekolonisasie was Brittanje se militêre blootstelling internasionaal aan die begin van 1950's kwesbaar en wankelrig. Ekonomiese beperkings tuis en knypende finansiële realiteite tesame met wydlopende verpligtinge oorsee het eenvoudig beteken dat Brittanje 'n behoorlike en dringende balans tussen enersyds sy strategiese strewes, wat sy voortgesette imperiale wense ingesluit het, en andersyds die werklikheid moes vind. Daarmee saam moes die bande met die Statebond en ander belang-hebbende vennote, soos die VSA, in berekening gebring word. Wat Brittanje aan die begin van 1950's kon bekostig, het onvermydelik meegebring dat baie van daardie verbintenisse later heroorweeg en herformuleer moes word. Gedeeltelik was Simonstad se vlootbasis 'n voorbeeld van die behoud van sekere voorregte terwyl ander prysgegee moes word. Die oordrag van die beheer en koste van hierdie vlootbasis aan Suid-Afrika met behoud van toegangsreg was vir Brittanje onder daardie omstandighede 'n aanvaarbare uitweg om verpligtinge en uitgawes te verminder. Volgens Phillip Darby is die punt bereik:

    The Union's naval, air, and port facilities would also be of considerable value in event of general war, as in World War II, especially if the Suez Canal were denied the West. These facilities, including the British controlled naval base at Simonstown, would be useful for ship and aircraft maintenance work, air and sea operations against submarines, convoy organization and protection, storage and resupply operations, and troop staging operations.

    (Dokument 555: paragraaf 1)

    ... to place the strategic above the diplomatic interest and to negotiate as favourable terms as could be managed.56

    In die eerste artikel57 van hierdie reeks is verwys na die finansiële probleme wat Brittanje in die eerste gedeelte van 1950's in die gesig gestaar het nadat die Britse Tesourie sedert 1951 telkemale daarop gewys het dat die verdedigingsprogram nadelige gevolge vir die ekonomie kon inhou.58 In 1952 het Eden, as adjunk-eerste minister en minister van buitelandse sake, die uitdruklike waarskuwing gerig dat Brittanje oor sy uitgebreide globale verpligtinge sou moes besin:

    Obligations must be reduced to the level at which resources are available to maintain them.59

    Verder het hy bygevoeg:

    The maintenance of the present scale of overseas commitments will permanently overstrain our economy, clearly we ought to recognize that the United Kingdom is over-committed, and reduce the commitment.60

    Brittanje moes onvermydelik tot die besef kom dat sy imperiale visie nie meer volhoubaar was nie,61 want Ronald Spector se waarneming was dat "Britain was teetering on the brink of bankruptcy".62

    Gevolglik was die ministeriële hersiening van die verdedigingsbeleid in 1953 radikaal en daarop gemik om die gewapende magte en buitelandse militêre betrokkenheid af te skaal.

    On the defence side ... Britain is at or near the peak of her effort. ... the rising curve of defence expenditure must be levelled off and the whole effort extended over a longer period.63

    Brittanje wou steeds 'n groot moondheid bly, maar het dit finansieel moeilik gevind om orals 'n teenwoordigheid te handhaaf. Brittanje se plek in die wêreld het vinnig verander en dit was noodsaaklik om afstand te doen van voorheen belangrike dele van die Britse Ryk. Sy finansiële en militêre swakhede was nou blootgelê vir almal om te aanskou.

    Teen hierdie tyd was Nasser ook reeds vasbeslote om Brittanje te dwing om sy imperiale teenwoordigheid in Egipte met sy oordrewe netwerk van militêre basisse en magdom troepe te beëindig. Teen 1954 was Brittanje se besteding aan verdediging buitensporig hoog en 'n ontruiming uit die Suezkanaalsone sou aansienlike besparings meebring.64 Op 28 Julie 1954 het Brittanje en Egipte 'n ooreenkoms gesluit ingevolge waarvan al 80 000 Britse troepe binne die volgende 20 maande uit Egipte moes onttrek en sy basisse sou sluit.65 The New York Times se verslaggewer het hierdie situasie en die gepaardgaande gevolge daarvan soos volg opgesom:

    The impending British evacuation of the Suez bases has, therefore, not only great strategic significance but also political and psychological importance. It heralds the end of a vanishing era.66

    Vir Brittanje was die son besig om oor sy eens glorieryke Ryk te sak en was sy militêre teenwoordigheid in buitelandse basisse nie meer bekostigbaar soos voorheen nie en is daar besluit om uitgawes te besnoei en aktiwiteite in te kort wat daarmee gepaardgegaan het. In sy memoires het Eden daardie situasie bevestig.

    I called for a further examination of programmes, and we reached our decisions. In the Royal Navy, we reduced the plans for the active and reserve fleets, scaled down the capacity of some overseas bases and cut expenditure on war reserves.67

    Dit was teen hierdie agtergrond wat Brittanje en Suid-Afrika in die vroeë 1950's begin het om oor Suid-Afrika se verdedigingsverbintenisse met Brittanje en die status van Simonstad se vlootbasis gesprekke te voer. Tydens Erasmus se besoek aan Londen in 1954 was Brittanje en Egipte reeds in onderhandelinge gewikkel oor die beëindiging van eersgenoemde se militêre teenwoordigheid in Egipte. Die resultaat wat Nasser geëis het en die implikasie daarvan vir Brittanje het nie Erasmus se aandag ontglip nie. Sy gevolgtrekking was dat Brittanje se langtermynposisie in die Suezkanaalsone onhoudbaar geraak het. Ná sy samesprekings met Britse ministers was hy bekommerd oor vorige ongeskrewe ondernemings wat Suid-Afrika met Brittanje in 1950 aangegaan het om hom te steun ter bereiking van militêre doelwitte sonder dat vaste verbintenisse oor Suid-Afrikaanse betrokkenheid gemaak is. Terwyl hy nog in Londen was, het hy eerste minister Malan oortuig van die afwesigheid van enige

    ... definite guarantees of mutual assistance for the defence of South Africa.68

    Erasmus het onvermydelik tot die gevolgtrekking gekom dat geen vertroue geplaas kon word in Brittanje se verdedigingsbeleid om doeltreffend in die Midde-Ooste teen die bedreiging op te tree wat Arabiese nasionalisme en die stelselmatige uitbreiding van die SU se invloed in Egipte sou inhou nie. Gepaardgaande met hierdie verlies aan vertroue het Suid-Afrika met kommer kennis geneem van die groot besnoeiings wat Brittanje vir sy wêreldwye militêre verpligtinge in die vooruitsig gestel het. Een van Suid-Afrika se vernaamste verdedigingsprioriteite sou nie meer wees om Britse betrokkenheid in die Midde-Ooste te ondersteun nie, maar eerder om na sy eie binnelandse veiligheid om te sien. Erasmus en sy weermaghoofde het bewus geraak van die feit dat die versnelde proses van dekolonisasie van Afrika uiteindelik ook Suid-Afrika sou raak, wat groter implikasies vir binnelandse veiligheid sou inhou.69

    In die Britse kabinet was daar 'n groeiende konsensus dat met Suid-Afrika oor Simonstad tot 'n vergelyk gekom moes word. Eerste minister Churchill het egter getwyfel of die basis prysgegee moes word op dieselfde tydstip wat Brittanje onderhandel het om sy magte uit die Suezkanaalsone te verwyder. Verder was Britse ministers bekommerd oor die mening van regse agterbankers in die Parlement wat 'n spoedige oorhandiging van Simonstad sou teenstaan ná die ooreenkoms om die Suezkanaalsone te ontruim. Ná die middel 1950's het ministers gaandeweg daarvan oortuig geraak dat Brittanje wel van sekere oorsese militêre verpligtinge moes onttrek. Die vrystelling van 'n installasie soos Simonstad en verhoogde vlootverantwoordelikhede wat Suid-Afrika sou aanvaar, het wel noemenswaardige finansiële voordele vir Brittanje ingehou, wat laasgenoemde as 'n seën beskou het.70

    Die amptelike oordrag van die vlootbasis aan Suid-Afrika het op 2 April 1957 plaasgevind. Daarmee is alle vorige ooreenkomste rakende die basis vervang en het Suid-Afrika volle verantwoordelikheid vir die basis se uitbreiding aanvaar, insluitende die effektiewe administrasie en instandhouding daarvan. Daarmee het Suid-Afrika terselfdertyd verreikende verpligtinge vir die verdediging van die seeroete om die Kaap aanvaar.71 Op 4 April het Duncan Sandys, die Britse minister van verdediging, 'n belangrike witskrif bekend gestel wat ingrypende besnoeiings vir elke weermagdiens voorgestel het, aangesien uitgawes bo die land se vermoë was. Verdediging het gedurende die voorafgaande vyf jaar gemiddeld 10% van die Bruto Nasionale Produk opgeneem.72 Teen hierdie agtergrond het die oordrag besliste voordele vir Brittanje ingehou.

    Whilst financial savings were a consideration when Great Britain negotiated the Agreement, Britain's prime interest was in maintaining unfettered access to Simon's Town in peace and in war for both her and her allies, at little or no cost.73

    Afgesien van die aansienlike verpligtinge wat die oordrag vir Suid-Afrika meegebring het, het die Britse vloot permanente fasiliteite vir sy vaartuie behou terwyl dit vrygestel is van die duur instandhouding en bedryfskoste, asook die modernisering van die basis. Allan du Toit het daarop gewys dat Suid-Afrika onwillig was om 'n ongekwalifiseerde versekering te gee dat die basis in alle omstandighede vir Brittanje in oorlogstyd beskikbaar sou wees. Suid-Afrika het slegs onderneem dat die basis beskikbaar sou wees in 'n oorlog waarin Suid-Afrika aan Brittanje se kant sou veg.74 Marc Fiegen het tot die gevolgtrekking gekom dat die Britse regering se beweegrede om beheer oor die vlootbasis aan Suid-Afrika oor te dra nie weens 'n spesifieke Suid-Afrikaanse versoek was nie, maar eerder om geld te bespaar. Voor 1955 het Brittanje se buitelandse beleid daarop gefokus om die Britse Ryk te versterk. Ná Suez het onttrekking uit die Ryk die motiverende krag van daardie beleid geword.75

     

    Nelson Mandela se besoeke aan Egipte en Algerië tussen 1958 en 1962

    Ná die revolusie in 1952 het Egipte se leierskap Afrika as die tweede strategiese sfeer naas die Arabiese streek aangewys waarop sy buitelandse beleid voortaan sou konsentreer. Afrika suid van die Sahara het ook vir Nasser 'n belangrike deel van die Egiptiese buitelandse politieke landskap uitgemaak en sy revolusionêre bewind het bevrydingsbewegings regoor Afrika ondersteun. In 1954 het hy sy ondubbelsinnige ondersteuning vir die Algerynse revolusie verklaar. Die daaropvolgende jaar het Egipte by die Bandungkonferensie sy steun aan Afrika se bevrydingsbewegings aangekondig. Daarna het Kaïro begin om leiers van daardie bewegings te huisves. Nasser het onverpoosd voortgegaan om in toenemende mate militêre, logistieke, materiële, morele, politieke en propaganda-ondersteuning aan verskeie nasionalistiese groepe uit Afrika se koloniale gebiede suid van die Sahara te verleen.76 Trouens, die eerste generasie van Afrika se militêre offisiere het hul opleiding in Egipte ontvang. Egiptiese diplomasie is ook tot die beskikking van hierdie bewegings gestel. In hierdie proses is Suid-Afrika se African National Congress (ANC) bewapen en opgelei.77

    Vanaf 26 Desember 1957 tot 1 Januarie 1958 het sowat 507 individue uit Asie en Afrika die eerste Afro-Asiatiese Volksolidariteitskonferensie in Kaïro bygewoon. Na hierdie geleentheid word ook soms verwys as die Tweede Bandungkonferensie. 'n Suid-Afrikaner het die Bandung-konferensie in 1955 bygewoon,78 maar niemand vanuit Suid-Afrika het die konferensie in Kaïro, wat 'n groot invloed op baie van Afrika se nasionalistiese leiers gehad het, bygewoon nie.79 Die Algeryne is teen daardie tyd reeds sterk deur Nasser ondersteun. Hul leiers het meer as net 'n politieke tuiste in Kaïro gevind. So ook ander leiers uit koloniale Afrika wat Egipte op uitnodiging besoek het om aan die spreekwoordelike voete van Nasser te sit. Nelson Mandela het ook vir daardie doel sy weg daarheen gebaan. Volgens Mandela het hy belangrike lesse uit sy besoeke aan Egipte geleer. Hy het daardie land as 'n belangrike model vir die ANC beskou en hy kon eerstehands kennis maak met die program van sosialisme waarmee Nasser besig was om die ekonomiese bestel en samelewing in Egipte te hervorm. Wat Mandela beïndruk het, was hoe Nasser private eienaarskap van grond verminder het, sekere sektore van die ekonomie genasionaliseer het, baanbrekerswerk vir vinnige industrialisering gedoen het, die onderwysstelsel gedemokratiseer het en 'n moderne leër opgebou het.

    Many of these reforms were precisely the sorts of things that we in the ANC someday hoped to enact.80

    Maar dit was eintlik na Algerië waarheen Mandela gegaan het om revolusionêre strategie en taktiek te leer.81 Mandela het beskryf tot watter ander saakmakende insigte hy gekom het nadat hy breedvoerig oor die geskiedenis van die Algerynse weerstand teen die Franse ingelig is. Gevolglik het die situasie in Algerië om verskeie redes dadelik aanklank by hom gevind. Eerstens omdat dit die naaste model aan die ANC s'n was deurdat die rebelle teen 'n groot wit setlaarsgemeenskap te staan gekom het wat die inheemse meerderheid regeer het. Tweedens het hulle hul stryd in 'n militêre een omskep nadat hulle bemoedig is deur die nederlaag van die Franse by Diên Biên Phú. Derdens het hulle aanvanklik geglo dat hulle die Franse militer sou kon verslaan maar later besef dat 'n suiwer militêre oorwinning onmoontlik was. In plaas daarvan het hulle hul tot guerrilla-oorlogvoering gewend wat nie ontwerp was om suiwer militêre oorwinnings te behaal nie, maar eerder om politieke en ekonomiese magte te ontketen wat die vyand tot 'n val sou bring.

    [We were] advised not to neglect the political side of war while planning the military effort. International public opinion is sometimes worth more than a fleet of jet fighters.82

    Vroeg in 1961 het Mandela troepe van die FLN by hul opleidingsbasis besoek. Die doel van daardie besoek was om Umkhonto weSizwe (Spies van die Nasie) of MK, as die gewapende vleuel van die ANC te vestig. Later dieselfde jaar het hy weer na Algerië gereis, hierdie keer om deel te neem aan gesamentlike oefeninge tussen die MK en die FLN. Sedert 1965 het Algerië baie vegters van die MK gehuisves en militêr opgelei voordat hulle na Suid-Afrika teruggekeer het om teikens aan te val.

    In Februarie 1962 het Mandela saam met Oliver Tambo eers by Egipte aangedoen op pad na Algerië en Marokko. In Kaïro het hulle ambassadeurs van verskeie goedgesinde lande, asook verteenwoordigers van die Egiptiese regering ontmoet wat volle ondersteuning aan die twee besoekers verleen het. Op 6 Maart het hulle in Casablanca geland.83 Afgesien van Mandela se eie opleiding wat ses maande geduur het, het hy daarin geslaag om fondse in te samel, ondersteuning vir militêre opleiding te verseker en groter steun vir die ANC en MK te werf.

    Gesprekke met Marokkaanse en Algerynse anti-koloniale gevegsveterane het aan Mandela groter insig gebied in die tekortkominge daarvan om slegs militêr op te tree: in 'n politieke stryd moet vele instrumente gebruik word wat gekombineer word met internasionale mening, mobilisering en druk om die opponent te delegitimiseer. Volgens Garth Benneyworth was dit juis dié taktiek wat die ANC en Mandela aan die begin van die 1990's in hul onderhandelinge met die Suid-Afrikaanse regering gevolg het.84 Die ervaring wat Mandela oor die gewapende stryd van die Algerynse rebelle verwerf het, het hy beskou as die enigste bron van inspirasie vir die gewapende stryd in Suid-Afrika.85 Hierdie ondervinding het hy alles in Algerië opgedoen, wat daartoe gelei het dat hy die rol van Afrika-leierskap aanvaar het tot op die punt waar sy hoofstad as die "mekka van revolusionêres" aangedui is.86 Daarom was dit nie vreemd dat Mandela later verklaar het dat dit die Algeryne was wat van hom 'n man gemaak het nie.87

    Op 30 Oktober 1963 het tien beskuldigdes in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van onder andere sabotasie. Een van die spesifieke aanklagte wat Mandela en sy medebeskuldigdes in die gesig gestaar het, was dat hulle geld van simpatiseerders in Algerië, Ethiopië, Liberië, Nigerië, Tunisië en elders gewerf en ontvang het. Daarna het die organisasie meer as 300 rekrute na die buiteland gestuur vir militêre opleiding. In sy befaamde toespraak vanuit die getuiebank, toe Mandela na homself as beskuldigde nommer een verwys het, het hy die volgende verklaar:

    In Africa I was promised support by such men ... Ben Bella, now President of Algeria, who invited me to visit Oujda, the Headquarters of the Algerian Army of National Liberation.88

    In sy boek Conversations with Myself 89 het Mandela talle uittreksels uit sy dagboek oor sy militêre opleiding by die fasiliteite van die NLF in Marokko ingesluit.

    I started to make a study of the art of war and revolution and, whilst abroad, underwent a course in military training. If there was to be guerrilla warfare, I wanted to be able to stand and fight with my people and to share the hazards of war with them. ... I also made arrangements for our recruits to undergo military training.90

    Ná Mandela se dood het die Algerynse minister van buitelandse sake die volgende in sy huldeblyk opgemerk:

    Mandela received his initial military training by the rebels of the NLF in Algeria in the early 1960s, when he decided to establish a military arm to the ANC. Algeria was a strong supporter of the ANC, providing it with weapons, passports and other tools which contributed to the historic triumph against apartheid.91

    Die Algerynse President, Abdul Aziz Bouteflika, het Mandela as een van die lojaalste vriende van Algerië geprys.92 Dit was dus nie verbasend dat Algerië die eerste land was wat Mandela besoek het ná sy wyd gevierde vrylating uit die gevangenis in Februarie 1990 nie. In sy outobiografie wat daarna verskyn het, het Mandela erken dat hy deur die Algerynse revolusie geïnspireer is, wat 'n diepgaande uitwerking op sy denke gehad en 'n groot deel van sy begrip oor kolonialisme, onderdrukking en vryheid gevorm het.

     

    Slot

    In sy totale omvang was die Suezkrisis 'n komplekse gebeurtenis met belangwekkende en wyd uiteenlopende gevolge. Dit word steeds beskou as een van die belangrikste en mees kontroversiële gebeurtenisse in die Britse geskiedenis sedert die Tweede Wêreldoorlog. Dit het nie net diepe politieke en openbare verdeeldheid in Brittanje tot gevolg gehad nie, maar internasionaal word die krisis steeds beskou as dat dit die einde verhaas het van Brittanje se eens oorheersende rol as een van die wêreld se groot moondhede. Die krisis het 'n diepgaande impak op die politieke magsbalans in die Midde-Ooste gehad en was 'n waterskeidingsgebeurtenis in die geskiedenis van die VSA se buitelandse beleid ten opsigte van daardie wêrelddeel. Britse en Franse aansien onder Arabiese state is erg aangetas en hulle tradisionele gesag oor en invloed in die streek is dramaties ondermyn. Nasser, daarenteen, het nie net die politieke en militêre aanslae oorleef nie, maar het 'n nuwe tydvak van aansien onder Arabiese heersers ingelui as die leier wat Europese moondhede uitgedaag en 'n militêre inval deur Israel oorleef het. Die pro-Westerse regerings wat aanvanklik staande gebly het, het meer en meer kwesbaar vir Nasser-geïnspireerde opstande geword. So ook het die SU se dreigemente teen die Weste Moskou se beeld onder Arabiese state versterk en 'n voorwendsel gebied om die lande van die Midde-Ooste binne te dring. Verder het die krisis 'n welkome weerligafleier vir die SU gebied tydens die miltere onderdrukking van die Hongare en 'n einde gemaak aan enige vooruitsig om vrede tussen Israel en sy vyandige Arabiese bure vir die afsienbare toekoms te bewerkstellig.

    Die kwesbaarheid van olievervoer deur die Suezkanaal het die aandag duidelik op die veiliger alternatief gevestig om supertenkskepe om die Kaap die Goeie Hoop te laat vaar. Hierdie skepe was beide ekonomies en veilig en het 'n laer politieke risiko gebied. In wese was die supertenkskepe, die afname van Britse invloed en aansien, en Nasser se opgang veral in die Arabiese wêreld van die belangrike gevolge van die Suezkrisis.

    Mandela se verbintenis met die FLN was veelsydig en het opleiding, inspirasie en ondersteuning op 'n wye front aan die bevrydingsbewegings tot gevolg gehad, soos die voorsiening van wapens. Op politieke gebied was die Algeryne meer as gretig om Suid-Afrika internasionaal te isoleer. So was Algerië die aanstigter van die aanslag om Suid-Afrika se geloofsbriewe in die AV van die VN in November 1974 verwerp te kry.

    In die vier artikels oor die Suezkrisis is die tersaaklike gebeurtenisse wat hierdie krisis in 1956 voorafgegaan en daarop gevolg het in oënskou geneem en ontleed. Die krisis het uitgebreide en wesenlike geopolitieke gevolge en diepgaande implikasies vir die betrokke lande gehad. In 'n breër streekskonteks was daar ook groot verskuiwings in die politieke opset van verskeie lande. Almal wat direk by die krisis betrokke was soos Egipte, Brittanje, Frankryk en die VSA moes politieke besluitsaanpassings maak en nuwe beleidsdenkwyses implementeer. Ander, soos Suid-Afrika, het ook die impak van die krisis beleef. Hierdie tydstip kan ongetwyfeld in die geskiedenis as van deurslaggewende belang beskou word. Egipte het na vore getree as 'n triomfantlike entiteit met 'n formidabele leier, Nasser, wat Egiptiese en Arabiese nasionalisme ywerig nagestreef en bevorder het. Brittanje en Frankryk moes hul leidende internasionale status prysgee terwyl hul regerings duur pryse vir onnadenkende optredes betaal het. Die beduidende invloed wat die krisis op die ekonomie en politiek van Brittanje gehad het, het uiteindelik gelei tot die bedanking van Eden. Israel het sy maritieme regte suksesvol in die strategies belangrike Straat van Tiran teruggekry en feitlik ongeskonde uit die krisis getree. Met Brittanje se kwynende aansien is die aandag sterk gevestig op die feit dat dit gereduseer is tot 'n sekondêre wêreldmoondheid. Verder is beide Brittanje en Frankryk genoop om grootskaalse veranderinge aan hul koloniale betrokkenheid aan te bring. Hierdie proses het Europese dekolonisasie in Afrika bespoedig. Toe die Suezkanaal vir 'n periode gesluit was, is hernude klem op die seeroete om die Kaap gevestig, wat daartoe gelei het dat Suid-Afrikaanse hawens 'n aansienlike toestroming van verkeer moes hanteer. Die krisis het 'n beduidende invloed uitgeoefen op die verspreiding van mag in die Midde-Ooste met die gevolg dat die VSA toenemende verpligtinge in die streek moes onderneem, ook om te verseker dat die SU nie sy magstrukture in die streek net ongehinderd kon uitbrei nie.

    Nasser was die middelpunt van hierdie krisis en het in die proses tot verdere roem binne en buite Egipte uitgestyg. Sy merkwaardige prestasie was geleë in sy vermoë om sy posisie as Egipte se politieke leier vir 18 jaar te behou, soms in die aangesig van gedugte teenstand. Hy word allerweë as 'n prominente politieke leiersfiguur in die hedendaagse Egiptiese geskiedenis geag en hy word trouens steeds as 'n simbool deur die hele Arabiese wêreld vereer, veral vir sy noemenswaardige bydrae tot sosiale geregtigheid, naamlik Arabiese solidariteit en onverbiddelike opstand teen kolonialisme en imperialisme. Nasser se vermoë om gedurende die laaste deel van sy lewe wydverspreide en vurige steun van Arabiese bevolkings regoor die Midde-Ooste te verkry, bly ongeëwenaar onder hedendaagse Arabiese leiers. Ná die Suezgebeure was Egipte en Israel in twee oorloë slaags. Ten spyte van die verwoestende gevolge wat daaruit vir Egipte gevolg het, het die gewildheid van hierdie charismatiese en feitlik legendariese weermagoffisier onaangetas gebly. Hy het voortgegaan om die eerste ware Egiptiese leier in etlike millennia te word wat sy mense die gevoel van waardigheid gegee het; iets wat hulle ontsê is gedurende periodes van buitelandse oorheersing en uitbuiting.

     

    BIBLIOGRAFIE

    Boeke en Artikels

    Abegunrin, Olayiwola. 1983-1984. The Arabs and the Southern African Problem. International Affairs, 60(1):97-105.         [ Links ]

    Alahmed, Anas. 2011. Voice of the Arabs Radio: Its Effects and Political Power During the Nasser Era (1953-1967). (<https://ssrn.com/abstract=2047212 or http://dx.doi.org/10.2139/ssrn.2047212>         [ Links ]).

    Bakail, Moncef. 2018. The role of Algeria and its diplomacy in the liberation of Africa 1962-1978. Dirassat Ifrquiaa_N/ 06: Universite Alger 2 ISSN: 2437_1041.         [ Links ]

    Baldwin, Hanson. 1954. Suez Marks End of Era. The New York Times, 18 July 1954.         [ Links ]

    Baldwin, Hanson. 1956. Cape Route's 'Guardian'; An Analysis of South Africa's Increased Importance Because of the Suez Crisis. The New York Times, 18 September 1956.         [ Links ]

    Bartless, Christopher. 1972. The Long Retreat: A Short History of British Defence Policy, 1945-1970. London: Macmillan.         [ Links ]

    Belfiglio, Valentine. 1980. Strategic importance of southern Africa to the United States. Africa Insight, 10(2):81-86.         [ Links ]

    Benneyworth, Garth. 2011. Armed and Trained: Nelson Mandela's 1962 Military Mission as Commander in Chief of Umkhonto we Sizwe and Provenance for his Buried Makarov Pistol. South African Historical Journal, 63(1):78-101. doi. 10.1080/02582473.2011.549375.         [ Links ]

    Beyer, Greg. 2022. Gallant & Heroic: The South African Contribution to World War II. The Collector, 22 April 2022. (<https://www.thecollector.com/heroic-south-african-contributions-world-war-2/>         [ Links ]).

    Biermann, Hugo (ed.). 1963. The Case for South Africa, as put forth in the public statements of Eric H. Louw, Foreign Minister of South Africa. New York: Macfadden.         [ Links ]

    Boulter, Roger. 1997. FC Erasmus and the Politics of South African Defence 1948-1959. Thesis submitted in fulfilment of the requirements for the degree of Doctor of Philosophy of Rhodes University.         [ Links ]

    Chang, Agnes. 2024. How Houthi Attacks Have Upended Global Shipping. The New York Times, 21 Januarie 2024.         [ Links ]

    Connelly, Matthew. 2001. Rethinking the Cold War and Decolonization: The Grand Strategy of the Algerian War for Independence. International Journal of Middle East Studies, 33(2):221-245.         [ Links ]

    Darby, Philip. 1973. British Defence Policy East of Suez, 1947-1968. New York: Oxford University Press.         [ Links ]

    Darwin, John. 1991. The End of the British Empire: The Historical Debate. Oxford: Basil Blackwell.         [ Links ]

    Dietrich, Christopher. 2023. Suez and the United States: Oil, Lifelines, and "All of Mankind" in the Cold War. In: Lutmar, Carmela & Ziv Rubinovitz (eds). The Suez Canal: Past Lessons and Future Challenges. London: Palgrave Macmillan. (<https://doi.org/10.1007/978-3-031-15670-0_4>         [ Links ]).

    Doran, Michael. 2016. Ike's Gamble: America's Rise to Dominance in the Middle East. New York: Free Press.         [ Links ]

    Dorning, W. 1979. The West and the Cape Sea Route. Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, 9(3):46-52.         [ Links ]

    Dupéré, Mélanie. 2021. BBC Independence and Impartiality: The Case of the 1956 Suez Crisis. Revue Française de Civilisation Britannique [Online], XXVI-1 | 2021. (<http://journals.openedition.org/rfcb/6992>; <https://doi.org/10.4000/rfcb.6992>         [ Links ]).

    Du Toit, Allan (Rear Admiral). 2016. The Anglo-South African Simon's Town Agreement. SA Naval Digest, (24:129-165).         [ Links ]

    Eden, Anthony. 1960. Full Circle: the memoirs of Anthony Eden Boston: Houghton Mifflin Company. https://archive.org/details/fullcirclememoir0000eden/page/n3/mode/2up.         [ Links ]

    Eksteen, Riaan. 2023a. Historíese perspektief: Redes vir en gevolge van die betrokkenheid van groot moondhede in die Suezkanaal (Egipte) in besonder voor 1956. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(2):420-451.         [ Links ]

    Eksteen, Riaan. 2023b. Nasionalisering van die Suezkanaal en die gevolglike internasionale reperkussies. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(4):756-780.         [ Links ]

    Eksteen, Riaan. 2024. Suez se nagevolge: Persoonlikhede en kolonialisme. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 64(1):1-26.         [ Links ]

    Feigen, Marc. 1985. The Power of Proteus: Great Britain, South Africa, and the Simonstown Agreements, 1948-1955. (<https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=2588534>         [ Links ]).

    Gorst, Anthony & Lewis Johnman. 1997. The Suez Crisis. London: Routledge.         [ Links ]

    Horne, Alistair. 1977. A Savage War of Peace: Algeria, 1954-1962. New York: The Viking Press.         [ Links ]

    Hunt, Richard. 1957a. India threatened by South Africa. The New York Times, 17 Januarie 1957.         [ Links ]

    Hunt, Richard. 1957b. Capetown Gains from Suez Crisis. The New York Times, 3 Februarie 1957.         [ Links ]

    Jack, Homer.1958. The Cairo Conference. Africa Today, 5(2):3-9.         [ Links ]

    Joffe, Joel. 2007. The State vs. Nelson Mandela: The Trial That Changed South Africa. One World Books.         [ Links ]

    Nasser, Gamal. 1955. The Egyptian Revolution. Foreign Affairs, 33(2):199-211        [ Links ]

    Mandela, Nelson. 1994. Long Walk to Freedom. Randburg: Macdonald Purnell.         [ Links ]

    Mandela, Nelson. 2010. Conversations with Myself. New York: Farrar, Straus & Giroux.         [ Links ]

    McAlexander, Richard. 2011. Couscous Mussolini: US perceptions of Gamal Abdel Nasser, the 1958 intervention in Lebanon and the origins of the US-Israeli special relationship. Cold War History, 11(3):363-385.         [ Links ]

    Mohan, Jitendra. 1961. South Africa and the Suez Crisis. International Journal, 16(4):327-357.         [ Links ]

    Negrine, Ralph. 1982. The Press and the Suez Crisis: A Myth Re-Examined. The Historical Journal, 25(4):975-983.         [ Links ]

    Nouri, Haitham. 2019. A contextual history of Egyptian-African relations. ahramonline, 14 Februarie.         [ Links ]

    Ovendale, Ritchie. 1988. Egypt and the Suez Base Agreement. In George Young (ed.). The Foreign Policy of Churchill's Peacetime Administration, 1951-1955. Leicester: University Press.         [ Links ]

    Parmentier, Guillaume. 1980. The British press in the Suez crisis. The Historical Journal, 23(2):435-448.         [ Links ]

    Paulu, Burton. 1981. Television and Radio in the United Kingdom. Minneapolis: University of Minnesota Press, first edition.         [ Links ]

    Reddy, Enuga. 1994. India Against Apartheid: Speeches of Krishna Menon at the United Nations. New Delhi: Sanchar Publishing House.         [ Links ]

    Robbins, James. 2024. Deterring the Houthis Won't Be So Simple. The National Interest, 17 Januarie 2024.         [ Links ]

    Roberts, George. 2012-2013. Suez, Britain and Europe: historicising, debating and remembering the Suez Crisis, 1956 to the present. College of EuropeA-60. (<https://www.academia.edu/3424370/Suez_Britain_and_Europe_Historicising_Debating_and_ Remembering_the_Suez_Crisis_1956_to_the_present>         [ Links ]).

    Shaw, Tony. 1994. Government manipulation of the press during the 1956 Suez crisis. Contemporary Record, 8(2): 274-288. doi. 10.1080/13619469408581294.         [ Links ]

    Shaw, Tony, 1995. Eden and the BBC during the 1956 Suez Crisis: A Myth Re-examined. Twentieth Century British History, 6(3):320-343. (<https://doi.org/10.1093/tcbh/6.3.320>         [ Links ]).

    Spector, Ronald. 2022. A Continent Erupts: Decolonization, Civil War, and Massacre in Postwar Asia, 1945-1955. New York: W. W. Norton & Company, Inc.         [ Links ]

    Tebboune, Abdelmadjid. 2023. Mandela joined Algeria revolution to train to overthrow apartheid regime. Middle East Monitor, 14 Januarie 2023.         [ Links ]

    Torrent, Melanie 2020. Globalising Suez: Commonwealth Diplomacy and the War of Algerian Independence (1955-1957). In: Dubow, Saul & Drayton, Richard (eds). Commonwealth History in the Twenty-First Century. London: Palgrave Macmillan, pp. 271-290.         [ Links ]

    Youcef, Abdeldjalil. 2014. The Algerian Army Made Me a Man. Transition, 116:67-79.         [ Links ]

    Ander Bronne

    A Base Going Cheap, The Spectator, 30 Julie 1954, 3.         [ Links ]

    Liberation, Editorial, No. 22, November 1956.         [ Links ]

    Editorial: 30 Years after Suez the Cover-Up Goes On. The Observer, 4 Januarie 1987.         [ Links ]

    Hansard (Lords), CCXX, 1023, 9 Februarie 1960.         [ Links ]

    National Security Council. 302nd Meeting of the National Security Council. Thursday, November 1, 1956, Box 8, NSC Series, Ann Whitman File, Dwight D. Eisenhower Library.         [ Links ]

    Turn of the Tide. The Spectator, 18 Maart 1960.         [ Links ]

    Algerian Rebels set up at Cairo - They Make City the Capital of Regime, With Nasser's Full Endorsement. The New York Times, 21 September 1958.         [ Links ]

    Closing Suez May Create Prosperity Wave in S.A., Sunday Times, 29 Julie 1956.         [ Links ]

    French Blame Nasser, The New York Times, 28 Mei 1958.         [ Links ]

    Nasser pledges Aid in Freeing Algeria, The New York Times, 15 November 1958.         [ Links ]

    Nelson Mandela, a leader who learned his craft in Algeria, Cochan, 26 Desember 2022. (<https://cochan2022.com/nelson-mandela-a-leader-who-learned-his-craft-in-algeria/>         [ Links ]).

    Scope for the Chancellor, The Spectator, 27 February 1953.         [ Links ]

    Suez Effect on S.A. Ports: Talks with Top U.K. Adviser, Sunday Times, 19 Augustus 1956.         [ Links ]

    The Mandela-Algeria connection: The influence of Algeria's revolution on South Africa's anti-apartheid movement, albawaba, 8 Desember 2013.         [ Links ]

    Union "Neutral" in Middle East Conflict, Sunday Times, 4 November 1956.         [ Links ]

    https://maritimesa.org/grade-12/suez-canal-to-bab-el-mandeb/.         [ Links ]

    Foreign Relations of the United States, 1952-1954, Africa and South Asia, XI(1): Document 555: "Probable Developments in the Union of South Africa," 20 Oktober 1952.         [ Links ]

    FOREIGN RELATIONS OF THE UNITED STATES, 1958-1960, AFRICA, VOLUME XIV. 22. National Security Council Report. NSC 6001, January 19, 1960. STATEMENT OF U.S. POLICY TOWARD SOUTH, CENTRAL, AND EAST AFRICA (<https://maritimesa.org/grade-12/suez-canal-to-bab-el-mandeb/>         [ Links ]).

    Hansard (Suid-Afrika)

    18 Januarie 1957.

    4 Februarie 1957.

    6 Februarie 1957.

    7 Maart 1957.

    19 Maart 1957.

    22 Maart 1957. 21 Mei 1957.

    10 Junie 1957.

     

     

    Ontvang: 2023-09-20
    Goedgekeur: 2024-01-19
    Gepubliseer: Maart 2024

     

     

     

    Riaan Eksteen was vir 27 jaar lid van Suid-Afrika se Buitelandse Diens. Hy beklee in daardie tyd verskillende poste en dien in verskillende hoedanighede in die Buitelandse Ministerie. Gedurende 1964-67 is hy in die Namibiese afdeling gemoeid met SA se betrokkenheid in die hofsaak by die Internasionale Geregshof in Den Haag; hy is ook agtereenvolgens hoof van die VN- en Namibiese afdeling (1973-76) en van Beplanning (1981-1983). Hy dien vanaf 1968-1973 by die SA Ambassade in Washington, DC. Voorts is hy vir 12 jaar ambassadeur by die VN in New York (1976-1981); Namibie (1990-1991); VN in Genève (1992-1995) en Turkye, insluitende Azerbaidjan, Kirgistan, Oesbekistan en Turkmenistan. Hierdie laaste aanstelling is deur Pres. Mandela gedoen. Hy was ook Direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) van 1983 tot 1988. Hy is die outeur van The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs en was besoekende dosent aan die Tashkent State University of Law, Uzbekistan. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vanaf Junie 2022. Sy memoires, Beyond Diplomacy, is in Oktober 2022 gepubliseer.
    Riaan Eksteen was a member of the South African Foreign Service for 27 years, during which time he held several posts in various capacities within the Foreign Ministry. From 1964-67 he served in the Namibian division, participating in South Africa's court case in the International Court of Justice in The Hague; he also successively held the positions of Head of the UN and Namibian divisions (1973-1976) and Head of Planning (1981--1983). In addition, from 1968-1973, he was stationed at the South African Embassy in Washington, DC; subsequently, he was Ambassador for 12 years at the U.N. New York (1976-1981); Namibia (1990-1991); U.N. Geneva (1992-1995); and Turkey, including Azerbaijan, Kyrgyzstan, Turkmenistan and Uzbekistan (1995-1997). The assignment to Turkey was done by Pres. Mandela. He is also a former Director-General of the South African Broadcasting Corporation (1983-1988). He is the author of The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs and was visiting scholar at the Tashkent State University of Law, Uzbekistan. He is a member of the South African Academy for Science and Arts since June 2022. His memoirs, Beyond Diplomacy, was published in October 2022.
    1 Hierdie artikel is die vierde en laaste in die reeks oor die Suezkrisis. Die eerste twee artikels, Eksteen 2023a en 2023b, het onderskeidelik in die Junie- en Desembernommers van 2023 verskyn, terwyl die laaste twee artikels (die derde en vierde) in hierdie uitgawe ingesluit word.
    2 Kyk Eksteen (2023a, 2023b) en 2024.
    3 Hierdie toestand is uiteraard weer ter sprake, aangesien die uitbreek van vyandelikhede tussen Hamas en Israel op 7 Februarie vanjaar ook die veiligheid van skeepsvaart deur die Suezkanaal en verder suid deur die Rooi See bedreig. Kyk die bespreking verder aan in hierdie artikel.
    4 Tebboune (2023).
    5 Cochan (2022).
    6 Shaw (1995:321).
    7 Dupéré (2021: gedeelte 20).
    8 Paulu (1981:39).
    9 Roberts (2012-2013:34).
    10 Peevers(2013: hoofstuk 3: 66-128). Opbls. 95-102word die rol van die gedrukte media behandel; en op bls. 102-107 die rol van parlementêre debatte; op bls. 107-112 word die rol van openbare mening bespreek.
    11 Roberts (2012:55).
    12 Parmentier (1980:446).
    13 Negrine (1982:975).
    14 Shaw (1994:275).
    15 Ibid., 286.
    16 Nasser (1955).
    17 McAlexander (2011).
    18 Doran (2016:70).
    19 Alahmed (2011:2-3).
    20 Horne (1977:85). Sien ook Alahmed (2011:14).
    21 Hansard, 10 Junie 1957: kolom 7599.
    22 Suid-Afrika het geen troepe of personeel tot UNEF bygedra nie. Suid-Afrika moes egter as lid van die VN finansieel tot UNEF se instandhouding bydra wat volgens 'n gedeelte van sy jaarlikse lidmaatskapfooi vir die VN bereken is. Daardie bydrae tot UNEF het jaarliks 26 000 Britse pond beloop. Ibid.
    23 UNEF se missie was in vier fases verdeel:
    In November en Desember 1956 het die mag die ordelike oordrag van gesag in die Suezkanaalgebied vergemaklik met die onttrekking van Britse en Franse magte.
    Van Desember 1956 tot Maart 1957 het die mag die skeiding van Israeliese en Egiptiese troepe vergemaklik en die Israeliese ontruiming van alle gebiede waargeneem wat tydens die oorlog ingeneem is, behalwe Gasa en Sharm El Sheikh.
    In Maart 1957 het die mag die onttrekking van Israeliese troepe uit daardie twee gebiede gemonitor.
    In Mei 1967 het die ontplooiing langs die grense vir doeleindes van waarneming geëindig.
    24 Hierdie proses van "Uniting for Peace" is so onlangs as 3 Maart en 14 November 2022 aangewend om Rusland oor Oekraïne te veroordeel nadat eersgenoemde sy vetoreg in die VR uitgeoefen het.
    25 Union "Neutral" in Middle East Conflict, Sunday Times, 4 November 1956.
    26 Hansard, 18 Januarie 1957: kolom 2.
    27 Die Statebondbyeenkoms van Junie 1956 was die enigste Statebondberaad waartydens Algerië 'n spesifieke item van bespreking was. Asiatiese lidlande, onder leiding van Eerste Minister Nehru van Indië, was angstig dat onderhandelinge in die Algerynse geskil bevorder moes word. Die voorstel dat die land tussen Algeryne en Europeërs verdeel kon word, is om ekonomiese sowel as politieke redes uitdruklik verwerp. Nehru het beklemtoon dat die enigste oplossing die een kon wees wat die Franse en die Algeryne self sonder inmenging van buite moes vind: "a point on which South Africa's prime minister Strijdom wholeheartedly (and unsurprisingly) agreed." Torrent (2020:280).
    28 Hansard, 6 Februarie 1957, kolom 681. (Kursief bygevoeg)
    29 Mohan (1961:343). Sien ook Biermann (1963).
    30 Interessant dat hierdie bepaling geformuleer is deur generaal Jan Smuts wat gedurende sy ampstermyn as eerste minister in San Francisco teenwoordig was toe die VN se handves daar in 1945 opgestel en aanvaar is en hy 'n prominente rol in daardie verband gespeel het.
    31 Baldwin (1956).
    32 Dokument 555 (1952) paragraaf 1.
    33 Annex to Document 22 (1960) paragraph 2.
    34 Belangrik om ook te noem dat die kanaal vir veel langer gesluit was as gevolg van die oorlog in 1967 tussen Egipte en Israel (die sogenaamde Ses Daagse oorlog). Daardie sluiting het vir agt jaar vanaf 6 Junie 1967 tot 5 Junie 1975 geduur.
    35 Suez Effect on S.A. Ports: Talks with Top U.K. Adviser, Sunday Times, 19 Augustus 1956.
    36 Closing Suez May Create Prosperity Wave in S.A., Sunday Times, 29 Julie 1956.
    37 S.A. Ports are not Equipped to take Suez Traffic, Rand Daily Mail, 30 Julie 1956.
    38 Suez Brings "Boom" to Cape Town: Money Flows In, Sunday Times, 23 September 1956.
    39 Vanaf 1953 tot 1962 was Menon die leier van Indiese afvaardigings na die AV. In die voorwoord tot Enuga Reddy se versamelingtoesprake van Menon word genoem:
    40 Hunt (1957a).
    41 Hansard 4 Februarie 1957: kolom 586. (Kursief bygevoeg)
    42 Ibid., kolom 570.
    43 Ibid., kolomme 569-570.
    44 Ibid., 19 Maart 1957, kolom 3066.
    45 Ibid., 7 Maart 1957, kolom 2327 waar genoem word dat in die periode 6 Augustus 1956 tot 15 Februarie 1957 1 404 meer skepe Kaapstad (835) en Durban (569) aangedoen het.
    46 Hunt (1957b).
    47 Hansard, 21 Mei 1957: kolom 5821.
    48 <https://maritimesa.org/grade-12/suez-canal-to-bab-el-mandeb/>
    49 Belfiglio (1980: 81).
    50 Dorning (1979:46).
    51 Beyer (2022).
    52 Dietrich (2023:77).
    53 Chang (2024).
    54 Robbins (2024).
    55 Die VSA het reeds in 1952 die volgende standpunt oor hierdie vlootbasis gehuldig:
    56 Darby (1973:85).
    57 Eksteen (2023a).
    58 Ibid., 437.
    59 Gorst (1997:29).
    60 Ibid., 30.
    61 Darwin (1991).
    62 Spector (2022:14).
    63 Scope for the Chancellor, The Spectator, 27 February 1953.
    64 Ovendale (1988:147).
    65 "During the last stage in the negotiations over Suez, the Egyptian Press described the British as haggling like a peanut vendor. This is most certainly not an agreement that the British Government would have been glad to sign ... It is an agreement that will cause a great deal of grief and probably anger in this country."
    A Base Going Cheap, The Spectator, 30 Julie 1954, 3.
    66 Baldwin (1954).
    67 Eden (1960:415).
    68 Boulter (1997:133) haal hier aan uit "State Archives, Files of the Department of External Affairs, Erasmus to Malan, 7 September 1954, PS 29/5".
    69 Boulter (1997:145).
    70 Bartless (1972:105).
    71 Hansard, 22 Maart 1957: kolomme 2991 en 3053.
    72 Boulter (1997:311).
    73 Du Toit (2016:164).
    74 Ibid., 40.
    75 Feigen (1985:62, 90).
    76 Abegunrin (1983-1984:98).
    77 Nouri (2019).
    78 Moses Kotane, die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, was geïmponeer met Nasser en het hom beskou as 'n vurige nasionalis wie se grootste strewe die vryheid, onafhanklikheid, vooruitgang en eer van Egipte was. Hy het ná die konferense tot die gevolgtrekking gekom dat die Suid-Afrikaanse bevolking duidelik moes verstaan het dat die voortgesette onafhanklikheid en vooruitgang van die Egiptiese volk baie beteken het vir hul eie stryd teen apartheid en ongeregtighede. Hansard, 6 Maart 1957: kolom 683.
    Liberation, November 1956.
    79 Jack (1958:3).
    80 Mandela (1994:285-286).
    81 Connelley (2001:238).
    82 Mandela (1994:286-287).
    83 Benneyworth (2011:86).
    84 Ibid., 93 en 98.
    85 Bakail (2018:8).
    86 Ibid., 16.
    87 Youcef (2014:67).
    88 Joffe (2007).
    89 Mandela (2010).
    90 Joffe (2007).
    91 The Mandela-Algeria connection: The influence of Algeria's revolution on South Africa's anti-apartheid movement, albawaba, 8 Desember 2013.
    92 Ibid.