Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.64 n.2 Pretoria Jun. 2024
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a6
NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS
Geloofshulpbronne wat kinders kan help floreer as hulle ouers hul werk verloor
Faith-based resources that can help children to thrive in their daily lives following their parents' job loss
Suné LambrechtsI; Hannelie YatesII; Manitza KotzéIII
INavorsingsgenoot, Eenheid vir Reformatoriese, Teologie en die Ontwikkeling van die SA, Samelewing, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark, Suid-Afrika. E-pos: sunelamb@gmail.com
IIEenheid vir Reformatoriese Teologie en die, Ontwikkeling van die SA Samelewing, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-posadres: hannelie.yates@nwu.ac.za
IIIDogmatiek en Etiek, Eenheid vir Reformatoriese Teologie en die, Ontwikkeling van die SA Samelewing, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika. E-posadres: Manitza.Kotze@nwu.ac.za
OPSOMMING
Die Covid-19-pandemie het 'n groot effek op mense se gesondheid sowel as hulle ekonomiese stabiliteit gehad. Talle beperkings is ingestel om die verspreiding van die virus te beperk. In Suid-Afrika was een van die beperkings 'n nasionale inperking wat veroorsaak het dat die meeste mense nie werk toe kon gaan nie. Dit het daartoe gelei dat talle mense hul werk verloor het. Baie van die mense was ouers. Ouers se werksverlies affekteer nie net hulself nie, maar ook hul kinders. Daar is verskeie maniere waarop ouers se werksverlies kinders negatief kan beïnvloed. Praktiese teologie is 'n studieveld wat met gevalle soos dié werk. Daarom is die doel van hierdie artikel om, vanuit die perspektief van die praktiese teologiese te wys hoe gemeentelike kinderbediening gebruik kan word om geloofshulpbronne in kinders se lewens in te bou sodat hulle van hul omstandighede (ouers se werksverlies) kan sinmaak en ten spyte van hul omstandighede sal kan floreer.
Trefwoorde: Covid-19; florering; geloofshulpbronne; godsdiens, jeugbediening; kinders; sosiale ondersteuning, tieners, veerkragtigheid; werksverlies
ABSTRACT
The Covid-19 pandemic had a great effect on people's health as well as their economic stability. The virus also led to the death of many people. Numerous restrictions were put into place to limit the spread of the virus. In South Africa, one of the restrictions was a national lockdown, which meant that most people could not go to work. This resulted in many people losing their jobs, including many parents. When parents lose their jobs, it does not only affect them, but it also affects their children. Parents 'job loss can sometimes lead to positive outcomes, but in most cases it will have a negative impact on children. There are many ways in which the job loss of parents can have a negative impact on the lives of their children. It affects aspects such as their health, safety, emotional well-being, school performance, future, and so forth. Because of this, it is important to determine how children can be equipped to make sense of their circumstances and to flourish in spite thereof. Practical theology is a field of study that works with cases such as these. The aim of this article is therefore to show, from a practical-theological perspective, how congregational children's ministry can be used to implement faith resources into children's lives to equip them to flourish by strengthening their relationship with God as well as their relationship with other people. This would include resources such as the Bible, prayer, and a biblical perspective on suffering as well as hope. Other resources include family, the church, friends as well as people who have gone through similar situations and who were able to handle it in a healthy way. All of these faith resources can be made a part of children's lives through congregational children's ministry. This would include things such as faith formation (Sunday school and youth groups), church services, mentorship, and the support of parents. When children are equipped through these ministries, it enables them to make sense of their circumstances and helps them to flourish in spite of such challenges.
Keywords: children, Covid-19, faith resources, flourishing, job loss, religion, resilience, social support, teenagers, youth ministry
1. Inleiding
Die Koronaviruspandemie is 'n gebeurtenis wat alle mense geaffekteer het. Die virus wat in 2019 uitgebreek het, is as 'n aansteeklike siekte beskryf wat in erge gevalle selfs tot die dood kan lei (Wêreldgesondheidsorganisasie, 2023). Volgens Worldometer (2023) is meer as 6.9 miljoen mense wêreldwyd as gevolg van die virus oorlede. In Suid-Afrika spesifiek het meer as 102 000 mense as gevolg van Covid-19 gesterf.
Aangesien die virus gevaarlik was, het dit aanvanklik tot 'n nasionale inperking in Suid-Afrika sowel as lande regoor die wêreld gelei (Jamieson & Van Blerk, 2021:3). Die inperking in Suid-Afrika het vereis dat almal, buiten sekere noodsaaklike werkers, by die huis moes bly. As gevolg hiervan het talle mense hulle werk verloor. Dit word gesien in die National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile Survey wat aantoon dat 3 miljoen Suid-Afrikaners hul werk tydens die inperking verloor het (Spaull et al., 2020:1). Deel van die mense wat hul werk verloor het, was ouers.
Ouers se werksverlies hou verskeie implikasies vir kinders se welstand in. In sommige gevalle kan stresvolle gebeurtenisse tot positiewe dinge, soos nuwe kennis en vaardighede, lei (Taylor, 2012:32-33). Dit stel mense in staat om medelye met ander te hê en om ander te ondersteun (Taylor, 2012:40). Daar is selfs navorsing wat bevind dat 'n mate van stres noodsaaklik vir die gesonde ontwikkelling van kinders is (Huerta, 2013:12).
Wanneer kinders egter langdurige en gereelde stres ervaar, kan dit tot verskeie negatiewe nagevolge lei (Huerta, 2013:13). Werksverlies van ouers is 'n gebeurtenis wat gereelde en langdurige stres in kinders kan veroorsaak. Daarom kan ouers se werksverlies 'n negatiewe impak op kinders hê.
Die werksverlies van ouers beïnvloed verskeie aspekte van kinders se lewens. Een van die aspekte is voeding. Tydens die pandemie het werkloosheid veroorsaak dat talle gesinne verarm het en dat sommiges selfs in armoede gedompel is (Lake et al., 2021). Die armoede was in April van 2021 so hoog dat 47% van Suid-Afrikaanse huishoudings aangemeld het dat hul kos opgeraak het.
Dit affekteer kinders se gesondheid, aangesien ouers nie kosse met hoë voedingswaarde kan voorsien nie (Liu & Zhao, 2014:305; Schaller & Zerpa, 2015:5). In sommige gevalle kan geen voedsel voorsien word nie. 'n Tekort aan voedsel kan lei tot 'n toename in angsvalligheid (Weinreb, 2002:1). Dit affekteer ook kognitiewe ontwikkeling en skoolprestasie en kan selfs tot selfmoordgedagtes en pogings tot selfmoord aanleiding gee (Hendricks et al., 2021:1; Tomlinson et al., 2021).
Navorsing toon dat ouers se werksverlies ook tot 'n toename in geweld kan lei. Volgens Kalil (2005) kan finansiële onsekerheid stres op ouers plaas. Dit kan daartoe lei dat ouers se gedrag meer wisselvallig is. Volgens Lawson et al. (2020:6) is werksverlies een van die redes hoekom heelwat ouers hul kinders tydens die pandemie mishandel het. Mishandeling kan tot verskeie probleme in kinders lei, soos byvoorbeeld: aggressie, gedragsprobleme, hiperaktiwiteit sowel as angstigheid en depressie (Cicchetti, 2016:195).
Werksverlies kan derdens tot 'n verlies in sosiale ondersteuning lei (Lawson et al., 2020:9). Dit is van belang aangesien sosiale ondersteuning 'n belangrike rol tydens moeilike tye speel. Daar is bevind dat kinders wie se ouers hul werk verloor het, skaam kry, meer selfbewus is en 'n laer selfbeeld het (Jones, 1988:204). Die feit dat tieners nie meer kan bekostig om dinge saam met hul maats te doen nie, kan lei tot antisosiale gedrag, emosionele probleme en selfs skoolprobleme.
Wanneer ouers hul werk verloor, affekteer dit ook kinders se skoolprestasie. Gebrek aan fondse kan daartoe lei dat kinders van sekere geleenthede ontneem word (Kalil, 2005). Dit kan kinders se kognitiewe vermoëns negatief beïnvloed en kan selfs tot gedragsprobleme lei (DeParle, 2020; Wrightman, 2009:7). Wanneer werksverlies gepaard gaan met verhuising, kan dit ook kinders se skoolprestasie affekteer (Rege et al., (2011:1463).
Laastens kan ouers se werksverlies kinders se toekoms affekteer. In sommige gevalle sal 'n ma wat by die huis was ook moet begin werk (Jones, 1988:204). Dit kan die kinders affekteer indien hulle baie aan hul ma geheg is. Tieners kan ook by misdaad betrokke raak as 'n manier om ekstra geld te verdien (Jones, 1988:207). Dit het 'n negatiewe impak op hul toekoms. Daar is wel gevalle waar ouers se werksvelies kinders kan motiveer om 'n stabiele werk te kry, maar dit kan in ander gevalle tot 'n pessimistiese siening rakende werk lei (Kalil, 2005).
In hierdie artikel word daar geargumenteer dat ten spyte van die negatiewe impak van werksverlies op kinders, hulle steeds kan floreer en dat verskeie gemeentebedieninge daartoe kan bydra. Hierdie argument word gemaak deur die konsep van florering tydens werksverlies te bespreek, gevolg deur die praktiese toepassing van geloofshulpbronne in kinders se lewens.
2. Florering tydens werksverlies
Die bogenoemde inligting maak dit duidelik dat amper elke afdeling van kinders se lewens deur die werksverlies van hul ouers geaffekteer word. Alhoewel dit soms tot positiewe dinge kan lei, kan werksverlies moontlik 'n groot negatiewe impak op kinders hê. Daarom is dit nodig om kinders met hulpbronne toe te rus wat hulle in staat stel om veerkragtigheid te ontwikkel en tydens hul moeilike omstandighede te floreer. Om kinders hiermee te help, is dit wel nodig om 'n duidelike verstaan van die konsepte veerkragtigheid en florering te kry.
Veerkragtigheid kom van die term "resile" (Anchour & Nor, 2014:14). Dit verwys na 'n voorwerp se vermoë om terug na sy oorspronklike vorm te spring nadat dit gebuig en gestrek is. Veerkragtigheid kan daarom gedefinieer word as "die vermoë om te floreer en te groei in volwassenheid en bevoegdheid te midde van ongunstige omstandighede en struikelblokke" (Lambrechts, 2022:30). Dit help gevolglik mense om moeilike lewensomstandighede op 'n suksesvolle wyse te hanteer (Anchour & Nor, 2014:16).
Florering kom voor wanneer 'n persoon dit regkry om suksesvol te ontwikkel en te groei (Cambridge Dictionary, 2023). Florering is nie 'n eienskap wat iemand besit nie, maar is iets wat enige iemand kan beleef. Wanneer dit beleef word, kan dit voordele soos duidelike doelwitte, minder hopeloosheid, goeie verhoudings en 'n laer risiko vir sommige siektes inhou (Ackerman, 2018).
Veerkragtigheid en florering loop hand aan hand. Soos wat veerkragtigheid, die vermoë om terug te spring ná moeilike omstandighede, bevorder word sal florering, die vermoë om te groei, ontwikkel word. Daarom sal hulpbronne wat veerkragtigheid bevorder ook mense help om te floreer.
Daar is verskeie faktore wat veerkragtigheid en florering kan bevorder. Een van die faktore is verhoudings/sosiale ondersteuning (Dillen, 2012:63). Goeie sosiale verhoudings is verbind aan fisiese en psigologiese welstand (Suttie, 2017). Daar is selfs bevind dat sosiale verhoudings kinders help, aangesien dit mense in hul lewens plaas wat moeilike vrae oor die lewe en God kan beantwoord en wat ook na hulle kan luister (Dillen, 2012:72). Sosiale verhoudings help dus om stres tydens moeilike omstandighede te verminder.
Die belangrikheid van sosiale verhoudings word ook deur die Christelike geloof uitgewys. Dit word gesien in paragraaf 1 van die inleidingshoofstuk in Duvall en Hays (2019) wat illustreer dat God begeer om 'n verhouding met mense te hê. God is dus relasioneel van aard. Genesis 1:27 wys dat mense in die beeld van God geskape is. Aangesien God relasioneel is en mense in Sy beeld geskape is, beteken dit dat mense ook relasionele wesens is. Gevolglik toon die Christelike geloof aan dat sosiale verhoudings baie belangrik vir mense is.
Nog 'n faktor wat bydra tot die veerkragtigheid van mense is godsdiens. Daar is bevind dat toegewydheid aan godsdiens mense help om groei te midde van traumatiese gebeure te beleef (Harris et al., 2010:27). Die rede hiervoor is omdat godsdiens betekenis aan mense se lewens gee en mense ook teen depressie en stres beskerm (Gunnestad & Thwala, 2011:172).
Dit word ondersteun deur Prediker 12:13 wat sê: "Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense." Hier maak die skrywer duidelik dat om God te vrees en Sy gebooie te onderhou, tot betekenis lei. Alles buiten dit word as betekenloos beskryf. Dit word ondersteun deur Charry (1997:4) wat sê dat God die ware bron van menslike geluk is. Dus, wanneer mense God ken, geniet en liefhet lei dit daartoe dat mense floreer (Charry, 2002:176).
Die bogenoemde inligting wys dat sosiale verhoudings met mense sowel as 'n verhouding met God (godsdiens) van belang is wanneer dit kom by die bevordering van veerkragtigheid en florering in kinders. Daarom kan florering finaal as volg beskryf word: "om 'n lewe van oorvloed voluit en vrylik in verhouding met God, mens en die skepping te leef' (Lambrechts, 2022:34).
2.1 Florering deur verhouding met God
Soos vroeër gesien, kan mense floreer wanneer hulle God ken, geniet en liefhet. Dit word mooi beskryf deur 'n kind wat gesê het: "God is everything. He is the only reason I have experienced peace and understanding" (Smith et al., 2013:9). Ander kinders in die studie het daarvan melding gemaak dat God hulle vertroos, leer en help om verkeerde houdings en karaktereienskappe te verbeter.
Hulle het daarop gewys dat die Here nie altyd lewensuitdagings verwyder nie, maar dat Hy hulle help om die uitdagings te oorkom en hulle moed gee om nie so bang te wees nie (Smith et al., 2013:9-10). Deelnemers het ook gesê dat hulle welstand daaronder gaan ly as hulle nie aktief in hulle verhouding met God belê nie. Dit wys dat kinders se verhouding met God 'n baie belangrike rol in die hantering van stresvolle lewenservaringe speel.
Daar is verskeie hulpbronne wat kinders kan gebruik om in hulle verhouding met God te belê. Die eerste hulpbron is die Bybel. Volgens 2 Timoteus 3:16a en 2 Petrus 1:20-21 is die hele Skrif deur God gegee en deur die Heilige Gees geïnspireer. Ballard en Holmes (2005:196) redeneer dat die Bybel die karakter en wil van God vir ons wys. Om daardie rede kan mense die Bybel gebruik om God te leer ken en om 'n verhouding met Hom te bou.
Die Bybel is ook 'n bron van raad, geestelike voeding en vertroosting (soos aangehaal deur Ballard & Holmes, 2005:197). Die Bybel help kinders gevolglik om die wil van God te ontdek en maak hulle bewus van die genade wat vir hul alledaagse lewe beskikbaar is.
Die volgende hulpbron wat kinders se verhouding met God versterk, is gebed. Gebed is mense se manier om met God te kommunikeer (Matthews & Clark, 1998:198). Daar is bevind dat gebed oor die algemeen 'n positiewe invloed op die lewensbevrediging en geestesgesond-heid van mense het (LaBarbera & Hetzel, 2016:1434).
Gebed help mense om te kalmeer en sin te maak van hulle omstandighede (Gunnestad & Thwala, 2011:176). Dit help hulle om te besef dat die Here na hulle luister. Dit word gesien in die woorde van 'n seun wat gesê het: "... After praying and worshipping God I feel better" (Gunnestad & Thwala, 2011:176).
Gebed help ook mense om hulle fokus op God te stel (Ferguson et al., 2010:326). Dit word gedoen deur die Here vir krag te vra, die Here te dank en te loof en om sosiale ondersteuning van die Here te probeer kry (Bade & Cook, 2008:125, 127). Dit lei tot 'n afname in stres en help die persoon om sy of haar situasie te aanvaar (Ferguson et al., 2010:313, 326).
Nog iets wat bydra tot florering van kinders is om 'n gesonde siening rakende God en lyding te hê. Dit is baie belangrik aangesien mense se persepsies van dinge beïnvloed word deur hoe hulle sekere omstandighede ervaar of sien (Taylor, 2019).
Wanneer slegte dinge gebeur, is mense geneig om God se liefde te bevraagteken (Gunnestad & Thwala, 2011:173). In so 'n geval moet mense herinner word aan verse soos 2 Korintiërs 1:3-4 wat wys dat God hulle steeds liefhet en dat Hy mense in hulle verdrukkinge vertroos.
Ander kere glo mense dat God altyd die probleem sal regmaak of dat mense wat die Here dien nooit iets negatiefs sal ervaar nie. Wanneer dit gebeur, moet hulle herinner word daaraan dat pyn deel van die lewe is en dat die Here mense krag gee om moeilike omstandighede te deurstaan (Dreyer, 2003:271; Smith, 2003:23). Hulle kan selfs bewus gemaak word daarvan dat lyding gebruik kan word om mense se karakter te bou en hulle nader aan God te trek (Muench, 2011:39; Smith, 2003:23).
Die laaste hulpbron wat bespreek sal word, is hoop. Hoop speel 'n belangrike rol in die ontwikkeling van veerkragtigheid aangesien dit positiewe verwagtinge skep en ook mense moed gee om aan te gaan (Gunnestad & Thwala, 2011:180).
As Christene lê ons hoop in Jesus. Charry (2004:293) wys dat Jesus vir mense hoop gee omdat Hy vir ons sonde gesterf het, opgestaan het en aan die regterhand van die Vader gaan sit het. Mense wat die Here liefhet en in 'n verhouding met Hom leef, het dus die hoop dat Jesus sal terugkom om te oordeel en dat Hy dié wat aan Hom behoort, sal neem om vir ewig by Hom te wees. Dan sal daar geen pyn of lyding meer wees nie (Openb. 21:4).
Te danke hieraan het Christene hoop vir die toekoms. Hulle het ook hoop vir huidige omstandighede omdat hulle weet dat die Here met hulle is en dat Hy hulle nie sal verlaat nie (Gunnestad & Thwala, 2011:180).
2.2 Florering deur verhoudings met ander
Sosiale ondersteuning is nog 'n belangrike aspek wanneer dit kom by die florering van kinders. Sosiale ondersteuning is leiding en sorg wat deur vriende, familie en lede van die gemeente voorsien word (soos aangehaal deur Achour & Nor, 2014:13). Ondersteuning wat deur die individue gebied word, speel 'n belangrike rol in kinders se vermoë om uitdagings te hanteer.
Sosiale ondersteuning hou verskeie voordele in. Dit help mense om hanteringsmeganismes meer te benut en stel hulle in staat om hul emosies te reguleer (Sippel et al, 2015:3). Dit laat mense ook voel dat hulle iewers behoort en stel hulle in staat om die situasies te herdefinieer na iets wat nie so bedreigend is nie. Tesame hiermee is daar bevind dat sosiale ondersteuning 'n direke verband met lewensbevrediging sowel as veerkragtigheid het (Achour & Nor, 2014:15-16).
Soos vroeër genoem, is daar verskeie groepe wat sosiale ondersteuning kan bied. Die groepe dien as hulpbronne wat florering in kinders bevorder. Die eerste een is familie. Families speel 'n belangrike rol in die ondersteuning van kinders en kan veral 'n groot impak op die gebied van geestelike ondersteuning maak. Die geestelike veerkragtigheid en welstand van kinders kan deur families bevorder word deur saam te bid, Bybel te lees en saam hulle vertroue in die Here te plaas (Smith et al, 2013:8).
Om die dinge saam te doen tydens moeilike omstandighede, sal bydra tot die veerkragtigheid van kinders. Dit kan gesien word deur 'n kind wat gesê het:
Through the hardest time in my life, my family were praying for me. I knew they were and I believe it was their prayers that got me through that time. They took the time to drive me to church and youth group and camps and (other church) groups. (Smith et al, 2013:8)
Daar is wel gevalle waar ouers nie dieselfde godsdiens as die kind het nie. In so 'n geval sal die verhouding met God en met die geloofsgemeenskap 'n belangrike rol in die ondersteuning van kinders speel.
Die volgende groep wat gevolglik 'n groot rol in die florering van kinders speel, is die geloofsgemeenskap of gemeente. Volgens Smith et al. (2013:8) word die Christengemeenskap as 'n familie beskryf. Dit word in Efesiërs 2:19 bevestig: "So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God."
Om deel van 'n gemeente te wees, is om deel van 'n naby gemeenskap van mense te wees (Smith et al, 2013:9). Die gemeenskap sien mekaar as broers en susters en hulle fokus is op hul verhouding met God (Smith et al, 2013:8-9). Die gemeenskap dien dus as 'n alternatiewe familie-ondersteuning wanneer die kind se regte familie nie in staat is om hulle tydens moeilike omstandighede te ondersteun nie (soos aangehaal deur Muench, 2011:20). Om daardie rede word kinders se verhouding met die gemeente met veerkragtigheid geassosieer (Smith et al., 2013:9).
Die gemeente hou verskeie voordele vir kinders in. Betrokkenheid by 'n gemeente lei tot minder stres en bevorder stabiliteit in kinders se lewens (Cook, 2001:717, 724). Dit dra by tot die veerkragtigheid van kinders deur mentorskap, aanmoediging van selfregulering, voorsiening van 'n identiteit sowel as voorsiening op materiële gebied (Cook, 2000:719-720, 726; Gunnestad & Thwala, 2011:178; Muench, 2011:40). Dit bied ook vir kinders 'n hegte gemeenskap waar mense mekaar makliker aanvaar aangesien hulle saam God dien, dieselfde dinge glo en saam bid (Cook, 2000:720; Mountain, 2005:297).
'n Derde groep wat kinders kan help om te floreer, is vriende. 'n Goeie voorbeeld van sosiale ondersteuning wat deur vriende gebied word, kan in 'n studie deur Ikafa en Hack-Polay (2019:99) gesien word waar een van die deelnemers die volgende gesê het: "Oh, friends are very important because your friends are the ones who give you the moral support, your friends are the ones who listen to you when you have problems, your friends share their own stories with you and you learn from them".
Vriende wat deel van dieselfde geloofsgemeenskap is, kan ook baie goeie sosiale ondersteuning bied (Muench, 2011:40, 43). Dit kan gesê word aangesien hulle dieselfde geloof het en hulle hul vriende in swaar tye kan bemoedig. 'n Voorbeeld hiervan kan gesien word in die woorde van 'n Zambiese student wat verduidelik wat haar deur die afsterwe van haar pa gehelp het:
It was a friend who persistently came home for me and she was a Christian. I never, not even for a minute did I think someone could love me. This girl came every weekend even when I hid. She stayed till she could talk to me, shared the Word of God and at last asked me to accompany her to church. (Gunnestad & Thwala, 2011:178)
'n Laaste groep wat van hulp kan wees, is mense wat al in soortgelyke situasies was. Wanneer kinders deur moeilike omstandighede gaan, is dit belangrik om hulle in kontak te bring met mense wat dieselfde situasie ervaar het en wat in staat was om dit op 'n gesonde manier te deurstaan. Dit is belangrik aangesien mense maklik geïsoleerd voel tydens lyding (Bohlin, 2009). Daarom, wanneer iemand dieselfde situasie ervaar het, verstaan hulle waardeur ander gaan en kan hulle die mense beter vertroos.
'n Voorbeeld hiervan kan gesien word deur die getuienis van dieselfde Zambiese student wat vroeër genoem is. Sy het dit soos volg beskryf:
One day she introduced me to her friend who was experiencing my situation. This girl was prayerful. When things got tough she asked me to pray and told me to be strong ... so I thought about everything and slowly from period to period I slowly accepted my situation. (Gunnestad & Thwala, 2011:178)
Dus, wanneer mense deur soortgelyke situasies gekom en dit op 'n bevredigende manier hanteer het, kan hulle as rolmodelle vir ander dien wat dieselfde situasie ondergaan (Gunnestad & Thwala, 2011:181). Hulle kan vir diegene wat ly, wys dat pyn en lyding deel van die lewe is en kan hulle hoop gee dat hulle dit ook te bowe kan kom.
3. Praktiese toepassing van geloofshulpbronne in die lewens van kinders
Uit die vorige besprekingspunte het dit duidelik geword dat daar verskeie geloofshulpbronne is wat kinders kan help om veerkragtigheid te bevorder om sodoende te kan floreer. Die geloofshulpbronne is 'n leidraad wat kinders kan navolg ten einde vanuit 'n geloofsperspektief op hulle moeilike omstandighede te kan reageer.
Daarom is dit belangrik om ook te bespreek hoe die geloofshulpbronne deel van kinders se alledaagse lewens gemaak kan word. Dit kan gedoen word deur gemeentelike kinderbediening. Dit is juis deur kinderbediening wat kerke die hulpbronne kan bevorder om sodoende veerkragtigheid in kinders te ontwikkel (Grobbelaar, 2016:126). Dit sal kinders dan help om te floreer ten spyte van hul ouers se werksverlies.
Dit is egter belangrik dat kinders op 'n holistiese wyse bedien word (Grobbelaar, 2016:154). Dit beteken dat nie net die kinders versterk moet word nie, maar dat die breër ekologie rondom hulle ook versterk moet word (soos aangehaal deur Grobbelaar, 2016:154). Dit kan gedoen word deur hulle by die gemeente in te sluit (Grobbelaar, 2016:218).
Kinders kan by die gemeente ingesluit word deur bedieninge soos Sondagskool en jeug-werk wat op 'n onderdomsgepaste wyse Bybelse waarhede aan kinders leer (Van As, 2020:25). Dit bly wel belangrik dat ouderdomsgroepe nie heeltemal in die gemeente geskei moet word nie. Daarom moet kinders steeds by eredienste betrokke wees (Van As, 2020:110-111). Wanneer kinders by die verskeie bedieninge geïntegreer word, word hulle met die breër ekologie verbind. Sodoende word daar op 'n holistiese wyse na hulle omgesien.
3.1 Geloofsvorming
Daar is verskeie bedieninge wat bydra tot die geloofsvorming van kinders en tieners. Dergelike bedieninge staan oor die algemeen bekend as Sondagskool en tiener- of jeugbediening.
Sondagskool is daarop gefokus om kinders, gewoonlik tot op 18-jarige ouderdom, oor die Here te onderrig. Dit word gewoonlik deur vrywillige werkers op Sondae aangebied (Kozlowski, 2017; Taylor, 2021).
Tienerbediening aan die ander kant is op 'n sekere ouderdomsgroep gefokus (Hutzel, 2022). Kinders in dié groep is gewoonlik tussen 12 en 18 jaar oud. Die groep word ook deur volwassenes bestuur, maar lede van die jeug kry geleentheid om die aktiwiteite van die groep te beplan. Dit vind gewoonlik nie op Sondae plaas nie, maar op 'n ander dag van die week.
Aangesien albei bedieninge op geloofsvorming gefokus is, word hulle in sommige gevalle onder die term jeugbediening saamgevat. Die term jeugbediening sluit daarom kinders en tieners in (Nel, 2018:248). Dus, onder hierdie afdeling sal die term jeugbediening gebruik word om te verwys na bedieninge wat op beide kinders en tieners gerig is.
Injeugbediening is die hoofdoel om 'n verhouding met God en medegelowiges te bevorder (Arise Church, 2021; UKessays, 2017). Soos vroeër gestel, is dit juis 'n verhouding met God en verhouding met mense wat kinders sal help om te floreer.
Dit word gedoen deur die Bybel te gebruik om kinders te leer wie God is, hoe hulle gered kan word en ook hoe hulle vir die Here kan leef (Ashcraft, 2021; Coombs, 2019; Stier, 2021). Hierdeur word kinders geleer om moeilike tye te deurstaan, 'n Bybelse perspektief rakende omstandighede te kry en om ook hoop ten spyte van hul omstandighede te hê.
Gebed is nog 'n groot deel van jeugbediening. Dit is hier waar kinders geleer en aangemoedig word om te bid (Arise Church, 2021; Ashcraft, 2021; Kozlowski, 2017). Hierdeur bou hulle hul verhouding met God. Wanneer hulle saam met ander of vir ander bid, versterk dit ook hulle verhouding met medegelowiges.
Jeugbediening is ook 'n goeie geleentheid om sosiale verhoudings met gemeentelede en vriende te bevorder. Dit gee vir hulle 'n kans om saam die Here te aanbid en oor hulle geloof te praat, saam te sing en saam kreatiewe aktiwiteite en speletjies te doen (Arise Church, 2021; Kozlowski, 2017; UKessays, 2017).
Dit skep 'n veilige plek vir kinders en jongmense om te sosialiseer, oor probleme te praat en leiding te ontvang (Encounter Church, 2022; Hutzel, 2022). Dit is hier waar hulle hulself kan omring met ander wat hulle op 'n gesonde manier uitdaag, optel en bemoedig (Stier, 2021).
Nog 'n voordeel van hierdie bediening is dat dit vir kinders en tieners die geleentheid bied om 'n rolmodel en mentor te hê. Vrywilligers injeugbediening en opgeleide jeugbedieners, soos pastore, is gewoonlik toegewyde Christene. Dit beteken dat hulle rolmodelle vir die kinders kan wees (Kozlowski, 2017; Stier, 2021). Hulle kan ook as mentors dien deur die jeug se behoeftes te identifiseer en dit dan aan te spreek deur die lesse wat vir die jeug geleer word (Ashcraft, 2021).
Dit is wel belangrik om te noem dat godsdienstige opvoeding nie by jeugbediening eindig nie, maar eerder daar begin. Daarom moet Sondagskool veral nie op dieselfde tye as die eredienste geskied nie. Kinders moet die geleentheid kry om eredienste by te woon sodat hulle 'n liefde daarvoor kan ontwikkel (Kozlowski, 2017).
Hulle moet dit ook bywoon sodat hulle kan leer hoe om aan die dienste deel te neem en sodat hulle kan sien hoe hul ouers die Here dien (Van As, 2020:69). Dit is belangrik, aangesien daar bevind is dat kinders baie maal die kerk verlaat sodra hulle met Sondagskool klaarmaak. In sommige gemeentes waar belydenis van geloof afgelê word, kan dit gebeur dat jong mense daarna die gemeente verlaat. Daarom moet 'n liefde vir die eredienste van jongs af gekweek word, aangesien dieselfde hulpbronne wat hulle sal help floreer in jeugbediening, ook in die eredienste aan hulle gebied word.
Dit is belangrik om kennis te neem dat jeugbediening slegs 'n aanvulling behoort te wees van dit wat by die huis geleer word (Got Questions, 2022). Dit bly hoofsaaklik die ouers se werk om hul kinders oor die Here te leer. Dit word bevestig deur Efesiërs 6:4 wat sê: "En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here."
Ouers laat egter baie maal die taak aan jeugbediening oor. In ander gevalle dien die ouers nie die Here nie of stres hulle soveel oor hulle werk dat hulle sukkel om hul kinders te ondersteun. In sulke gevalle kanjeugbediening 'n alternatiewe bron van familieondersteuning wees (Grobbelaar, 2016:156). Die ideaal is egter dat kinders se ouers en die kerk sal saamwerk om kinders te leer (Got Questions, 2022).
3.2 Eredienste
Nog 'n bediening wat bydra tot die florering van kinders, is eredienste. Soos vroeër uitgewys, is dit belangrik om kinders op 'n holistiese wyse te bedien. Dit kan gedoen word deur hulle ook by eredienste te betrek. Dit is belangrik sodat hulle 'n liefde vir eredienste sal ontwikkel en sodoende na skool steeds toegang sal hê tot hulpbronne wat hulle kan help om staande te bly.
Eredienste bied gelowiges die geleentheid om tyd saam met God en mekaar deur te bring (Jones, 2022). Die Bybel vermaan gelowiges om eredienste by te woon. Dit kan gesien word in Hebreërs 10:25 wat sê: "... en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom."
Eredienste kan verskil van kerk tot kerk. Daar is egter sekere elemente wat in die meeste kerke se dienste gevind word. Die eerste hulpbron wat deur gemeentes gebruik word, is die Bybel. Die Bybel is 'n kerndeel van eredienste en word gebruik om vir die mense te wys wat die Here vir hulle wil sê, lering te gee en te wys hoe die Bybel deel van hulle alledaagse lewens gemaak kan word (Commelin, 2021).
Grobbelaar (2016:159) wys daarop dat preke op 'n manier gedoen kan word dat dit teologiese diepte behou, maar terselfdertyd verstaanbaar vir kinders bly. Die hulpbron is dus tersaaklik vir kinders ook. Dit dien as 'n bron van hoop en word gebruik om vir mense 'n Bybelse perspektief van God en lyding te gee.
Gebed is nog 'n wesentlike hulpbron wat benut word. Dit is 'n algemene deel van kerkdienste en kan gebruik word om die Here te dank, te prys en om hulp te vra (Commelin, 2021). Dit word ook gebruik om saam met en vir ander gelowiges te bid (Fairchild, 2019).
Eredienste is 'n plek waar verhoudings met ander gelowiges en vriende gebou kan word. In die Bybel word gelowiges aangemoedig om vir mekaar te bid (Jak. 5:16) en mekaar lief te hê (Rom. 13:8). In eredienste kan gelowiges saam sing en die Here prys (Commelin, 2021). Kinders kan saam met gemeentelede aan hierdie aktiwiteite deelneem (Grobbelaar, 2016:159). Lede kan ook sakramente soos die nagmaal (1 Kor. 11:23-26) en die doop (Matt. 3:13-17) saam geniet (Commelin, 2021).
Nog 'n hulpbron wat deur eredienste voorsien word, is mentors. Dit is daar waar kinders kan dophou hoe ouer Christene die Here dien (Grobbelaar, 2016:156-157). Dit gee hulle die kans om te sien hoe hulle mentors van Sondagskool en jeugbediening vir die Here leef.
Laastens skep eredienste 'n plek waar families saam die Here kan dien. Dit is in die dienste wat kinders kan sien hoe hulle ouers die Here dien (Van As, 2020:69). Wanneer dit kom by ouers wat hul werk verloor het, sal dit voordelig vir kinders wees om te sien hoe hulle ouers steeds in moeilike omstandighede op die Here vertrou wat hulle eie vertroue in die Here versterk.
3.3 Mentorskap
Die volgende hulpbron is mentorskap. Mentorskap is 'n goeie aanvulling tot ander bedieninge, aangesien ander bedieninge tipies op groepe fokus terwyl mentorskap op een-tot-een-verhoudings fokus (Springer, 2021).
'n Mentor moet self 'n verhouding met die Here en mense in die gemeente hê om hierdie taak te kan verrig (Conklin, 2020). Dit beteken dat mense soos pastore, jeugleiers, ouers sowel as ouer Christene as mentors kan dien (Springer, 2021). Mentorskap is daarop gefokus om mense aan te moedig om in hulle verhouding met die Here te belê en om in die proses meer soos Jesus te word.
Die fokus is gewoonlik daarop om jonger gelowiges te mentor (Springer, 2021). Mentors kry die geleentheid om hul eie lewenservarings en wysheid te deel en om die kind te ondersteun. Juis daarom is dit belangrik dat mentors as goeie rolmodelle sal optree (Hartman, 2019). Hulle behoort te leef op 'n manier wat illustreer hoe volgelinge van Jesus moet leef (Harris, 2021).
In mentorskap is daar verskeie geloofshulpbronne wat benut word. Die eerste hulpbron is gebed. Mentorsessies kan gewoonlik open en eindig met gebed (Lifeway, 2019). Die mentor gebruik gebed om vir die persoon wat gementor word, te bid en om die Here vir leiding te vra (Hartman, 2019). Gebed is ook iets wat saam in die mentorsessie gedoen kan word (Kight, s.a.).
Die Bybel is nog 'n belangrike hulpbron. Dit is belangrik dat die mentor die Bybel ken, die Bybel gebruik om voor te berei en ook in staat is om te deel hoe die Bybel persoonlik 'n invloed op hul lewens gehad het (Hartman, 2019). Tydens sessies word daar saam uit die Bybel gelees (Springer, 2021). Dit bied die geleentheid om antwoorde op vrae te soek, 'n Bybelse perspektief rakende dinge te kry en ook hoop te gee.
Mentorskap skep die geleentheid om verhoudings met ander gelowiges te bou. Volgens Gheen (2013) tree mentors nie slegs as mentors op nie, maar ook as vriende. Daar is verskeie voorbeelde van hegte mentorskapverhoudings in die Bybel. 'n Voorbeeld hiervan is Jesus en Sy dissipels (Kight, s.a.). Jesus was saam met Sy dissipels deur die hoogte- en laagtepunte van hul lewens en het hulle geleer hoe om vir Hom te leef. Hy was 'n goeie mentor wat 'n baie noue verbintenis met Sy dissipels gehad het.
Nog voorbeelde van mentors in die Bybel is Elia en Elisa, Paulus en Timoteus en Eli en Samuel (Hartman, 2019). In al hierdie verhoudings was hulle fokus op God en het hulle saam gegroei, mekaar advies gegee en mekaar bemoedig. Dit is juis in dié tipe mentorskapverhou-dings wat mentors die geleentheid het om hulle eie soortgelyke swaar tye met mense te deel (Gheen, 2013). Hulle kan deel wat hulle gehelp het om deur die moeilike omstandighede te kom, sowel as hoe die Here hulle gehelp het.
Soos met Sondagskool en jeugbediening word mentorskap gebruik om ouers se rol aan te vul, nie om hulle te vervang nie (Gheen, 2013). Dit is wel 'n goeie hulpbron waar kinders hulle gedagtes met 'n eksterne persoon kan deel.
3.4 Ondersteuning van ouers
Soos vroeër genoem, kan werksverlies finansiële spanning op ouers plaas. Die stres wat ouers ervaar, kan familieverhoudings ontwrig wat verskeie negatiewe gevolge vir kinders kan inhou. Daarom is dit belangrik dat die kerk nie net kinders sal ondersteun nie, maar ook hul ouers. Indien die gemeente kan help om ouers se stres te verminder, sal kinders ook indirek bevoordeel word.
Daar is verskeie maniere waarop die kerk ouers kan ondersteun. Daar kan na hulle geluister word en berading kan voorsien word (Duncan, 2021; Thorne, 2013). Daarmee saam kan die Bybel gebruik word om vir hulle goeie beginsels rakende die bestuur van geld te leer en 'n gesonde perspektief ten opsigte van swaarkry te gee (Thorne, 2013). Hulle kan gewys word dat werk belangrik is, maar dat alles nie daaroor gaan nie en dat hulle waarde in Jesus gevind word, nie in hul werkstatus nie (Cooper, 2012; Theology of work, 1997).
Ouers kan ook aangemoedig word om hul vertroue in die Here te plaas (Thorne, 2013). Hulle kan dit doen deur te bid oor hulle werksbehoeftes. Die gemeente kan hulle ook deur gebed ondersteun en kan hulle aanmoedig om die Here te eer, Hom te vertrou en nie moed op te gee nie.
Indien moontlik, kan die gemeente selfs op finansiële gebied help. Dit kan op verskeie maniere gedoen word, soos deur kos en klere te voorsien (Duncan, 2021; Thorne, 2013). Die gemeente is wel verantwoordelik om eers gemeentelede te help en dan ander wat nie deel van die gemeente is nie (Revival Ministries International, 2010). Die gemeente is daar om mense te help wat as gevolg van omstandighede buite hulle beheer, swaarkry. Hulle is nie verantwoordelik daarvoor om lui mense te help nie.
Nog maniere waarop die kerk finansieel kan help, is deur werknetwerke by die kerk te skep waar werksgeleenthede bekend gemaak kan word aan gemeentelede wat op soek is na werk (Threlfall, 2011). Tesame daarmee kan iemand in die gemeente mense wat op soek is na werk, se CVs deurgaan om seker te maak dat dit op standaard is (Thorne, 2013). Bestuurders in die gemeente kan ook gevra word om mense vir werksaansoeke voor te berei deur hulle te laat deel in dit waarna werkgewers op soek is.
Laastens kan die gemeente ouers toerus om hul kinders te ondersteun en voorbeelde vir hulle te wees. Dit kan gedoen word deur ouers te leer hoe om Bybel te lees, antwoorde in die Bybel te soek en te bid (Jones & Trentham, 2015:17-66). Hulle kan geleer word hoe om hulle kinders van die Here te leer en hoe om hulle te evangeliseer. Hulle moet ook bewus gemaak word van die verantwoordelikheid om 'n goeie voorbeeld aan hul kinders te stel.
Deur ouers te ondersteun, sal dit hulle stres verminder en sal hulle hoop ervaar. Wanneer dit gebeur, kan dit daartoe lei dat familieverhoudings verbeter en dat kinders floreer.
4. Gevolgtrekking
Wanneer ouers hul werk verloor kan dit tot verskeie negatiewe gevolge vir kinders lei. Die werksverlies van ouers hoef egter nie kinders se lewens negatief te beïnvloed nie. Kinders kan steeds floreer ten spyte van ouers se werksverlies. Dit kan gedoen word deur kinders betrokke te kry in verskeie gemeentebedieninge wat bydra tot florering.
Dit sluit Sondagskool enjeugbediening, eredienste sowel as mentorskap in. Die bedieninge sal kinders aan verskeie hulpbronne blootstel wat hulle sal help om te floreer. Dit is deur die bedieninge wat kinders die geleentheid sal kry om 'n verhouding met God en met ander mense te bou.
Die bedieninge voorsien hulle met die Bybel, gebed, Bybelse perspektiewe en met hoop. Dit voorsien hulle ook van mense wat hulle sal bystaan en wat hulle kan raad gee. Hulle kan selfs in kontak gebring word met mense wat al aan soortgelyke omstandighede blootgestel was en wat vir hulle raad kan gee oor hoe om daardeur te kom.
Om hierdie rede is dit baie belangrik dat ouers hul kinders by 'n Woordgebaseerde gemeente betrokke moet kry. Ouers moet egter self ook betrokke raak sodat hulle self van die Here ondersteuning kan ontvang en daardeur 'n voorbeeld vir hul kinders kan wees. In hierdie opsig kan die gemeente vir die ouers ook van hulp wees.
Wanneer ouers ook die Here dien, skep dit die geleentheid vir ouers en die gemeente om saam kinders te ondersteun en hulle te help om te floreer. Daar is wel gevalle waar ouers nie die Here dien nie. In sulke gevalle kan die gemeente steeds as bron van ondersteuning en hoop vir kinders dien.
Al hierdie inligting toon onteenseglik aan dat 'n verhouding met God en verhoudings met mense baie belangrik is. Wanneer dié beginsels nagevolg word, sal dit kinders in staat stel om ten spyte van moeilike omstandighede te floreer.
BIBLIOGRAFIE
Achour, M & Nor, MRM. 2014. The effects of social support and resilience on life satisfaction of secondary school students. Journal of Academic and Applied Studies, 4(1):12-20. [ Links ]
Ackerman, CE. 2018. What is flourishing in positive psychology? [Blog post]. https://positivepsychology.com/flourishing/ [12 September 2023]. [ Links ]
Arise Church. 2021. What is the purpose of a youth group in a church? My Arise Church, https://myarisechurch.com/what-is-the-purpose-of-a-youth-group-in-a-church/ [28 September 2023]. [ Links ]
Ashcraft, J. 2021. Why is Sunday school important in the church? Christianity.com. https://www.christianity.com/wiki/church/why-is-sunday-school-important-in-the-church.html [28 September 2023]. [ Links ]
Bade, MK & Cook, SW. 2008. Functions of Christian prayer in the coping process. Journal for the Scientific Study of Religion, 47(1):123-133. [ Links ]
Ballard, P & Holmes, SR. 2005. The Bible in pastoral practice: readings in the place and function of Scripture in the church. Cambridge: Eerdmans. [ Links ]
Bohlin, S. 2009. The value of suffering. Bible.org., https://bible.org/article/value-suffering [28 September 2023]. [ Links ]
Cambridge Dictionary. 2023. Flourish. Cambridge dictionary, https://dictionary.cambridge.org/dictionary/english/flourish [12 September 2023]. [ Links ]
Charry, ET. 1997. By the renewing ofyour minds: the pastoral function of Christian doctrine. New York, NY: Oxford University Press. [ Links ]
Charry, ET. 2002. To know, love and enjoy God. Theology Today, 59(2):173-178. [ Links ]
Cicchetti, D. 2016. Socioemotional, personality, and biological development: illustrations from a multilevel developmental psychopathology perspective on child maltreatment. Annual Review of Psychology, 67(1):187-211. [ Links ]
Commelin, G. 2021. What happens in a church service? Biblword. https://www.biblword.net/what-happens-in-a-church-service/ [29 September 2023]. [ Links ]
Conklin, K. 2020. The importance of mentors in the local church. Focus on the Family, 21 Sept. https://www.focusonthefamily.com/CHURCH/THE-IMPORTANCE-OF-MENTORS-IN-THE-LOCAL-CHURCH/%20%E2%80%A2eed-you-why-mentorship-is-need-in-the-church/ [29 September 2023]. [ Links ]
Coombs, J. 2019. 5 Advantages of a gospel-centered youth ministry. The Gospel Coalition, https://www.thegospelcoalition.org/article/5-advantages-gospel-centered-youth-ministry/ [28 September 2023]. [ Links ]
Cooper, E. 2012. Blessed are the jobless: how ministries aid the unemployed. Christianity Today, January 13. https://www.christianitytoday.com/ct/2012/january/blessedarejobless.html [01 Oktober 2023]. [ Links ]
DeParle, J. 2020. When parents lose their jobs, their children also suffer. But sometimes there's a consolation. The New York Times, 31 Oct. https://www.nytimes.com/2020/10/31/us/politics/unemployment-parents-children-coronavirus.html [05 September 2023]. [ Links ]
Dillen, A. 2012. The resiliency of children and spirituality: a practical theological reflection. International Journal of Children's Spirituality, 17(1):61-75. [ Links ]
Dreyer, Y. 2003. Beyond psychology: spirituality in Henri Nouwen's pastoral care. HTS Theological Studies, 59(3):715-733. [ Links ]
Duncan, WC. 2021. Support, skills, networking - all are ways that churches help unemployed. Sunderland Institute. https://sutherlandinstitute.org/support-skills-networking-all-are-ways-that-churches-help-unemployed/ [01 Oktober 2023]. [ Links ]
Duvall, JS & Hays, JD. 2019. God's relational presence: the cohesive center of Biblical theology [Kindle edition]. Baker Academic. Available from Amazon.com. [ Links ]
Encounter Church. 2022. 5 Benefits of youth ministry for teens. Encounter Church. https://www.ecdenver.org/church-service-denver/5-benefits-of-youth-ministry-for-teens/ [12 September 2023]. [ Links ]
Fairchild, M. 2019. Guide to a typical Christian worship service. Learn Religions. https://www.learnreligions.com/church-worship-service-700490 [29 September 2023]. [ Links ]
Ferguson, JK, Willemsen, EW & Castaneto, MV. 2010. Centering prayer as a healing response to everyday stress: a psychological and spiritual process. Pastoral Psychology, 59(3):305-329. [ Links ]
Got Questions. 2022. What does the Bible say about Sunday school? Got Questions. https://www.gotquestions.org/SUNDAY-SCHOOL.HTML [28 September 2023]. [ Links ]
Gheen, AC. 2013. 10 Reasons to mentor youth. Today's Christian Woman, May. https://www.todayschristianwoman.com/articles/2013/may/10-reasons-to-mentor-youth.html [01 Oktober 2023]. [ Links ]
Grobbelaar, J. 2016. Holistic children's ministry: history and challenges. In Grobbelaar, J & Breed, G. (eds). Welcoming Africa's children - theological and ministry perspective. Cape Town: AOSIS, pp. 115-163. [ Links ]
Gunnestad, A & Thwala, S. 2011. Resilience and religion in children and youth in Southern Africa. International Journal of Children's Spirituality, 16(2):169-185. [ Links ]
Harris, JI, Erbes, CR, Engdahl, BE, Tedeschi, RG, Olson, RH, Winskowski, AM & McMahill, J. 2010. Coping functions of prayer and posttraumatic growth. International Journal for the Psychology of Religion, 20(1):26-38. [ Links ]
Harris, K. 2021. Four reasons your church needs a mentoring program. [Blog post]. https://churchanswers.com/blog/four-reasons-your-church-needs-a-mentoring-program/ [01 Oktober 2023]. [ Links ]
Hartman, N. 2019. We need you: why mentorship is needed in the church. [Blog post]. https://ftc.co/resource-library/blog-entries/we-need-you-why-mentorship-is-need-in-the-church/ [01 Oktober 2023]. [ Links ]
Hendricks, H, Hall, K, Goeiman, H, Henney, N, Boraine, A, Murray, J, Hendricks, L & Lake, L. 2021. Nutrition and food security: children and Covid-19 advocacy brief. Cape Town: Children's Institute. http://www.ci.uct.ac.za/sites/default/files/image_tool/images/367/Projects/Current_Projects/covid-children/pdfs/Advocacy%20Brief_Nutrition_02_08.pdf [04 September 2023]. [ Links ]
Huerta, S. 2013. The negative effects of instability on child development: a research synthesis. Urban Institute. Low Income Working Families, Discussion paper 3. https://www.urban.org/sites/default/files/publication/32706/412899-The-Negative-Effects-of-Instability-on-Child-Development-A-Research-Synthesis.PDF [04 September 2023]. [ Links ]
Hutzel, P. 2022. What is the role of youth group? Youth Group Ministry. https://www.youthgroupministry.net/what-is-the-role-of-youth-group [27 September 2023]. [ Links ]
Ikafa, I & Hack-Polay, D. 2019. Deliver us from evil: the role of faith and family coping with stress among African migrants in Australia. Social Work & Social Sciences Review, 20(2):88-107. [ Links ]
Jamieson, L & Van Blerk, L. 2021. Responding to COVID-19 in South Africa - social solidarity and social assistance. Children's Geographies (Provisionally accepted), doi: 10.1080/14733285.2021. 1924359. [ Links ]
Jones, KG. 2022. What is the purpose of a worship service? https://www.1517.org/articles/what-is-the-purpose-of-a-worship-service [24 September 2022]. [ Links ]
Jones, L. 1988. The effect of unemployment on children and adolescents. Children and Youth Services Review, 10(3):199-215. [ Links ]
Jones, TP & Trentham, JD. 2015. Practical family ministry: a collection of ideas for your church. Nashville, TN: Randall House. [ Links ]
Kalil, A. 2005. Unemployment and job displacement: the impact on families and children. Ivey Business Journall, July/August. https://iveybusinessjournal.com/publication/unemployment-and-job-displacement-the-impact-on-families-and-children/ [05 September 2023]. [ Links ]
Kight, C. s.a. What Christian mentoring is and how to do it. CRU. https://www.cru.org/us/en/train-and-grow/help-others-grow/mentoring.html [01 October 2023]. [ Links ]
Kozlowski, M. 2017. Why Sunday school still matters - and why it still works. Building Faith. https://buildfaith.org/why-sunday-school-still-matters-and-why-it-still-works/ [28 September 2023]. [ Links ]
LaBarbera, R & Hetzel, J. 2016. Christian educators' use of prayer to cope with stress. Journal of Religion and Health, 55(4):1433-1448. [ Links ]
Lake, L, Shung-King, M, Delany, A & Hendricks, M. 2021. Prioritise children - from response to recovery: children and Covid-19 advocacy brief. Cape Town: Children's Institute. http://www.ci.uct.ac.za/sites/default/files/image_tool/images/367/Projects/Current_Projects/covid-children/pdfs/Advocacy%20Brief_Overarching_02_08.pdf [04 September 2023]. [ Links ]
Lambrechts, S. 2022. Covid-19 en werksverlies: Geloofshulp as lewenshulp in kinderbediening. Vanderbijlpark: Noord-Wes Universiteit. (Verhandeling - MTh). [ Links ]
Lawson, M, Piel, MH & Simon, M. 2020. Child maltreatment during the COVID-19 pandemic: consequences of parental job loss on psychological and physical abuse towards children. Child Abuse & Neglect, 110(2):1-11. [ Links ]
Lifeway. 2019. How to start and sustain a successful mentoring ministry. LifewayWomen, August 13. https://women.lifeway.com/2019/08/13/how-to-start-and-sustain-a-successful-mentoring-ministry/#:~:text=The%20goal%20of%20mentorship%20is,Relationship%20Connection%20Ministry%20is%20prayer. [01 October 2023]. [ Links ]
Liu, H & Zhao, Z. 2014. Parental job loss and children's health: ten years after the massive layoff of the SOEs' workers in China. China Economic Review, 31(2014):303-319. [ Links ]
Matthews, DA & Clark, C. 1998. The faith factor: proof of the healing power of prayer. New York, NY: Penguin. [ Links ]
Mountain, V. 2005. Prayer is a positive activity for children - a report on recent research. International Journal of Children's Spirituality, 10(3):291-305. [ Links ]
Muench, SJ. 2011. Faith in practice: early adolesences' utilization of spirituality to cope with daily stressors. Wheaton: Wheaton College Graduate School. (Proefskrif - PhD). [ Links ]
Nel, M. 2018. Youth ministry: an inclusive missional approach. Rev. and upd. English ed. Cape Town: AOSIS. [ Links ]
Rege, M, Telle, K & Votruba, K. 2011. Parental job los and children's school performance. Review of Economic Studies, 78(4):1462-1489. [ Links ]
Revival Ministries International. 2010. The church - ministry to material needs. Revival Ministries International, 2010. https://www.revival.com/a/2914-the-church-ministry-to-material-needs [01 October 2023]. [ Links ]
Schaller, J & Zerpa, M. 2015. Short-run effects ofparentaljob loss on child health. National Bureau of Economic Research, Working paper 21745. https://www.nber.org/papers/w21745 [04 September 2023]. [ Links ]
Sippel, LM, Pietrzak, RH, Charney, DS, Mayes, LC & Southwick, SM. 2015. How does social support enhance resilience in the trauma-exposed individual? Ecology and Society, 20(4): art. #10. http://dx.doi.org/10.5751/ES-07832-200410. [ Links ]
Smith, C. 2003. Theorizing religious effects among American adolescents. Journal for the Scientific Study of Religion, 42(1):17-30. [ Links ]
Smith, L, Webber, R & DeFrain, J. 2013. Spiritual well-being and its relationship to resilience in young people: a mixed methods case study. SAGE Open, 3(2):1-16. [ Links ]
Spaull, N, Ardington, C, Bassier, I, Bhorat, H, Bridgman, G, Brophy, T & Zuze, L. 2020. Overview and findings: NIDS-CRAM Synthesis Report Wave 1. https://cramsurvey.org/wp-content/uploads/2020/07/Spaull-et-al.-NIDS-CRAM-Wave-1-Synthesis-Report-Overview-and-Findings-1.pdf [23 August 2023]. [ Links ]
Springer, E. 2021. The three Ss of youth mentoring. Youthworks. https://youthworks.net/articles/the-three-ss-of-youth-mentoring [29 September 2023]. [ Links ]
Stier, G. 2021. Know how to answer this question: "Why is youth group important?" Churchleaders, June 16, https://churchleaders.com/youth/youth-leaders-articles/336435-why-is-youth-group-important.html [28 September 2023]. [ Links ]
Suttie, J. 2017. Four ways social support makes you more resilient. Greater Good. https://greatergood.berkeley.edu/article/item/four_ways_social_support_makes_you_more_resilient#:~:text=Having%20good%20social%20relationships%20is,stress%20when%20we%20are%20suffering. [12 September 2023]. [ Links ]
Taylor, A. 2021. 3 Ways Sunday school can help your church evangelize: historically, Sunday school has been an effective way to reach people. What about today? Lifeway. https://www.lifeway.com/en/articles/how-sunday-school-helps-your-church-evangelize [28 September 2023]. [ Links ]
Taylor, J. 2019. Perception is not reality. Psychology Today, August 5, https://www.psychologytoday.com/za/blog/the-power-prime/201908/perception-is-not-reality [28 November 2023]. [ Links ]
Taylor, S. 2012. Transformation through suffering: a study of individuals who have experienced positive psychological transformation following periods of intense turmoil. Journal of Humanistic Psychology, 52(1):30-52. [ Links ]
Theology of Work. 1997. Church support for the unemployed (Sermon Notes). https://www.theologyofwork.org/work-in-worship/sermons/church-support-for-the-unemployed [01 October 2023]. [ Links ]
Thorne, H. 2013. 10 Ways your church can support those who are unemployed. [Blog post]. The Good Book. https://www.thegoodbook.co.uk/blog/unemployment/2013/01/31/10-ways-your-church-can-support-those-who-are-unem/ [01 October 2023]. [ Links ]
Tomlinson, M, Lake, L, Lachman, A, Vogel, W, Brown, C, Abrahams, Z & Hunt, X. 2021. Mental health and wellbeing: children and Covid-19 advocacy brief. Cape Town: Children's Institute. http://www.ci.uct.ac.za/sites/default/files/image_tool/images/367/Projects/Current_Projects/covid-children/pdfs/Advocacy%20Brief_Mental_health_02_08.pdf [04 September 2023]. [ Links ]
Threlfall, D. 2011. Seven ways to help the unemployed in your church. Share Faith. https://www.sharefaith.com/blog/2011/12/ways-unemployed-church/ [01 October 2023]. [ Links ]
UKessays. 2017. Purpose of Sunday school. UK Essays. https://www.ukessays.com/essays/religion/the-purpose-of-sunday-schools-religion-essay.php [28 September 2023]. [ Links ]
Van As, JN. 2020. Addressing the phenomenon of young South Africans leaving the church: a practical theological investigation of the role of parents in faith formation. Vanderbijlpark: Noord-Wes Universiteit (Verhandeling - MTh). [ Links ]
Weinreb, L, Wehler, C, Perloff,J, Scott, R, Hosmer, D, Sagor, L & Gundersen, C. 2002. Hunger: its impact on children's health and mental health. Pediatrics, 110(4):1-9. [ Links ]
World Health Organisation. 2023. Coronavirus disease (COVID-19). https://www.who.int/news-room/fact-sheets/detail/coronavirus-disease-(covid-19)#:~:text=COVID%2D19%20is%20a%20disease,care%20as%20soon%20as%20possible. [15 August 2023]. [ Links ]
Worldometer. 2023. Coronavirus cases. https://www.worldometers.info/coronavirus/ [15 August 2023]. [ Links ]
Wrightman, P. 2009. The effect of parental job loss on children. Chicago, Ill: University of Chicago. (Proefskrif - PhD). [ Links ]
Ontvang: 2023-11-22
Goedgekeur: 2024-04-20
Gepubliseer: Junie 2024
Suné Lambrechts het die grade BA, BthHons en Mth aan die Noordwes-Universiteit behaal. Haar Mth was gefokus op hoe kinders toegerus kan word om tydens die werksverlies van hul ouers te floreer. Sy dien op verskeie rade by A.G.S Vaalpark-gemeente en is veral betrokke by die kinder- en jeugbediening. Sy is tans werksaam as 'n onderwyseres by "Wings for life school for Autism" in Vanderbijlpark.
Suné Lambrechts completed the degrees BA, BthHons and Mth at the North-West University. Her Mth focussed on how children can be equipped to flourish during the job loss of their parents. She serves on various councils at A.F.M Church in Vaalpark and is especially involved in child and youth ministry. She is currently working as a teacher at "Wings for life school for Autism" in Vanderbijlpark.
Hannelie Yates is 'n senior lektor in die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit. Voor haar aanstelling by Noordwes-Universiteit het sy gewerk as 'n voltydse lektor in Jeugwerk en Gemeenskapsontwikkeling aan die Hugenote Kollege (1998-2011). Haar akademiese loopbaan is tot op hede gerig deur haar belangstelling in kinders, hul regte, spiritualiteit en welwees. Sy het haar PhD voltooi in Praktiese Teologie aan die Stellenbosch Universiteit onder leiding van 'n promotor in die veld van Teologie met 'n mede-promotor van die Fakulteit Regte. Haar primêre navorsingsbelangstelling hou in die afgelope aantal jare verband met die posisie, rol en stem van kinders in geloofsgemeenskappe en verhoudingsgerigte ruimtes in die burgerlike samelewing. Sy het in hierdie inter- en trans-dissiplinêre velde van navorsing gepubliseer en studiebegeleiding aan nagraadse studente gebied. Sy het onlangs as mederedakteur opgetree van die "Special Collection: Doing theology with children: exploring emancipatory methodologies" (HTS Theological Studies, 2019).
Hannelie Yates is a senior lecturer in the Faculty of Theology at the North-West University. Prior to her appointment at North-West University she worked as a full-time lecturer in Youth Work and Community Development at Huguenot College (1998-2011). Her academic career has always been steered by her profound interest in children, their rights, spirituality and well-being. She completed her PhD in Practical Theology at the University of Stellenbosch (2012) under the guidance of a promoter in the field of Theology, with a co-promoter from the Faculty of Law. In recent years, her primary research interest has related to the position, role and voice of children in faith communities and relational spaces in civil society. She has published and supervised several postgraduate students in these inter- and trans-disciplinary areas of research. She recently sub-edited the "Special Collection: Doing theology with children: exploring emancipatory methodologies" (HTS Theological Studies, 2019).
Manitza Kotzé is medeprofessor in Dogmatiek en Etiek in die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit. Sy het haar PhD in Sistematiese Teologie en Etiek in 2013 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, waarna sy 'n postdoktorale navorsingsgenootskap aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi het. Sedert 2016 is sy agtereenvolgens senior lektor en medeprofessor by die Noordwes-Universiteit. Sy dien op die bestuur van die Teologiese Werksgenoot-skap van Suider-Afrika, en die redaksie van die tydskrif Scriptum. Sy is ook mederedakteur van die boekereeks Reformed Theology in Africa.
Manitza Kotzé is an associate professor of Dogmatics and Ethics in the Faculty of Theology at North-West University. She obtained her PhD in Systematic Theology and Ethics in 2013 at the University of Stellenbosch, after which she completed a postdoctoral research fellowship at the University of the Western Cape. Since 2016, she has served as senior lecturer and associate professor at North-West University. She serves on the management of the Theological Works Society of Southern Africa, and the editorial board of the journal Scriptura. She is also co-editor of the book series Reformed Theology in Africa.
1 Hierdie artikel is 'n verwerking van die MTh-verhandeling van Suné Lambrechts met die titel, Covid-19 en werksverlies: Geloofshulp as lewenshulp in kinderbediening, voltooi onder leiding van dr. H Yates en prof. M Kotzé in die Departement Praktiese Teologie, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit. Suné Lambrechts is 'n beurshouer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.