SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue4VoorwoordAnother translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.64 n.4 Pretoria Dec. 2024

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n4a2 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

     

    Die Britse Intelligensiediens tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902

     

    The British Intelligence Division during the Anglo-Boer War, 1899-1902

     

     

    Fransjohan Pretorius

    Departement Historíese en Erfenisstudies, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika. E-pos: fransjohan.pretorius@up.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Met hierdie studie word daar gekyk na die rol van die Britse Military Intelligence Division en meer spesifiek sy onderafdeling, die Field Intelligence Department (FID) in Suid-Afrika, tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Daar word gewys op die goeie werk voor die oorlog. Die rol wat die FID in die Britse nederlae van "Black Week" (10 tot 15 Desember 1899) gespeel het, kry vervolgens aandag. Die nederlae van "Black Week" word hoofsaaklik toegeskryf aan die offisiere se gebrek aan waardering vir behoorlike intelligensie deur verkenners en hul ongegronde optimisme oor die vermoëns van hul eie troepe. Met lord Frederick Roberts se vervanging in Januarie 1900 van sir Redvers Buller as opperbevelhebber van die Britse troepe in Suid-Afrika het taktiese intelligensie dramaties verbeter. Die Boere se nuwe tipe oorlogvoering, naamlik 'n guerrillakryg, het nuwe eise aan die Britse oorlogspoging gestel. Lt.kol. David Henderson het as direkteur van die FID 'n groot bydrae tot die doeltreffendheid van die intelligensiestelsel gelewer. Inligting is veral verkry van Boere wat as spioene in die kommando's opgetree het en swart mense. Ten slotte word die waarde vir die Intelligensiediens bepaal van inligting uit enkele Boere-dagboeke wat in hulle hande geval en deur hulle vertaal is.

    Trefwoorde: Anglo-Boereoorlog, "Black Week", Britse Intelligensiediens, David Henderson, Field Intelligence Department (South Africa), John Ardagh, kaarte, Lord Kitchener, Lord Roberts, Redvers Buller, Royal Commission of the War in South Africa, William Robertson


    ABSTRACT

    This study investigates the role played by the British Military Intelligence Division and more specifically, its subdivision, the Field Intelligence Department, in South Africa during the Anglo-Boer War of 1899-1902.
    It starts with a brief overview of the sound work done by this division prior to the war. In 1896, an important new dispensation dawned with the appointment of Maj.-Gen. Sir John Ardagh as Director of Military Intelligence. Despite a limited budget the Military Intelligence Division did excellent work. Between 1896 and 1899 it prepared twelve reports with a view to the possibility of war in South Africa. The highlight of this preparatory work was the publication of a guide, Military notes on the Dutch republics of South Africa.
    The role played by the Field Intelligence Department (South Africa) in the defeats suffered by the British during "Black Week" (10 to 15 December 1899) next receives attention, as does the heavy storm of criticism that erupted in Britain over "Black Week".
    This criticism of the Military Intelligence Division is largely unwarranted. Given its lack offunds and authority within the War Office it accomplished much, notably its accurate findings on the number of Boers liable for miltary service, the number and types of Boer armaments and the intentions of the Boer military leaders.
    There was indeed an initial lack of accurate mapping of the probable operational area. However, in the last eighteen months of the war the Topographical Section issued several maps, based on existing maps and reconnaissance, compiled for the most part by intelligence officers of the various columns. When Lord Roberts replaced Gen. Sir Redvers Buller as commander-in-chief of the British troops in South Africa in January 1900, intelligence improved dramatically.
    The Boers'guerrilla warfare from the mid-1900s forced Roberts to apply counter-guerrilla tactics and split his force into smaller mobile units to gain better intelligence about Boer assaults.
    Between February 1901 and the end of the war on 31 May 1902, Lt.-Col. David Henderson the Director of the Field Intelligence Department (South Africa) made an important contribution to the effectiveness of the intelligence system. He divided the operational area into four districts - the Transvaal, Orange River Colony, the Cape Colony south of the Orange River, and Kimberley. These districts were then subdivided into sub-districts. A staff officer was placed in charge of each and was given the responsibility of collecting information on the enemy in his sub-district. It was his duty to supply the columns with interpreters, guides, scouts and maps. He also had to pass on relevant information receivedfrom his own agents, from columns in adjoining districts, and from headquarters in Pretoria. The staff officer was also required to send a telegraph to Henderson on Sunday evenings, providing a weekly summary of the situation in his sub-district.
    Where did the Field Intelligence Department (South Africa) get its information other than from its own scouts? It is clear that some Boers acted as British spies and there is also evidence that black people provided the department with information. An important source on intelligence activity was the private diaries and other documents that were confiscated from Boer prisoners of war. The point also made is that even when scouts gained valuable intelligence, problems arose with communication and this caused operations to fail.
    During the guerrilla phase the number of people working for the Field Intelligence Department (South Africa) increased dramatically, largely because the independent units now had their own intelligence officers. The department did good work in South Africa, but the Boer intelligence system was so efficient that they were able to outmanoeuver the British troops, even when the Field Intelligence Department (South Africa) had accurate intelligence of their strength and disposition.
    In conclusion, two diaries taken from Boer prisoners of war that were translated by the Intelligence staff are analysed to determine their possible value for British intelligence.

    Keywords: Anglo-Boer War, "Black Week", British Intelligence Division, David Henderson, Field Intelligence Department (South Africa), John Ardagh, Lord Kitchener, Lord Roberts, maps, Redvers Buller, Royal Commission of the War in South Africa, William Robertson


     

     

    Ter inleiding

    Die rol van die Britse Military Intelligence Division en meer spesifiek sy onderafdeling, die Field Intelligence Department (South Africa) wat tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 in Suid-Afrika geopereer het, word in hierdie studie onder die loep geneem. Aandag word egter eers gegee aan die pad wat die Intelligensiediens voor die oorlog geloop het. Ten slotte word bepaal wat die waarde vir die Intelligensiediens kon wees van inligting uit enkele Boere-dagboeke wat in hulle hande geval en deur hulle vertaal is.

    Studies oor die Britse Intelligensiediens tydens die Anglo-Boereoorlog is beperk. Die jongste werk van S. Twigge, E. Hampshire en G. Macklin, British Intelligence: Secrets, spies and sources,"1 bevat skaars meer as 'n bladsy daaroor. Twee nuttige werke is dié van B.A.H. Parritt, The Intelligencers: The story of British Military Intelligence up to 1914"2 en Thomas Fergusson, British Military Intelligence 1870-1914.3 Daar word wel in enkele hoofstukke aandag geskenk aan die funksionering en veldwerk van die Field Intelligence Department (South Africa) gedurende die Anglo-Boereoorlog - wat 'n onderafdeling van die Britse Military Intelligence Division was. Dit is op hierdie terrein wat ek hoop om 'n aanvullende bydrae te lewer.

    Brittanje se ervaring van die Krimoorlog (1853-1856) het die noodsaaklikheid van inligting oor operasionele gebiede en hul teenstanders uitgewys. Die Britte het die oorlog teen Rusland binnegegaan met geen kennis van die oorlogsterrein, sy topografie, sy beskikbare middele of sy bevolking nie. Soos Arthur Griffiths in The Forum jare later verduidelik het: "Darkness prevailed, and the allied armies disembarked on a terra incognita, for the French military authorities were no better informed than our own."4

    Die uitbreiding van die Britse ryk in die 19de eeu het die noodsaaklikheid om strategiese intelligensie te bekom, duidelik gemaak. Op 1 April 1873 het die Intelligensietak, 'n nuwe departement in die War Office, onder genl.maj. sir Patrick MacDougall sy verskyning te Queen Anne's Gate 18 in Londen gemaak. Spoedig het die administrasie daarvan veel te wense oorgelaat, maar die aanstelling van genl.maj. Henry Brackenbury in 1886 as direkteur het vir 'n merkwaardige herlewing van die instelling gesorg.5

     

    'n Nuwe bedeling lei tot deeglike voorbereiding

    Op 1 April 1896 het 'n belangrike nuwe bedeling beslag gekry toe genl.maj. sir John Ardagh, hoof van die School of Military Engineering te Chatham, as direkteur van Militêre Intelligensie aangestel is.6

    Die uitstekende verhouding wat Ardagh gehad het met die Admiraliteit, die Colonial Office, die Foreign Office en die War Office - vanweë sy vriendskap met sowel lord Wolseley (hoof van die War Office) as lord Lansdowne (minister van oorlog) - het in sy guns getel. Ardagh was voor sy aanstelling as direkteur van Militêre Intelligensie die privaat sekretaris van Lansdowne toe dié Onderkoning (Viceroy) van Indië was.7 Vir hom het Arthur Griffiths tydgenootlik die hoogste lof gehad: "Ardagh [is] ... a man of great mental gifts and very varied experience. To clear insight he adds a well-matured judgment ... all who have had access to his official minutes and memoranda speak of them as marvels as to concise, well-balanced, extensive information."8

    In Londen was die nuwe direkteur van Militêre Intelligensie belas met die voorbereiding van inligting rakende die militêre verdediging van die Britse ryk; die insameling en verspreiding van inligting oor die militêre geografie, middele en die gewapende magte van ander state en van die Britse kolonies; die samestelling van kaarte; en die vertaling van buitelandse dokumente.9 Vir hierdie doel is die instelling in sewe afdelings (A tot G) verdeel.10

    Vir suidelike Afrika was Afdelings B en F belangrik. Afdeling B was met 'n personeel van slegs twee offisiere - 'n adjunk-assistent-adjudant-generaal (D.A.A.G.) en 'n stafkaptein - en 'n klerk, verantwoordelik vir die insameling van inligting in Suid-Afrika en vir die totstandkoming van 'n departement van veld-intelligensie, genaamd die Field Intelligence Department (South Africa), vir aktiewe operasies in Suid-Afrika. Afdeling F, die kaart- en drukkersafdeling, het bestaan uit 'n personeel van drie offisiere en 23 tekenaars, drukkers en klerke. Dit is belas met die taak om kaarte van die Britse ryk vir militêre doeleindes te voorsien van data wat aan die Field Intelligence Department (South Africa) voorsien is, aangesien dit nie die taak van dié department was om veldwerk daarvoor te doen nie. Kaarte van Suid-Afrika was in hierdie stadium hoog op die prioriteitslys.11

    Die onsuksesvolle Jameson-strooptog in pres. Paul Kruger se Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) oor die Nuwejaar van 1896 het nie 'n rol gespeel in die totstandkoming van die nuwe bedeling nie, aangesien die War Office reeds op 21 November 1895 'n memorandum opgestel het wat die verpligtinge van die onderskeie afdelings uiteengesit het. Wat wel waar is, is dat Ardagh in 1903 ná die oorlog voor die Royal Commission on the War in South Africa onder voorsitterskap van lord Elgin getuig het dat die Jameson-strooptog "increased the open antagonism between the Transvaal Government and the British Government".12

    Gevolglik is daar in die laaste drie jaar voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in Oktober 1899 elke moontlike praktiese metode aangewend om akkurate inligting oor die militêre vermoëns en die topografie van die ZAR en die Oranje-Vrystaat (Vrystaat) te bekom. Dit het aanvanklik nie die werk van geheime agente behels nie, maar bloot legitieme, openlike bronne met inligting uit amptelike publikasies van die twee republieke, verslae van Britse offisiere, syfers van doeanekantore, en Britse burgerlike amptenare, veral sir William Conyngham Greene, die Britse agent te Pretoria. Spesiale verslae vanuit Suid-Afrika is bykans weekliks aan die minister van kolonies, Joseph Chamberlain, en die minister van oorlog, lord Lansdowne, versend.13

    Hierdie inligting oor Suid-Afrika is, soos aangedui, deur Afdeling B se twee offisiere en een klerk gedoen. Die Times history of the war in South Africa merk tereg op dat die Intelligensiediens "was starved in men and money".14 Uit 'n baie klein begroting van £11 000 per jaar vir die hele Intelligensiediens is slegs sowat £2 000 per jaar toegeken vir werk in Suid-Afrika. Daarteenoor het die ZAR se intelligensiediens £286 000 spandeer in die drie jare 1896-1899 ('n staat met 'n inkomste 23 keer kleiner as dié van Brittanje) en die Duitse generale staf £270 000.15

    Ten spyte van hierdie beperkte begroting het die Military Intelligence Division buitengewoon nuttige werk gedoen. Tussen 1896 en 1899 het dit twaalf verslae voorberei met die oog op 'n moontlike oorlog met die republieke, insluitende rapporte oor die brûe oor die Oranje- en Vaalrivier, die roetes vir 'n opmars deur die Vrystaat, die Natal Government Railways, kommunikasies in Natal noord van Ladysmith, die paaie en spoorlyne van die ZAR, die kommunikasieroetes in die Kaapkolonie, en inligting oor Swaziland en Basoetoland.16Meer nog, lt.kol. sir William Robertson het later van sy werk as stafkaptein van Afdeling B in Londen onthou: "Every Saturday the Cape mail brought us a budget of correspondence, official and private, which had to be sifted, studied, and distributed."17

    Die hoogtepunt van die Military Intelligence Division se werk in Suid-Afrika voor die oorlog was die voorbereiding van 'n gids, Military notes on the Dutch republics of South Africa, vir toekomstige gebruik van Britse offisiere wat in geval van oorlog na Suid-Afrika moes gaan. Die eerste uitgawe, gemerk "Secret", is in April 1898 gedruk. Dit is hersien en opgedateer in Junie 1899, kort ná die mislukking van die Bloemfonteinse Konferensie tussen Kruger en die Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, sir Alfred Milner, en in die herfssessie van 1900 aan die parlement oorhandig.18

    Die inhoud van 119 bladsye het gegaan oor die topografie van die republieke en 'n bespreking van al die distrikte en vernaamste dorpe. Dit het ook in detail die republieke se militêre magte, wapentuig en fortifikasies bespreek, die houding van swart gemeenskappe binne die republieke, die organisasie en taktiek van die Boere, die spoor- en telegraaflyne van Suid-Afrika, en ten slotte die republieke se klimaat en seisoene.19

    Aangesien die Military Intelligence Division daarvan oortuig was dat die Vrystaat in geval van oorlog die wapen sou opneem ter ondersteuning van die ZAR, het die Military notes as een van sy bylaes die teks opgeneem van die militêre verdrag wat die twee republieke in Julie 1897 onderteken het wat voorsiening gemaak het vir wedersydse hulp in geval van oorlog teen die ander.20

    Met die oortuiging dat oorlog ná die Bloemfonteinse Konferensie onvermydelik was, het Ardagh teen die einde van Junie 1899 tien offisiere in burgerlike drag op 'n spesiale geheime sending na Suid-Afrika gestuur om bykomende inligting in te win en om te begin met die opbou van die Field Intelligence Department vir die Britse leër in Suid-Afrika.21

    In sy getuienis voor die Royal Commission het L.S. Amery, die redakteur van The Times history of the war in South Africa, erken dat hierdie paar offisiere baie goeie werk gedoen het, "but they were fewer than the men I employed myself as 'Times' correspondents and I should have been ashamed to send 'Times' correspondents anywhere with the sum of money they were given".22

    Wat sake vererger het, was dat die Field Intelligence Department (South Africa) om verstaanbare redes nie geskep kon word voordat oorlog amptelik uitgebreek het nie. Bowendien was daar geen formele program om intelligensie-offisiere op te lei nie.23

    Twee van die offisiere wat na Suid-Afrika gestuur is, maj. David Henderson en lt.kol. Archibald Murray, is gekies vanweë hul vroeëre kennismaking met Suid-Afrika. Hulle is nou onderskeidelik na die Kaapkolonie en Natal gestuur om die basis te lê vir die stigting van veld-intelligensiedepartemente in die twee kolonies wanneer oorlog sou uitbreek, deur persone te identifiseer wat kon optree as agente, boodskappers en tolke. 'n Derde lid was maj. Edward Altham, hoof van Afdeling B in die Military Intelligence Division in Londen, wat lt.genl. sir George White na Suid-Afrika vergesel het en vroeg in Oktober 1899 by Murray in Natal aangesluit het.24

    In Natal het Murray reeds vroeg in Oktober 1899 sowat 45 wit Britse onderdane van Natal, die Vrystaat en die ZAR en 50 swart mans as die Natal Corps of Guides georganiseer, manne met kennis van hul onderskeie distrikte, die veld, Afrikaans en 'n swart taal, en wat goed kon perdry en skiet.25 Dit is opvallend dat die korps 50 swart mans opgeneem het. Dit is onseker of hulle gewapen was, maar dit het duidelik die onuitgesproke verstandhouding tussen die regerings van Brittanje en die ZAR dat dit 'n oorlog tussen wit mense moes wees, verbreek nog voor die oorlog uitgebreek het.

     

    Die oorlog breek uit

    Op 11 Oktober 1899 het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek.

    Volgens die verslag van die Military Intelligence Division het die Natal Corps of Guides "valuable service" aan die intelligensie-departement van White in die eerste gevegte gelewer.26

    Op 15 Oktober, vyf dae voor die Slag van Talana, het White vir Murray van Ladysmith na Dundee gestuur om as intelligensie-offisier by genl.maj. sir William Penn Symons se staf aan te sluit. Murray was spoedig in staat om Penn Symons van bykans al die bewegings van die oprukkende Boeremagte in te lig. Op 19 Oktober het hy Penn Symons meegedeel dat hy daardie nag 'n Boere-aanval kon verwag - genl. Daniël Erasmus vanuit die noorde, genl. Lukas Meyer vanuit die ooste en kmdt. Ben Viljoen vanuit die weste.27 Ofskoon die inligting oor Viljoen se opmars foutief was, sou dit later blyk dat die res merkwaardig akkuraat was.

    Penn Symons se minagting vir die Boere se gevegsvaardighede en sy oormaat selfvertroue en koppigheid het veroorsaak dat hy die moontlikheid dat die Boere 'n brigade van die Britse leër sou aanval, onderskat het. Hy het trouens nie die moeite gedoen om wagposte op die heuwels oos en noordwes van Dundee uit te plaas nie. Die Boere onder Meyer en Erasmus het gevolglik hierdie heuwels die nag van 19 Oktober beset, en alleen met groot verliese kon die Britte die Boere onder Meyer die volgende dag van Talana-heuwel verdryf. Penn Symons is dodelik gewond en Britse ongevalle was bykans 450 offisiere en manskappe.28

    'n Paar dae later het die Britse kolonne na Ladysmith teruggetrek. Murray en sy korps is egter op 2 November saam met White en die assistent-adjudant-generaal vir Intelligensie, Altham, en David Henderson in die Boere se beleg van Ladysmith vasgekeer. Die beleg sou eers op 28 Februarie 1900 opgehef word.

    Murray se aanspraak voor die Royal Commission dat sy intelligensie-eenheid in Ladysmith vir lt.genl. sir Redvers Buller - wat getaak was om Ladysmith te ontset - met inligting van die Boere-bewegings voorsien het, en teen die einde nogal daagliks,29 moet met versigtigheid bejeën word. Sulke inligting het Buller nie in staat gestel om enige swakplekke in die Boerelinies te benut of Ladysmith vroeër te bereik as wat hy wel het nie.

    In die Kaapkolonie het kol. M.F. Rimington, wat kort voor die oorlog in Bloemfontein gestasioneer was as een van die tien spesiale offisiere, op 3 Oktober 1899 van Henderson toestemming verkry om 'n korps met die naam Rimington's Guides op te rig. Toe die oorlog agt dae later uitbreek, het hy oor 'n korps van 200 man beskik, bestaande uit heelwat Afri-kaanssprekende Vrystaters en Kolonialers wat die wêreld goed geken het en in sommige gevalle ook 'n swart taal magtig was en wat goed kon perdry en skiet. Hy was by Naauwpoort (Noupoort) in die Noordoos-Kaap gestasioneer, met manne by Colesbergbrug en Norvals-pontbrug aan die Vrystaatse grens.30

    Wat Rimington se werkswyse betref, merk Fergusson op dat daar tydens die Anglo-Boereoorlog steeds 'n aanvraag na tradisionele gidswerk was, waar groot dele van die gebiede nog ongekaart of gebrekkig gekaart was.31 Die gidse was plaaslike mense, dikwels swart mans. Hulle was deel van die Field Intelligence Department (South Africa) vir so lank as wat die Britse leër in die gebied betrokke was waar die gidse met die omgewing bekend was. Daarteenoor was verkenners ("scouts") manne wat geleer is om inligting oor die vyand se situasie en aktiwiteite te bekom deur te voet of te perd vyandelike gebied binne te gaan en weer aan hoofkwartier te rapporteer.32 Rimington het voor die Royal Commission getuig dat dit sy metode was om sy verkenningspatrollies twee of drie uur voor dagbreek uit te stuur om so na as moontlik aan die vyand te kom. "That is the whole system of scouting - to get into a place at night." Die verkenners het sake dan waargeneem totdat die vyand se brandwagte onttrek is. 'n Groep sou dan agterbly en selfs met die vyand skote verwissel, voor hulle teen skemer terugkeer. "That was the great point, not to come back until after dusk."33

    Hierdie getuienis van Rimington strook egter nie met dié van Amery voor die Royal Commission nie. Amery was nogal krities teenoor die algemene optrede van Britse intelligensie:

    Individual Generals [did not] ... run enough risks to get intelligence. To get proper intelligence you ought to be losing a certain number of scouts every week; but, as I often saw myself, the scouts used to go out in the morning, after daylight, and ride till they saw the Boers in the distance or heard from Kaffirs that there were Boers there, and then they came back. That sort of intelligence is not worth much... It was considered dangerous to send a man out to scout the enemy's position if there was a chance of his getting killed, although that was not at all dangerous to the Army, being only one casualty; on the other hand, it was not considered very dangerous, as it ought to have been, to lead a whole division against an unreconnoitred position.34

    Die Rimington Guides kry in die verslag van die Military Intelligence Division bloot 'n "rendered satisfactory service" vir sy gids- en vegtersrol in die oorlog.35

    'n Suksesverhaal vir die Britse intelligensie rondom die Anglo-Boereoorlog is dié van kol. R.S.S. Baden-Powell te Mafeking, die administratiewe setel van die Betsjoeanalandse Protektoraat. Met 'n dreigende oorlog op hande is Baden-Powell in Julie 1899 na Mafeking gestuur, waar hy in bevel geplaas is van twintig "Special Service Officers" om die verdediging van die grens met die ZAR te organiseer. In geval van oorlog sou dit sy vernaamste taak wees "to draw as large a force of Boers as possible from opposing the British at their southern borders".36

    Voor die uitbreek van die oorlog het Baden-Powell van verskeie intelligensie-offisiere en agente aan die wesgrens van die ZAR gebruik gemaak om inligting in te win oor die Boere se getalle en moontlike mobilisasie. Hy het voor die Royal Commission getuig: "We had spies and intelligence agents out across the border, and were thus kept well informed of the Boers' doings."37

    Hy het voorts aangedui dat van sy agente Boerekrygsrade bygewoon het: "We heard all that went on at their meetings."38 Dit is nie verbasend nie, aangesien buitelandse vrywilligers by die Boere verstom gestaan het dat krygsrade in die ope ten aanskoue van omstanders plaasgevind het.39 Oor die artillerie van die Boere wat Mafeking beleër het, het Baden-Powell goeie inligting bekom, maar nie oor die doeltreffendheid van hul pom-pom-kanonne nie.40

    Op die vraag ten slotte of Baden-Powell dus "pretty full information" oor die Boere se situasie voor die uitbreek van die oorlog gehad het, het hy geantwoord: "Yes, we were quite well informed in that way."41

    Baden-Powell het tog gefouteer met sy inligting oor die aantal Boere wat Mafeking beleër het - hy was trouens in sy skik dat hy soveel Boere rondom die dorp kon vaspen, terwyl hul aanwesigheid elders nodiger was. Voor die Royal Commission het hy verklaar dat genl. Piet Cronjé Mafeking in Oktober-November 1899 met 8 000 burgers beleër het, maar ná 'n maand byna 5 000 man na die beleg van Kimberley verskuif het.42 In werklikheid het Cronjé die beleg met 5 600 man begin, maar genl. Koos de la Rey het binne vyf dae met 2 500 na die Modderrivier vertrek, terwyl kleiner kommando's na Lobatse en Derdepoort gestuur is. Dit het Cronjé met sowat 3 000 man gelaat, maar toe hy op 18 November ook na die Modderrivier gestuur is, het genl. Kootjie Snyman slegs 1 400 man rondom Mafeking tot sy beskikking gehad.43 Die beleërdes het meer as sewe maande uitgehou, en toe Mafeking uiteindelik op 17 Mei 1900 ontset is, is Baden-Powell te midde van vreugdevolle feesvierings as 'n nasionale held toegejuig.

     

    "Black Week"

    Die rol wat die Field Intelligence Department (South Africa) in die Britse nederlae van "Black Week" (10 tot 15 Desember 1899) gespeel het - of nie gespeel het nie - moet vervolgens aandag kry. Hiermee word bedoel die nederlae van genl.maj. sir William Gatacre by Stormberg naby Molteno aan die suidelike front op 10 Desember, lord Methuen by Magersfontein suid van Kimberley aan die wesfront op 11 Desember, en Buller by Colenso aan die Tugelafront op 15 Desember.

    By Stormberg het Gatacre nagelaat om verkenning te laat doen oor die roete wat sy kolonne in hul nagmars in die rigting van genl. Jan Olivier se Vrystaatse mag moes onderneem. Hy het sy twee intelligensie-offisiere, waarvan een die terrein rondom Stormberg goed geken het, in Molteno agtergelaat, en die gidse wat sy mag moes lei, het klaarblyklik nie sy planne mooi verstaan nie en het verdwaal. Sy uitgeputte mag, wat 24 uur tevore hul opmars begin het, het gevolglik net voor dagbreek langs Kissieberg opgeruk en 'n ideale teiken vir die Boere onder Olivier bo-op die berg geword. Tot oormaat van ramp het meer as 600 man en hul offisiere in die loop van die geveg nie die bevel om te retireer ontvang nie en is hulle krygsgevange geneem.44

    Nog meer as Stormberg was Magersfontein 'n noodlottige kombinasie van swak aanvoer-derskap en onbevoegde intelligensie. Methuen was koppig genoeg om met sy frontaanvals-metode van sy vorige oorwinnings by Belmont, Graspan en Modderrivier vol te hou. Maar hy is veral deur De la Rey uitoorlê, wat die Boere se loopgrawe vóór die heuwels laat grawe het in plaas van bo-op Magersfonteinheuwel, soos Methuen verwag het.

    Die vraag is of Methuen van die loopgrawe vóór die heuwels geweet het. Maj. C.E. Benson van Methuen se intelligensie-staf het persoonlik verkenning van die Magersfontein-omgewing gedoen, maar nóg hy nóg die daaglikse patrollies, het die loopgrawe - wat snags gegrawe is - ontdek.45 Op 7 Desember het Methuen met sy generaals in die rigting van Magersfontein verken. Kol. J.S. Ewart, wat hulle vergesel het, meld in sy herinneringe: "The fact is we did not know if the Boers held the hill [Magersfontein] at all, and if they did, whether they were entrenched on its slopes, or on the flat ground around its base." Garth Benneyworth vertel met behulp van Ewart se herinneringe: "... [S]ome of the party declared that they could see shelter trenches and gun pits at Magersfontein, yet others said they could see nothing." Ewart verskaf die ou probleem van swak verkenning: "We were really not near enough and it was a thousand pities, in the light of the subsequent disaster, that no proper reconnaissance in force was pushed home to clear up the situation and obtain some definite information."46

    Benneyworth aanvaar Methuen het van die loopgrawe geweet.47 Methuen noem trouens die Boere se "trenches" in 'n brief aan sy vrou die middag van 10 Desember.48 Dis my vermoede dat hy geweet het van die loopgrawe, maar dat hy soos Ewart nie geweet het of hulle óp die heuwels of vóór die heuwels was nie - daarom sy hewige bombardement van die heuwels die middag van 10 Desember sodat hy die Boere kan "sag maak" en hulle hul stellings verraai.

    Teen 04:00 die oggend van 11 Desember het die Highland Brigade van genl.maj. Andy Wauchope hulle vasgeloop in die horisontale geweervuur vanuit die Boere-loopgrawe vóór die Magersfonteinheuwel. Hoewel die geveg die res van die dag voortgewoed het, het Methuen nie herstel van die aanvanklike skok nie en 'n groot nederlaag gely.49

    Buller se nederlaag by Colenso op 15 Desember was die toppunt van die Britse verleentheid gedurende "Black Week", en weer eens het Britse intelligensie 'n groot gebrek aan voortref-likheid getoon. Sy hele Intelligensiepersoneel en hul verkenners en gidse (die Natal Field Corps of Guides) is in Ladysmith deur die Boere se beleg vasgekeer en Buller moes gevolglik op 'n nuwe Intelligensiepersoneel onder leiding van T.K. Murray, 'n plaaslike boer, staatmaak. Al wat Buller deur boodskappers, die heliograaf en posduiwe kon wys word, was dat genl. Louis Botha se hoofmag êrens voor Colenso aan die Tugelarivier saamgetrek was.50

    Buller se gebrek aan behoorlike kaarte wat die topografiese besonderhede van die omgewing aandui en die feit dat hy geen poging aangewend het om hierdie inligting deur intensiewe verkenning en patrolliewerk te bekom nie,51 het 'n gordyn voor hom getrek.

    Soos De la Rey by Magersfontein was Botha by Colenso die Britte se doodsteek. As taktikus van formaat het hy die Boere se stellings nie bo-op die heuwels laat aanbring nie, maar oor 'n afstand van 11 km so ná as moontlik vóór die heuwels aan die Tugelarivier en sy kronkels, en gesorg dat hulle goed versteek is. Met 'n mag van 4 500 man en vier kanonne en een pom-pom-kanon het Botha sy Britse teenstander met sy 19 400 man en 22 kanonne en 18 masjiengewere die hoof gebied.52

    Op 13 en 14 Desember het Buller die heuwels hewig gebombardeer in die hoop dat die Boere sou reageer en hul posisies verraai. Maar, soos C.J. Barnard aandui, "oor die groen-grys heuwels het 'n onpeilbare swye geheers en niks kon daar bespeur word nie".53

    Soos kol. C.J. Long hom misgis het deur sy kanonne vlak voor die Boere net oorkant die Tugela op te gestel het en tien 15-ponders te verloor, het genl.maj. Fitzroy Hart as gevolg van 'n foutiewe kaart hom met sy 5de (Ierse) Brigade in 'n bog van die rivier teen die vyand vasgeloop.

    Hart se opdrag was om Doringkopspruit van oos na wes oor te steek en die Tugela dan by Voetpaddrif verder wes te kruis. Sy kaart het Doringkopspruit wes van die bog in die Tugela aangedui. Toe hy Doringkopspruit dus oos van die bog aantref en die Zoeloe-gids beduie dat die enigste drif aan die bopunt van die bog was, het Hart aangeneem die kaart is ook ten opsigte van die posisie van die drif foutief. Hy het Doringkopspruit dus oorgesteek en met sy hele brigade die bog binnegegaan - reguit na die wagtende geweervuur van die Boere oorkant die Tugela.54 In die katastrofe wat gevolg het, het Hart die heel dag tydens die geveg geen enkele Boer gesien nie.55

    Die hewige storm van kritiek oor "Black Week" wat in Brittanje losgebars het, het aan die een kant nuwe momentum aan die Britse oorlogspoging gegee, maar aan die ander kant is geweldige veroordeling oor die rol van die Britse Military Intelligence Division en sy Field Intelligence Department (South Africa) uitgespreek.

    Ardagh het as direkteur van die Military Intelligence Division onder hewige kritiek van die publiek en sommige politici deurgeloop. Daar is gevra of die diens nie aan "criminal ignorance" skuldig was nie. Fergusson haal genl.-maj. F.S. Russell aan: "There is no branch of our military organisation which, during the present war, has come in for so much criticism and blame as the Intelligence Department."56

    Vanweë die vertroulikheid van die werk van die Military Intelligence Division, veral met betrekking tot die militêre voorbereidings van die Boere voor die uitbreek van die oorlog, kon Ardagh egter nie in die openbaar reageer op die kritiek nie. Dié kon hy eers ná die oorlog doen toe hy voor die Royal Commission moes getuig.57

    Wat was die kritiek?

    1. Dat die Militêre Intelligensiediens nie daarin geslaag het om die getal van die Boere-strydmagte korrek te bepaal nie;

    2. Dat hulle oningelig was oor die Boere se bewapening, en veral hul artillerie;

    3. Dat hulle in gebreke gebly het om die Boere se offensiewe planne in Natal te deurgrond;

    4. Dat die regering nie oor hierdie kwessies ingelig is nie;

    5. En dat die Britse troepe nie van kaarte voorsien is nie en oor geen topografiese inligting beskik het nie.58

    Hierdie kritiek op die Military Intelligence Division was onbillik. Gegewe hul gebrek aan fondse en gesag binne die War Office het hulle hul taak uitstekend verrig. Hulle was akkuraat in hul bevindings oor die getal krygspligtige burgers van die republieke, die getal en tipe wapentuig waaroor hulle beskik het (kanonne, masjiengewere en gewere) en die oogmerke van die Boereleërleiding.59

    William Robertson het voor die Royal Commission getuig dat hulle uit die dokumente wat hulle met die inname van Bloemfontein op 13 Maart 1900 en Pretoria op 5 Junie 1900 in die kantore van onderskeidelik pres. M.T. Steyn van die Vrystaat en kmdt.genl. Piet Joubert van die ZAR gevind het, vasgestel het dat hul eie bevindinge in die Military notes merkwaardig daarmee ooreengestem het.60 Belangrik is dat sy getuienis gestrook het met dié van sowel Ardagh as Altham (nou luitenant-kolonel) wat aangedui het dat hulle die getalle selfs 'n bietjie oorskat het.61

    Die kritiek oor die gehalte of afwesigheid van kaarte kan nie op die Military Intelligence Division se brood gesmeer word nie. 'n Ondersoek na die gehalte en beskikbaarheid van kaarte vir die Britse oorlogspoging in Suid-Afrika wys op die probleme wat die Britse leërleiding ervaar het.

    Hoe het die Military Intelligence Division se Afdeling F, die kaarte-afdeling in Londen, gevaar met die oog op 'n waarskynlike oorlog in Suid-Afrika? Aan hierdie ontsaglike wye tema kan hier slegs ligtelik geraak word.

    Voldoende kartering van die waarskynlike operasionele gebiede was 'n groot probleem. Maj. S.C.N. Grant van die Royal Engineers het in 1896 na aanleiding van die mislukte Jameson-inval 'n militêre sketskaart van 1 duim op 1 myl getrek van die driehoek wat Natal met die ZAR en die Vrystaat maak. Ongelukkig vir die Britte het die kaart nie die Tugela-gebied wat die Boere suid van Ladysmith sou inneem, gedek nie. En hoewel Buller met sy aankoms in Natal einde November 1899 'n intelligensie-afdeling opgerig het (nadat, soos reeds gemeld, die oorspronklike Field Intelligence saam met White in Ladysmith beleër was) met onder meer die opdrag om kaarte te vervaardig, moes hulle van bestaande nuttelose kaarte werk, omdat die Boere die terreine beset het wat opgemeet moes word. Belangrik was dat daar geen topografiese kaarte vir militêre doeleindes was nie, en daar was bitter min inligting vir die landmeters en kartograwe om vanaf te werk. Buller was verplig om van Russell se skoolatlas van een duim op 5 myl van 1893 gebruik te maak.62 Dit sou gedeeltelik bydra tot sy mislukkings aan die Tugelarivier in sy pogings om Ladysmith te ontset.

    Lt.genl. W.G. Nicholson se getuienis voor die Royal Commission het hierby aangesluit: "... [I]t was quite impossible for us to prepare maps before the war unless we had spent something like ... a quarter of a million [pounds sterling] in doing so. And even if we had had the money we could not possibly have got into the country in the state of tension that then existed." 'n Redelik goeie kaart sou volgens hom vyf of ses jaar neem om te voltooi.63

    Fergusson is korrek in sy oordeel dat die nederlae van "Black Week" in 'n groot mate toegeskryf kan word aan die afwesigheid van doeltreffende intelligensie oor die terrein en die Boere, maar meer spesifiek aan die Britse bevelvoerders self, vir hul gebrek aan waardering vir behoorlike intelligensie deur verkenners en hul ongegronde optimisme oor die vermoëns van hul eie troepe.64

    Verdoemend het Amery in sy getuienis voor die Royal Commission gewys op die gebrek aan verkenning deur die Britse bevelvoerders. Hy noem Stormberg as voorbeeld en trek dan los teen Buller se optrede (of gebrek daaraan) by Colenso:

    I do not think General officers used to let their officers run nearly enough risks to get information. I consider it would have been perfectly easy to have sent a dozen junior officers across the Tugela every night, to crawl about the Boer lines; three or four of them would have got captured, but the rest would have brought back valuable information.65

     

    Roberts: taktiese intelligensie verbeter

    Met die aankoms van lord Frederick Roberts in Kaapstad op 10 Januarie 1900 om Buller as opperbevelhebber van die Britse troepe in Suid-Afrika te vervang, het taktiese intelligensie dramaties verbeter. Die kundigheid van sy nuwe direkteur van die Field Intelligence Department (South Africa), kol. George Henderson (nie verwant aan David Henderson nie) en sy eie besef van die noodsaaklikheid vir doeltreffende intelligensie en ervare personeel het daarvoor gesorg. Soos Fergusson tereg met voorbeelde oordeel: "Unlike his predecessor Sir Redvers Buller, who on occasion ignored reports of the enemy strength prepared by his field intelligence department and then made his own, Lord Roberts relied heavily on the estimates of his intelligence department from the very first."66

    'n Buitengewoon bekwame personeellid was die reeds genoemde William Robertson (in hierdie stadium kaptein maar 'n offisier wat gedurende die Anglo-Boereoorlog deur die range tot luitenant-kolonel sou vorder). In Londen was hy by Afdeling B van die Military Intelligence Department betrokke wat vir die opstel van die Military notes van Junie 1899 verantwoordelik was.67 As sodanig het hy oor die korrekte agtergrond beskik.

    In Februarie 1900 was Robertson besonder aktief aan die Boere se wesfront, waar hy inligting oor die toestand van genl. Piet Cronjé en sy mag bekom het deur van Afrikaners gebruik te maak wat Cronjé se laer gereeld en moeiteloos binnegegaan het. Sodoende kon hy ook die rigting waarheen Cronjé ná die ontset van Kimberley op 15 Februarie vanaf Magers-fontein getrek het, te wete kom.68

    "Black Week" het dit duidelik laat blyk dat berede infanterie en vernuftige verkenners nodig was. Een so 'n verkennerskorps wat daarop opgerig is, was die Lovat's Scouts van maj. lord Lovat van Skotland. Dit het uit 269 ruiters van hoofsaaklik die Skotse Hoogland bestaan. As spoorsnyers tuis het hulle in Suid-Afrika met hul teleskope waardevolle verkenningswerk op die voorposte gedoen, veral met Roberts se opmars van Bloemfontein na Pretoria in Mei-Junie 1900.69 Fergusson oordeel trouens dat Roberts se snelle opmars na Pretoria "could not have been accomplished without the improvements that had been made in the intelligence system".70

    Teen April 1900 is George Henderson vanweë siekte verhinder om voort te gaan as direkteur van die Field Intelligence Department (South Africa). Lt.kol. C.V Hume het sy goeie werk voortgesit.71

    Op 13 Julie 1900 het Hume die werk van die Field Intelligence Department (South Africa) sedert Roberts einde Januarie 1900 by Buller oorgeneem het, in oënskou geneem. As assistentadjudant-generaal (A.A.G.) het hy vyf onder-assistent-adjudant-generaals (D.A.A.G.'s) onder hom gehad wat naas hul klerklike werk alle inligting oor die vyand moes ontvang en opteken; 'n daaglikse opsomming van hierdie inligting aan Roberts en sy stafhoof (lord Herbert Kitchener) moes deurgee; die inligting aan die eenhede in die veld deurgee wat op hulle betrekking het; en 'n weeklikse opsomming van gebeure aan die War Office deurstuur.72

    Voorts was die D.A.A.G.'s verantwoordelik vir die voorsiening en verspreidig van kaarte, en moes hulle gidse, tolke, verkenners en rapportryers bekom om inligting oor die vyand in te win. Hulle moes ook krygsgevangenes ondervra en enige dokumente wat in hul besit was, konfiskeer om vertaal te word.73

    Voortaan moes elke kavallerie-, berede infanterie- en infanterie-divisie oor 'n D.A.A.G. vir intelligensie beskik. Elkeen van hierdie offisiere moes hul eie staf hê met verkenners en tolke.74

    Hume se verslag het aangedui dat die Field Intelligence Department (South Africa) reeds waardevol gebruik gemaak het van plaaslike inwoners as verkenners, aangesien hulle inligting kon verkry wat die Britse leër andersins nie sou bekom nie. Ook swart mans is as verkenners ingespan: "They are able to travel longer distances than the white man, and act more as spies than scouts," het hy verklaar.75

    Tussen einde Maart en September 1900 het die Boere 'n nuwe tipe oorlogvoering, nl. 'n guerrillakryg, ingespan. Dit het nuwe eise aan die Britse oorlogspoging gestel. In die Vrystaat het genl. C.R. de Wet begin met hierdie taktiek van toeslaan op geïsoleerde Britse kolonnes gevolg deur die opbreek van die kommando's in kleiner eenhede om paraat te wees vir 'n volgende verrassingsaanval. In die ZAR is De la Rey na die Wes-Transvaal gestuur om die Boere-weerstand met hierdie taktiek op te bou, terwyl kmdt.genl. Louis Botha en genl. Ben Viljoen onderskeidelik suid en noord van die Delagoabaaispoorlyn dieselfde in Oos-Transvaal gedoen het.

    Dit het lord Roberts genoop om teen-guerrilla-taktiek toe te pas en sy mag in kleiner mobiele eenhede op te breek.76 Wat nou nodig was, was inligting oor die aard van die Boere-aanslae.

    Die taak op hande vir Roberts (en sy opvolger, Kitchener, sedert einde November 1900) word duidelik gemaak in die herinneringe van Robertson:

    The system of guerilla warfare adopted by the Boers... made Intelligence duties much more difficult than before. The enemy's plan now was to act aggressively against different points on our line of communication, and to pick up elsewhere any helpless or unwary detachment which promised to be an easy prey, and as the bodies he employed were widely dispersed, moved swiftly, were subject to variable combinations, and were favoured by the nature of the country, it was impossible to place or number them for more than a few hours at a time.77

    Die Britse intelligensie was tot in hierdie stadium beperk tot bystand aan divisies en brigades. Desentralisasie van die Field Intelligence Department (South Africa) het noodsaaklik geword om inligting oor die verspreide Boerekommando's in te win.78

     

    David Henderson as direkteur

    In Februarie 1901 het David Henderson Hume vervang as direkteur van die Field Intelligence Department (South Africa). Hy het hierdie pos vanuit sy hoofkwartier in Pretoria tot die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 beklee en het 'n groot bydrae tot die doeltreffendheid van die intelligensiestelsel gelewer.

    Henderson se eerste stap in die rigting van desentralisasie was om die operasionele terrein in vier distrikte te verdeel, naamlik Transvaal, Oranjervierkolonie (Vrystaat),79 die Kaapkolonie suid van die Oranjerivier, en Kimberley. Hierdie vier distrikte is weer onderverdeel in subdis-trikte met 'n stafoffisier in bevel van elke subdistrik. Die stafoffisier was verantwoordelik vir die insameling van inligting in sy subdistrik. Hy moes die kolonnes in sy gebied van gidse, verkenners, tolke en kaarte voorsien wat hulle mag benodig, en alle inligting aan die kolonnes deurgee wat hy van sy eie agente en van ander kolonnes in sy gebied ontvang het. Waar moontlik het kolonnes enige beskikbare inligting aan die stafoffisier oorgedra wat dit weer na die hoofkwartier van sy omgewing aangestuur het. Belangrike inligting is ook aan die hoofkwartier in Pretoria versend. Distriksoffisiere was verplig om elke Sondagaand per telegram 'n weeklikse opsomming van die militêre situasie in hulle gebied aan Henderson deur te stuur, met inligting oor die getalle van die vyand en enige ander tersaaklike aspekte. Dit moes gevolg word deur 'n geskrewe verslag van intelligensie vir die voorafgaande week.80

    Henderson was self van oordeel:

    This system was found to work satisfactorily and there was a constant interchange of information between columns and between the fixed points at which Intelligence Stations were placed. The theatre of operations, however, was so extensive that in many cases communication with columns was lost, and in such cases columns had to depend on their own Intelligence Officers, and the information gathered by them. ... As the war progressed, the columns became smaller and much more numerous and considerable difficulty was experienced in providing the right stamp of Officer to work the Intelligence for the mobile forces. The increase in the number of columns, however, made Intelligence work generally easier, owing to the large number of independent reports by which information could be more accurately judged.81

    Hierdie weeklikse verslae bied 'n insig in die merkwaardige inligting wat die Field Intelligence Department (South Africa) in die laaste agtien maande van die oorlog ingewin het. As voorbeeld kan geneem word die "Summary of Intelligence for the Week Ending 22nd December 1901, at Army Headquarters from the Reports of Intelligence Officers", en daarvan spesifiek die inligting oor Ben Viljoen se kommando's by Pelgrimsrus:82

     

     

    Waarvandaan die inligting?

    Waar het die Field Intelligence Department (South Africa) sy inligting vandaan gekry?

    In die eerste plek is dit duidelik dat daar Boere - die aantal sal nooit vasgestel kan word nie - as Britse spioene in die kommando's opgetree het. Daarvan getuig 'n telegram van Kitchener aan die Britse minister van oorlog in Londen op 11 Maart 1902, slegs vier dae nadat De la Rey Methuen by Tweebosch in Wes-Transvaal verslaan het, waartydens Methuen gewond is: "Lord Methuen was seen by an agent of the Intelligence Department being well cared for in his own wagon."84

    'n Belangrike bron van inligting was die private dagboeke en ander dokumente wat tydens 'n suksesvolle aanslag op 'n Boerekommando van krygsgevangenes gekonfiskeer is. Hiervoor het die Field Intelligence Department (South Africa) op intelligensie-verkenners staatgemaak. Hiervan vertel Robertson:

    These scouts, working under the direction of Captain G.F. Milne, would track the commandos from place to place, and sometimes lie out watching them for several days and nights in succession, bringing or sending back most valuable intelligence. Most of them were recruited from South Africa, some being white and some coloured, while some of them came from other parts of the world. One of the latter was Mr. F.R. Burnham, the famous American scout. He was a great acquisition, and carried out many hazardous enterprises with skill and success.85

    Selfs wanneer verkenners waardevolle inligting bekom het, het kommunikasieprobleme soms die pogings laat misluk. Die Britse kolonnes het dikwels ver van hul hoofkwartier geopereer, terwyl die verkenners nog verder moes funksioneer. Die gevolg was dat inligting die hoofkwartier in Pretoria dikwels te laat bereik het. Daarbenewens was interkommunikasie tussen Britse kolonnes dikwels ook swak vanweë tegniese probleme met die telegrafíese of heliografiese kommunikasie of laksheid deur die bevelvoerende offisiere.86 Dit was byvoorbeeld die geval tydens die eerste dryfjag op De Wet in Julie-Augustus 1900, toe sowat 50 000 Britse troepe hom en sy mag van 2 000 man vergeefs agtervolg of voorgele het. Hoofkwartier in Pretoria het meestal daarin geslaag om sy bewegings te volg, maar Roberts se inligting was dikwels verouderd. Daarbenewens was dit 'n probleem om die kolonnes in die veld vinnig daarvan in kennis te stel. Teen die snel bewegende De Wet was dit fataal, en inligting oor sy bewegings was dikwels 24 uur laat.87

    Kitchener se oprigting van blokhuislinies tussen Januarie en November 1901 in 'n netwerk kruis en dwars oor die operasionele terrein het veel bygedra tot die inligting wat die Britse intelligensie kon inwin. Bykans 8 000 blokhuise is veral langs spoorlyne en hoofweë opgerig.88Benewens die feit dat die blokhuislinies die Boerekommando's se beweging beperk het, het die blokhuise aldus David Henderson sekuriteit aan die intelligensienetwerke in die subdistrikte gebied "and the information so obtained has been very valuable and accurate ... and the enterprise and activity of the scouts resulted in a large number of captures in every district in which the posts were established".89

    In die laaste agtien maande het die Topografiese Seksie verskeie kaarte uitgereik. Dit was gebaseer op bestaande kaarte, padverslae en verkenning, hoofsaaklik deur intelligensie-offisiere by die onderskeie kolonnes. Onder hulle was daar Jackson se kaart van Transvaal in 62 velle (waarvan daar 162 500 velle uitgereik is), Duncan se kaart van die Oranjerivierkolonie in 20 velle (15 000) en Casgrain se kaart van die Kaapkolonie in 38 velle (200 000). Altesaam 541 080 van hierdie kaarte is aan die soldate beskikbaar gestel.90

    Gedurende die guerrillafase het die getal persone wat vir die Field Intelligence Department (South Africa) gewerk het, dramaties toegeneem, veral aangesien baie onafhanklike eenhede hul eie intelligensie-offisiere benodig het. In November 1900 het die Field Intelligence Department (South Africa) oor ongeveer 30 offisiere en 250 wit ondergeskiktes beskik. Teen die einde van die oorlog was daar 132 offisiere, 2 321 wit burgerlike ondergeskiktes en 'n groot aantal swart mans in diens.91

    Dit is duidelik dat die Field Intelligence Department (South Africa) goeie werk in Suid-Afrika gedoen het. Tog kan ons met Fergusson saamstem wanneer hy besluit:

    Despite the many innovations and constant improvements which characterized David Henderson's tenure as DMI in South Africa, the natural advantages of the Boers as guerrillas fighting in their own land with the support of the civilian population were virtually impossible to overcome. Their intelligence system was so effective that they were able to outmanoeuver British troops in some situations, even when the Field Intelligence Department had accurate intelligence of their strength and disposition.92

     

    Boeredagboeke as bron van inligting

    Daar is reeds aangedui dat 'n belangrike bron van inligting vir die Britse intelligensiediens die private dagboeke en ander dokumente was wat tydens 'n suksesvolle aanslag op 'n Boere-kommando van krygsgevangenes gekonfiskeer is. Hierdie dokumente is na hoofkwartier geneem waar dit in Engels vertaal is. Die vraag ontstaan: Hoe belangrik was hierdie inligting?

    Uiteraard was die bedoeling om inligting oor die Boere se ervaring van die oorlog in te win. Op hierdie wyse kon 'n profiel van die burgers en hul offisiere saamgestel word. Patrone van Boere-optrede en hul toestand en gewoontes kon sodoende vasgestel word wat tot die nederlaag van die Boere kon lei.

    Ek het lukraak twee dokumente uit die Nasionale Argief in Kew uit die WO 32-argiefgroep gekies om as gevallestudies te dien. Die eerste is die dagboek van die direkteur van telegrafie van die ZAR van Wolmaransstad in Wes-Transvaal, ene Du Toit. Die Engelse vertaling beslaan 14 getikte bladsye en dek die tydperk tussen Kersdag 1900 en 19 Augustus 1901. Du Toit is op ongeveer 20 Augustus 1901 krygsgevange geneem. Die tweede dokument is die dagboek van burger J.D. Duveen wat ongeveer 12 Julie 1901 naby Warmbad in Noord-Transvaal krygsgevange geneem is. Sy dagboek dek die tydperk 11 Junie tot 11 Julie 1901 en beslaan 11 getikte bladsye. Henderson in Pretoria het die vertaalde tekste op 8 November 1901 per telegraaf aan die direkteur-generaal van Militêre Intelligensie in Londen deurgestuur.93

    In die eerste plek val die belangrikheid van godsdiens vir die Boere op. Dit het kennelik as rigsnoer vir die burgers gedien en hulle gevolglik versterk om in die stryd te volhard. Wanneer Du Toit op 1 Januarie 1901 nadink oor die wegvoer van sy vrou na 'n konsentrasie-kamp, teken hy aan (in vertaling): "But God will send deliverance at His own time." Hy onderstreep vervolgens die woorde: "This I firmly believe."

    Die twee Boereregerings het 8 Augustus 1901 as 'n dag van danksegging vir hul bewaring as 'n volk gedurende die geweldige stryd van bykans twee jaar geproklameer.94 Du Toit pen op daardie dag in sy dagboek neer (in vertaling): "Today is a day of great importance for us, for the Great God has protected the great majority of our people, in spite of the efforts of our powerful enemy. He has given us food and shelter every day in spite of the terrible destruction the enemy has inflicted upon us. Yes! Thank God for the many times he has delivered us when the need was high, in which we could see his protecting hand."

    Hierdie geloof in God se verlossing was kenmerkend van baie burgers.95 Aan die een kant het dit die rol van die Boereleiers aangedui, aangesien gen. De la Rey die byeenkoms waarby Du Toit aanwesig was met sy gesin en staf bygewoon het. Du Toit het opgeteken dat De la Rey 'n hartlike woord van aanmoediging aan die skare gerig het waarin hy die burgers herinner het aan die vele wonderlike dade van God. Hy (De la Rey) het die burgers tot groter volharding aangespoor en verklaar dat dit sy oortuiging was dat God aan hulle op Sy tyd die gewenste verlossing sal skenk.

    Aan die ander kant was die sterk geloof in God se verlossing 'n aanduiding van Du Toit se godsdienstige oortuiging. In die tweede laaste inskrywing voor sy gevangeneming skryf hy (in vertaling): "May the Lord direct that an end should come to this because it is too terrible to live in such a state...".

    'n Tweede tema van nut uit Du Toit en Duveen se dagboeke vir die Britse intelligensie dek die ondersteuning wat die burgers van vroue gekry het wat met hul kinders in die veld geswerf het of in hul afgebrande wonings gebly het nadat die Britse owerhede ná Desember 1900 nie meer Boerefamilies na die konsentrasiekampe gestuur het nie. Dwarsdeur die bladsye van Du Toit en Duveen se dagboeke neem die leser kennis van die bystand wat die vroue aan die mans gelewer het met gasvryheid, skuiling, voedsel en geestelike onderskraging.

    Die beskikbaarheid van voorrade vir die kommando's is 'n derde tema, of dit nou die Kersmaal van 25 Desember 1900 op Witpoort in Wes-Transvaal is of die algemene voedselsituasie van die Boere. Du Toit skryf dat 'n mev. Badenhorst van Hartbeesfontein nog op Kersdag 1900 vir die burgers bokmelk, brood, vleis en karringmelk gegee het.96 Hy meld dat hy op dié dag meer as eenmaal die opmerking gehoor het (in vertaling): "If the English could but see us here today, they would have to admit that we are not in such a pitiful state as they make out."

    Duveen maak 'n hele aantal inskrywings oor die buit van hoenders en eende of ander voedsel deur die burgers op die verlate plase, en van ekspedisies na plase om groente te oes. Voedsel was daar dus nog beskikbaar.

    Vierdens kon die Britse intelligensiediens waardevolle inligting uit Du Toit se dagboek verkry oor die Boere se telegrafíese stelsel in Wes-Transvaal. Dit was teen Julie 1901 nog steeds aktief en 'n doring in die Britte se vlees.

    'n Minder welkome stukkie inligting vir die Britte - soos verkry uit die dagboek van Du Toit - was die Boere se reaksie op Kitchener se verbanningsproklamasie van 7 Augustus 1901. Volgens dié proklamasie sou alle kommandante, veldkornette, aanvoerders van gewapende bendes en die lede van die regerings van beide republieke wat ná 15 September 1901 steeds weerstand bied, permanent uit Suid-Afrika verban word. Daarbenewens sou daar heffings teen hul roerende en onroerende eiendom ingestel word om vir die onderhoud van die families in die konsentrasiekampe te voorsien. Du Toit teken aan dat die telegrafis wat die proklamasie na die laer gebring het, sy toehoorders vertel het hulle moet nog net 'n rukkie uithou, want "it is all up" met die Britte.

    Kitchener se proklamasie het inderdaad geen effek op die Boere gehad nie. Pres. Steyn van die Vrystaat en die generaals Botha, De Wet en De la Rey het almal vurige antwoorde aan die Britse opperbevelvoerder gestuur. In 'n goed beredeneerde brief waarin hy Kitchener se reg om die dreigement van verbanning in te stel, verwerp, het Steyn hom herinner: "Your Excellency's jurisdiction is limited by the range of Your Excellency's guns." Dit het as geen verrassing gekom nie dat daar ná hierdie mislukte proklamasie 'n algemene herlewing van die Boere se oorlogspoging was.97

    'n Laaste voorbeeld van inligting wat gebuite Boeredokumente geopenbaar het, het betrekking op die teregstelling deur die Boere van swart mans wat as rapportryers vir die Britte opgetree het en met die rapporte in besit betrap is. Dit word op 2 Julie 1901 in Duveen se dagboek vermeld. Reeds in Junie 1900 het Jan Smuts as staatsprokureur instruksies uitgereik dat swart mans wat met Roberts se proklamasies betrap word, vir hoogverraad verhoor moet word. Dit is duidelik dat skuldigbevinding alleen die doodsvonnis kon beteken.98

    Met die aanbreek van die winter van 1901 het die Boere se teregstellings van ongewapende gekleurde Britse rapportgangers met of sonder verhoor momentum gekry. In Mei is byvoorbeeld twee swart rapportgangers deur burgers van genl. Jan Kemp in Wes-Transvaal doodgeskiet. Die volgende maand het genl. P.H. Kritzinger wat in die Kaapkolonie geopereer het, amptelike toestemming aan sy burgers verleen dat naas gewapende ook ongewapende gekleurdes wat aan die Britse oorlogspoging hulp verleen summier doodgeskiet mag word. Hierdie besluite het aan Kitchener die voorwendsel gegee om gekleurdes in diens van die Britse leër te bewapen - 'n optrede wat in elk geval reeds in die laaste maande van Roberts se opperbevelhebberskap 'n voldonge feit was.99

     

    Ten slotte

    Die aanstelling van genl.maj. sir John Ardagh as Brittanje se direkteur van Militêre Intelligensie in 1896 het beteken dat daar in die laaste drie jaar voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in Oktober 1899 suksesvolle metodes aangewend is om akkurate inligting oor die militêre vermoëns en die topografie van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat te bekom. Die hoogtepunt hiervan was 'n gids getiteld Military notes on the Dutch republics of South Africa.

    Die kritiek op die Field Intelligence Department (South Africa) oor die rol wat dit in die Britse nederlae van "Black Week" sou gespeel het, was onbillik. Hulle was akkuraat in feitlik al die inligting wat hulle voor die oorlog ingewin het. Die skuldiges was die Britse bevelvoerders self, vanweë hul gebrek aan waardering vir behoorlike intelligensie.

    Onder lord Roberts het taktiese intelligensie dramaties verbeter, aangesien hy swaar geleun het op die inligting van sy intelligensie-afdeling. David Henderson se bydrae as direkteur van die Field Intelligence Department (South Africa) onder Kitchener het verder daartoe bygedra. Inligting was veral afkomstig van swart mense en Boere wat in die kommando's teenwoordig was.

    Gekonfiskeerde dagboeke van Boerekrygsgevangenes het ongetwyfeld belangrike inligting vir die Field Intelligence Department (South Africa) oor die Boeresituasie verskaf.

    Vanweë die omvang van hierdie onderwerp oor die Britse Intelligensiediens en die ontsaglike hoeveelheid dokumente wat verspreid lê oor baie argiewe plaaslik en in die buiteland, is daar met hierdie artikel slegs begin met spitwerk. 'n Dieper en meer omvattende analise is nodig. Temas wat in diepte ondersoek kan word, sluit in die talle Britse verkennerskorpse wat in die lewe geroep is naas die genoemde Lovatt's Scouts en Rimington's Guides (wat self verder onder die vergrootglas kan kom); die ondersoek van die Royal Commission on the War in South Africa, spesifiek oor intelligensie; die waarde wat Boere-kollaborateurs ("joiners") vir die Field Intelligence Department (South Africa) toegevoeg het; en verdere voorbeelde van die waarde van gebuite Boere-dokumente vir die Field Intelligence Department (South Africa).

     

    BIBLIOGRAFIE

    The National Archives, Kew

    WO 30/40/16, Arthur Griffiths, "The English Intelligence Department", The Forum, November 1900.

    WO 32/8046, Diary of Adjudant J.D. Duveen.

    WO 32/8046, Diary of Telegraph Director Du Toit of Wolmaransstad.

    WO 108/96, Confidential Telegram.

    WO 108/132, Summary of Intelligence for the Week Ending 22nd December 1901, Compiled at Army Headquarters from the Reports of Intelligence Officers.

    WO 108/269, Lt.-Col. David Henderson, Report of Field Intelligence from 29th November 1900, until the cessation of hostilities, 13 Junie 1902.

    WO 108/270, Report on Intelligence Department, 13 Julie 1900.

    WO 108/402, E. A. Altham, Translation of consular correspondence and other official documents of the late Orange Free State found buried in the Orange River Colony.

    WO 108/415, Statement of the Intelligence Division.

    Blue Books (British Government Official Papers)

    Cd 1790, Minutes of Evidence taken before the Royal Commission on the War in South Africa, I.

    Cd 1791, Minutes of Evidence taken before the Royal Commission on the War in South Africa, II.

    Cd 1792, Appendices to the Minutes of Evidence taken before the Royal Commission on the War in South Africa.

    Literatuur

    Amery. LS. (ed.). 1902. The Times history ofthe war in South Africa, II. London: Sampson Low, Marston & Company.         [ Links ]

    Badenhorst, Alie. 1939. Tant Alie van Transvaal. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

    Barnard, CJ. 1970. Generaal Louis Botha op die Natalse front 1899-1900. Kaapstad: A.A. Balkema.         [ Links ]

    Benneyworth, Garth. 2023. The Battle of Magersfontein. Warwick: Helio & Company.         [ Links ]

    Breytenbach, JH. 1969. Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika, I. Pretoria: Staatsdrukker.         [ Links ]

    Fergusson, Thomas. 1984. British Military Intelligence 1870-1914. London: Arms & Armour Press.         [ Links ]

    Grant, MH. 1908. History ofthe war in South Africa 1899-1902, III. London: Hurst & Blackett.         [ Links ]

    Hattingh, Johan & André Wessels. 1999. "Life in the British blockhouses in the Anglo-Boer War, 1899-1902". Journal of Cultural History, 13(2): November.         [ Links ]

    Maurice, Frederick (ed.). 1906. History of the war in South Africa 1899-1902, I. London: Hurst & Blackett.         [ Links ]

    1899. Military notes on the Dutch Republics of South Africa. London: Section B, Intelligence Division, War Office, Revised June 1899.

    Parritt, BAH. 1971. The Intelligencers: The Story of British Military Intelligence up to 1914. Ashford, Kent: Templar Barracks.         [ Links ]

    Pretorius, Fransjohan. 1976. "Die eerste dryfjag op hoofkmdt. C.R. de Wet", Christiaan de Wet-Annale, 4. Bloemfontein: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Oktober 1976.         [ Links ]

    Pretorius, Fransjohan. 1991. Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

    Pretorius, Fransjohan. 2010. The A to Z of the Anglo-Boer War. Lanham: The Scarecrow Press.         [ Links ]

    Robertson, William. 1921. From private to field-marshal. London: Constable.         [ Links ]

    Twigge, S, Hampshire, E & Macklin, G. 2008. British Intelligence: Secrets, spies and sources. London: The National Archives.         [ Links ]

    E-pos-kommunikasie

    Garth Benneyworth - Fransjohan Pretorius, 13.1.2023.

     

     

    Ontvang: 2024-09-21
    Goedgekeur: 2024-10-30
    Gepubliseer: Desember 2024

     

     

     

    Fransjohan Pretorius is professor emeritus in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. Hy het sy kwalifikasies aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Leiden en die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy is die skrywer of redakteur van sewentien boeke en monografieë, waarvan agt oor die Anglo-Boere-oorlog handel. Sy boek Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 het drie toekennings ontvang, onder andere die Recht Malan-prys. Die Engelse uitgawe, Life on Commando during the Anglo-Boer War 1899-1902, was die naaswenner van die Sunday Times Alan Paton-toekenning. Hy is die redakteur van Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag. Hy het die Stalsprys vir Geskiedenis ontvang, sowel as verskeie ander toekennings vir sy werk, waarvan die Jan H. Marais-prys vir uitstaande akademiese werk in Afrikaans die uitne-mendste was. Tussen 2005 en 2023 was hy die voorsitter van die Geskiedeniskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die Nasionale Navorsingstigting het aan hom 'n Bl-gradering toegeken (2017-2022).
    Fransjohan Pretorius is Professor Emeritus in History at the University of Pretoria. He obtained his qualifications at the University of Pretoria, the University of Leiden and the University of South Africa. He is the author or editor of seventeen books and monographs, of which eight deal with the Anglo-Boer War. His book Life on Commando during the Anglo-Boer War 1899-1902 was the runner-up for the Sunday Times Alan Paton Award, while the Afrikaans edition, Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, received three awards. He is the editor of A History of South Africa: From the Distant Past to the Present Day. He has won the Stals Prize for History and a number of other awards for his work, the most prestigious being the Jan H. Marais Prize for outstanding academic work in Afrikaans. Between 2005 and 2023 he was the chairperson of the History Commission of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The National Research Foundation awarded him with a Bl-rating (2017-2022).
    1 S. Twigge, E. Hampshire en G. Macklin, British Intelligence: Secrets, spies and sources (London, The National Archives, 2008), pp. 93-94.
    2 B.A.H. Parritt, The Intelligencers: The story of British Military Intelligence up to 1914 (Ashford, Kent, Templar Barracks, 1971).
    3 Thomas Fergusson, British Military Intelligence 1870-1914: The development of a modern intelligence organization (London, Arms and Armour Press, 1984).
    4 The National Archives, Kew (hierna TNA), War Office (hierna WO) 30/40/16, Arthur Griffiths, "The English Intelligence Department", The Forum, November 1900, p. 343.
    5 TNA, WO 30/40/16, Arthur Griffiths, "The English Intelligence Department", The Forum, November 1900, p. 344; Fergusson, British Military Intelligence, pp. 46, 80.
    6 Fergusson, British Military Intelligence, p. 104.
    7 TNA, WO 30/40/16, Arthur Griffiths, "The English Intelligence Department", The Forum, November 1900, pp. 343, 345; Fergusson, British Military Intelligence, p. 107.
    8 TNA, WO 30/40/16, Arthur Griffiths, "The English Intelligence Department", The Forum, November 1900, p. 345.
    9 TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 1.
    10 Cd 1792, Appendices to the Minutes of Evidence taken before the Royal Commission on the War in South Africa, p. 275; Fergusson, British Military Intelligence, pp. 108 en 109.
    11 TNA, WO 108/415, Statement ofthe Intelligence Division, pp. 1-3; TNA, WO 30/40/16, Arthur Griffiths, "The English Intelligence Department", The Forum, November 1900, p. 347; Fergusson, British Military Intelligence, pp. 109-110.
    12 Cd 1790, Minutes of Evidence taken before the Royal Commission on the War in South Africa (hierna Minutes of Evidence), I, getuienis van genl.maj. J. Ardagh, Vraag 5097, p. 215.
    13 TNA, WO 108/415, Statement ofthe Intelligence Division, pp. 2-3; Cd 1790, Minutes ofEvidence, I, getuienis van lt.kol. E.M. Altham, Vraag 586, p. 24; Fergusson, British Military Intelligence, p. 111.
    14 L.S. Amery (red.), The Times history of the war in South Africa, II, p. 39.
    15 Cd 1790, Minutes of Evidence, I, getuienis van Ardagh, Vrae 5129-5132, p. 216; Military notes on the Dutch Republics of South Africa, p. 14n; Amery, Times history, II, p. 84; Fergusson, British Military Intelligence, p. 112.
    16 TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, pp. 2, 5, en 6; Military notes. Preface, p. 3.
    17 William Robertson, From private to field-marshal (London, Constable, 1921), pp. 96-97.
    18 Cd 1790, Minutes of Evidence, I, getuienis van Ardagh, 5108, p. 215; TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 5.
    19 Military notes, in toto; TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 5.
    20 Military notes, pp. 90-91; TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 5.
    21 TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 13; Fergusson, British Military Intelligence, p. 111.
    22 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Amery, 20443, p. 465, soos aangehaal deur Fergusson, British Military Intelligence, p. 112.
    23 Fergusson, British Military Intelligence, p. 148.
    24 TNA, WO 108/415, Statement ofthe Intelligence Division, p. 13; Cd 1790, getuienis vanAltham, 460, p. 19 and 544, p. 22; Fergusson, British Military Intelligence, p. 148.
    25 TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 13; Fergusson, British Military Intelligence, p. 149.
    26 TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 13; Fergusson, British Military Intelligence, p. 149.
    27 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van kol. A. Murray, 17778-17783, p. 327; Frederick Maurice (red.), History ofthe war in South Africa 1899-1902, I (London, Hurst & Blackett, 1906), p. 127; Fergusson, British Military Intelligence, p. 149.
    28 Amery, Times history, II, p. 174; Fergusson, British Military Intelligence, p. 150; Fransjohan Pretorius, The A to Z of the Anglo-Boer War (Lanham, The Scarecrow Press, 2010), p. 252.
    29 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Murray, 17790-17791, p. 327.
    30 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van kol. Rimington, 12612, p. 26 en 12633, p. 27; Fergusson, British Military Intelligence, pp. 148 en 163.
    31 Fergusson, British Military Intelligence, p. 149.
    32 Fergusson, British Military Intelligence, p. 163n.
    33 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Rimington, 12725-12726, p. 30.
    34 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Amery, 20448, p. 466.
    35 TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, p. 13.
    36 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van kol. R.S.S. Baden-Powell, 19820, p. 423.
    37 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Baden-Powell, précis, p. 424.
    38 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Baden-Powell, 19999, p. 433.
    39 Fransjohan Pretorius, Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 (Kaapstad, Human & Rousseau, 1991), pp. 274-275.
    40 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Baden-Powell, 20015-20016, p. 434.
    41 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Baden-Powell, 20019, p. 434.
    42 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Baden-Powell, précis, p. 424.
    43 Pretorius, The A to Z, p. 252.
    44 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van L.S. Amery, 20447, p. 466; Maurice, History of the war, I, p. 293; Fergusson, British Military Intelligence, p. 151; Pretorius, A to Z, pp. 434-436.
    45 Maurice, History of the war, I, p. 309.
    46 Garth Benneyworth, The Battle of Magersfontein (Warwick, Helio & Company, 2023), pp. 141 en 149.
    47 E-pos, Garth Benneyworth - Fransjohan Pretorius, 13.1.2023.
    48 Benneyworth, Magersfontein, p. 151.
    49 Benneyworth, Magersfontein, p. 158 e.v.
    50 Maurice, History of the war, II, p. 337.
    51 C.J. Barnard, Generaal Louis Botha op die Natalse front 1899-1900 (Kaapstad, A.A. Balkema, 1970), p. 51.
    52 Barnard, Louis Botha, p. 51.
    53 Barnard, Louis Botha, p. 52.
    54 Barnard, Louis Botha, p. 60.
    55 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Amery, 20450, p. 466; Barnard, Louis Botha, p. 62.
    56 Fergusson, British Military Intelligence, p. 103.
    57 Fergusson, British Military Intelligence, p. 104.
    58 Fergusson, British Military Intelligence, p. 112.
    59 TNA, WO 108/415, Statement of the Intelligence Division, pp. 5-11; TNA, WO 30/40/16, Arthur Griffiths, "The English Intelligence Department", The Forum, November 1900, p. 351. Vgl. die gegewens soos vervat in J.H. Breytenbach, Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika, I (Pretoria, Staatsdrukker, 1969), pp. 31-36 en 77-89.
    60 Cd 1790, Minutes of evidence, I, getuienis van lt.kol. W.R. Robertson, 700 en 701, p. 28.
    61 Cd 1790, Minutes of evidence, I, getuienis van genl.maj. J.C. Ardagh, 5104-5106, p. 215 en van lt.kol. E.A. Altham, 498-501, pp. 20-21; TNA, WO 108/402, E. A. Altham, Translation of consular correspondence and other official documents of the late Orange Free State found buried in the Orange River Colony.
    62 Pretorius, The A to Z of the Anglo-Boer War (Lanham, The Scarecrow Press, 2010), p. 263.
    63 Cd 1790, Minutes of evidence, I, getuienis van lt.genl. sir W.G. Nicholson, 132-135.
    64 Fergusson, British Military Intelligence, p. 151.
    65 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Amery, 20451, p. 466.
    66 Fergusson, British Military Intelligence, p. 156.
    67 Robertson, From private to field-marshal, p. 103.
    68 Robertson, From private to field-marshal, p. 109.
    69 Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Lovat, 20631, p. 474; Fergusson, British Military Intelligence, p. 156.
    70 Fergusson, British Military Intelligence, p. 157. Kyk ook Cd 1791, Minutes of evidence, II, getuienis van Lovat, 20630-20644, pp. 474-475.
    71 Fergusson, BritishMilitaryIntelligence,p. 157.
    72 TNA, WO 108/270, V.C. Hume, Report on Intelligence Department, 13 Julie 1900, p. 1.
    73 TNA, WO 108/270, Hume, Report on Intelligence Department, 13 Julie 1900, p. 2.
    74 TNA, WO 108/270, Hume, Report on Intelligence Department, 13 Julie 1900, p. 2.
    75 TNA, WO 108/270, Hume, Report on Intelligence Department, 13 Julie 1900, pp. 4-5.
    76 M.H. Grant, History ofthe war in South Africa 1899-1902, III (London, Hurst and Blackett, 1908), p. 422.
    77 Robertson, From private to field-marshal, p. 120.
    78 TNA, WO 108/269, Lt.-Col. David Henderson, Report of Field Intelligence from 29 November 1900, until the cessation of hostilities, 13 Junie 1902, p. 1.
    79 Roberts het die Oranje-Vrystaat op 24 Mei 1900 as die Orange River Colony geannekseer. Hoewel die Boereregerings die anneksasie van die twee republieke verwerp het, word die naam Oranjerivierkolonie hier gebruik, omdat hierdie bydrae oor die Britse intelligensiediens gaan.
    80 TNA, WO 108/269, Henderson, Report, 13 Junie 1902, p. 1; Fergusson, British Military Intelligence, p. 159.
    81 TNA, WO 108/269, Henderson, Report, 13 Junie 1902, p. 1.
    82 TNA, WO 108/132, Summary of Intelligence for the Week Ending 22 December 1901, Compiled at Army Headquarters from the Reports of Intelligence Officers.
    83 Na regte vk. Dox Young.
    84 TNA, WO/96, Confidential Telegrams, Telegram No. 1000, Lord Kitchener - Secretary of State for War, 11 Maart 1902.
    85 Robertson, From private to field-marshal, pp. 120-121.
    86 Robertson, From private to field-marshal, p. 125.
    87 Fransjohan Pretorius, "Die eerste dryfjag op hoofkmdt. C.R. de Wet", Christiaan de Wet-Annale, 4 (Bloemfontein, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Oktober 1976), passim.
    88 Johan Hattingh en André Wessels, "Life in the British blockhouses in the Anglo-Boer War, 18991902", Journal of Cultural History, 13(2), November 1999, p. 41.
    89 TNA, WO 108/269, Henderson, Report, 13 Junie 1902, p. 1.
    90 TNA, WO 108/269, Henderson, Report, 13 Junie 1902, pp. 3-4.
    91 TNA, WO, 108/415, Statement ofthe Intelligence Division, p. 14; TNA, WO 108/269, Henderson, Report, 13 Junie 1902, p. 3.
    92 Fergusson, British Military Intelligence, p. 162.
    93 TNA, WO 32/8046, Diary of Telegraph Director Du Toit of Wolmaransstad; TNA, WO 32/8046, Diary of Adjudant J.D. Duveen.
    94 Pretorius, Kommandolewe, p. 190.
    95 Pretorius, Kommandolewe, p. 195.
    96 Dit was mev. Alie Badenhorst wat in haar gepubliseerde-herinneringe, Tant Alie van Transvaal, (Kaapstad, Nasionale Pers, 1939) pp. 213-218, ook na die gebeure op Kersdag 1900 op Witpoort verwys.
    97 Pretorius, A to Z, pp. 27-28.
    98 Pretorius, Kommandolewe, p. 291.
    99 Pretorius, Kommandolewe, pp. 291-292.