SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Verbum et Ecclesia

    On-line version ISSN 2074-7705Print version ISSN 1609-9982

    Verbum Eccles. (Online) vol.46 n.2 Pretoria Feb. 2025

    https://doi.org/10.4102/ve.v46i2.3304 

    ORIGINAL RESEARCH

     

    Geloofsontwikkeling: 'n Geloofsreis met roetemerkers

     

    Faith development: A journey through faith with route markers

     

     

    Anandie Greyling; Malan Nel

    Department of Practical Theology and Mission Studies, Faculty of Theology and Religion, University of Pretoria, Pretoria, South Africa

    Correspondence

     

     


    ABSTRACT

    The article explores the stage of adolescence and its characteristics, specifically concerning faith formation. It discusses the theological rationale for reaffirming one's faith at various life transitions and rites of passage, focusing on how it can be implemented during adolescence.
    INTRADISCIPLINARY AND/OR INTERDISCIPLINARY IMPLICATIONS: This article draws on research regarding 'roetemerkers' and the efforts of a task team from the Dutch Reformed church. Furthermore, it forms part of a series of articles based on research within certain Afrikaans Reformed Churches, focusing on children and adolescents' faith formation.

    Keywords: adolescence; life phases; life stages; rites of passage; youth ministry; faith formation; rituals for faith formation.


     

     

    Inleiding

    Geloofsreis1

    Elke gelowige is op reis saam met God en ander medereisigers. Dit is 'n lewenslange reis van ontwikkeling en groei.2 Hierdie reis behels herhaalde herontdekking en bevestiging van wie ons reeds is - ons identiteit. Osmer3 beskryf identiteitsontwikkeling vanuit 'n teologiese perspektief as die keuse om te word wie jy reeds is.4 'Toe-eiening, identifisering en die opneem van 'n nuwe identiteit in Christus is nie eenmalig nie.'5

    Vir kinders en adolessente word die uitnodiging6 tot hierdie reis saam met God primêr deur ouers en die geloofsgemeenskap7 gerig. Aangesien dit 'n proses van ontwikkeling is, moet verskillende ontwikkelings- en geloofsvormingfases in ag geneem word as deel van die teoretiese raamwerk vir geloofsontwikkeling.8

    Hierdie artikel is deel van 'n reeks wat reflekteer op die navorsing wat in die eerste artikel bespreek is.9 In hierdie spesifieke artikel is dit belangrik om die volgende vraag en tema, wat vanuit die onderhoude gevloei het,10 te oorweeg: Wat is na jou oordeel belangrik ten opsigte van toerusting vir ander persone (anders as die ouers) wat betrokke is by geloofsontwikkeling van kinders en adolessente?

    Die kategete se antwoorde en kodering daarvan, het tot die identifisering van die tema, 'Verstaan van die Ontvangers' gelei. Volgens die kategete kan kennis oor die ontwikkelingfases, asook toerusting oor hoe om kinders en adolessente in verskillende fases te onderrig,11 van groot hulp wees. Op dieselfde vraag beklemtoon predikante in hulle onderhoude dat dit belangrik is om die leefwêreld van die kind of adolessent te verstaan.12

    Die navorsingsprobleem kan in hierdie verband soos volg geformuleer word: Daar is 'n gebrek aan kennis van die ontvanger13 in die geloofsontwikkeling van kinders14 en adolessente. Hierdie gebrek aan kennis van die ontvanger sluit waarskynlik ouers in, maar veral ook die ander persone betrokke in die begeleiding van hierdie groep in geloofsontwikkeling.

     

    Roetemerkers op die reis

    Op die geloofsreis van elke mens is daar belangrike lewensoorgange.15 In hierdie artikel word hierna as roetemerkers verwys. In 2011 het daar 'n belangrike verslag by die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) se Algemene Sinode gedien.16 Die verslag het veral die verstaan van die doop as die inlywing of lidmaatskap bevestig. Dit het tot gevolg gehad dat 'n afgevaardigde die voorstel gemaak het dat daar oor die bestaande praktyk van belydenis van geloof in die NGK nagedink moet word. In 2019 word daar verslag gedoen en word die verslag met al die implikasies aanvaar.17 In 2023 word dit herbevestig dat belydenis van geloof nie net 'n eenmalige gebeurtenis behoort te wees nie, maar 'n deurlopende reis, en dat daar gereeld roetemerkers op hierdie reis opgerig word. In 2023 word die Kerkorde ook aangepas ten opsigte van die terminologie van 'dooplidmaat' en 'belydende lidmaat' na slegs 'lidmate' - persone wat deur die doop ingelyf is in die geloofsgemeenskap. Binne hierdie gemeenskap ontwikkel ons as gelowige mense of, anders gesê, as mense wat deur ons lewens met toenemende erns met God rekening hou.

    In die verslag van die sub-taakspan18 word die konsep 'teorie en teologie van roetemerkers' breedvoerig bespreek. Daar word na die lewe as 'n reis verwys. Wepener19 verwoord dit as 'n reis saam met God en nie op pad na God toe nie. Die reis, soos in die verslag verwoord, bevat deurgange of drumpels - 'n 'oorstaptyd' vanaf die bekende na die onbekende, wat lewensfases soos adolessensie insluit.20 Ander deurgange of oorgange waarna die verslag verwys, sluit die volgende in: om vir die eerste keer skool toe te gaan, skoolverwisseling, skoolverlating, die eerste werk, werkverwisseling, die huwelik, om met 'n gesin te begin en aftrede.

    Oorstaptye is tye waarin 'n mens 'n gevoel van liminaliteit21 of onsekerheid kan ervaar. Dit behels losmaking van die bekende en aanpas by die onbekende, oftewel van societas na communitas.22 Daar is drie fases by 'n deurgang: losmaking, liminaliteit en herintegrasie.23 Sommige oorgange hou verband met lewensfases, terwyl ander met lewenskrisisse te doen het soos byvoorbeeld die opneem van verantwoordelikheid of leierskap.24 Daar is ook oorgange wat onverwags en ongekaart is.25

    Oorgange kan gelyktydig opwindend sowel as vreesaanjaend wees.26 'n Mens voel veiliger om oor 'n oorgang te beweeg indien jy aan 'n reling kan vashou of oor 'n simboliese brug kan beweeg. Rituele by oorgange dien as relings of as 'n brug by 'n oorgang.27 Geloofsgemeenskappe kan mekaar in hierdie tye ondersteun deur roetemerkers op te rig. Sulke roetemerkers vervul drie funksies: oriënterend, identifiserend en belydend of bevestigend van aard.

     

    Funksies van 'n Roetemerker

    • Oriëntering: 'Waar bevind ek my as deel van die geloofsfamilie op die lewensreis?'28 Met die oprig van 'n roetemerker kan die individu(e) en geloofsgemeenskap saam terugkyk na die verlede (waar kom ek, of ons vandaan?), saam bewus word van die hede (waar is ek of ons nou?) en saam na die toekoms te kyk (waarheen is ek, of ons op pad?)

    • Identifisering: 'Aan wie verbind ek my en wie is aan my verbonde?'29 Met die oprig van 'n roetemerker kan die individu(e) en geloofsgemeenskap saam antwoord op 'wie is ek, of ons?' en 'aan wie behoort ek, of ons?'

    • Belydenis en bevestiging: 'Wat en saam met wie bely of bevestig ek dit?'30 Die individu(e) en geloofsgemeenskap bevestig saam hulle identiteit en God se verbintenis en beloftes by hulle doop, die inlywing. Tydens 'n roetemerker word hulle ook herinner aan God se heilshandelings deur Christus en die werking en teenwoordigheid van die Heilige Gees. Die heilshandeling moet gereeld by die viering van elke nagmaal as die inblywing bevestig word.31 By 'n roetemerker bely of bevestig individu(e) en die geloofsgemeenskap dat hulle deel van God se familie is en verbind hulleself opnuut aan God en God se geloofsgemeenskap.

    Hierdie drie funksies word by mense ingeskerp deur middel van gesprekvoering, viering en diens.32 By elke roetemerker is die viering van die sakramente betrokke, alhoewel roetemerkers op sigself nie sakramente is nie.

    Oorgange word nie geskep nie, maar is 'n natuurlike groeiproses. Deur roetemerkers op te rig, kan daaraan betekenis gegee word. Roetemerkers kan deurgaans by oorgange gevier word, maar daar hoef egter nie by elke oorgang in 'n mens se lewe een opgerig te word nie. Die oorgange na adolessensie en laat-adolessensie is kritiese oorgange waar roetemerkers opgerig kan word.33 Die Taakspan Roetemerkers dui aan dat liggaamlike en emosionele verandering, asook skoolverwisseling tydens adolessensie34 plaasvind. Adolessensie is ook 'n tydperk wat die ontwikkeling van 'n identiteit en 'n geloofsidentiteit in Christus belangrik is. Hierdie is 'n kritiese oorgangsfase in 'n persoon se lewe en kan selfs 'n ontwikkelingsbrug genoem word.

     

    Adolessensie: 'n 'Ontwikkelingsbrug'

    Die lewensreis het verskillende oorgange: die 'tradisionele',35 verwagte oorgange, en die onverwagse, ongekarteerde oorgange.36 Adolessensie37 is een van hierdie oorgange - 'n soort 'ontwikkelingsbrug'38 tussen kindwees en volwassewording. Die term 'adolessensie' is van die Latynse woord 'om te groei' afgelei.39 Dit verwys na die tydperk waarin die liggaam verander van kind na volwassene. Pubertas, wat volwassenheid beteken, dui op meer as net geslagsrypheid; dit sluit ook die ontwikkeling van denkvermoëns en emosionele volwassenheid in.40 Adolessensie is dus die fase tussen puberteit en volledige biologiese, sosiale en ekonomiese volwassenheid.41

    Hierdie lewensfase speel 'n kritieke rol in geloofsontwikkeling en identiteitsvorming. Daarom is dit noodsaaklik dat volwassenes wat adolessente begelei, deeglik vertroud is met die aard van hierdie 'ontwikkelingsbrug' en hoe dit betekenisvol oorgesteek kan word. Volgens kategete wat deelgeneem het aan die Universiteit van Pretoria se Navorsingsprojek oor Geloofsontwikkeling (kategetiek42), is daar 'n behoefte aan sulke kennis.

    As gevolg van (1) die unieke aard van hierdie oorgang en ontwikkelingsfase; (2) die belangrikheid van kennis van die 'ontvanger' in hierdie lewensfase; en (3) die begeleiding wat tydens moontlik die sensitiefste en selfs gevaarlikste lewensoorgang benodig word, fokus hierdie artikel verder op die adolessent binne die breër konteks van ontvangers in die bediening van kerke.

     

    Kenmerke van adolessensie

    Vanaf die negentiende eeu in die Westerse wêreld het formele skoolopleiding en kinderregte aanleiding gegee tot 'n nuwe, afsonderlike ontwikkelingstydperk.43 Hierdie lewensfase is histories belangrik, nuut en uniek, en het as 'n byproduk van sosiale verandering ontstaan.44 Industrialisasie het handearbeid met masjinerie vervang. Die arbeidsgroep vóór meganisering was jongmense vanuit die lae klas tussen 16 en 20 jaar oud. Sekondêre onderrig was dus 'n luuksheid.45 Meganisering het egter tot gevolg gehad dat kinders wat voorheen deel van die arbeidsgroep was, die geleentheid gegee is om verlengde onderrig te ontvang.46 Daarmee saam het 'n verlengde ontwikkelingsfase, naamlik adolessensie ontstaan. Koteskey noem dit 'n 'cultural invention'.47

    Verwarring, konflik en oorgange is kernaspekte van adolessente se leefwêreld.48 Buierigheid, konflik en emosionele uitbarstings is algemeen.49 Hierdie tydperk kan traumaties 50 wees, aangesien adolessente, wat reeds magteloos voel, die wêreld om hulle as 'buite hulle beheer' ervaar.51 Veranderings in fisiese voorkoms is ook deel van hierdie onwikkelingsfase en het 'n direkte impak op die adolessent se selfbeeld.52

    Adolessensie is ook 'n tyd van idealisme en morele introspeksie.53 Jongmense vra vrae soos: Wie is ek? Wat glo ek? Met wie gaan ek assosieer?54 Dit is ook die tydperk waarin roeping en loopbaankeuses ondersoek word.55 Dit is die fase waarin die adolessent 'n 'self' ontwikkel wat die verlede, hede en toekoms verbind.56 Terselfdertyd is dit ook wanneer die adolessent verhoudings met die familie van herkoms heronderhandel.57

    Osmer58 beskryf adolessensie deur twee sleutelbegrippe: individualisering en identiteitsvorming. Individualisering verwys na die sosiologiese aspekte van adolessensie, terwyl identiteitsvorming fokus op psigologiese ontwikkeling.

    Identiteitsvorming begin nie net tydens adolessensie nie, en dit eindig ook nie daar nie. Identiteitskrisisse kan selfs in bejaardheid voorkom.59 Alhoewel identiteitsvorming 'n primêre ontwikkelingsproses60 tydens adolessensie61 is, vereis dit formele operasionele denke.62 Hierdie proses wys hoe die verskillende ontwikkelingsteorieë met mekaar verband hou en op mekaar gebaseer is.

    Identiteit verwys na 'n persoon se idee of konsep van wie hy of sy is.63 Veranderde lewensomstandighede, sowel as biologiese en psigologiese behoeftes, sal identiteitsontwikkeling deurlopend in 'n volwassene se lewe beïnvloed.64 Die term 'identiteitskrisis' kan suggereer dat hierdie soeke na 'n identiteit altyd 'n traumatiese ervaring is. Dit is egter nie noodwendig waar nie. Baie adolessente beleef hierdie proses positief eerder as traumaties.65 Verder is dit nie nodig dat identiteit op 'n spesifieke kritieke tydstip gedurende adolessensie gevorm moet wees nie. Identiteitsontwikkeling is 'n geleidelike en langdurige proses wat deur die hele lewensiklus plaasvind.66.

    Volgens Osmer behels individualisering dat die samelewing aan individue meer vryheid gee, maar ook meer van hulle verwag. In 'n diverse en pluralistiese samelewing is individualisering van besondere belang vir morele ontwikkeling.67 Hierdie tydperk kan verwarring vir adolessente bring, aangesien hulle tipies bestaande waardes bevraagteken. Hulle verken en eksperimenteer dikwels met alternatiewe rolle om uiteindelik hulle eie waardes en doelwitte te ontwikkel. Hierdie fase van eksperimentering is nie noodwendig negatief nie.68

    'n Adolessent se brein kan beskryf word as 'n moratorium-brein.69 Dit verwys na 'n fase tussen die moraliteit wat 'n kind aangeleer het en die etiek wat 'n volwassene ontwikkel het. Die samelewing bied adolessente 'n psige-sosiale moratorium - 'n tydperk waarin hulle hulself kan ontdek en die rolle kan verken wat hulle moontlik in die toekoms as volwassenes sal vervul.70

    Tydens hierdie fase toets adolessente verskillende identiteite uit soos beroepe, ideologieë en identifikasie met persone of selfs heldefigure.71 Gedurende hierdie tydperk berei hulle voor om die huis te verlaat en onafhanklikheid van die familie te ontwikkel - ekonomies sowel as psigologies. Hulle leer ook kennis en vaardighede aan wat met sosiale rolle en instansies verband hou.72 Volgens Arnett73 behels identiteitsvorming die verkenning van verskeie moontlikhede en die geleidelike beweging na 'n langtermynkeuse.

    Die grootste krisis of ontwrigting in adolessente se lewens is dikwels hulle onvermoë om op 'n beroepsidentiteit te besluit.74 Soms oor-identifiseer hulle met groepe of helde tot op die punt waar hulle eie identiteit verlore gaan. Erikson verduidelik dat hierdie situasie later dikwels aanleiding gee tot 'n fase van 'falling in love', wat nie noodwendig primêr of oorheersend seksueel van aard is nie.

    Individue beweeg op verskillende maniere deur institusionele kontekste en sosiale rolle.75 Hierdie variasie word beïnvloed deur die 'self' wat as 't ware voortdurend onderhandel met die verskillende kontekste en rolle. Soos Osmer76 verduidelik, kan twee adolessente wat dieselfde hoërskool, gemeente en familie deel heeltemal verskillende lewenskeuses maak.

    In die data-analise77 van die navorsing wat in hierdie artikel bespreek word, word verwys na die 'uitval' van adolessente na afloop van tradisionele belydenis van geloof. Dit laat die volgende vraag ontstaan: Wat is adolessente se houding teenoor geloof en geloofsgemeenskappe? Die religieuse houdings van adolessente speel 'n belangrike rol in hulle geloofsontwikkeling en verbondenheid as volwassenes.78 Dit moet egter onderskei word van 'n persoon se algemene 'houding' of ingesteldheid teenoor God of geloof. Religieuse houdings is waarskynlik eerder 'n weerspieëling van adolessente se 'houding' of ingesteldheid teenoor die aktiwiteite van spesifieke gemeentes.79

    Fowler80 se geloofsfases - spesifiek fases drie en vier, naamlik sinteties-konvensionele en individueel-refleksiewe geloof - wat op Kohlberg81 se kognitiewe teorie van morele ontwikkeling gebaseer is, bevestig dat adolessensie nie net 'n uiters belangrike fase van ontwikkeling in terme van identiteit en verbintenisse is nie, maar ook van geloofsontwikkeling. Veral fases drie (sinteties-konvensionele geloof) en vier (individueel-refleksiewe geloof) toon hoe jongmense gedurende hierdie tyd verantwoordelikheid vir hulle eie lewens begin aanvaar.82 Dit sluit verbintenisse en keuses ten opsigte van hulle lewenstyl in. Dit is veral kennis van die ontwikkeling van iemand se 'rekening hou met God' (geloof) wat ontbreek in die begeleiding van adolessente en wat, onder andere, die oorsaak van die sogenaamde 'uitval' is. Fowler83 som hierdie fase soos volg op:

    All individual human beings, as well as the species taken as a whole, are unfinished; we are still evolving, still struggling towards the fullness of the dream God has for us, implanted in our being, created imago Dei.

    Binne die verstaan van jeugbegeleiding as didache gaan dit om die ondersteuning van die ontvanger in die soeke na wysheid. Jones84 verduidelik dat, rakende die proses om wysheid te ontwikkel, die weg van Christene nie verskillend is nie:

    You can get kids to memorize all the Bible verses you want in Sunday School and Vacation Bible School, but until they have got to put their Christianity into practice, those verses aren't worth the piece of candy that the kids get for reciting them.

    Adolessente het ook aan die navorsing,85 soos in die vorige afdeling bespreek, deelgeneem. Vanuit hulle onderhoude, blyk dit dat hulle leefwêreld dikwels nie ernstig opgeneem word nie.86 Ouers en volwassenes moet probeer om adolessente se leefwêreld beter te verstaan, veilige grense te stel, en ruimtes te skep waar hulle kan groei, leer en ontwikkel.87 Dean88 stel dit so:

    [A] more intellectual palatable church [] one that had been gutted of its most radical and transcendent faith claims, the very claims young people need in order to anchor an organizing worldview. For youth, ridding faith of radicalness and transcendence amounted to castration, and rendered Christianity impotent for reordering the self. With nothing left 'to die for' in Christian teaching, it became increasingly unclear whether or not Christianity offered something worth living for.

     

    Adolessensie tydperk

    Om te bepaal waar adolessensie begin en eindig, is nie eenvoudig nie.89 Dit begin by biologie en eindig in kultuur en onafhanklikheid. Biologiese en sosio-kulturele faktore, sowel as individuele verskille, beïnvloed die ouderdom waarop adolessensie begin sowel as die oorgang na volwassenheid.90 Adolessensie begin met puberteit, wat biologies van aard is. Dit is egter debatteerbaar presies wanneer hierdie verandering plaasvind. Vir seuns is dit dikwels moeiliker om 'n spesifieke beginpunt aan te dui, terwyl die oorgang na puberteit by dogters deesdae op jonger91 ouderdomme voorkom.

    Die lengte en oorgange van hierdie ontwikkelingsfase, bekend as adolessensie, kan soos volg verdeel word:92

    • Vroeë adolessensie: vanaf 10 of 11 jaar.

    • Middel adolessensie: vanaf 13 of 14 jaar.

    • Laat adolessensie: vanaf 17 of 18 jaar.

    • Volwassenheid: tussen 25 en 30 jaar.

    Middel adolessensie is 'n nuwe konsep wat in die negentigerjare van die vorige eeu ontstaan het.93 Verskeie kenmerke wat vroeër met laat adolessensie geassosieer is, vorm nou deel van hierdie verlengde tydperk.94 Dogters, meer as seuns, toon tydens middel adolessensie 'n hoë vlak van religiositeit, met groter belangstelling en deelname in geloofsgemeenskappe. Seuns se belangstelling in geloofsaktiwiteite, soos erediensbywoning en gebed, neem in dieselfde tydperk egter af.95

    Laat adolessensie, tussen die ouderdomme van 18 en 25 jaar, word volgens Arnett96 as 'n afsonderlike ontwikkelingsfase beskou en staan bekend as 'Ontluikende Volwassenheid'.97 Hy verduidelik dat jongmense in hierdie fase hulleself nie meer as adolessente sien nie, maar ook nog nie as volwassenes nie. Hierdie oorgang is vandag meer kompleks en verwarrend as in vorige dekades.98 Die oorgang na volwassenheid sluit gewoonlik opleiding, die aanvang van 'n loopbaan, die huwelik en ouerskap in. Mense in hierdie fase word soms as selfsugtig beskou, omdat hulle sogenaamde 'volwasse rolle', soos huwelik of ouerskap, heelwat later as die vorige generasies betree.99 Arnett100 meen dat die term 'jong volwassenheid' beter by mense in hulle die dertigerjare pas, aangesien hierdie groep meer volwasse as 18-25-jariges is.

     

    Portuurgroep101

    Adolessensie is 'n fase waarin die portuurgroep baie belangrik is.102 Die verlange na vriendskappe en om gewild te wees, kom sterk na vore gedurende hierdie fase, maar dit verg dikwels die opoffering van individualiteit.103 Op hierdie manier vorm die adolessent deel van 'n groter groep sonder om van die kerngesin weg te breek.104 Die portuurgroep vorm ook soms 'n eie gemeenskap met hulle eie waardes en eie wêreldbeeld.105 Die invloed van die portuurgroep kan positief of negatief wees, en elke portuurgroep kan verskil weens sub-kulture.106 Adolessente, veral tydens middel adolessensie, kan soms van mekaar afhanklik raak wat hulle begeerte om te behoort op 'n manier versterk.107

     

    Betekenisvolle volwasse figure

    Adolessensie is 'n tydperk waarin jongmense geleidelik begin om self keuses uit te oefen. Voorheen is besluite oor onderrig, verblyf en geloofsgemeenskap108 vir hulle geneem. Hierdie nuwe fase bring onder andere die volgende vraag mee: Wat is adolessente se houding teenoor ouers en ander betekenisvolle volwasse figure?

    Davies109 verwys na 'n longitudinale studie wat bevind het dat die aanname, naamlik dat adolessente nie meer raad van ouers wil ontvang nie, onwaar is. Tog neem die persentasie wat wel hulle ouers se raad vra mettertyd af. Wanneer hulle egter hulp soek, verkies adolessente steeds die raad van 'n volwasse figuur.110

    Daaglikse beplanning en besluitneming kan adolessente oorweldig. Dit is omdat hulle kognitiewe ontwikkeling hulle in staat stel om verskillende moontlikhede raak te sien.111 Besluite, soos oor 'n loopbaan, is dikwels meer uitdagend as wat volwassenes mag onthou. Adolessente moenie van geleenthede om te groei, insluitend besluitneming, weerhou word nie. Osmer112 stel dit treffend dat adolessente se rol in die samelewing aan hulle 'teruggegee' moet word. Hoe kan betekenisvolle volwassenes hulle dan ondersteun in die worsteling met moontlikhede en besluitneming?

    Volwassenes kan die insigte wat hulle self oor die lewensreis opgedoen het met adolessente deel. Dit is egter belangrik om te erken dat die leefwêreld van die adolessent, gevorm deur die populêre kultuur van hulle tyd, anders is as toe die volwassene self jonk was. Volwassenes kan baat deur met opregte belangstelling die adolessent se leefwêreld te verken. Keuses en besluite van die huidige generasie verskil, en volwassenes behoort met 'n nuuskierige en oop ingesteldheid saam met adolessente te stap. Groei vind plaas wanneer die adolessent ouderdomstoepaslike besluite neem en in gesprek met ouers of voogde tree.

    Predikante het tydens navorsingsonderhoude113 beklemtoon dat toerusting vir kategete en vrywilligers oor hulle eie geloofsontwikkeling van groot belang is. Dit verseker dat hulle beter toegerus is om adolessente te ondersteun. Geloofsontwikkeling is 'n lewenslange proses wat die rol van volwassenes in die begeleiding ernstig opneem.114

    In hierdie verband is dit nodig om terug te keer na die begeleiding in die soeke na wysheid om 'n lewe in navolging van Christus te lei.

    Die opmerkings van Jones115 maak sin, naamlik dat die soek na praktiese wysheid [phronēnis] vir adolessente moeilik is, selfs al word aanvaar dat:

    • Die ontvangers reeds opgewonde is oor hulle, deur die doop verseëlde, ingelyfdheid in die weg van Yahweh met sy mense en met 'my'116 is.

    • Die ontvangers reeds opgewonde is oor die ontvouing van 'n lewe wat die moeite werd is om te lewe en wat in navolging van Christus leefbaar is.

    • Diegene wat by die lewensontvouing en geloofsontwikkeling, by elke roetemerker op die reis betrokke is, oortuig is dat elke ontvanger van baba tot by die dood my ewemens is.117

    Hierdie wysheid kom van spesifieke ervarings. Dit is juis ervaring wat kortkom wanneer 'n mens jonk is. Dit plaas die begeleiding van en deur die begeleiers, en deur die jeug self, terug in die raamwerk van dissipelskap. Dit is 'n geloofsgemeenskap wat die ruimte van verandering bied. Nel het dit118 so gestel:

    The last-mentioned reference [to Jones; Greyling & Nel] is in no way, at least not to my mind, a way of belittling the commitment of youth to discipleship. I referred to this to emphasize my point that we are involved, together and with an inclusive faith community, in learning, gaining experience - and so becoming, even more, today than yesterday, wise followers of the Christ.

    Jones119 argumenteer dat:

    Christianity is fundamentally a lived human endeavor. No amount of study is a substitute for that. Youth group, camp, retreats, lock-ins, you name it - each serves a purpose and each is valuable in its own way, but none of those activities or events has anything like the effect of living the Christian life on a day-to-day basis, over time.

     

    Geloofsontwikkeling en roetemerkers

    Hierdie artikel poog om die ontvanger as adolessent ernstig op te neem deur Osmer se deskriptiewe of beskrywende en normatiewe take120 in praktiese teologie te ondersoek. Osmer se benadering sluit onderskeidelik twee kernvrae in: 'Wat is aan die gang?' en 'Wat behoort aan te gaan?' Hierdie artikel neem die navorsingsprobleem, naamlik die gebrek aan kennis van die ontvanger in geloofsontwikkeling in oënskou. Deur die deskriptiewe taak te verken vanuit empiriese navorsing121 en kenmerke van adolessente te ontleed, word die grondslag vir die normatiewe taak gelê. Die pragmatiese taak, 'Wat gaan ons doen?', word gedeeltelik in die daaropvolgende afdeling van roetemerkers vir tieners en jongvolwassenes behandel.

    Wanneer die adolessent as ontvanger, in sy of haar ontwikkeling en geloofsreis ernstig opgeneem word, kan roetemerkers as ingangspoorte dien. Hierdie roetemerkers strek verder as bloot die ken van die ontvanger; dit vorm ook 'n integrale deel van geloofsvorming op sy of haar reis.

    In die volgende afdeling word twee kritieke oorgange eksemplaries en kortliks bespreek. Hierdie oorgange fokus spesifiek op die tydperk van adolessensie en identifiseer twee moontlike roetemerkers wat unieke betekenis in hierdie lewensfase kan hê.122

     

    Roetemerkers vir tieners123

    Die gebrekkige kennis van die ontvanger pleit vir 'n roetemerker vir kinders, spesifiek een vir adolessente. Die verdere uitbou van 'kennis van die ontvanger', verwys na roetemerkers en, meer spesifiek, een wat tot dusver verwaarloos is. Dit is eksemplaries deel van hoe om hierdie ontvangers ernstig op te neem, veral gedurende 'n kritieke oorgang.

    'n Nuwe roetemerker word in die NG Kerk vir die oorgang na tienerwees - rondom die ouderdom van 12 of 13 jaar - voorgestel.124 Dit is 'n logiese stap, veral wanneer oorgange in ander tradisies in ag geneem word. Die Joodse gemeenskap vier hierdie fase van volwassewording reeds vanaf die geskiedenis van die Ou Testament, met die barmitswa, wat as 'n roetemerker vir hierdie belangrike lewensdeurgang beskou kan word.125 Die gereformeerde en Lutherse kerke in Europa en Amerika het ook vir eeue lank roetemerkers vir hierdie fase opgerig waar adolessente hulle geloof bely. Die ouderdom van 12 of 13 is ook wanneer belydenis of konfirmasie in internasionale reformatoriese tradisies plaasvind.126 Afrikaanssprekende kerke het egter hierdie kritieke lewensdeurgang grotendeels verwaarloos.

    Jongmense maak hulle eerste verbintenisse met God voor die ouderdom van 14127 jaar. Daarom kan 'n roetemerker vir tieners (adolessensie) betekenisvol tot die geloofsontwikkeling van adolessente bydra. Die klem van die Roetemerker vir Tieners128 is 'God is by jou, en ons is by jou'. Die geloofsgemeenskap bevestig dat die adolessent deel is van die 'ons' van die geloofsgemeenskap, wat die adolessent ook self bevestig.129

     

    Roetemerkers vir jong volwassenes

    Roetemerkers vir jong volwassenes is 'n poging om belydenis van geloof as 'n roetemerker vanaf middel adolessensie na jong volwassenheid (of te wel laat-adolessensie) te ontwikkel.130 Tydens hierdie oorgang berei adolessente hulle voor om die skool te verlaat131 en om belangrike toekomsgerigte keuses te maak.

    Hierdie roetemerker vir jong volwassenes beoog om adolessente rondom die ouderdom van 17 jaar of 18 jaar deur middel van drie funksies - identifikasie, oriëntering, en belydenis of bevestiging - te begelei om 'n roetemerker op te rig wat persoonlik sowel as publiek van aard is.132

    Die klem van hierdie roetemerker vir jong volwassenes is 'God is by my en ek verbind my aan julle' (die 'ons'). Die jong volwassene bevestig dat hy of sy bewus is daarvan dat God teenwoordig is in die geloofsgemeenskap (oriëntering) en dat hy of sy as jong volwassene daarmee identifiseer133 en dit bevestig.

    Roetemerkers stel 'n nuwe kultuur voor rondom die huidige praktyk van belydenisaflegging wat tans rondom die ouderdom van 17 of 18 jaar plaasvind en dikwels as 'n 'gradeplegtigheid van katkisasie' beskou word. Hierdie benadering vra vir nuwe betekenisgewing op die geloofsreis. Op hierdie reis is daar deurgaans roetemerkers - verskillende geleenthede om jou geloof te bely. Dit is veral nodig om by die twee belangrike oorgange na adolessensie en jong volwassenheid roetemerkers op te rig - elkeen met 'n unieke klem.134

     

    Slotopmerkings

    Adolessensie is 'n ontwikkelingsbrug wat vir die meeste mense 'n verwagte deel van hulle ontwikkeling is. Ons kan adolessente deur middel van gesprek, diens en viering op die onderskeie oorgange van adolessensie voorberei, en roetemerkers oprig wat tot hulle geloofsontwikkeling kan bydra.

    Betekenisvolle volwasse figure het die taak om elke adolessent as uniek en as 'n gawe van die Skepper te ontvang.135 Volwassenes het die voorreg om saam met adolessente te reis in hulle geloofsontwikkeling, individualisering en identiteitskonstruksie.

    Adolessensie is die tydperk waarin jongmense begin om self besluite te neem oor wie hulle is, met watter groep hulle assosieer, en watter geloof, waardes en loopbaan hulle kies.136 Betekenisvolle volwasse figure het die voorreg om getuies te wees van adolessente se herontdekking van wie hulle reeds is, asook die oprig van betekenisvolle roetemerkers.137

     

    Erkennings

    Mededingende belange

    Die outeurs verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenisse is wat die skryf van hierdie artikel negatief kon beïvloed nie.

    Outeursbydrae

    Albei skrywers, A.G. en M.N., het gelyk bygedra tot hierdie navorsingsartikel.

    Etiese oorwegings

    Aansoek vir volle etiese goedkeuring is by die Navorsingskomitee en Navorsing Etiese Komitee, Universiteit van Pretoria ingedien en etiese toestemming is ontvang op 1 Desember 2022. Die etiese goedkeuringsnommer is T111/22.

    Befondsingsinligting

    Die outeurs het geen finansiële ondersteuning vir die navorsing, outeurskap en/of publikasie van hierdie artikel ontvang nie.

    Databeskikbaarheidsverklaring

    Die data wat die bevindinge van hierdie studie ondersteun, is openlik beskikbaar in Universiteit van Pretoria navorsingsdata by https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.28182179.v1.

    Vrywaring

    Die menings en sienings wat in hierdie artikel weergegee word, is dié van die outeurs en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of dié van die uitgewer nie. Die outeurs is verantwoordelik vir hierdie artikel se inhoud.

     

    References

    Arnett, J.J., 2000, 'Emerging adulthood: A theory of development from the late teens through the twenties', American Psychological Association 55(5), 469-480. https://doi.org/10.1037/0003-066X.55.5.469        [ Links ]

    Arnett, J.J, 2010, 'Oh, Grow Up! Generational Grumbling and the New Life Stage of Emerging Adulthood-Commentary on Trzesniewski & Donnellan", Perspectives on Psychological Science 5(1), 89-92.         [ Links ]

    Aziz, G., 2019, 'Toward a contemporary understanding of youth ministry as a descriptive agency', In die Skriflig 53(1), a2403. https://doi.org/10.4102/ids.v53i1.2403        [ Links ]

    Botha, W.J. (Red.) Tweede Uitgawe, 1983, Bekwaam om te leer, Bybelkor, Wellington.         [ Links ]

    Clark, C. (ed.), 2015, Adoptive youth ministry: Integrating emerging generationsinto the family of faith, Baker Academic, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Davies, J.A., 1991, 'Adolescent subculture', in D. Ratcliff & J.A. Davies (reds.), Handbook of youth ministry, pp. 7-41, Religious Education Press, Birmingham, AL.         [ Links ]

    Dean, K.C., Clark, C. & Rahn, D., 2001, Starting right: Thinking theologically about youth ministry, Zonder van Publishing House, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Dean, K.C., Clark, C. & Rahn, D., 2004, Practicing passion: Youth and the quest for a passionate church, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Endres, A. & Dreyer, Y., 2009, 'Pastoraat en jeugtrauma, die "sondebokmodel," en Jesus as rolmodel', HTS: Theological Studies 65(1), 1-6. https://doi.org/10.4102/hts.v65i1.196        [ Links ]

    Erikson, E.H., 1963, Childhood and society, 2nd edn., revised and enlarged, W.W Norton and Company, New York, NY.         [ Links ]

    Firet, J., 1977, Het agogisch moment in het pastoraal optreden, Kok, Kampen.         [ Links ]

    Firet, J., 1986, Dynamics in pastoring, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Foster, C.R., 2012, From generation to genaration: The adaptive challenge of mainline protestant education in forming faith, Wipf and Stock Publishers, Eugene, OR.         [ Links ]

    Fowler, J.W., 1981, Stages of faith the psychology of human development and the quest for meaning, HarperCollins Publishers, New York, NY.         [ Links ]

    Fowler, J.W., 1996, 'Grace, repentance and commitment: Youth initiation in care and formation', in K.C. Dean (ed.), Christ and the adolescent: A theological approach to youth ministry, pp. 23-34, Institute for Youth Ministry, Princeton        [ Links ]

    Theological Seminary, Princeton, NJ.         [ Links ]

    Greyling, A., 2018, 'Belydenisaflegging in die NG Kerk: 'n Ritueel-liturgiese ondersoek', M.Th studie, Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

    Greyling, A., 2019a, 'Om die ouerhuis te verlaat', in C. Wepener & A. Greyling (reds.), Ongekaart: 'n Bronboek met roetemerkers vir oorgange, pp. 65-68, Bybel-Media, Wellington.         [ Links ]

    Greyling, A., 2019b, ''n Eerste werk', in C. Wepener & A. Greyling (reds.), Ongekaart: 'n Bronboek met roetemerkers vir oorgange, pp. 69-72, Bybel-Media, Wellington.         [ Links ]

    Greyling, A. & Van Niekerk, W. (reds), 2019, 'Roetemerkers': Oorgangsrituele vir tussenin-tye, Bybel-Media, Wellington.         [ Links ]

    Jones, T., 2016, 'Spiritual formation: It's a matter of time', in C. Clark (ed.), Adoptive youth ministry: Integrating emerging generations into the family of faith, pp. 212-220, Baker Academic, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Kirgiss, C., 2015, In search of adolescence: A new look at an old idea, The Youth Cartel, San Diego, CA.         [ Links ]

    Kohlberg, L., 1969, 'Stage and sequence: The cognitive-developmental approach to socialization', in D.A. Goslin (ed.), Handbook of socialization theory and research, pp. 347-480, Rand McNally, Chicago, IL.         [ Links ]

    Koteskey, R.L., 1991, 'Adolescence as a cultural invention', in D. Ratcliff & J.A. Davies (eds.), Handbook of youth ministry, pp. 42-69, R.E.P. Books, Birmingham, AL.         [ Links ]

    Kroger, J., 2015, 'Identity development through adulthood: The move toward "wholeness"', in K.C. McLean & M. Syed (reds.), The Oxford handbook of identity development, pp. 65-80, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

    Louw, A., Louw, D. & Ferns, I., 2007, 'Adolessensie', in D. Louw & D. Louw (reds.), Die ontwikkeling van die kind en die adolessent, pp. 278-347, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.         [ Links ]

    Louw, D. & Louw, A., 2007, Die ontwikkeling van die kind en die adolessent, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.         [ Links ]

    Matthee, N., 2023, UP Navorsingsprojek: Geloofsontwikkeling (Kategetiek) Data, Ongepubliseerde verslag, https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.28182179.v1        [ Links ]

    Marcia, J.E., 1993a, 'The ego identity status approach to ego identity', in J.E. Marcia, A.S. Waterman, D.R. Matteson, S.L. Archer & J.L. Orlofsky (reds.), Ego identity: A handbook for psychosocial research, pp. 3-21, Springer Science & Business Media, New York, NY.         [ Links ]

    Marcia, J.E., 1993b, 'The status of the statuses: Research review', in J.E. Marcia, A.S. Waterman, D.R. Matteson, S.L. Archer & J.L. Orlofsky (reds.), Ego identity: A handbook for psychosocial research, pp. 22-41, Springer Science & Business Media, New York, NY.         [ Links ]

    Marcia, J.E., Waterman, A.S., Matteson, D.R., Archer, S.L. & Orlofsky, J.L., 1993, Ego identity: A handbook for psychosocial research, Springer Science & Business Media, New York, NY.         [ Links ]

    Matthee, N., 2023, Ongepubliseerde Data-analise Verslag: UP Navorsingsprojek Geloofsontwikkeling (kategetiek), Universiteit van Pretoria, Pretoria.         [ Links ]

    McLean, K.C. & Syed, M. (reds.), 2015, The Oxford handbook of identity development, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

    Nel, M., 1994, Gemeentebou. Orion, Pretoria.         [ Links ]

    Nel, M., 2003, 'Youth ministry: The challenge of individuation', Praktiese Teologie in Suid-Afrika 18(1), 151-196.         [ Links ]

    Nel, M., 2018, Youth ministry: An inclusive missional approach, HTS Religion and Society Series, vol. 1, AOSIS, Durbanville.         [ Links ]

    Nel, M., 2019, 'Skoolverwisseling', in C. Wepener & A. Greyling (reds.), Ongekaart: 'n Bronboek met roetemerkers vir oorgange, pp. 58-64, Bybel-Media, Wellington.         [ Links ]

    Nel, M., 2022, 'nuwe praktyk vir Geloofsbelydenis', in C. Burger, M. Havenga, J. Van den Munckhof & C. Wepener (Reds.), Om te word wie ons is, pp. 212-230, Bybel-Media, Wellington,         [ Links ]

    Osmer, R.R., 1996, Confirmation: Presbyterian practices in ecumenical perspective, Geneva Press, Louisville, KY.         [ Links ]

    Osmer, R.R., 2008, Practical theology: An introduction, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Ratcliff, D. & Davies, J.A., 1991, Handbook of youth ministry, Religious Education Press, Birmingham, AL.         [ Links ]

    Richards, L.O., 1983, A theology of children's ministry, Zondervan, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Root, A., 2007, Revisiting relational youth ministry: From a strategy of influence to a theology of incarnation, InterVarsity Press.         [ Links ]

    Smith, C. & Snell, P., 2009, Souls in transition: The religious & spiritual lives of emerging adults, Oxford University Press, New York, NY.         [ Links ]

    Turner, V.W., 1967, The forest of symbols. Aspects of Ndembu ritual, Cornell University Press, Ithaca, NY.         [ Links ]

    Van Gennep, A., 1960, The rites of passage, University of Chicago Press, Chicago, IL.         [ Links ]

    Verslag Taakspan Roetemerkers, 2019, Agenda vir die 17de vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, eMseni, NG Kerk, Benoni.         [ Links ]

    Verslag Taakspan Roetemerkers, 2023, Agenda vir die 18de vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Birchwood.         [ Links ]

    Wepener, C.J., 2014, Van voor die wieg tot na die graf: Rituele roetemerks vir die drumpels van die lewe, Bybelkor, Wellington.         [ Links ]

    Wepener, C.J. & Greyling, A. (reds.), 2019, 'Ongekaart': 'n bronboek met roetemerkers vir oorgange, Bybel-Media, Wellington.         [ Links ]

     

     

    Correspondence:
    Anandie Greyling
    anandiegreyling@gmail.com

    Received: 05 Sept. 2024
    Accepted: 08 Nov. 2024
    Published: 27 Feb. 2025

     

     

    Note: Special Collection: The manuscript is a contribution to the themed collection titled ‘Geloofsreis. Inwyding, Begeleiding en Onderskeiding nuut ontdek’ under the expert guidance of guest editor Prof. Malan Nel.
    1. Hierdie artikel is die tweede in 'n reeks van 10 in hierdie Supplementum. Soos die ander is ook hierdie artikel 'n teologiese refleksie op 'n konsep wat uit die analise van 123 kwalitatiewe onderhoude kom. Die onderhoude was deel van 'n empiriese navorsingsprojek oor geloofsontwikkeling/kategese waaraan vier Afrikaanssprekende denominasies binne die Reformatoriese tradisie deelgeneem het.
    2. Vergelyk Verslag Taakspan Roetemerkers (2023:298).
    3. Osmer (1996:170).
    4. Vergelyk ook Nel (1994:13) vir veral sy verwysing na die korporatiewe identiteit van die gemeente. In Nel (2015:27) stel hy dit so: 'This rediscovery will bring meaning to our being. In that sense we are finding identity in becoming who we already are in Christ.'
    5. Verslag Taakspan Roetemerkers (2023:299).
    6. Vergelyk Nel (2022:219).
    7. Hierdie 'mede-reisigers' word breedvoerig in ander artikels in hierdie reeks bespreek.
    8. Nel (2022:219).
    9. Sien gerus die eerste artikel, getiteld 'Die wese van Onderrig' vir 'n volledige bespreking van die navorsingsmetodologie, analise en kodering van die data en identifisering van die temas: UP Navorsingsprojek: Geloofsontwikkeling Kategetiek) Data, Nicolaas Matthee. Atlas.ti 9 en Pathon is gebruik vir die analise en kodering van die data en identifisering van temas.
    10. Matthee (2023:10).
    11. Matthee (2023:10). Hierdie is die term wat kategete in die onderhoud gebruik het.
    12. Matthee (2023:5)
    13. Die empiriese navorsing (vgl. Matthee 2023) verwys na kinders en adolessente wat nie genoegsaam verstaan word nie. Vir die doel van hierdie artikel en ter wille van die lengte van die artikel, word daar op die fase van adolessensie gefokus.
    14. Vergelyk Botha (1983) vir 'n ouer maar goeie beskrywing van kindwees in Bekwaam om te leer, asook Richards (1983).
    15. Vergelyk Wepener (2014:33).
    16. Nel (2022:212).
    17. Nel (2022:212).
    18. Sub-Taakspan Belydenis van Geloof in NG Algemene Sinode Agenda (2019:288).
    19. Wepener (2014:33).
    20. NG Algemene Sinode Agenda (2019:294).
    21. Vergelyk Van Gennep (1960), asook Turner (1967).
    22. Wepener (2014:35-26).
    23. Vergelyk Van Gennep (1960).
    24. NG Algemene Sinode Agenda (2019:295).
    25. Vergelyk Wepener en Greyling (2019).
    26. Greyling en Van Niekerk (2019:4).
    27. NG Algemene Sinode Agenda (2019:295).
    28. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:299).
    29. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:299).
    30. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:299).
    31. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:299).
    32. Vergelyk Foster (2012:98).
    33. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:303, 306).
    34. In hierdie artikel word daarop op adolessensie gefokus, maar roetemerkers kan voor en na adolessensie, tydens enige oorgang, op 'n persoon se geloofsreis opgerig word. Sien Wepener en Greyling (2019).
    35. Daar is vier groot oorgange in 'n mens se lewe: geboorte, volwassewording, vind van 'n maat en sterwe (vgl. Wepener & Greyling 2019:33).
    36. Vergelyk Wepener en Greyling (2019).
    37. Die empiriese navorsing (vgl. Mathee 2023) verwys na kinders en adolessente wat nie genoegsaam verstaan word nie. Vir die doel van hierdie artikel en terwille van die lengte van die artikel, word daar op die fase van adolessensie gefokus.
    38. Vergelyk Louw, Louw en Ferns (2007:278).
    39. Dean, Clark en Rahn (2001:44; vgl. ook Koteskey 1991:42-43).
    40. Nel (2019:58).
    41. Vergelyk Nel (2018:129).
    42. Vergelyk Matthee (2023).
    43. Vergelyk Louw et al. (2007:279).
    44. Osmer (1996:7).
    45. Vergelyk Osmer (1996:8).
    46. Osmer (1996:6).
    47. Koteskey (1991:42). Vergelyk ook Root (2007:25) se opmerking: '[T]he developmental "stage" of adolescence only burst on the scene of the American consciousness in 1904 with the publication of Stanley Hall's "Adolescence"'. Vir 'n meer in diepte bespreking, vergelyk Nel (2019:121-154). Vergelyk veral sy (Nel 2019:125-129) bespreking van die standpunt van Kirgiss (2015:132) dat 'Adolescence has been a recognized stage of life - biologically, socially, culturally, and relationally - for a very, very long time. I would argue that in its essence, it is a natural stage of life, one that is specifically and intentionally created by God'.
    48. Vergelyk Aziz (2019:2).
    49. Vergelyk Endres en Dreyer (2009:4).
    50. Nel (2019:58).
    51. Endres en Dreyer (2009:1).
    52. Vergelyk Endres en Dreyer (2009:4).
    53. Vergelyk Osmer (1996:9).
    54. Nel (2019:58).
    55. Vergelyk Osmer (1996:210).
    56. Osmer (1996:20).
    57. Osmer (1996:12).
    58. Osmer (1996:9).
    59. Vergelyk Kroger (2015:66).
    60. Vergelyk Louw et al. (2007) vir 'n breedvoerige bespreking van die ontwikkelingsteorieë. Vergelyk Dean et al. (2001:50) wat vermeld dat kontemporêre ontwikkelingsteoreë die tradisionele ontwikkelingsteorieë uitdaag. 'n In diepte bespreking van die ontwikkelingsteorieë is nie deel van die doel van hierdie artikel nie.
    61. Vergelyk Erikson (1963).
    62. Marcia (1993b:28).
    63. Vergelyk Marcia (1993a:3).
    64. Kroger (2015:65).
    65. Louw et al. (2007:311).
    66. Louw et al. (2007:311).
    67. Vergelyk Osmer (1996:22; vgl. ook Nel 2003).
    68. Louw et al. (2007:309).
    69. Erikson (1963:261).
    70. Vergelyk Louw et al. (2007:309).
    71. Vergelyk Louw et al. (2007:309).
    72. Vergelyk Osmer (1996:9).
    73. Arnett (2000:474).
    74. Erikson (1963:262).
    75. Osmer (1996:10).
    76. Osmer (1996:10).
    77. Vergelyk weereens Matthee (2023).
    78. Davies (1991:17).
    79. Davies (1991:17).
    80. Fowler (1981).
    81. Vergelyk Kohlberg (1969:347-480; vgl. ook Richards 149-165).
    82. Fowler (1981:182).
    83. Fowler (1996:16).
    84. Jones (2016:214).
    85. Vergelyk weereens Matthee.
    86. Vergelyk weereens Matthee.
    87. Vergelyk Nel (2018:121-154).
    88. Dean (2004:9, 10).
    89. Dean et al. (2001:45).
    90. Louw et al. (2007:279).
    91. Dean et al. (2001:46).
    92. Vergelyk Dean et al. (2001:50); Nel (2018:20); Arnett (2000:470).
    93. Nel (2018:135).
    94. Vergelyk Nel (2018:135).
    95. Davies (1991:17).
    96. Arnett (2000:470).
    97. Arnett (2000:469) verduidelik dat ontluikende volwassenheid, net soos adolessensie, 'n kulturele verskynsel is en dus nie universeel van toepassing is nie.
    98. Vergelyk Smith en Snell (2009:6).
    99. Vergelyk Arnett (2010:80).
    100. Arnett (2000:477).
    101. Ander mede-reisigers, byvoorbeeld ouers en die geloofsgemeenskap word in 'n ander artikel van hierdie reeks bespreek.
    102. Vergelyk Davies (1991:10) en Nel (2019:59).
    103. Davies (1991:10-11).
    104. Vergelyk Davies (1991:13).
    105. Vergelyk Nel (2018:143).
    106. Vergelyk Davies (1991:10-13).
    107. Vergelyk Nel (2018:143).
    108. Nel (2018:149).
    109. Davies (1991:16).
    110. Davies (1991:17).
    111. Louw et al. (2007:307).
    112. Osmer (1996:51).
    113. Vergelyk weereens Matthee (2023).
    114. In die volgende afdeling word roetemerkers op 'n mens se geloofsreis bespreek. Roetemerkers kan vir volwassenes ook betekenisvol wees op hulle reis van geloofsontwikkeling.
    115. Jones (2016:215; vgl. ook Nel 2018:95).
    116. Firet (1977:72).
    117. Firet (1986:160 e.v.).
    118. Nel (2018:95-96).
    119. Jones (2016:215).
    120. Osmer (2008:4)
    121. Matthee (2023).
    122. In die eerste afdeling is die beginsel van roetemerkers bespreek. Daar is moontlike roetemerkers voor én na adolessensie, maar vir die doel van die ontvanger as adolessent word hier twee spesifiek vir 'tieners' en 'jongvolwassenes' bespreek.
    123. Vir voorgestelde formuliere en liturgieë vir hierdie Roetemerker, asook die Roetemerker vir Jongvolwassenes, sien gerus die Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023), Greyling and Van Niekerk (2019) of Greyling 2018.
    124. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:302).
    125. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:302).
    126. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:302).
    127. Vergelyk Smith en Snell (2009:247).
    128. Vir 'n bespreking van die geloofsbegeleiding en kategese by hierdie Roetemerker, asok die Roetemerker vir Jongvolwassenes, sien 'n volgende artikel in hierdie reeks, asook Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda 2023.
    129. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:302).
    130. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023).
    131. Vergelyk Greyling (2019a) 'Om die ouerhuis te verlaat' en 'Eerste werk' in Wepener en Greyling (2019b) vir bykomende oorgangsrituele.
    132. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:306).
    133. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:307).
    134. Verslag Taakspan Roetemerkers in NG Algemene Sinode Agenda (2023:307).
    135. Vergelyk Dean et al. (2001:49).
    136. Vergelyk Marcia (1993a:7).
    137. Vergelyk Osmer (1996:170) en Marcia (1993:7).