SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Verbum et Ecclesia

    On-line version ISSN 2074-7705Print version ISSN 1609-9982

    Verbum Eccles. (Online) vol.46 n.2 Pretoria Feb. 2025

    https://doi.org/10.4102/ve.v46i2.3321 

    ORIGINAL RESEARCH

     

    Ouers se primêre rol in geloofsvorming

     

    Parents' primary role in faith formation

     

     

    Hannelie YatesI; Johannes C. AvenantII

    IUnit for Reformational Theology and the Development of the SA Society, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom, South Africa
    IIDepartment of Practical Theology, Faculty of Theology and Religion, University of Pretoria, Pretoria, South Africa

    Correspondence

     

     


    ABSTRACT

    This article, firstly seeks to explore the role parents play in shaping their children's faith, and secondly, to examine how it influences congregations' role. The article begins by providing a concise overview of faith transmission within households as described in the Bible and includes observations about the central role of God in the faith formation process. The article then discusses two significant arguments based on empirical and literature research. The primary argument is that parents hold the most significant influence over their children's faith formation. This parental role is described by further highlighting four key aspects: (1) setting an example of faith; (2) acting as mentors; (3) fulfilling a socialisation role; and (4) fostering a positive parent-child relationship. The second argument addresses the consequent role of congregations in faith formation. It examines changes in the context, composition, and challenges of contemporary households, highlighting the collaborative role congregations can play in supporting parents in this process. The article concludes by presenting eight paradigm shifts designed to help congregations shape this supportive role effectively.
    INTRADISCIPLINARY/INTERDISCIPLINARY IMPLICATIONS: This article is written from an inclusive youth ministry paradigm, advocating an intentional move away from compartmentalised approaches to ministry and relationships. By adopting a holistic perspective on the role of parents in their children's faith formation - and, by extension, on the overall well-being of parents and children - it offers valuable insights for congregational studies as well as child, youth, and family studies.

    Keywords: households; role of parents; parent-child relationships; faith formation; children; adolescents; home-centred ministry; intergenerational faith transmission.


     

     

    Inleiding

    Ouers1 het die grootste invloed op hulle kinders se geloofsvorming. Hierdie gedagte word duidelik beklemtoon deur hierdie empiriese en literatuurnavorsing oor geloofsontwikkeling of kategese. Op die vraag aan adolessente oor watter drie persone die grootste invloed op hulle geloofsontwikkeling gehad het, is ma en pa as eerste en tweede aangewys, terwyl grootouers se invloed ook as belangrik aangedui is. Op die vraag oor wat met geloofsontwikkeling van kinders en adolessente bedoel word, het leraars nie net die belang van ouers beklemtoon nie, maar ook aangedui dat die gesin die primêre plek is waar dit plaasvind.

    Daar is 'n oorvloed nasionale en internasionale navorsing wat hierdie primêre rol van ouers bevestig.2 Freudenburg en Lawrence som hierdie gedagte mooi op en gebruik dit as die werksformule in hulle boek The family friendly church, waar hulle dit as volg beskryf:

    Parents are the primary Christian educators in the church, and the family is the God-ordained institution for faith-building in children and youth and for the passing of faith from one generation to the next.3

    Om hierdie rede is dit noodsaaklik dat ouers die primêre verantwoordelikheid aanvaar vir die begeleiding van hulle kinders se geloofsvorming. Avenant4 se navorsing lewer 'n interessante bydrae tot hierdie tema deur aan te toon dat 98.9% van ouers saamstem dat gesinne die primêre plek vir geloofsvorming is, Tog het 74% van die ouers aangedui dat hulle by hulle kinders se geloofsvorming betrokke wil wees, maar nie weet hoe om dit te doen nie.5

    Hierdie artikel ondersoek eerstens die rol wat ouers speel in die vorming van hulle kinders se geloof, en tweedens werp dit lig op hoe hierdie rol gemeentes se rol verander. Die artikel begin met 'n kernagtige beskrywing van geloofsoordrag in gesinne soos in die Bybel uitgebeeld, en bevat ook enkele opmerkings oor die kardinale rol van God in die geloofsvormingsproses. Daarna bespreek die artikel twee belangrike argumente gebaseer op empiriese en literatuurnavorsing.

    Die hoofargument is dat ouers die primêre invloed op hulle kinders se geloofsvorming6 het. Hierdie invloed word beskryf deur vier kernaspekte uit te lig: (1) ouers stel 'n geloofsvoorbeeld; (2) ouers speel 'n mentorsrol; (3) ouers vervul 'n sosialiseringsrol; en (4) ouers bou 'n positiewe ouer-kind verhouding.

    Die tweede argument handel oor die gevolglike rol van gemeentes in geloofsvormingprosesse. Dit bespreek die veranderings in die konteks, samestelling en uitdagings van hedendaagse gesinne en beklemtoon die vennootskap wat gemeentes met ouers kan vorm om geloofsvorming te ondersteun. Die artikel sluit af met agt paradigmaskuiwe wat gemeentes kan help om hierdie ondersteunende rol prakties te realiseer.

     

    Die gesin se rol in die Bybel

    Die gesin se rol in die vorming en oordrag van geloof tussen generasies word in die Bybel as kernbelangrik beskryf.7 Dit is duidelik sigbaar in gedeeltes soos Eksodus 12, Deuteronomium 6 en Psalm 78. Kinders moes van jongs af leer wie God is en verstaan hoe God met mense werk. Kinders moes gereeld hieraan herinner word, veral tydens Paasfees, wanneer die verhaal van die mensdom se redding deur God onder hulle aandag gebring is deur vrae. Ouers het hierdie geleenthede gebruik om nie net die kinders se vrae te beantwoord nie, maar ook om die volledige verhaal van God se redding te vertel en te verduidelik hoe die kinders en hulle gesinne daarby ingesluit is.

    In die Bybel8 word die lewe van God se mense (verbondsmense) dikwels as 'n weg of pad uitgebeeld, wat volgens Nel9 'n metafoor is vir hoe 'n mens behoort te leef. Hierdie pad of lewe het 'n bestemming, en op hierdie reis van gelowiges saam met God vind groei en ontwikkeling plaas. Of iemand binne die verbondskring gebore en grootword of later deur God daarin geroep word, hierdie pad moet geleer word. Wat geleer moet word, sluit die volgende in: wat die pad saam met God behels, hoe om op hierdie pad te loop (leef), en hoe die nuwe identiteit wat hieruit voortvloei deur transformasie10 gevorm word. Dingemans beklemtoon die omvattendheid van hierdie leerproses (pad) en beklemtoon die insluiting van die ouerhuis wanneer hy oor geloofsopvoeding skryf:

    Geloofsopvoeding is geen apart hoofstuk binnen de algemene opvoeding: het is er een essentieel en alles-doordringend deel van. Opvoeding is: kinderen leiden op die weg van het leven en dat is - naar oud-israëltisch besef - de weg van de Heer.11

     

    God neem inisiatief, maar sluit ouers in om sy werk te bemiddel

    Die pad wat God se mense stap, is 'n geloofspad. Geloof begin altyd by God - Hy neem die inisiatief en skenk geloof.12 Hierdie geskenkte geloofsinsig moet ontdek en ontwikkel word, en groei. Dit is hier waar onderrig [didache]13 en geloofsvorming ter sprake kom. God leer sy mense deur sy Torah. Die Ou Testament leer, volgens Firet,14 dat die Torah God se 'wegwysende stem' op hierdie pad is. Wanneer die Torah gelees en geleer word, handel God self en tree as leermeester op. In die Nuwe Testament roep en onderrig Jesus self sy dissipels en maak hulle deel van sy volgelinggemeenskap [ekklesia]. Volgens Firet,15 sluit God ouers en ander gelowiges in hierdie leer- en vormingsproses in as medereisigers wat kinders en nuwe reisigers op hierdie weg inlyf of inisieer en begelei.16

    Dingemans17 verwys na hierdie proses as 'geloofsbemiddeling' en beklemtoon die belang van die ouerhuis as die primêre plek waar God ingesluit is in die kommunikasieproses met kinders. Die proses is vir hierdie artikel van kardinale belang. Niemand, nie die kerk of jeugbediening, kan die bemiddelingsrol van ouers vervang in die daaglikse uitleef van geloof voor en saam met hulle kinders nie. Die ouerhuis is dus die eerste plek van bemiddeling van God se betrokkenheid by kinders se lewens. God gebruik ouers, maar ook ander gelowiges om kinders en nuwe reisigers op sy pad deur didache te begelei. Daarom sê Nel18 dat die gesin 'n unieke hermeneutiese funksie in die Bybel vervul. Hy gaan so ver om te sê dat kinders ouers het 'om tot verstaan te kom'.

    Tog beteken dit nie dat God slegs binne hierdie ruimte werk en dat verstaan nie kan plaasvind wanneer hierdie ruimtes ontbreek of stukkend is nie.19 Duisende kinders word in enkelouer- of andersoortige gesinne gebore. Holmen20 beskryf sommige hiervan as gebroke of disfunksionele gesinne, maar ons moet versigtig wees met hierdie terme, aangesien dit die indruk kan skep dat nie-tradisionele gesinne minder geskik is vir geloofsvorming. In werklikheid is die kwaliteit van verhoudings binne die gesin dikwels belangriker as die gesinstruktuur. In die Afrika-konteks vervul grootouers dikwels hierdie rol van primêre geloofsbemiddelaars21.

    Kinders wat geen gesinsverbintenisse ken nie, stel geloofsgemeenskappe voor unieke uitdagings. Dit is noodsaaklik dat sulke gemeenskappe veilige ruimtes skep waar geloofsvorming gefasiliteer kan word.21

    Om die bestemming wat God vir sy mense in gedagte het te bereik, is daar volgens Firet,22 inisiasie [channukkâ] nodig - 'n proses van opleiding23 en toewydingsoordrag. Hy beskryf hierdie inisiasieproses soos volg:

    The 'transfer of dedication' consists especially in the initiation of the child into the story of Yahweh and his people: it implicates him personally so that it becomes his story. The child is initiated into the story with a view of where he has to go. The 'way' did not begin when he was born: it started with the Exodus. He was there when it happened. The didaché is not primarily an explanation of history, or of the words and works of Yahweh. It is first of all the act of implicating the young Israelite in the story of salvation. He learns to say and to experience we - the we of the covenant.

    Die gesin is by uitstek die plek waar kinders leer om 'ons' te sê - ons as God se mense, die liggaam van Christus.24 Voordat kinders enige ander groepidentiteit aanneem, beleef hulle hul plek binne hulle eie gesin, wat deel van God se familie [ekklesia25] uitmaak.

    In die lig van ouers se rol beskryf Firet26 die didache van die Ou Testament as uitnodiging na, inisiasie in, en begeleiding en onderskeiding op God se weg. Hierdie weg verwys, volgens hom, in die Nuwe Testament na 'n omvattende lewe van dissipelskap. Indien ouers die primêre rol in hulle kinders se geloofsvorming inneem en indien hierdie rol is om geloof te bemiddel deur die didache, word die rol wat hulle behoort te speel duideliker omlyn: om hulle kinders op hulle geloofsreis in te lyf, te begelei en te help om wyse lewenskeuses met onderskeiding te kan maak. In Nuwe-Testamentiese taal beteken dit om hulle op 'n omvattende dissipelskappad te begelei. Die gesin bly dus die ideale ruimte waar dissipelskap geleer en beoefen behoort te word.27

     

    Rol van ouers vandag

    Hoe lyk 'n gesin vandag wat as hermeneutiese ruimte dien waar kinders en adolessente se geloof gevorm word? Hier sal by Avenant28 se insigte in sy navorsing oor hierdie tema aangesluit word. Avenant steun op Root29 en Nel,30 wat beklemtoon dat die rol van ouers nie net sosiologies benader moet word nie, maar ook teologies. Om hierdie rede moet die bybelse beginsels, wat reeds in hierdie artikel bespreek is, as belangrike raamwerk dien vir die rol van ouers in geloofsvorming. Kernbegrippe soos inisiasie (inlywing), begeleiding en onderskeiding, wat in die Nuwe Testament onder dissipelmaking geklassifiseer kan word, vorm die vertrekpunt van hierdie bespreking.

    Die ouer as 'n geloofsvoorbeeld31

    Die mees sentrale rol van ouers in geloofsvorming is nie noodwendig in wat hulle sê of onderrig nie, maar in die voorbeeld wat hulle stel - hulle wees-funksie. Ouers wat nie self in 'n verhouding met God leef nie, wie se geloof nie vir hulle betekenisvol is nie, en wat dus geen nuwe identiteit in Christus het of uitleef nie, kan selde geloof suksesvol na die volgende generasie oordra. Hoogstens sal enkele geloofsgewoontes of tradisies en gebruike sonder dieper betekenis na die kinders oorgedra word. Kinders wat in so 'n gesin grootword, ontwikkel slegs 'n egte geloofsidentiteit indien hulle buite die huis aan egte geloofservarings blootgestel word of self 'n ontmoeting met God beleef.32

    Wanneer ouers egter self in 'n verhouding met Jesus Christus leef en daaroor met hulle kinders gesels, kry geloofsvormende aspekte groter betekenis. Die kombinasie van woorde en 'n lewende voorbeeld kommunikeer egtheid en opregtheid.

    Hierdie uitgangspunt sluit aan by Root33 wat argumenteer dat ouers nie bloot 'n beïnvloedingsrol moet vervul deur kinders se gedrag van buite af te probeer verander nie, maar eerder aanwesig moet wees in die teenwoordigheid van God - 'n wees-teologie, oftewel to be present in Personhood34.

    Wuthnow35 verwys na'n studie wat beklemtoon dat kinders hulle gesin meer waarskynlik as geloofsgerig sal klassifiseer wanneer hulle hul ouers gereeld sien Bybel lees. Net so belangrik is gedeelde geloofsgewoontes, soos gesamentlike Bybellees. Die studie wys verder dat die egtheid waarmee ouers hierdie praktyke uitleef, en dit nie net doen 'ter wille van die kinders' nie, ook uiters noodsaaklik is. Kehrwald36 bevestig hierdie gedagte en gaan verder:

    Teen die tyd dat kinders agt, nege of tien jaar oud is, weet hulle of geloof en geloofsgewoontes in die familie vir hulle ouers en/of grootouers regtig betekenisvol is en of dit maar net gedoen word 'vir die kinders se onthalwe'.

    Indien kinders agterkom dat geloofspraktyke bloot om hulle onthalwe uitgevoer word, kan dit lei tot 'n verlies aan belangstelling, opstandigheid daarteen en uiteindelik losmaking van geloof. Op grond van die navorsing wat oor hierdie gedagtegang gedoen is, merk Kehrwald op dat hy afgesien het van sy aanvanklike simplistiese, oorvereenvoudigde benadering van:

    If you do these things, your child will launch into young adulthood with faith and religious practice in tow. Of course, it's not that simple or that easy. What I missed, or glossed over, are two essential factors that must accompany the practices: 1. The authentic, genuine nature of faith expression on the part of parents and grandparents, and 2. The quality of the overall relationship between parents (or grandparents) and child. These factors make all the difference.37

    Hierdie gedagtes beklemtoon dat geleefde geloof by ouers, ook geleefde geloof by hulle kinders wek.38 Goeie verhoudings bied die atmosfeer en ruimte waarbinne geloof kan ontwikkel en groei. Navorsing deur Bengston en kollegas oor die oordrag van geloof van een generasie na die volgende, het 'n spesiale kategorie oor rolmodellering. Hulle beskryf dit soos volg:

    [W]hat parents do in setting examples for religious practice and belief, such as attending church regularly, participating in church activities, and encouraging faith development at home through prayers, scripture reading, and religious stories. Moreover, as seen from our interviews, it is important that parents show consistency between belief and practice: walking the walk and not just talking the talk.39

    Avenant40 se navorsing stem ooreen met hierdie insigte van Wuthnow oor Bybellees en bevestig dat 76% van respondente wie se ouers die grootste invloed op hulle geloof gehad het, aangedui het dat hulle hul vaders gereeld sien Bybel lees het, terwyl 70% dieselfde van hulle moeders gesê het. Verder het 80% van respondente aangedui dat hulle moeders gereeld geloofstories met hulle gedeel het, terwyl 78% dieselfde van hulle vaders gesê het. Hierdie bevindings beklemtoon dat die deurleefde geloof van ouers die belangrikste aspek van geloofsvorming is. Daarom kan met reg gesê word dat ouers se geloofsvoorbeeld krities belangrik is in hierdie proses.

    Die ouer se mentorsrol41

    Volgens Klasen en Clusterbuck42 het mentorskap 'n diepgewortelde geskiedenis wat teruggevoer kan word na die Griekse mitologie. Dit verwys na die persoon met die naam Mentor wat Odusseus aangestel het om oor sy seun, Telemachos, te waak tydens sy afwesigheid, asook sy deelname aan die Trojaanse oorlog. Mentor moes dien as bewaker van die gesin, sowel as onderwyser, adviseur, vriend, motiveerder, leier, fasiliteerder en surrogaatvader. Met verloop van tyd het die term 'mentor' gevestig geraak en word dit nou gebruik om 'n wyse en vertroude adviseur en fasiliteerder te beskryf. Mentors is unieke individue wat tyd en energie belê in die vaardigheidsontwikkeling en persoonlike groei van ander.

    Wanneer ouers die rol van mentor aanneem, sê hulle nie eenvoudig vir hulle kinders wat om te doen nie. Hulle stap eerder saam met hulle kinders en gee leiding - toepaslik vir die kinders se ouderdom - op die geloofspad. Begrippe soos inlywing, begeleiding, onderskeiding en dissipelskap beskryf die ouer se rol op hierdie mentorreis die beste. Soos Nel43 opmerk, is ouers nie noodwendig beter dissipels nie, maar hulle het meer ervaring op die pad van oorvloedige lewe en die uitleef van God se sending. Dit is 'n besondere voorreg om nie net self die Bybel te lees of vir jou kind voor te lees nie, maar om saam met hulle die ontdekkingsreis van Bybellees aan te pak. Hierdie gedeelde reis sluit in dat ouers wys hoe hulle God se stem in die Bybel leer herken het. Namate kinders vorder op die pad, word hulle medereisigers en deel hulle ook wat hulle van God in die Bybel hoor. Hierdie is maar een voorbeeld wat illustreer hoe geloofsmentorskap binne 'n gesin plaasvind. So word die gesin die primêre ruimte waar dissipelskap aangeleer en beoefen word.

    Strommen en Hardel44 haal in hierdie verband Marjorie Thompson aan wat vra:

    What if the family were not merely an object of the church's teaching mission, but one of the most basic units of the church's mission to the world? What I am suggesting is that the communal church and the domestic church need to recapture a vision of the Christian family as a sacred community.

    Om mentorskap effektief toe te pas, is kennis van lewensfases, soos in 'n vorige artikel beskryf,45 uiters belangrik. Kinders kan slegs leer wat geskik is vir hulle ouderdom. Ouers moet ook kennis dra van Fowler46 se fases van geloofsontwikkeling. Hierdie kennis help ouers om kinders, adolessente en selfs jong volwassenes deur die verskillende fases van geloofsgroei te begelei. Dit sluit baie nou aan by hulle psigologiese vermoëns op spesifieke ouderdomme en is gerig op die bevordering van geloofsgroei na die volgende fase.

    Die ouer se sosialiseringsrol47

    Smith en Snell bespreek die elementêre sosiologiese beginsel van inlywing wanneer jongmense se geloofsverbintenisse voorspel word:

    New members of any society are always inducted into the group by elder members who form them in different ways to become active participants of various sorts. This is done through role modeling, teaching, taking-things-for granted, sanctioning, training, practicing and other means of inculcating and internalizing basic categories, assumptions, symbols, habits, beliefs, values, desires, norms and practices.48

    Die kernvraag is nie of ouers of enige ander volwassenes betrokke is by geloofsosialisering nie, maar hoe dit gedoen word en met watter effek. Wanneer ouers nalaat om hulle kinders in geloof in te lyf, vul ander volwassenes of portuurgroepe hierdie rol en lei hulle by alternatiewe kulture in.

    Volgens Kehrwald49 bestaan daar geen definitiewe lys van gesins- of geloofsgewoontes wat geloofsgroei en -oordrag na die volgende generasie enigsins kan waarborg nie. Tog stem die literatuur50 en navorsing ooreen met sekere gewoontes wat tot suksesvolle geloofsoordrag bydra en jongmense tot volwasse geloof begelei.

    Uit hierdie empiriese navorsingsprojek oor geloofsontwikkeling of kategese blyk twee sleutelaspekte: leraars het 'n korrelasie geïdentifiseer tussen ouers se geloof en adolessente se geloof na belydenisaflegging.51 Daar is ook 'n direkte verband tussen ouers se betrokkenheid by die gemeente en adolessente se gemeente-betrokkenheid na belydenisaflegging.

    Hierdie gedagtes is in Avenant52 se beperkte studie beklemtoon. Dit het die volgende twee bevindings opgelewer:

    Eerste bevinding - Meer as twee uit elke drie jongmense het 'n goeie verstaan van hulle geloofsidentiteit ná belydenisaflegging gehad en dit uitgeleef, uit gesinne:

    • Waar hulle as gesin gereeld Bybel gelees het.

    • Waar hulle hul pa en ma gereeld sien Bybel lees het.

    • Waar hulle as gesin gereeld gebid het.

    • Waar hulle as gesin gereeld eredienste bygewoon het.

    • Waar geloofsgesprekke gereeld plaasgevind het.

    • Waar kinders gereeld na albei ouers se geloofstories geluister het.

    Tweede bevinding - Meer as sewe uit elke tien jongmense bly ná belydenisaflegging steeds aktief by die kerk betrokke, uit gesinne:

    • Waar hulle as gesin gereeld eredienste bygewoon het.

    • Waar ouers aktief by die kerk betrokke was.

    • In wie se lewe die kerk 'n baie belangrike rol gespeel het.

    Volgens Avenant se studie is dit ook opmerklik hoeveel ander geloofsgewoontes van jongmense na belydenisaflegging 'n duidelike verband toon met die voorkoms of gebrek aan geloofsvormende gewoontes in die ouerhuis.53 Dit is egter belangrik om daarop te let dat ouers se invloed positief of negatief kan wees ten opsigte van geloofsgewoontes. Daar is dus ook 'n direkte verband tussen die afwesigheid van geloofsgewoontes in die gesin en dié van die kinders later in hulle lewe. Navorsing het ook baie duidelik getoon dat daar 'n verband bestaan tussen die afwesigheid van geloofsgewoontes in ouers se eie ouerhuise wat verder bydra tot hierdie tendens en uiteindelik lei tot losmaking of ontkoppeling van enige geloofstradisies.54

    Hoewel geen enkele geloofsgewoonte geloofsvorming op sigself kan waarborg nie, speel die kombinasie van geloofsgewoontes oor tyd en in samewerking met rolmodelle 'n deurslaggewende rol. Wanneer hierdie praktyke konsekwent beoefen word, verhoog dit die waarskynlikheid dat geloof van een generasie na die volgende oorgedra sal word.55

    Die ouer-kind verhouding56

    Vir baie lank is daar soveel klem gelê op bogenoemde drie belangrike take van ouers in geloofsvorming, dat die basiese ouer-kind verhouding dikwels onderskat is. Die gedagte dat ouers se verhouding met hulle kinders 'n belangrike rol speel, het ook in hierdie empiriese navorsingsprojek oor geloofsontwikkeling of kategese na vore getree, en dit het die feit beklemtoon dat ouers hulle kinders op die geloofsreis kan begelei. Roehlkepartain57 wys daarop dat hoewel studies oor geloofsvorming in die gesin dikwels op geloofsgesprekke, Bybellees, gebed en stiltetyd-momente, meelewing en diensaksies fokus, die alledaagse dinamika van gesinslewe die grootste katalisator vir geloofsvorming oor generasies heen is.

    Bengston58 en kollegas het baanbrekerswerk gedoen in hierdie verband. Hulle het emosionele nabyheid en onderlinge ondersteuning oor generasies heen geïdentifiseer as sleutelinvloede op geloofsvorming. Data uit hulle longitudinale studies toon duidelik dat die liefdevolle en emosionele dimensie van ouers se gedrag groot invloed op geloofsoordrag het:

    Parents who are warm and affirming are more likely to have children who follow them; parents who are cold or authoritarian, ambivalent or distracted, are less likely to have children follow them. Also affecting transmission is the level of conflict between parents and children. Moreover, we have seen that parents who are perceiving as open and accepting of their child's religious choices are more likely to achieve transmission. Particularly important, according to our data, is the role of a father's presence. Parental piety - religious role modeling, setting a good example - will not compensate for a distant dad.

    Bengston en kollegas som hierdie bevindings soos volg op:

    In other words, parents who interact with their children during formative years in a warm, affirming, and respectful manner are more likely to pass on their religious tradition, beliefs, and practices.59

    Volgens Roehlkepartain60 is die kwaliteit van ouer-kindverhoudings gedurende die vormingsjare dalk een van die beste voorspellers of kinders hulle ouers se geloof, oortuigings en waardes sal omarm. Hierdie en nog ander insigte het, volgens Roehlkepartain,61 Search Institute gelei tot die ontwikkeling van 'n rigtinggewende verhoudingsraamwerk (developmental relations) om jongmense op alle lewensterreine te begelei om te kan floreer. In hulle verdere navorsing het hulle, volgens Roehlkepartain,62 ontdek dat verhoudings wat gekenmerk word deur,

    • 'n uitdrukking van sorg (expressions of care - Show me that I matter to you)

    • 'n uitdaging tot groei (challenge growth - Push me to keep getting better)

    • die bied van ondersteuning (provide support - Help me complete tasks and achieve goals)

    • die deel van mag (share power - Treat me with respect and give me a say)

    • die uitbreiding van moontlikhede (expand possibilities - Connect me with people and places that broaden my world)

    sterk verbind word met die gesonde welstand van die jeug.

    In hierdie verband argumenteer die teoloog, Miller-McLemore,63 wat die kerkgeskiedenis se houding ten opsigte van gesinne nagevors het, dat Christene in vandag se tipiese Westerse samelewing dikwels die persepsie het dat geloof iets is wat beperk is tot sekere tye en net in formele kerkruimtes plaasvind of slegs iets persoonliks is wat in 'n persoon se siel in diepte ervaar word. Hierteenoor argumenteer sy dat gesinslede wat mekaar op die geloofspad begelei, mekaar net so naby aan God kan bring as diepe oordenking. God het mense lief en transformeer hulle te midde van probleme wat daagliks ondervind word (messy details and troubles).64 Die gesin kan as 'n werkswinkel of laboratorium vir die beoefening van geloof funksioneer waar waardes soos vergifnis, vrygewigheid, gasvryheid en geregtigheid in praktyk gebring word.

    Hierdie bevindings is waardevol vir almal wat by gedragsvorming van kinders en adolessente, toerusting van ouers en geloofsvorming betrokke is. Dit beklemtoon die belangrikheid van 'n sterk ouer-kindverhouding in die gesin vir suksesvolle geloofsvorming.65

     

    Gesinne in 'n veranderende en uitdagende wêreld66

    Die wêreld, insluitend Suid-Afrika, beleef radikale en vinnige veranderings wat onomkeerbare gevolge vir gesinne en gevolglik ook die geloofsvorming van kinders en adolessente inhou. Roehlkepartain67 haal Bianchi68 aan, wat beklemtoon dat verskeie tendense oor die afgelope 50 jaar in die VSA na vore gekom het. Dit sluit in uitgestelde huwelike en swangerskappe, 'n toename in saamwoonverhoudings en egskeidings, kinders wat buite die huwelik gebore word, asook die toenemende deelname van vroue in die werksplek. Dieselfdegeslag-verbintenisse en aannemings binne hierdie verhoudings dra ook by tot die diversifisering van gesinstrukture. Hierdie tendense het in onlangse dekades ook in Suid-Afrika toenemend posgevat.

    Daar word dikwels aanvaar dat die afname in tradisionele gesinsopsette daartoe lei dat hedendaagse gesinne minder doeltreffend is in geloofsvorming as in vorige dekades. Vern Bengston en kollegas69 se navorsing weerlê egter hierdie aanname:

    In the eyes of many, families have lost a disturbing amount of their moral and religious influence, seemingly a consequence of parental divorce, excessive individualism, and a breakdown in traditional social structures. From this perspective, if parents are passing religion on to their children, they are not doing it very often or very well.

    In Bengston en kollegas se studie, wat oor vier generasies binne dieselfde gesinne strek, is bevind dat gesinne steeds net so effektief geloofsoortuigings en -waardes oordra as 35 jaar gelede. Die sleutel lê in hoe belangrik ouers geloof en geloofsvorming ag.

     

    Die kapasiteit van gesinne onder druk

    Avenant70 se navorsing het die beperkte kapasiteit van ouers as 'n belangrike knelpunt in geloofsvorming geïdentifiseer. Hierdie beperking is 'n ernstige bedreiging vir effektiewe geloofsvorming binne gesinne.

    In die kwantitatiewe deel van die navorsing het 69% van die respondente (betrokke ouers) aangedui dat die grootste uitdaging in hulle geloofsvormingstaak die gebrek aan tyd is om as gesin saam te spandeer en om geloof in die gesinsverband te vorm. Die kwalitatiewe navorsing, waaraan leraars deelgeneem het, het hierdie bevinding verder ondersteun. Byna al die leraars het bevestig dat ouers se beperkte kapasiteit die grootste uitdaging vir geloofsvorming verteenwoordig. Dit is egter verblydend dat die meeste respondente in die kwantitatiewe studie aangetoon het dat hulle kreatiewe maniere vind om prioriteit te gee aan dit wat vir hulle belangrik is.

     

    Nie-nakoming van die gesin se rol71

    Leraars wat in jeugbediening met kinders en adolessente werk, besef toenemend dat hulle blywende invloed op hierdie jongmense beperk is. Wanneer hulle hoor dat ouers die grootste invloed op hulle kinders se geloofsvorming het,72 vra hulle dikwels: Waar is hierdie ouers dan? As gevolg hiervan word jeugbediening dikwels aangepak sonder om die gesin enigsins in ag te neem. Volgens Avenant, Nel en Jordaan73 kan die rol van ouers in geloofsvorming74 egter nie bloot geïgnoreer word deur aan te voer dat hulle hul verantwoordelikhede nalaat nie. Ouers bly die belangrikste rolspelers in hulle kinders se geloofsvorming, en wanneer hulle hierdie verantwoordelikheid verwaarloos, is die invloed meestal negatief. Hier speel gemeentes 'n sleutelrol in pastorale ondersteuning en begeleiding. Hulle behoort gesinne doelbewus te ondersteun en te begelei deur goeie praktyke te bevorder wat veilige ruimtes vir geloofsvorming skep.75 Gemeentes moet intensioneel prosesse implementeer om gesinne in hulle verskeidenheid pastoraal by te staan - met die oog op die geloofsvorming van jong volwassenes, kinders en adolessente.

     

    Gemeente as vennoot in geloofsvorming

    In die literatuur word gereeld na die kerk en gesinne as vennote in geloofsvorming verwys. Volgens Smith en Snell76 berus die verantwoordelikheid vir godsdienstige sosialisering en geloofsvorming hoofsaaklik op twee gemeenskappe: eerstens die gesin waar ouers die primêre rol in die sosialisering speel; en tweedens die kerk waar die hele gemeente, en spesifiek toegewyde volwassenes 'n betekenisvolle invloed op kinders en jongmense se geloof en lewens uitoefen. Wanneer hierdie twee gemeenskappe nie geloofsvorming fasiliteer nie, is dit hoogs onwaarskynlik dat dit elders sal plaasvind.

    Nel77 verduidelik dat God met die totstandkoming van die verbondsgemeenskap (Ou Testament) en die ekklesia (Nuwe Testament) 'n unieke agogiese ruimte of sfeer geskep het. Hierdie ruimte is bedoel vir groei en verandering. Die gemeente is dus nie net 'n plek waar mense bymekaarkom nie, maar hierdie agogiese ruimte gee spesifieke definisie aan wat daarbinne gebeur: fasilitering van groei en verandering. Hierdie groei en verandering word deur die didache begelei. Soos wat God ouers by die geloofsvormingsproses van kinders insluit, so is die ekklesia geroep om saam met gesinne verantwoordelikheid te neem vir die inlywing, begeleiding, onderskeiding en dissipelskap van nuwe reisigers op die geloofspad. Geloofsgemeenskappe het dus 'n kritieke rol in die ondersteuning en begeleiding van gesinne in hulle geloofsvormingsrol. Daar is agt paradigmaskuiwe wat gemeentes behoort te maak om praktiese uitvoering te gee aan hulle ondersteunende rol in die geloofsvormingproses:

    Gesinne is inklusief deel van die geheel

    Gesinne moet nooit as geïsoleerde entiteite beskou word nie, maar eerder as 'n integrale deel van 'n groter geloofsgemeenskap.78 Dit impliseer dat ouers nie alleen verantwoordelik is vir die geloofsvorming van hulle kinders nie, maar dat ander gelowige volwassenes ook 'n aanvullende rol hierin speel.

    Miller-McLemore79 verduidelik in haar boek In the midst of chaos: Caring for children as spiritual practice, die verhouding tussen families en die groter geloofsgemeenskap soos volg:

    The most important communities with which families overlap are the religious congregations in which families share the life of faith with adults and kids from other households. Throughout the book, I assume the importance of religious traditions that uphold the practice of just, compassionate love and the essential role of religious communities that sustain these traditions. Amid the chaos of contemporary life, neither adults nor children can do without the support and wisdom these communities and traditions hold. In fact, neither family nor congregation can embrace faith, pursue justice, enact compassion, or love God easily or well without the contribution and grace of the other.

    In hierdie konteks is die doelbewuste betrokkenheid van ander volwassenes binne die gemeente van groot belang. Hierdie benadering word soms as die '5-tot-1-beginsel' beskryf wat daarop dui dat vyf gelowige volwassenes 'n betekenisvolle rol in die geloofsvorming van elke jongmens behoort te speel.80

    Geloofsvorming tuis is deel van die gemeentestrategie

    Dit blyk dat dit onmoontlik is om ouers effektief te ondersteun en te begelei in hulle rol as primêre geloofsvormers sonder drastiese veranderings in gemeentes se jeugbediening. Twee noodsaaklike skuiwe is nodig: (1) Om die jeug en gesinne inklusief binne 'n gemeente te bedien. Elke kerk of gemeente met 'n sterk verbondsbenadering en bybelse ekklesiologie moet hulle jeugbediening ontwikkel as deel van 'n inklusiewe en omvattende gemeentelike bediening. Hierdie bediening behoort kategese en familiebediening81 in te sluit. In so 'n bedieningsfilosofie kan jeugbediening nie apart of afsonderlik bedien word nie. (2) 'n Skuif is nodig van 'n 'church-centred'-model waar die kerk die middelpunt van alle bediening is, sowel as van 'n 'home-supported'-model waar gesinne net daar is om die kerk te ondersteun in die bediening aan die jeug, na 'n 'home-centred'-model waar die gesin die belangrikste ruimte is waar geloof gevorm word en die bediening dus om die gesin sentreer, sowel as na 'n 'church-supported'-model waar die kerk daar is om gesinne te ondersteun in alles wat nodig is om geloofsvorming en bediening saam met gesinne en ouers te laat plaasvind. Hierdie benadering plaas die huishouding sentraal en gebruik dit as lens waardeur alle bedienings beoordeel en ontwerp word.82 Deur hierdie benadering word kompartementalisering in die kerk se bedienings doelgerig teëgewerk.

    Bewusmaking van huishoudings se primêre rol in geloofsvorming

    Alhoewel betrokke ouers deeglik bewus is daarvan dat hulle die primêre geloofsvormers is, is dit noodsaaklik om hierdie waarheid op kreatiewe maniere ook aan minder betrokke en onbetrokke ouers oor te dra. Navorsingsresultate oor die rol van ouers kan hier 'n baie belangrike rol speel. Verandering vereis 'n sterk basis van kennis en motivering. Deur hierdie navorsingsresultate so wyd as moontlik bekend te maak, word mense nie net bewus van die probleem nie, maar ook van hoe hulle self 'n bydrae tot die oplossing daarvan kan lewer.83

    Dit is egter ook belangrik om te besef dat ouers wat nie in 'n huis grootgeword het waar 'n persoonlike verhouding met God belangrik was nie, waarskynlik nie maklik verantwoordelikheid vir geloofsvorming sal neem nie. In sulke gevalle moet gemeentes 'n evangeliserende rol inneem om hierdie ouers te ondersteun en te begelei. Navorsing dui ook aan dat ouers meer by die kategeseproses betrek kan word. Dit is belangrik dat ouers die doel en rol van kategese beter verstaan. Miskien is dit tyd om die huidige formaat van kategese te herbedink, sodat alle ouers daarby betrek word en daar tuis 'n duidelike verband met geloofsvorming geskep word. Dit is 'n saak waaroor gemeentes deeglik moet nadink in die toekoms.

    Hieruit ontstaan die vraag: Hoe kan die wese en spiritualiteit van kinders die fokus van geloofsvorming of kategese en gesinne word?

    Toerusting van huishoudings

    Cannister84 beklemtoon die belang van die ouerhuis en argumenteer dat jeugbedienings in vennootskap met huishoudings moet werk en ouers moet toerus vir hulle geloofsvormingstaak. Avenant dui aan dat omvattende toerusting85 een van die sleutelfaktore is om 'n huis-gefokusde, gemeente-ondersteunde jeugbediening te vestig. Dit is ook die belangrikste manier waarop die kerk gesinne kan ondersteun.

    In Avenant86 se navorsing het ouers verskeie sake uitgelig waarvoor hulle toerusting benodig. Hoewel nie al hierdie sake direk met geloofsvorming verband hou nie, beklemtoon dit ouers se behoefte aan ondersteuning rakende die vorming van die kind se wese en spiritualiteit. Die literatuur bevestig dat hierdie sake as kernareas beskou kan word waarin die kerk gesinne behoort te ondersteun in hulle geloofsvormingstaak. Die volgende behoeftes aan toerusting is deur respondente geïdentifiseer:

    • 74% het aangedui dat hulle wil weet hoe om hulle kind(ers) te help om 'n sterk karakter te bou.

    • 73% wil weet hoe om konflik konstruktief te hanteer.

    • 69% wil praktiese vaardighede aanleer om geloof in die praktyk uit te leef.

    • 67% wil weet hoe om kinders te begelei om in verhouding met God te lewe.

    • 67% wil weet hoe om kinders te begelei tydens hulle lewensdeurgange.

    • 66% wil weet hoe om kinders te begelei om gesonde romantiese verhoudings te bou.

    • 65% wil weet hoe geloofsgewoontes gevestig kan word.

    Verder sluit toerusting ook die verskillende rolle van ouers in geloofsvorming in, naamlik geloofsvoorbeeld, mentorskap, geloofsosialisering (soos die vestiging van geloofsgewoontes), en die bou van sterk ouer-kind-verhoudings. 'n Kritiese ruimte vir toerusting, wat tans onderbenut is, is doopgesprekke, doopbegeleiding en doopherinnering. Hier kan baie meer moeite gedoen word om ouers effektief te ondersteun.

    Tog is daar kommerwekkende inligting uit Avenant87 se navorsing waarvan deeglik kennis geneem behoort te word: ouers beskou toerusting tans nie as 'n betekenisvolle bydrae tot die geloofsvorming van hulle kinders en gesin nie. Slegs 22% van die respondente het aangedui dat toerusting 'n positiewe effek op geloofsvorming in hulle gesin het. Hierdie bevinding dui daarop dat daar wel 'n behoefte aan toerusting is, maar dat die huidige benadering nie effektief tot geloofsvorming bydra nie. Dit is dus noodsaaklik om nuut en kreatief te dink oor hoe opleiding en toerusting van gesinne in die toekoms benader moet word.

    Toerusting en ondersteuning in die viering van roetemerkers88

    Oor die oprigting en viering van roetemerkers word daar in twee ander artikels in hierdie bundel breedvoerig aandag gegee. Hier is dit egter belangrik om huishoudings bewus te maak van die verskillende soorte lewensdeurgange (mylpale) en roetemerkers wat deel uitmaak van hulle kinders en hulle eie lewensreise. Dit bied geleenthede om hierdie oomblikke as ruimtes vir geloofsvorming te benut. Verder is dit 'n ideale geleentheid om die verhoudings tussen kinders, ouers se verhoudings met ander families en volwassenes binne die groter geloofsgemeenskap te versterk. Sodoende kan die res van die gemeente 'n ondersteunende rol vir families vervul.

    Huishoudings binne 'n intergenerasionele bediening

    Intergenerasionele geloofsvorming beteken dat ouers, ander volwassenes, kinders en adolessente wedersyds by mekaar leer, saam aanbid en dien, en mekaar se geloof versterk. Gemeentes kan ruimtes skep waar gesinne van ander gesinne, kinderlose volwassenes en selfs ouer persone leer hoe om geloofspraktyke in te oefen en om geloofstories te deel. Hierdie proses maak almal - jonk en oud - aktiewe agente van geloofsvorming.89

    Verskaffing van hulpbronne

    Volgens Avenant90 se navorsing is eredienste, kategese en huisgeloof van die belangrikste praktyke in gemeentes wat die vorming en groei van geloof in gesinne bevorder. Huisgeloof is 'n komponent van [jeug]bediening waar hulpmiddels of -bronne aan gesinne beskikbaar gestel word. Hierdie hulpmiddels fasiliteer gesprekke en help met die praktiese uitleef van geloof, gebaseer op die inhoud van weeklikse kategese, eredienste of geloofspraktyke in die algemeen. Die hulpmiddels kan wissel van gespreksblaaie tot uitgebreide reekse hulpbronne. In die literatuur91 word die term 'take it home' soms as sinoniem vir huisgeloof gebruik.

    Help ouers navigeer binne 'n veranderende en veranderde wêreld92

    Dit bring ons by die volgende vraag: Hoe kan jeugbediening en gemeentes vennote wees van huishoudings in die vorming van geloof binne 'n komplekse en dinamiese wêreld waar ouers onder geweldige druk verkeer?

    Volgens Roehlkepartain begin die uitdaging vir gemeentes93 wanneer hulle narratiewe oor benaderings tot en betrokkenheid by gesinne verander. Hy stel ses skuiwe voor wat die potensiaal het om hierdie narratiewe radikaal te verander: (1) van 'n klem op strategieë en programme wat 'verkoop' word om ouers betrokke te kry, na 'n klem op verhoudings waarin vertroue gebou, geluister en aangesluit word by ouers waar hulle is; (2) van 'n klem op ouerskap as strategie om kinders te beïnvloed en te beheer, na 'n klem op ouerskap as verhouding met die fokus op teenwoordigheid en gemeenskaplikheid; (3) van 'n klem op etikettering, wat fokus op wat verkeerd is, of idealisering, wat fokus op hoe die gesin behoort te wees, na 'n klem op die benutting van gesinne se sterk punte en veerkragtigheid; (4) van 'n klem op die oordrag (passing-on) van oortuigings, na 'n klem op geloof as verhouding wat geleef word (living-into); (5) van 'n klem op gesinne dien (doen iets vir hulle), na 'n klem op bemagtiging om hulle geloof self uit te leef; en (6) van 'n klem op die uitleef van geloof binne die gemeente, na 'n klem op die uitleef van geloof in die alledaagse lewe.

     

    Slot

    Die empiriese en literatuurnavorsing wat in hierdie artikel aangebied word, bevestig dat ouers die primêre invloed op hulle kinders se geloofsvorming het.94 Die pad wat God se mense van een generasie na die volgende stap, is 'n geloofspad. Op hierdie geloofsreis is dit God wat geloof skenk. God neem die inisiatief, maar gebruik ouers as bemiddelaars in sy werk. Die rol van ouers word in hierdie artikel soos volg beskryf: om hulle kinders op die geloofspad te inisieer, hulle op hierdie pad te begelei en hulle te help om wyse lewenskeuses met onderskeiding te maak. Sleutelterme soos inisiasie (inlywing), begeleiding, en onderskeiding sluit aan by die Nuwe-Testamentiese begrip van dissipelmaking.

    Die belangrikste rol van ouers in geloofsvorming lê waarskynlik nie in wat hulle vir hul kinders sê of leer nie, maar in die voorbeeld wat hulle stel deur hoe hulle leef - hulle wees-funksie.95 Wanneer ouers as mentors optree, skryf hulle nie net vir hulle kinders voor wat om te doen nie, maar stap hulle die geloofspad saam met die kinders en lei hulle volgens hulle ouderdomsbehoeftes. Hierdie proses van inlywing beklemtoon ook die sosialiseringsrol wat ouers op 'n doelgerigte en effektiewe wyse vervul. Die navorsing beklemtoon verder die belang van ouers se verhouding met hulle kinders as 'n sleutel tot suksesvolle geloofsvorming.Weereens handel die rol van ouers in geloofsvorming oor hoe hulle hul kinders op die reis begelei.

    Wanneer gemeentes hulle rol as vennote van die ouerhuis ernstig opneem, veral gegrond op die bevindings dat (1) ouers se geleefde geloof geleefde geloof by kinders wek,96 en (2) verhoudings die ruimte skep waarin geloof kan ontwikkel en groei,97 is die volgende prosesse noodsaaklik:

    • Huishoudings is inklusief deel van die geheel.

    • Maak geloofsvorming tuis doelgerig deel van die gemeentestrategie.

    • Skep bewustheid van huishoudings se primêre rol in geloofsvorming.

    • Bied toerusting aan huishoudings.

    • Bied begeleiding en ondersteuning in die viering van roetemerkers.

    • Huishoudings binne 'n intergenerasionele bediening.

    • Verskaf hulpbronne aan ouers.

    • Help ouers navigeer binne 'n veranderende en veranderde wêreld.

    Deur hierdie prosesse kan gemeentes beweeg na 'n inklusiewe bediening wat jeug sowel as gesinne insluit, en die karakter aanneem van 'n 'home-centred' en 'church-supported' bediening.98 Mag geloofsvorming of kategese deur gemeentes herbesin word om ouers te help om nie net op die 'leerdimensie' te fokus nie, maar op die totale 'wees' van kinders en hoe hulle geloof 'n rigtinggewende rol kan speel in die uitdagings van die lewe.

     

    Erkennings

    Hierdie artikel is gedeeltelik gebaseer op die tweede skrywer se tesis van die graad Doktor in die Filosofie in Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika, met promotor prof. Malan Nel, ontvang 2021, beskikbaar hier: https://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/79138/Avenant_Intergenerasionele_2021.pdf?isAllowed=y&sequence=2.

    Mededingende belange

    Die outeure verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenisse is wat die skryf van hierdie artikel onvanpas kon beïvloed nie.

    Outeursbydrae

    H.Y. en J.C.A. het gelyk bygedra tot hierdie navorsingsartikel.

    Etiese oorwegings

    Hierdie artikel het alle etiese standaarde gevolg vir navorsing sonder direkte kontak met, en deelname van mense.

    Befondsingsinligting

    Die outeure het geen finansiële ondersteuning vir die navorsing, outeurskap en/of publikasie van hierdie artikel ontvang nie.

    Databeskikbaarheidsverklaring

    Die data wat die bevindinge van hierdie studie ondersteun, is openlik beskikbaar in Universiteit van Pretoria navorsingsdata by https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.28182179.v1.

    Vrywaring

    Die menings en sienings wat in hierdie artikel meegedeel word, is dié van die outeure en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of dié van die uitgewer nie. Die outeure alleen is verantwoordelik vir hierdie artikel se inhoud.

     

    References

    AGENDA vir die 17de vergadering van die ALGEMENE SINODE van die NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK, 2019, Geloofsvorming: Jeug, Sub-Taakspan Belydenis van Geloof, pp. 288-302, viewed 12 January 2020, from https://www.kerkargief.co.za/doks/acta/AS_Agenda_2019.pdf.         [ Links ]

    Allen, H.C. & Ross, C.L., 2012, Intergenerational Christian formation: Bringing the whole church together in ministry, community and worship, InterVarsity Press, Downers Grove, IL.         [ Links ]

    Avenant, J.C., 2011, 'Die verhouding Ouermentoraat, Geloofsidentiteit en betrokkenheid van Jongmense na Belydenisaflegging', Ongepubliseerde Meesters verhandeling, Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

    Avenant, J.C., 2021, 'Intergenerasionele geloofsvorming in 'n huis-gefokusde, gemeente-ondersteunde jeugbediening', PhD proefskrif, Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

    Avenant, J.C. & Hoffman, L., 2015, 'Geloofsvorming', in M. Nel & Z. Van Der Westhuizen (reds.), Skokkend Positief: Insigte vanuit nuwe Navorsing oor aktiewe Afrikaanse Kerkjeug, pp. 63-74, Bybel-Media, Wellington.         [ Links ]

    Avenant, J.C., Nel, M. & Jordaan, J.C., 2021, 'Die rol van die ouerhuis in die intergenerasionele geloofsvorming van die jeug in belang van 'n geïntegreerde jeugbediening', Verbum et Ecclesia 42(1), a2250. https://doi.org/10.4102/ve.v42i1.2250        [ Links ]

    Bengston, V., Putney, N.M. & Harris, S., 2013, Families and faith: How religion is passed down across generations, Oxford University Press, New York, NY.         [ Links ]

    Bianchi, S.M., 2011, 'Family change and time allocation in American families', Annals of the American Academy of Political and Social Science 638(1), 21-44. https://doi.org/10.1177/0002716211413731        [ Links ]

    Cannister, M.W., 2013, Teenagers matter: Making student ministry a priority in the church, Youth, Family, and Culture Series, Baker Academic, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Dean, K.C. & Foster, R., 1998, The godbearing life: The art of soul tending for youth ministry, Upper Room Books, Nashville, TN.         [ Links ]

    Dingemans, G.D.J., 1986, In de Leerschool van het Geloof. Mathetiek en Vakdidactiek voor Catechese en Kerkelijk vormingswerk, Kok, Kampen.         [ Links ]

    Firet, J., 1977, Het agogisch moment in het pastoraal optreden, 3de druk, Kampen, Kok.         [ Links ]

    Firet, J., 1982, Het Agogisch Moment in het Pastoraal optreden, 4de druk, JH Kok, Kampen.         [ Links ]

    Firet, J., 1986, Dynamics in pastoring, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Fowler, J.W., 1981, Stages of faith. The psychology of human development and the quest for meaning, Harper Collins Publishers, San Francisco, CA.         [ Links ]

    Freudenburg, B. & Lawrence, R., 1998, Family friendly church, Group Publishing, Loveland, CO.         [ Links ]

    Holmen, M., 2005, Faith begins at home, Regal, Ventura, CA.         [ Links ]

    Holmen, M.A., 2010, Church+home - The proven formula for building lifelong faith, Regal Books, Ventura, CA.         [ Links ]

    Holmen, M.A. & Teixeira, D., 2008, Take it home: Inspiration and events to help parents spiritually transform their children, Gospel Light, Ventura, CA.         [ Links ]

    Kehrwald, L., Roberto, J., Roehlkepartain, G. & Roehlkepartain, J., 2016, Families at the centre of faith formation, Lifelong Faith Associates, Naugatuck, CT.         [ Links ]

    Klasen, N. & Clutterbuck, D., 2002, Implementing mentoring schemes: A practical guide to successful programs, Elsevier Ltd. Butterworth-Heinemann, Oxford, MA.         [ Links ]

    Matthee, N., 2023, UP Navorsingsprojek: Geloofsontwikkeling (Kategetiek) Data, Ongepubliseerde verslag, https://doi.org/10.25403/UPresearchdata.28182179.v1        [ Links ]

    Miller-McLemore, B., 2007a, In the midst of chaos: Caring for children as spiritual practice, 1ste druk, Jossey-Bass, San Francisco, CA.         [ Links ]

    Miller-McLemore, B., 2007b, 'The rule of family faith: Practicing the presence of God in our outward lives', Lifelong Faith (Summer 2007), pp. 3-11, Besigtig op 21 Julie 2020, van https://www.lifelongfaith.com/uploads/5/1/6/4/5164069/family_faith_formation_lifelog_faith_journal.pdf.         [ Links ]

    Nel, M., 1982, Jeug en Evangelie, NGKB, Pretoria.         [ Links ]

    Nel, M., 2001a, 'The inclusive congregational approach to youth ministry', in M.H. Senter, W. Black, C. Clark & M. Nel (eds.), Four views of youth ministry and the church: Inclusive congregational preparatory, missional, strategic, pp. 2-22, Zondervan/Youth Specialties, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Nel, M., 2001b, Jeugbediening - 'n Inklusiewe Gemeentelike Benadering, Barnabas, Bloemfontein.         [ Links ]

    Nel, M., 2009, 'Imagine-making disciples in youth ministry ... that will make disciples', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 71(3), 1-11. https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.2940        [ Links ]

    Nel, M., 2015, Identity-driven churches - Who are we, and where are we going? Biblecor, Bible Media, Wellington.         [ Links ]

    Nel, M., 2018, Youth ministry: An inclusive missional approach, HTS Religion & Society Series: 1, AOSIS, Cape Town.         [ Links ]

    Nel, M. & Van Der Westhuizen, Z., 2015, Skokkend Positief: Insigte vanuit nuwe Navorsing oor aktiewe Afrikaanse Kerkjeug, Bybel-Media, Wellington.         [ Links ]

    Osmer, R.P., 1990, A teachable spirit. Recovering the teaching office in the church, Westminister John Knox, Louisville, TN.         [ Links ]

    Powell, K.E., 2014, The Sticky Faith guide for your manily. Zondervan, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

    Roehlkepartain, J., 2016, 'Transforming narratives of families for the twenty-first century', in L. Kehrwald, J. Roberto, G. Roehlkepartain & J. Roehlkepartain (eds.), Families at the centre of faith formation, pp. 7-26, Lifelong Faith Associates, Naugatuck, CT.         [ Links ]

    Root, A., 2007, Revisiting relational youth ministry: From a strategy of influence to a strategy of incarnation, IVP Books, Downers Grové, IL.         [ Links ]

    Root, A., 2014, Christopraxis: A practical theology of the cross, Fortress Press, Minneapolis, MN.         [ Links ]

    Root, A., 2017, Faith formation in a secular age, Baker Publishing Group, Grand Rapids, MI, Besigtig 20 Mei 2018, van https://www.amazon.de/Andrew-Root-ebook/dp/B01MS7DN0N/ref=sr_1_1?dchild=1&keywords=faith+formation+a+secular+age&qid=1595265293&sr=8-1.         [ Links ]

    Scholtz, J.W., Nel, M. & Beukes, J., 2024, 'Die bediening aan enkelouergesinne met adolessente: 'n inklusiewe en intergenerasionele uitdaging', In die Skriflig 58(1), a3033. https://doi.org/10.4102/ids.v58i1.3033        [ Links ]

    Smith, C. & Denton, M.L., 2005, Soul searching: The religious and spiritual lives of American teenagers, Oxford University Press, New York, NY.         [ Links ]

    Smith, C. & Snell, P., 2009, Souls in transition: Religious & spiritual lives of emerging adults, Oxford University Press, New York, NY.         [ Links ]

    Strommen, P.S. & Hardel, R.A., 2000, Passing on the faith. A radical new model for youth and family ministry, Saint Mary's Press, Winona, MN.         [ Links ]

    Wuthnow, R., 1996, Religious upbringing: Does it matter and, if so, what matters? Princeton Lectures on Youth, Church, and Culture, Besigtig 23 Januarie 2013, van https://go.exlibris.link/CxDB13fT.         [ Links ]

    Wuthnow, R., 1999, Growing up religious: Christians and Jews and their journeys of faith, Beacon Press, Boston, MA.         [ Links ]

     

     

    Correspondence:
    Hannelie Yates
    hannelie.yates@nwu.ac.za

    Received: 25 Sept. 2024
    Accepted: 14 Nov. 2024
    Published: 27 Feb. 2025

     

     

    Note: Special Collection: The manuscript is a contribution to the themed collection titled ‘Geloofsreis. Inwyding, Begeleiding en Onderskeiding nuut ontdek’ under the expert guidance of guest editor Prof. Malan Nel.
    1. Hierdie artikel is die vierde in 'n reeks van 10 in hierdie Supplementum. Soos die ander is ook hierdie artikel 'n teologiese refleksie op 'n konsep wat uit die analise van 123 kwalitatiewe onderhoude kom. Die onderhoude was deel van 'n empiriese navorsingsprojek oor geloofsontwikkeling of kategese waaraan vier Afrikaanssprekende denominasies binne die Reformatoriese tradisie deelgeneem het.
    2. Avenant, Nel en Jordaan (2021:7). Hier volg 'n lys van nog outeurs (sekerlik nie volledig nie) wat navorsing aanhaal of self gedoen het oor die primêre rol van ouers in geloofsvorming: Avenant (2021:381); Dean en Foster (1998:77, 83); Nel (1982:176-179; 2001a:2-22; 2018:255-262); Smith en Denton (2005:261); Strommen en Hardel (2000:98-99); Roehlkepartain (2016:12); Wuthnow (1996:79).
    3. Freudenburg en Lawrence (1998:21; ook aangehaal deur Avenant 2021:104, 381).
    4. Avenant (2021:304-305; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:8).
    5. Avenant (2021:305).
    6. Avenant (2021:193, 388, 396).
    7. Avenant (2021:103-104). Hierdie gedagtes kom uit Deuteronomium 6:4-25, Eksodus 12:26-27, Psalm 78:3-8).
    8. Spreuke 3:1-6 en Spreuke 22:6.
    9. Nel (2018:159; ook aangehaal deur Avenant 2021:149; Avenant et al. 2021:4; Nel 2001b:137; NGK 2019:290).
    10. NGK (2019:291).
    11. Dingemans (1986:159).
    12. Nel (2001a:148; ook aangehaal deur NGK 2019:292).
    13. Vgl. veral artikel 1 in hierdie bundel.
    14. Firet (1977:91; ook aangehaal deur NGK 2019:292).
    15. Firet (1977:71-78; ook aangehaal deur NGK 2019:292).
    16. Avenant et al. (2021:4).
    17. Dingemans (1986:116; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:4).
    18. Nel (2018:86; ook aangehaal deur Avenant 2021:103; Nel 2001a:20).
    19. Nel (2018:87-88; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:7).
    20. Holmen (2005:9-15; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:7).
    21. Avenant et al. (2021:7).
    22. Firet (1986:53; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:4); vgl. weer artikel 1 in hierdie bundel.
    23. Firet (1982:71-72; ook aangehaal deur Nel 2001a:139, 2009:6).
    24. Nel (2009:6; ook aangehaal deur CIT0006 et al. 2021:4).
    25. Avenant et al. (2021:4).
    26. Firet (1982:71-76; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:4; Firet 1986:50-68; Nel 2009:101-102; 2018:41-42, 160).
    27. Strommen en Hardel (2000:21; ook aangehaal deur Avenant 2011:61; 2021:153).
    28. Avenant (2021:103-109, 199-205).
    29. Root (2014:x-xi, 2; 2017:100, 228).
    30. Nel (2015:205-213).
    31. Avenant (2021:108-109, 199-201; ook aangehaal deur Avenant 2021:199).
    32. Root (2017:100; ook aangehaal deur Avenant 2021:165-166).
    33. Root (2007). (Die hele boek, Revisiting relational ministry: From a strategy of influence to a theology of incarnation handel oor hierdie gedagte.)
    34. Hierdie is 'n woord wat Andy Root baie gebruik om daarmee God se aktiewe teenwoordigheid of God se Christopraxis mee te beskryf. Ons kan dit ook beskryf met: 'to be present in God's active presence' - soos hy dit in sy boek Christopraxis (2007:69) gebruik.
    35. Wuthnow (1999:11-12; ook aangehaal deur Avenant 2021:199-200). Die studie waarna hy verwys is Economic Values Survey wat in 1992 onderneem is.
    36. Kehrwald et al. (2016:85; ook aangehaal deur Avenant 2021:200).
    37. Kehrwald et al. (2016:85).
    38. Avenant (2021:200, 331).
    39. Bengston, Putney en Harris (2013:193-195; ook aangehaal deur Avenant 2021:201).
    40. Avenant (2021:201; ook aangehaal deur Avenant 2011:153-154).
    41. Avenant (2021:104).
    42. Klasen and Clusterbuck (2002:16; ook aangehaal deur Avenant 2011:42; 2021:104).
    43. Nel (2018:93; ook aangehaal deur Avenant 2021:111).
    44. Strommen en Hardel (2000:21; ook aangehaal deur Avenant 2021:154).
    45. Vergelyk artikel 2 in hierdie bundel.
    46. Fowler (1981:119-174; ook aangehaal deur Avenant 2021:181); Osmer (1990:236-247).
    47. Avenant (2021:107; ook aangehaal deur Avenant en Hoffman 2015:71-72; Avenant 2011:46).
    48. Smith en Snell (2009:285).
    49. Kehrwald et al. (2016:83; ook aangehaal deur Avenant 2021:201-202).
    50. Avenant (2021:201-202); Kehrwald et al. (2016:86); Wuthnow (1999:xxxi-xxxii).
    51. Telkens wanneer die woord 'belydenisaflegging' gebruik word, word in ag geneem dat een van die vennote wat aan hierdie navorsing deelgeneem het weggedoen het met die betrokke term en nou daarna verwys as 'roetemerker vir jongvolwassenheid' as deel van 'n lewenslange reis met verskeie roetemerkers op hierdie reis.
    52. Avenant (2011:155; ook aangehaal deur Avenant 2021:203).
    53. Avenant (2021:203).
    54. Avenant et al. (2021:9; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:9).
    55. Avenant (2021:203-204).
    56. Avenant (2021:204-205; ook aangehaal deur Avenant 2021:204).
    57. Roehlkepartain (2016:13-14; ook aangehaal deur Avenant 2021:204).
    58. Bengston et al. (2013:193-195; ook aangehaal deur Avenant 2021:204).
    59. Bengston et al. (2013:193-195; ook aangehaal deur Avenant 2021:204).
    60. Roehlkepartain (2016:14; ook aangehaal deur Avenant 2021:204).
    61. Roehlkepartain (2016:14; ook aangehaal deur Avenant 2021:204).
    62. Roehlkepartain (2016:14; ook aangehaal deur Avenant 2021:204-205).
    63. Miller-McLemore (2007b:6-7; ook aangehaal deur Miller-McLemore 2007a; Avenant 2021:205).
    64. Miller-McLemore (2007b:6-7).
    65. Avenant (2021:205).
    66. Avenant (2021:207-209).
    67. Roehlkepartain (2016:8).
    68. Bianchi (2011:21-44).
    69. Bengston et al. (2013:185; ook aangehaal deur Avenant 2021:209-210).
    70. Avenant (2021:388-389; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:2, 9).
    71. Avenant et al. (2021:9).
    72. Avenant (2021:396).
    73. Avenant et al. (2021:8).
    74. Avenant et al. (2021:8).
    75. Avenant et al. (2021:8).
    76. Smith and Snell (2009:286; ook aangehaal in Avenant en Hoffman 2015:72; Avenant 2021:381).
    77. Nel (2018:91; ook aangehaal deur Avenant 2021:109-110; Nel 2001b:22).
    78. Nel (2018:22; ook aangehaal deur Avenant et al. (2021:3).
    79. Miller-McLemore (2007a:xvi).
    80. Powell (2014:98; ook aanghaal deur Avenant 2021:212-273).
    81. Nel (1982:112; ook aangehaal deur Avenant 2021:140; Nel 2001a; 2001b:10; 2018:22).
    82. Holmen (2010:80; ook aangehaal in Avenant 2021:196); vergelyk weer Freudenburg en Lawrence (1998:96-105).
    83. Avenant (2011:163).
    84. Cannister (2013:203 e.v.; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:8).
    85. Avenant (2021:403).
    86. Avenant (2021:289-290).
    87. Avenant (2021:290; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:9).
    88. Vir meer oor roetemerkers, vergelyk artikel 2 en 6 van hierdie bundel.
    89. Allen en Ross (2012:17-20; ook aangehaal deur Avenant (2021:218-220).
    90. Avenant (2021:376-377; ook aangehaal in Avenant 2021:385-386).
    91. Holmen en Teixieira (2008:4ev).
    92. Avenant (2021:408).
    93. Roehlkepartain (2016:16-24; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:8).
    94. Avenant (2021:2, 193, 381, 396; ook aangehaal deur Avenant et al. 2021:7).
    95. Avenant (2021:199).
    96. Avenant (2021:200, 331).
    97. Avenant (2021:200).
    98. Vergelyk weer Freudenburg en Lawrence (1998:96-105).