SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SUTTNER, Raymond. Periodisering, Kulturele Konstruksie en Voorstelling van ANC Manlikhede deur Kleredrag, Gebare en die Indiese Nasionalistiese Invloed. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.51-91. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel spreek die ontwikkeling van die ANC se nasionalistiese stryd en meegaande gender kwessies (veral konsepte van manlikheid) deur kulturele faktore soos spesifiek kleredrag, aan. Dit betoog dat dit wat deur mense gedra word, 'n historiese argief uitmaak wat los staan van die geskrewe en gesproke woord, en wat ons interpretasie van historiese tydperke kan verryk. Dit kan tegelykertyd ook die manier waarop ons dit interpreteer, meer kompleks maak. In die besonder word aangevoer dat die gebruik van pakke klere deur vroeë ANC-afvaardigings meer beteken het as bloot die konformering aan imperiale voorskrifte en "bedelary" - dit het naamlik beteken dat die kleding van die "heersende klas" aangeneem is. Daar word ook weer gekyk na hoofman Albert Luthuli en uit sy kleredrag word dubbelsinnighede in sy houding jeens moontlike militarisasie afgelei. Op soortgelyke wyse skenk die artikel oorweging aan die ontwikkeling van die gebruik van spesifieke gebare, byvoorbeeld die gebalde vuis op verskillende maniere, en die ontwikkeling van toyi-toyi deur verskillende tydperke en betekenisse van die bevrydingstryd, dikwels met gender betekenisse. Baie van wat voorgehou word, word nie as 'n outoritêre herinterpretasie voorgestel nie, maar word gebruik om te illustreer dat 'n wye verskeidenheid van betekenisse uit dieselfde gebeure en lewens van mense afgelei kan word. Die uitdaging waarvoor dit ons stel, is om die omvang van bronne waarop ons vir ons historiografiese en verwante studies staatmaak, uit te brei.

Keywords : ANC; bevrydingstryd; bevrydingstrydkulture; gebare; gender; Indies; kleredrag; manlikheid; nasionalistiese bewegings.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License