Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Historia
On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X
Abstract
PRETORIUS, Fransjohan. The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without end. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.34-49. ISSN 2309-8392.
Hierdie artikel verskaf eers 'n oorsig van die belangrikste historiografiese bydraes oor die blanke konsentrasiekampe wat die Britte tydens die Anglo-Boereoorlog opgerig het. Dit word gevolg deur kritiek op twee onlangse publikasies - Liz Stanely se boek Mourning Becomes... Post/memory, Commemoration and the Concentration Camps of the South African War (2006, met 'n eerste Suid-Afrikaanse uitgawe in 2008), en Elizabeth van Heyningen se artikel getiteld "A Tool for Modernisation? The Boer Concentration Camps of the South African War, 1900-1902", in the South African Journal of Science (2010). Ten spyte van heelwat meriete word albei publikasies gekritiseer vir hul subjektiwteit. Daar word besluit dat die waarheid veel ingewikkelder en genuanseerd is as die uitbeelding deur hierdie skrywers.
Keywords : Afrikaner-nasionalisme; Anglo-Boereoorlog; Britse Blouboeke; Elizabeth van Heyningen; Emily Hobhouse; E. Neethling; konsentrasiekampe; Liz Stanley; post/memory; sanitasie.