Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Historia
On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X
Abstract
ZAAIMAN, Johan. Die plaaslike rol van 'n Wellingtonse afdeling van die Afrikaner Broederbond, 1937-1994. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.121-146. ISSN 2309-8392.
As 'n voormalige geheime organisasie is dit onduidelik watter rol die Afrikaner Broederbond (AB) in plaaslike gemeenskappe vertolk het. Dit word algemeen aanvaar dat AB-lede moontlik tydens die apartheidsera 'n leidende rol in plaaslike politiek gespeel het. Hierdie artikel lê die plaaslike rol bloot van 'n AB-afdeling in die funksionering van die dorp Wellington. Dit dui aan dat die plaaslike politieke rol van die AB eintlik beperk was en dat dit hoofsaaklik gerig was op die plaaslike ontwikkeling van Afrikaner-nasionalisme. Vanaf die 1970's, in afwagting van 'n postapartheid-bedeling, het hierdie afdeling egter 'n belangrike besprekingsforum en oortuigingsarena vir prominente plaaslike Afrikanerleiers geword om hulle in die lig van die landwye sosio-politieke verandering te heroriënteer.
Keywords : Afrikaner Broederbond; Afrikanerbond; Afrikaner Broederbond-afdeling; plaaslike Afrikanerinvloed; Afrikaner; Wellington; geheime organisasies; plaaslike politiek.