SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2Moving with the times in search of permanence: the digitization of "liberation struggle" archives in southern AfricaThe role of the South African business community regarding political mobilisation in the run-up to a new South Africa, 1980-1992 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

GOOSEN, Danie. Oor die republikeinse gedagte: 'n oefening in herinnering. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.182-203. ISSN 2309-8392.

In die artikel word 'n bondige politiek van herinnering met betrekking tot die republikeinse tradisie van Afrikaners beoefen. Die bedoeling daarmee is nie om aan te voer dat Afrikaners in antwoord op die uitdagings waarvoor hulle vandag as kultuurgemeenskap te staan gekom het, op 'n simplistiese of reaksionêre wyse na hulle republikeinse tradisie kan terugkeer nie. Die bedoeling is eerder om in en deur die vraag na (en herinnering aan) die betekenis van hulle republikeinse erfenis, die ruimte vir 'n "anders dink" oor hulle kontemporêre toestand lewendig te hou. In die eerste afdeling word stilgestaan by die betekenis van die begrip "politiek van herinnering" self. In die daaropvolgende afdelings word slegs by enkele belangrike eienskappe van die republikeinse gedagte stilgestaan. In die besonder sal gevra word na die republikeinse voorstelling van die verhouding tussen die geheel en die dele (in onder meer die Amerikaanse en Franse republikeinse erfenis); die republikeinse idee van vryheid (onderskeid van die liberale idee van vryheid); sowel as die republikeinse voorstelling van die verhouding tussen politiek en godsdiens (die sogenaamde teologies-politieke probleem).

Keywords : Amerikaanse republikanisme; Aristoteles; deelname; deugde; eenheid en veelheid; Franse republikanisme; goeie oordeel; herinnering; nostalgie; liberale tradisie; pluralisme; federalisme; republikeinse tradisie; sentralisme; teologies-politieke probleem; tragies; vryheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License