SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue1Trickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communitiesComparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Historia

    On-line version ISSN 2309-8392Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    COUPER, Scott Everett. "... it is clear something is wrong here!" Inanda Seminary's continued survival during the 1980s. Historia [online]. 2013, vol.58, n.1, pp.75-105. ISSN 2309-8392.

    Inanda Seminarie het ongetwyfeld gedurende die tagtigerjare, meer as enige ander tyd in haar geskiedenis, moeilike tye beleef. Die skool het in die vyftigerjare daarin geslaag om sluiting vry te spring. Die seminarie het voortgegaan as 'n onafhanklike private Christen kosskool. Deur dit alles het die departement van Bantoe-Onderwys die energie van die skool getap. Teen 1980 het apartheid se ondergeskikte onderwys-sisteem meeste van die skool se personeel en studente opgelewer. In sekere opsigte het interne disfunksionaliteit en eksterne politieke onluste 'n negatiewe uitwerking op die skool gehad. Beide die breër kerk sowel as die Beheerkomitee, was oorstelp deur alles waardeur die skool moes gaan. Ad hoc befondsing, die belangstelling en invloede van oorsese instansies, besighede, die staat (KwaZulu Tuisland) en onvoldoende inkomste uit studentegelde, het die integriteit van die skool geskaad. Die eerste swart vroue-prinsipaal, Constance Koza, het die skool deur moeilike en stormagtige waters gestuur. Daar was ook herhaaldelike bedankings van personeel met nuwe aanstellings wat dan ontwrigtend was. Herhaaldelike krisisse het die naïewe Allan Campbell, wie tot aan die einde van die dekade daar gedien het, oorweldig. Die dissiplinering van studente was uiters moeilik te midde van die politieke bestel, asook die meegaande geweld in die swart woongebiede en in die breër konteks van Suid-Afrika. Daar was ook baie studente-onluste gedurende hierdie tyd, as gevolg van die studente en onderwysers se toenemende belangstelling in politiek. Ten spyte van dit alles, was 'n hoë vlak van onderrig by dié skool gehandhaaf. Die oorlewing van Inanda Seminarie bewys bo enige twyfel dat lig, hoe dof ook al, duisternis oorwin.

    Keywords : Inanda Seminary; Bantoe Onderwys; apartheid; Constance Koza; Allan Campbell; studente onrus; KwaZulu; United Congregational Church of Southern Africa; United Church Board for World Ministries.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )