SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue1Comparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VAN EEDEN, Elize S.. Pionierswerk in streeksgeskiedenis studies in Suid-Afrika: Refleksies in die voormalige Afdeling vir Streeksgeskiedenis by die Raad vir Heesteswetenskappe (RGN). Historia [online]. 2014, vol.59, n.1, pp.118-140. ISSN 2309-8392.

In die vroeg sewentigerjare het die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) ondersoek ingestel na die moontlikheid van die vestiging van 'n afdeling streeksgeskiedenis aan die Instituut vir Historiese Navorsing (IHN). Laasgenoemde is reeds in 1969 gestig. As direkteur is aangestel 'n militêre historikus, kommandant C.M. Bakkes. Onder sy leiding is 'n paar jong opkomende navorsers in Geskiedenis in diens geneem. Een van die eerste benoemings was mnr (later doktor) Arie Oberholster. Met verloop van tyd was Oberholster die dryfkrag agter die IHR se streeksgeskiedenis inisiatief. Omdat die moontlikheid vir 'n streeksgeskiedenis afdeling nog net 'n voorstel was, het die IHR vir Oberholster getaak om wyd te verken, waar te neem en te leer van die internasionale gemeenskap in Europa en die VSA. Dié opdrag het hy vir drie maande in 1974 uitgevoer. Oberholster se insigte voortvloeiend hieruit, en die pogings van sy eweknie dr C.C. (Callie) Eloff, sou die hoekstene vorm waarop die IHR se Afdeling Stads- en Streeksgeskiedenis kort na Julie 1974, tot stand gekom het. Hierdie bespreking is in wese 'n kritiese en analitiese samevatting van die eerste formele inisiatief in Suid-Afrika om streeksgeskiedenisnavorsing te vestig. In die gesprek word uitgewys hoe eertydse internasionale denke en aktiwiteite in die praktyk daartoe bygedra het om die vroeë leierskap in die Afdeling Stads- en Streeksgeskiedenis se denke te help vorm oor navorsing in hierdie omvattende en uitdagende maar opwindende terrein. Dit is jammer dat die IHR en al sy aktiwiteite in die vroeë 1990's beëindig is. Hierdie aksie het konstruktiewe en kontinue navorsing in streeksgeskiedenis navorsing 'n besliste knou gegee. Dit in 'n tydperk waarin moderne sosiale geskiedenis in Suid-Afrika ook binne hierdie subveld van geskiedenis kon floreer het. In die bespreking is voorgestel dat die stewige fondament waarop die Afdeling Stads- en Streeksgeskiedenisstudies eertyds funksioneer het voor hulle sluiting (idees, beplanning, navorsingskapasiteit, netwerke, publikasie, onderrig en metodiek) eerder herstel behoort te word, en voortgesit behoort te word in 'n nuutgeskepte historiese instituut van 'n aard. As voorbeeld hiervan dalk die gedagte van 'n streeksgeskiedenisinstituut met as fokus 'n baie breër en dieper omvang van streekhistoriese studies as enige poging tevore wat gemaak is in Suid-Afrika sedert die IHR is gesluit het. As dit nie gedoen word nie, sal die land steeds waardevolle historiese geheue onder swart, wit, bruin, Indiër en ander gemeenskappe in al die provinsiale streke van die land op 'n daaglikse tempo verloor.

Keywords : Plaaslike geskiedenis studies;; plaaslike geskiedenis; sosiale geskiedenis; Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing; A.M. Oberholster; C.M. Bakkes; Instituut vir Historiese Navorsing; geskiedenis van onder; mondelinge geskiedenis; multidissiplinêre navorsing.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License