SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2From trusteeship to self-determination: L.J. du Plessis' thinking on apartheid and his conflict with H.F. VerwoerdKlaas Koen: identity and belonging in the Berlin Mission Society during the late nineteenth century author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

GEYER, René. The Union Defence Force and the 1914 strike: The dynamics of the shadow of the burgher. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.136-151. ISSN 2309-8392.

In Januarie 1914 het 'n algehele industriële staking in die Unie van Suid-Afrika uitgebreek wat tot onrus in die Witwatersrand area gelei het. Gevolglik is die Unieverdedigingsmag (UVM) vir die eerste keer sedert sy ontstaan in 1912, operasioneel deur die regering aangewend om die staking te onderdruk. Die UVM was egter midde in 'n organisasie- en integrasieproses en gevolglik was die Staande Mag nog nie gereed om die staking op sy eie te onderdruk nie. Die UVM moes dus noodgedwonge die kommando's van die Burgermagreserwes vir diens opkommandeer. Die tradisionele kommandostelsel van die voormalige Boererepublieke asook die Transvaal- en Oranjerivier-kolonies sou dus vlugtig met die 1914-staking herleef maar in 'n nuwe en veelsydige Suid-Afrikaanse milieu. Die artikel fokus op konflik en gemeenskap en beklemtoon belangrike sosiale militêre historiografiese aspekte in Suid-Afrika wat in die verlede verwaarloos is. Dié artikel belig die tydsgees en karakter van die Afrikaner gemeenskap van destyds, deur te konsentreer op die sosiale dinamika en ondervinding van die burgers wat aan die onderdrukking van die staking deelgeneem het. Onderwerpe, soos ideologiese verskille, nasionalisme, leierskap, kommando en Afrikaner-identiteit, manlikheid, nostalgie en wit armoede werp lig op hierdie ervaringe en omstandighede.

Keywords : Militêre geskiedenis; Unieverdedigingsmagte; 1914-staking; 1914-Rebellie; kommando; manlikheid; nasionalisme; nostalgie; wit armoede.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License