SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2Dealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott"The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

GRUNDLINGH, Louis. "In the crisis, who would tamper with the existing order?" The political and public reaction of English-speaking South Africans to the 1914 Rebellion. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.152-170. ISSN 2309-8392.

Akademiese werk oor blanke politiekegeskiedenis het sedert die 1980's getaan. Desnieteenstaande moet kennis geneem word van die groeiende belangstelling in vraagstukke rondom identiteit. Hierdie ontwikkeling het veral gedurende die afgelope twee dekades plaasgevind. Heelwat aandag is aan identiteitsvorming onder Afrikane en Afrikaners gegee. Gevolglik het die onderwerp sover dit Engelssprekende Suid-Afrikaners aanbetref het, agterweë gebly. Dit was eintlik net die werk van John Lambert oor die geskiedenis van identiteitsvorming onder Engelssprekende Suid-Afrikaners, wat werklik aandag hieraan gegee het. Met dit in gedagte, ondersoek hierdie artikel aspekte van die geskiedenis van hierdie voorheen geïgnoreerde waarnemers van die 1914 Rebellie. Die artikel spreek spesifiek die volgende vraagstuk aan: wat was die aard van die identiteit van Engelssprekende Suid-Afrikaners binne 'n dubbele konteks; lojaliteit aan die Britse Ryk enersyds en die spesifieke Suid-Afrikaanse omstandighede andersyds, beide teen die agtergrond van die Eerste Wêreldoorlog. Hul reaksie teenoor die rebellie moet verstaan word binne die konteks van die Suid-Afrikaanse regering se besluit om die Geallieerde oorlogspoging te steun. Die rebellie was vir die Engelssprekende Suid-Afrikaanse politici en koerantredakteurs onverklaarbaar. Hierdie artikel lig hierdie twee baie invloedryke groepe se reaksie uit aangesien hulle gepoog het om te verstaan waarom sommige Afrikaners gerebelleer het. Die artikel fokus spesifiek op hul siening van die rol van die militêre en politieke Afrikaner leiers in die rebellie. Ten slotte word die sienings van hierdie Engelssprekendes oor die skuldig bevindinge en opgelegde strawwe van die rebelle ondersoek.

Keywords : Eerste Wêreldoorlog; 1914 Rebellie; Engelssprekende Suid-Afrikaners; anti-Britise sentiment; vergewe en vergeet" beleid".

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License