Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Historia
On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X
Abstract
RADEMEYER, Cobus. Guttmann's ingenuity: The Paralympic Games as legacy of the Second World War. Historia [online]. 2015, vol.60, n.1, pp.47-59. ISSN 2309-8392. http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/v60n1a3.
In Februarie 1944 het die Britse regering die Joods-gebore Duitse neurochirurg Dr Ludwig Guttmann gevra om die National Spinal Injuries Unit by Stoke Mandeville hospitaal naby Aylesbury in Engeland te bestuur. Die vernaamste taak van die eenheid was om na die talle soldate en burgerlikes wat rugmurgbeserings opgedoen het (parapleë en tetrapleë) as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog om te sien. Guttmann het die eenheid van nuuts af opgebou en het 'n revolusionêre nuwe program van behandeling en rehabilitasie gebruik as 'n vorm van regstellende oefening en 'n middel van sosiale integrasie en erkenning vir sy pasiënte. Die gebruik van sport as deel van die behandeling was so suksesvol dat dit gelei het tot die ontstaan van die Stoke Mandeville Spele in 1948. Vier jaar later het die Spele internasionale status verwerf toe 'n span Nederlandse oorlogsveterane teen hul Britse eweknieë kom kompeteer het. Die Internasionale Stoke Mandeville Spele is daarna jaarliks aangebied. In 1960 is dit net na die Olimpiese Spele, ook in Rome, aangebied, en het bekend geword as die eerste Paralimpiese Spele. Die Paralimpiese Spele het toegeneem in statuur en na die 2012 Spele in Londen was dit gevestig as die derde grootste toeskouersport ter wêreld. Vir menigte sport entoesiaste is die Paralimpiese Spele opwindend, dog baie emosioneel om te volg. Baie min van hierdie entoesiaste besef egter dat die Paralimpiese Spele 'n direkte uitvloeisel is van die wreedhede van die Tweede Wêreldoorlog.
Keywords : Sport geskiedenis; sport en gestremdheid.