SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue1The fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

DU BOIS, Duncan. Collusion and conspiracy in colonial Natal: A case study of Reynolds Bros and indentured abuses 1884-1908. Historia [online]. 2015, vol.60, n.1, pp.92-109. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/v60n1a6.

Ten spyte van die uitsprake van die sogenaamde Coolie Commission van 1872 ten opsigte van die mishandeling van die inboekstelsel arbeiders in die Natalse Kolonie, asook die aanstelling van 'n Beskermer van Indiese Immigrante, het dit egter steeds nie sekere werkgewers daarvan weerhou om hulle ingeboekte arbeiders uit te buit nie. Oor 'n tydperk van bykans 25 jaar het berigte van aanrandings, drostery, sterftes en selfmoorde steeds voortgespruit uit die Reynolds suiker landgoed in die Umzinto distrik. Maar 'n skyn van onverskilligheid, wat mettertyd ontwikkel het in 'n sameswering van verswyging aan die kant van die amptenary asook die burgerlike samelewing, het egter gedien om die beeld van die Reynold broers te beskerm teen sensuur. Daarbenewens het winste voorrang geniet bo menseregte in die geledere van die "sugarocracy". Hierdie toedrag van sake was deur die heersende etnosentrisme van die tydperk vergemaklik. Danksy die volharding van James Polkinghorne, as Beskermer van die Indiese Immigrante, was die omvang van die skending van menseregte deur die Reynolds broers uiteindelik blootgestel en gevolglik was toepaslike regstellende aksie geneem.

Keywords : Umzinto; Reynolds; Wragg Kommissie; Polkinghorne; suikerproduksie; inboekstelsel arbeiders; selfmoorde.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License