SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue1Trickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communitiesComparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

PILOSSOF, Rory. White on white: Real and imagined crises in white Southern Africa. Historia [online]. 2017, vol.62, n.1, pp.92-106. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2017/v62n1a5.

Hierdie bespekingsartikel behandel twee onlangse publikasies oor wit ervaringe in Suid-Afrika en Zimbabwe, deur onderskeidelik Nicky Falkof en Irikidzayi Manase. Saam bied hierdie twee boeke insig oor hoe wit vrese oor behoording binne die koloniale en post-kolonial staat deur verskillende historiese kontekste gevorm is. Volgens Falkof het die doodsnikke van apartheid 'n verskeidenheid van morele panieke binne die wit gemeenskap veroorsaak. Die historiese konteks wat in Manase se boek onder die loep kom, het egter heelwat hiervan verskil. Hy ondersoek vrae rondom die vele boeke wat in hierdie tyd geproduseer is; hoe hulle grondhervorming voorgestel het; en hul narratiewe oor ras, behoording en die politiek. Uiteindelik, meen Manase, oefen die voortdurende twis oor grondbesit in Zimbabwe steeds 'n dramatiese invloed op onlangse en hedendaagse narratiewe rondom behoording en slagofferskap uit. Die boeke bring interessante vrae in verband met witheid-navorsing in Suider-Afrika, en verskillende benaderinge daartoe, na vore. Alhoewel albei boeke 'n aantal probleme openbaar, word 'n verskeidenheid van metodologieë en benaderinge benut wat verdere navorsing sal stimuleer. Dit sal hopelik ook daartoe lei dat 'n breër akademiese gemeenskap hul krities met die geskiedenis van wittes en witheid sal bemoei.

Keywords : Witheid; apartheid; Suid-Afrika; Zimbabwe; fobnuus; propaganda.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License