SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

TAKUVA, Tinashe. The Development of Christian Care Aid in Zimbabwe: The Case of Matabeleland Region, 1967-c.1990. Historia [online]. 2023, vol.68, n.2, pp.96-128. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n2a4.

Die organisasie, Christian Care, is in 1967, tydens Zimbabwe se vryheidsoorlog, gestig om noodverligting aan slagoffers van die oorlog en politieke onderdrukking te bied. Vanaf 1967 tot ongeveer 1990 het dit noodverligting en liefdadige hulp aan oorlogslagoffers en gemarginaliseerde mense in Zimbabwe gebied. Hierdie artikel ondersoek die ontwikkeling van Christian Care vanaf sy stigting in 1967 tot ongeveer 1990, en wys daardeur op die verandering oor tyd. Dit wys ook hoe Christian Care daarin geslaag het om te reageer op voetsoolvlak omstandighede, selfs toe sy agenda nie ooreengestem het met dié van die regering van die dag nie. Tussen 1967 en 1980 was Christian Care se hulpverlening meestal op krisisse toegespits, en het die organisasie oorlogslagoffers bygestaan met kos, klere en geld. Na 1980 het die aard en inhoud van die hulpverlening verander na ontwikkelingsprojekte, soos die sink van boorgate, die bou van skole, klinieke en damme, en bystand aan gemeenskappe om inkomste-genererende projekte, soos mark tuine, van die grond af te kry. Deur gebruik te maak van 'n kwalitatiewe navorsingsmetodologie met oorwegend argivale bronne, stel ek ondersoek in na die ontwikkeling van Christian Care se hulpverlening in die Matabeleland-streek van Zimbabwe, en wys daardeur hoe die organisasie hulp verleen het aan die verdruktes en verwaarloosdes.

Keywords : Christian Care; Zimbabwe; Matabeleland; noodverlening; regeerkunde; gemeenskapsontwikkeling.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License