SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SMITH, Edwin T.. Jacob Dlamini and the hidden history tradition of South African historiography. Historia [online]. 2023, vol.68, n.2, pp.129-149. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2023/v68n2a5.

Verborge geskiedenisse is wêreldwyd volop, veral nadat 'geskiedenis van beede' in die 1960's as 'n deel van sosiale geskiedenis ontstaan het. Die geskiedskrywing van Jacob Dlamini pas netjies in die tradisie en praktyk van verborge geskiedenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Sy jongste studies, wat albei in 2020 gepubliseer is, Safari Nation: A Social History of the Kruger National Park en The Terrorist Album: Apartheid's Insurgents, Collaborators, and the Security Police, lewer 'n noemenswaardige bydrae tot hierdie praktyk en toon die waarde daarvan vir die ontwikkeling en bevordering van Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Hierdie artikel poog, eerstens, om te wys hoe Dlamini se Safari Nation die geskiedskrywing rondom die omgewing en natuurbewaring verdiep en verryk deur die ervaring van swart Suid-Afrikaners in te sluit wat tot nou toe in die ontstaan en ontwikkeling van die Nasionale Kruger Wildtuin en die ontwikkeling van natuurbewaring en ontspanning in Suid-Afrika, geringgeskat is. Tweedens wys dit hoe The Terrorist Album 'n bydrae lewer ter versterking van Suid Afrikaanse vryheidstryd-geskiedenis deur die verkenning van 'n dikwels afgeskeepte of miskende raakvlak tussen waarnemingstegnologie en slenterslae in die vryheidstryd.

Keywords : Verborge geskiedenisse; vryheidstryd-geskiedenis; omgewingsgeskiedenis; natuurbewaringsgeskiedenis; sosiale geskiedenis; Suid-Afrikaanse geskiedskrywing.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License