SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

KRUGER, Freddie  and  LADIKOS, Anastasios. Die ontwikkeling van 'n misdaadvoorkomingsmodel binne 'n kommersiële produksiegebied. Tydskr. geesteswet. [online]. 2008, vol.48, n.4, pp.439-453. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel bespreek vier sentrale temas ten einde 'n model daar te stel vir die verbetering van misdaadvoorkoming op plase van die "Transvaal Suiker Beperk" gebied. Die gedrukte media, kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbeginsels is onder andere aangewend om data te versamel. Die temas verwys eerstens na die verbetering van houdings tussen plaasboer en plaaswerker, tweedens na die ontwikkeling van die plaaswerker, derdens na die ondersteuning wat deur die Suid-Afrikaanse Polisie Dienste en ander instansies aan die plaasboer gegee moet word en vierdens na die belangrikheid van misdaadvoorkoming deur teikenverharding. Die gedrukte media en kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbeginsels is gebruik om data in te samel en te bepaal tot watter mate misdaad deur die deelnemers ervaar word. Die waarde van die primêre fisiese hindernisse of obstruksies met betrekking tot misdaadvoorkoming is ook in hierdie artikel beklemtoon. Sonder die ondersteuning van konvensionele elektronika, en die insette van die mensfaktor, is fisiese misdaadvoorkomingsmaatreëls van geringe waarde, veral op geografiese uitgestrekte landbougronde. Goeie onderlinge werksverhoudinge en lojale gesindhede word as kern-faktore geïdentifiseer waarop boere kan fokus om misdaad op plase te minimaliseer. Samewerking tussen kommersiële boere en die SAPD kan 'n belangrike bydrae tot die hantering van die probleem lewer. Sodanige samewerking is egter in baie gevalle tot 'n hoë mate afwesig. 'n Positiewe ingesteldheid jeens misdaadvoorkoming op plase is die fondament vir enige suksesvolle misdaadvoorkomings inisiatiewe op plase. Misdaad op plase verdien die aandag van alle sektore in die samelewing. Die GOOM model wat ontwikkel is sodat misdaadvoorkoming op plase verbeter kan word, spruit voort uit die bevindinge van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing asook die verwerking van toepaslike literatuurstudies.

Keywords : Misdaadvoorkoming; plaasaanvalle; versperrings; fisiese hindernisse; elektronika; tegnologie; omgewingsontwerp; verdedigbare ruimte; sekuriteitdiensverskaffers; teikenverharding; ontwikkeling; ondersteuning; lojaliteit; onderhoude; waarneming; empiries fenomenologies; onderlinge verhoudinge.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License