SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DU PLOOY, Heilna. Die deurskynende kelk: Oor vorm en inhoud in die poësie. The transparent chalice: The relation between form and content in poetry (T T Cloete-erelesing, gelewer op 5 November 2009 te Potchefstroom / Paper read in honour of T T Cloete, Potchefstroom on 5 November 2009). Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.596-621. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die verhouding tussen vorm en inhoud in die poësie ondersoek en beredeneer as een van die kernvraagstukke van die poësieteorie. Daar word in besonder gelet op ikonisiteit as 'n eienskap van taal en van die poësie en aan enkele taalteorieë wat aan hierdie vraagstuk aandag gee. Aan die hand van die analise van gedigte hoofsaaklik uit die oeuvre van T T Cloete word verskeie ander sake ondersoek soos die medebepalende werking van vorm en inhoud in die poësie, die verband tussen die wetenskap en die kuns asook die versmelting van aanvoeling en kennis in gedigte wat as intellektuele poësie beskryf kan word. In die gevolgtrekking word gestel dat die poësie van T T Cloete tegnies kompleks, vindingryk en boeiend is, maar ook dat hierdie digter in sy werk in gesprek tree met die kulturele en estetiese tradisies waarbinne hy lewe en werk.

Keywords : Ikonisiteit in taal en poësie; poëtiese tegniek; intertekstualiteit; lyn; skoonheid; vorm en funksie; kulturele inhoud in die poësie; intellektuele poësie; kreatiwiteit in die wetenskap en die kuns; T T Cloete; Marilyn Monroe; Dante.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License