SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER WALT, Thomas  and  NIEMAN, Marietha. Vrouejeugboekskrywers oor die Anglo-Boereoorlog: Realisme en versoening na dekades van avontuur en nasionalisme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.674-687. ISSN 2224-7912.

Die Anglo-Boereoorlog het 'n baie belangrike invloed op die geskiedenis van die Afrikaner gehad en is as tema ook goed verteenwoordig in die Afrikaanse literatuur vir volwassenes. Aan die ander kant het daar relatief min jeugboeke met hierdie oorlog as tema verskyn. Die moontlikhede wat dié oorlog, waaraan soveel kinders aktief deelgeneem het, aan outeurs gebied het, is nie in die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur ontgin nie. Die vlaag nuwe boeke vir volwassenes wat met die honderdjarige herdenking van die oorlog aan die einde van die eeu in Afrikaans verskyn het, het nie in die kinder- en jeugliteratuur gemanifesteer nie. Géén nuwe Afrikaanse kinder- en jeugboeke met hierdie oorlog as tema het na 1990 verskyn nie. Afrikaanse kinders en jongmense het dus nie die voordele geniet wat sulke boeke dikwels vir volwassenes gehad het nie, naamlik waarheid, versoening en die herskepping van die individuele en die kollektiewe. Word die kinder- en jeugboeke wat in die 1980's oor die oorlog verskyn het, van nader beskou, blyk dit dat hierdie boeke aansienlik verskil van die boeke met die oorlog as tema wat voor hierdie tyd gepubliseer is. Dit is opvallend dat hierdie verandering saamval met die tyd toe vroueskrywers vir die eerste keer oor die oorlog begin skryf het. Voor 1980 is Afrikaanse kinderen jeugboeke oor die oorlog op twee na deur mans geskryf. In hierdie artikel word die veranderinge (soos die uitbeelding van karakters, pogings tot versoening, ens.) wat vroueskrywers teweeggebring het, bespreek. Dit word gedoen aan die hand van 'n aanvanklike vergelyking van die Afrikaanse kinder- enjeugliteratuur wat in verskillende tydperke oor die oorlog geskryf is, met Suid-Afrikaanse fiksie vir volwassenes soos in 1998 deur Eduan Swanepoel in 'n artikel in Stilet bespreek is.

Keywords : Anglo-Boereoorlog; oorlog; jeugliteratuur; vroueskrywers; verandering; vrouekarakters; versoening; swart-witverhoudings.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License