SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue1The interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

NIEMAN, Marietha. Hoëronderwysstudente se persepsies van die invloed van 'n wegbreekjaar op hul persoonlike ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.1, pp.119-131. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word daar gerapporteer oor 'n aantal hoëronderwysstudente se persepsies oor die voor- en nadele van 'n wegbreekjaar en die invloed daarvan op hul persoonlike ontwikkeling. 'n Wegbreekjaar word beskryf as 'n tydperk wat wissel van 3 tot 24 maande wat "afgeneem" word tydens enige stadium van 'n mens se lewe om 'n verskeidenheid van aktiwiteite uit te voer. Dit kan vrywillige of betaalde werk plaaslik of oorsee behels. 'n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg. Data is versamel deur middel van 25 individuele, semi-gestruktureerde onderhoude wat gevoer is met hoëronderwysstudente wat 'n wegbreekjaar geneem het voordat hulle met hul universiteitsopleiding begin het. Dit blyk uit die bevindings dat studente op die volgende drie maniere by 'n wegbreekjaar kan baat: hulle ervaar persoonlike groei en ontwikkel 'n aantal lewensvaardighede tydens 'n wegbreekjaar, hul interpersoonlike en kommunikasievaardighede verbeter en hulle ontwikkel 'n breër siening van en 'n beter perspektief op die lewe. Alhoewel daar 'n toename was in die aantal Suid-Afrikaners wat die afgelope dekade en 'n half 'n wegbreekjaar geneem het, is daar in Suid-Afrika nog baie min wetenskaplike navorsing gedoen oor hierdie groep jongmense se ervarings.

Keywords : wegbreekjaar; hoëronderwysstudente; persoonlike ontwikkeling; lewensvaardighede; interpersoonlike vaardighede; kommunikasievaardighede; lewensbeskouing; voordele van 'n wegbreekjaar; nadele van 'n wegbreekjaar.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License