SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

KRUGELL, Waldo. Wie is die goeie Samaritane? Eienskappe van vrywilligers in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.187-196. ISSN 2224-7912.

Mense wat vrywillig en sonder betaling hul arbeid aanbied vir die produksie van goedere en dienste waaruit ander voordeel trek, speel 'n belangrike rol in die ekonomie en gemeenskap. As vrywilligers beter verstaan word, kan hul kragte dalk beter gemobiliseer word. Die vraag is dus: Wie is die goeie Samaritane? Hierdie studie ondersoek die eienskappe van vrywilligers in Suid-Afrika met behulp van data uit die Arbeidsmagopname van September 2007. Die resultate toon dat vrywilligers in Suid-Afrika meestal vroulik en meestal blankes is. Dié persone is van werkende ouderdom met 'n beduidende persentasie wat ouer as 55 jaar is. Die meeste vrywilligers is goed opgelei en het kwalifikasies behaal na graad 12. Die meeste vrywilligers is in diens geneem, maar 'n groot persentasie is nie ekonomies aktief nie. Dié wat wel werk, is meestal permanent aangestel en kan baiekeer self oor hul werksure besluit. 'n Beduidende persentasie van mense wat hul eie besighede besit, werk ook as vrywilligers. Wanneer daar na vrywilligers se inkomste per maand gekyk word, is dit duidelik dat 'n groot gedeelte individue in die hoë-inkomste groepe as vrywilligers werk.

Keywords : Vrywilligers; Arbeidsmagopname; Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License