SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2A principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MALAN, Koos. Die grondwet, onderwysowerhede en die pad vorentoe vir Afrikaanse skole. Tydskr. geesteswet. [online]. 2010, vol.50, n.2, pp.261-284. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel behandel die posisie van (Afrikaanse) enkelmediumskole met verwysing na die Grondwet, wetgewing en tersaaklike regspraak in geskille tussen provinsiale onderwysowerhede en die beheerliggame van Afrikaanse skole. Die regsposisie word beskryf en die uitsprake weergegee. Die bedoeling is egter nie 'n gedetailleerde regstegniese kritiek op die uitsprake nie. Veel eerder is die klem daarop om aan te toon dat selfs waar die uitsprake in die guns van die skole was, die regshulp wat die howe verleen het ontoereikend was aangesien dit nie die onregmatige optrede van die owerhede ongedaan kon maak nie. Dit, in samehang met ander faktore bring aan die lig dat te veel vertroue op die reg en die howe geplaas is om die posisie van Afrikaanse enkelmediumonderwys te beskerm en dat alternatiewe weë om hierdie beskerming te verskaf, ondersoek moet word. Van hierdie alternatiewe word kortliks aan die orde gestel. Die artikel sluit af met 'n bondige oorsig van verskeie staatsbeskouings waarvolgens die hantering van voertale in die onderwys ingerig kan word.

Keywords : Onderwys; Beheerliggame; Grondwet; Enkelmediumskole; Possession is 90% of the law; ontoereikende regsremedies; oormatige vertroue in die reg en die howe; transformasie; taalregte.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License