SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue3Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STRAUSS, E  and  DANIELS, D. "Dis 'n tydbom ... die skip gaan sink": Emosionele welsyn van Hoërskool-opvoeders in die Helderberg-area van die Wes-Kaap. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.391-403. ISSN 2224-7912.

Navorsing oor die onderwys toon wêreldwyd dat opvoeders se werksomgewing sowel as eksterne eise, byvoorbeeld ouers se verwagtinge en sosio-ekonomiese uitdagings, opvoeders voortdurend onder druk plaas. Ekstensiewe blootstelling aan hierdie eise kan lei tot 'n negatiewe effek op hul eie persoonlike welstand sowel as die welstand van die skool as organisasie. Herhaalde blootstelling aan stres kan uiteindelik tot emosionele siektes soos uitbranding en depressie onder opvoeders lei. Alhoewel heelwat studies reeds onderneem is om meer lig te werp op wat aanleiding gee tot die belewing van stres en emosionele siektes in die onderwysomgewing, poog min van hulle om die opvoeders se begrip en belewing van stressors in hulle werkskonteks na te vors. Hierdie artikel doen verslag oor ses opvoeders se persoonlike konstruksies van hul emosionele welsyn. Die konteks was die Helderberg-area in die Wes-Kaap wat deur agt hoërskole bedien word. Die opvoeders was werksaam in twee voormalige model-C-hoërskole, en twee voormalige model-D-hoërskole (histories bruin skole). Die bevindinge toon dat die opvoeders emosioneel broos is en spesifieke gedragspatrone toon. Hulle rapporteer 'n afname in produktiwiteit en werksetiek, reaksionêre of gewelddadige gedrag, die blamering van ander en paranoïede-tipe gedrag wat met hul oorwegend negatiewe emosies geassosieer word.

Keywords : welstand; welsyn; onderwys; opvoeding; uitbranding; Suid-Afrika; ver-houdings; spanning; stres; maatskaplike probleme; armoede.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License