SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DE WET, JC. Rapport se uitbeelding van Robert Mugabe se kandidatuur vir die 1980 Zimbabwiese onafhanklik-heidsverkiesing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.424-436. ISSN 2224-7912.

Robert Mugabe is reeds vir meer as drie dekades aan bewind as president van Zimbabwe. Hy gaan weer vanjaar op 89-jarige ouderdom sy ZANU-PF party in die nasionale verkiesings lei. Mugabe het deur die jare die beeld verkry van 'n magshonger diktator wat min politieke opposisie duld. Die Westerse wêreld het sy rug op Zimbabwe gedraai met die VSA en die Europese Unie wat tans ekonomiese sanksies toepas. Hoe is hy destyds deur die Suid-Afrikaanse media, toe hy aanvanklik vir die presidentskap gestaan het, aan Suid-Afrikaners voorgehou? Meer spesifiek, wat het Rapport, Suid-Afrika se enigste Afrikaanse Sondagkoerant in 1980, vir sy lesers oor Mugabe se kandidatuur te vertel gehad? Hoe is Mugabe deur middel van agendastelling en raming uitgebeeld? 'n Kwalitatiewe inhoudsontleding van Rapport se dekking van die verkiesingsveldtog met die gepaardgaande agendastelling en raming word gevolg deur argumentasie wat die inhoud van die dekking in lyn bring met kritiese Suider-Afrikaanse vraagstukke destyds en met die algemene kultuur van Rapport as instelling. Daar is bevind dat Rapport hoofsaaklik van stereotipiese beelde van Mugabe gebruik gemaak het. Vir Rapport het die verkiesingstryd in Zimbabwe hoofsaaklik gedraai om 'n keuse vir Suider-Afrika tussen die kapitalisme en Marxisme aan die een kant, en die toekoms van wit en swart mag aan die ander kant. Mugabe is uitgebeeld as die vyand van sowel die kapitalisme as wit belange.

Keywords : 1980 Zimbabwiese onafhanklikheidsverkiesingsveldtog; Rapport; kwalitatiewe inhoudsontleding; agendastelling; raming; stereo-tipiese beelde; Suider-Afrikaanse vraagstukke; kapitalisme; Marxisme; wit mag; swart mag.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License