SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    DU PLESSIS, Hans. Die Groot Trek 175: Storie of historie?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.437-451. ISSN 2224-7912.

    In watter mate is die skrywer van 'n historiese roman afhanklik van die feite wat die geskiedskrywing bied? Hoe swaar weeg die historieseromanskrywer se interpretasie van veral die onvolledig gedokumenteerde geskiedenis, soos byvoorbeeld dié van die Groot Trek tussen 1836 en 1844 in die Potchefstroom-omgewing? Dit is die doel van hierdie artikel om die narratief van Hans du Plessis se twee historiese romans, Die pad na Skuilhoek en As die wind kom draai, te stel. Die verhouding tussen die romansier en die geskiedskrywer word onder die loep geneem. Teen die agtergrond van die mite as merker van 'n groep se identiteit word die Voortrekkers as gemeenskap duideliker gedefinieer. Die grensgebied waarvandaan die Groot Trek begin, is groter as die Oosgrens en die gemeenskap wat trek, is veel breër as die byna twintigduisend wit koloniste. Die grensgebied word as Voorpos bespreek en die gemeenskap as 'n heterogene en geïntegreerde kontinuum. Die binneland waarheen hulle trek, word teen die teoretiese agtergrond van Michel Foucault se siening van die utopie as droomruimte en die ander plek as heterotopie bespreek.

    Keywords : fiksionaliseer; Frontier; geskiedenis; Groot Trek; heterotopie; historiese roman; historieseromanskrywer; identiteit; kontinuum; Michel Foucault; mite; narratief; pioniersgemeenskap; skryfkuns; storie.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )