SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    GOUWS, Rufus H. Makrostruktuuraanpassings vanaf gedrukte na e-woordeboeke. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.481-504. ISSN 2224-7912.

    Die heersende leksikografieteorie is primêr ontwerp vir gedrukte woordeboeke. Aanpassings is nodig om 'n omvattende teorie te hê wat vir sowel gedrukte as e-woordeboeke voorsiening maak. Vir 'n algemene leksikografieteorie moet modelle ontwikkel word vir die leksikografiese strukture in e-woordeboeke. Hierdie artikel fokus op een van hierdie strukture, te wete die makrostruktuur. Makrostrukture in gedrukte woordeboeke word bespreek, en daar word aandag gegee aan verskeie ordeningstrukture in e-woordeboeke wat makrostrukturele kenmerke vertoon. Die gebruik van alfabetbalke en die voorkoms van artikeltrajekte en deeltrajekte, asook lemmatrajekte en lemmadeeltrajekte, word ondersoek. Daar word aangetoon dat, alhoewel e-woordeboeke nie tradisionele makrostrukture het nie, daar wel eksterne datatoeganklikheid is, onder meer danksy die gebruik van ordeningstrukture met behulp waarvan die makrostrukturele elemente bereik kan word. Aanpassings vanaf gedrukte woordeboeke het gelei tot die ontwikkeling van eiesoortige kenmerke vir hierdie ordeningstrukture van e-woordeboeke.

    Keywords : artikeldeeltrajek; artikeltrajek; e-leksikografie; gedrukte woordeboeke; kitssoektog; kronkelordening; lemmadeeltrajek; lemmatrajek; makro-struktuur; neslemmas; nislemmas; ordeningstruktuur; streng alfabetiese ordening; teoretiese leksikografie; toegangstruktuur.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )