SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BOTHA, Marisa. Traumaverwerking in Krog se Kleur kom nooit alleen nie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.524-541. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel ondersoek die terapeutiese waarde van poësie skryf in die verwerking van trauma.3 Daar word gefokus op Antjie Krog se digbundel Kleur kom nooit alleen nie (2000), veral die afdelings "Wondweefsel" en "Bindweefsel" met verse oor die Anglo-Boereoorlog, apartheid en die Rwandese volksmoord. Krog se rol as sekondêre getuie tydens die Waarheids- en Versoeningskommissie kom onder die loep en daar word gekyk na hoe sy haar eie trauma van die WVK-verhore verwerk, asook wat die nagevolge is van haar deelname daaraan (wat Laub noem "hazards of listening"). Daar word ook verwys na die geskenk van stories (getuienis) en die verantwoordelikheid van die sekondêre getuie om hulle etiese plig te vervul en daardie stories ook aan ander mee te deel, sodat diegene wat gesterf het, kan voortleef in herinneringe.

Keywords : Antjie Krog; Kleur kom nooit alleen nie; Afrika; gedigte; traumaverwerking; traumatiese geheue; sekondêre getuie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License