SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysisSustainability reporting in the mining sector: identifying critical issues author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ONTONG, Krystle  and  LE GRANGE, Lesley. Die herkonseptualisering van volhoubaarheid ná die dekade van opvoeding vir volhoubare ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.1, pp.50-61. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N1A4.

Die afgelope dekade (2005-2014) is gekenmerk deur verskeie bewusmakingsveldtogte aangaande volhoubare ontwikkeling. Nietemin, tesame met die veelvoudige waarskuwings wat die behoefte aan 'n volhoubare leefstyl beklemtoon, is die omgewing steeds besig om teen 'n geweldige spoed agteruit te gaan. Hierdie agteruitgang is onder meer sigbaar in die globale omgewingsprobleme soos klimaatsverandering, die afname in biodiversiteit, besoedeling, ontbossing en 'n groeiende werkloosheidsyfer. Verskeie opvoedkundige pogings is reeds aangewend om die erns van die globale sosio-ekologiese krisis te belemtoon, insluitend die Verenigde Nasies se verklaring aangaande die dekade van opvoeding vir volhoubare ontwikkeling (2005-2014). Ten spyte hiervan blyk dit dat onderwysers steeds voortgaan om te onderrig asof daar geen planetêre noodgeval bestaan nie. Nou, na die laaste jaar van die dekade van opvoeding vir volhoubare ontwikkeling, kan daar gevra word: Hoe kan onderwysers en skole volhoubaarheid ná afloop van hierdie dekade opnuut aanspreek? In hierdie artikel word daar aangevoer dat onderwysers en skole eerstens die term "volhoubaarheid" binne omgewingsopvoeding moet herkonseptualiseer voordat daar na die implementering van nuwe pedagogieë gekyk word. Die hoofdoel van hierdie artikel is dus (a) om 'n konseptuele raamwerk van só 'n veranderde siening voor te stel deur die moontlikheid van volhoubaarheid as 'n denkraamwerk te bespreek en (b) die implikasies daarvan vir onderwysers en skole te verken.

Keywords : volhoubare ontwikkeling; beleid; omstredenheid; denkraamwerk; natuur; antroposentries; biosentries; ekosofie; behoeftes.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License