SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue3Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    RABE, Lizette. Die belang van mediavryheid in Suid-Afrika: Tweehonderd jaar, twee gevallestudies, van die Magna Carta tot die Muilbandwet. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.3, pp.856-874. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n3a9.

    Hierdie artikel beskou die huidige bedreigings teen 'n vrye media in Suid-Afrika vanuit 'n mediahistoriografiese vertrekpunt en betoog dat die rol van 'n vrye media in Suid-Afrika belangriker is as ooit weens die bedreigings van die ANC-regering op die vrye vloei van inligting. Mediavryheid as konsep word bespreek, waarna 'n vrye media vanuit 'n libertaries-sosiaal verantwoordelike teoretiese vertrekpunt belig word. Dit word gevolg deur 'n kort bespreking van die gevallestudie as navorsingsontwerp en die historiese metode as navorsingsinstrument. Twee gevallestudies in die stryd om mediavryheid teen die regering van die dag oor byna tweehonderd jaar in Suid-Afrika volg: Die eerste onder 'n outoritêre Britse koloniale regering en die tweede onder 'n demokratiese bedeling onder die ANC. In die eerste word beweeg van geen persvryheid, na sogenaamde onvoorwaardelike vryheid. In die tweede hou die voorgestelde Media Appèl Tribunaal, sekere wetsontwerpe, sowel as ander bedreigings, asook die ondemokratiese uitsprake en optrede van Suid-Afrika se staatshoof en sy regering, ernstige gevare in vir mediavryheid, ondanks grondwetlike waarborge. Die stelsel van selfregulering is relevant en word kortliks bespreek. Die gevolgtrekking is dat mediavryheid altyd voorwaardelik is, ondanks 'n pro tempore-belewenis dat dit onvoorwaardelik kan wees, en dat mediavryheid eweseer 'n kwessie is in 'n sogenaamde liberaal-demokratiese bedeling as wat dit in 'n vorige diktatoriale koloniale era was.

    Keywords : Demokrasie; gevallestudie; kolonialisme; libertaries [sosiaal-verantwoordelike rol van die media]; mediageskiedenis; mediavryheid; persvryheid; self-regulering; Zuma.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )