SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2-1The profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BREED, Adri; CARSTENS, Wannie  and  OLIVIER, Jako. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.2-1, pp.391-409. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a7.

    Die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT) is 'n omvattende databasis van Afrikaanse taalkundebronne. Meer as 17 000 bronne is hierop gekatalogiseer, en die voltekste van ongeveer 9 500 bronne is beskikbaar. Verder word daar vir ongeveer 1 500 bronne skakels na die volteks aangebied. Uit 'n ondersoek na die gebruikerspatrone van die DBAT word ons vermoede bevestig dat hierdie databasis nie gereeld genoeg besoek word nie en dat die ryk argief wat die DBAT aanbied, nie genoegsaam deur potensiële gebruikers ontgin word nie. Uit 'n meningsopname onder bestaande en potensiële gebruikers, is dit egter duidelik dat die DBAT n handige en nuttige navorsingshulpmiddel is, en dat n groter poging aangewend behoort te word om die databasis bekend te stel en te bemark onder alle moontlike gebruikers, veral onder taalkundestudente. Daar moet ook meer moeite gedoen word om verskeie rolspelers, soos Afrikaanse taalkundiges en taalkundedosente, as medewerkers te betrek.

    Keywords : Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde; taalkundedatabasis; Afrikaanse taalkundebronne; taalkundige gebruikerspatrone; digitalisering van bronne.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )