Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
BOTHA, Catherine F.. Drie wyses van Umwerthung: Op weg na 'n vertolking van Nietzsche se herwaardering-voorstel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.1, pp.62-75. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n1a6.
In hierdie artikel ontwikkel ek 'n vertolking van Nietzsche se veelbesproke voorstel aangaande 'n herwaardering van alle waardes (Umwerthung aller Werthe). Ek stel 'n manier voor waarop Nietzsche se herwaardering-voorstel vertolk kan word na afloop van 'n kritiese bespreking van Thomas Brobjer (1996) se invloedryke werk. Daarna ondersoek ek die bydrae van Edgar E. Sleinis (1994), Nadeem J. D. Hussain (2009) en Manuel Dries (2010) binne die konteks van 'n verdere ontwikkeling van my eie interpretasie.
Keywords : Nietzsche; herwaardering van alle waardes [Umwerthungaller Werthe]; waardes.