SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2-1The constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN JAARSVELD, A. Die Hertzogprys vir drama: Griekse tragedie, Middeleeuse moraliteitspel of Negentiende-eeuse realiteit - die problematiek en uitdagings binne die drama-"industrie" en die invloed daarop by die toekenningsproses. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.387-411. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a10.

Die herbesinning oor die begrip "gemeenskap" in die eeu waarin ons leef, noodsaak tot ʼn groot mate ʼn herinterpretasie van ons posisie binne die kulturele en sosiale domeine in die samelewing. Met verwysing na die filosofie van die wetenskap, neem Pierre Bourdieu standpunt in tussen strukturalisme aan die een en ʼn meer subjektiewe benadering tot agente in die samelewing aan die ander kant. Dit beteken in feite dat hoewel mense skynbaar as subjektiewe onafhanklike agente optree, hulle tog ook beïnvloed word deur strukture binne hulle sosiale omgewing. Binne die literêre sisteem impliseer dit dus dat die skrywer of dramaturg en sy/haar teks nooit outonoom geëvalueer kan word nie. Ander belangrike rolspelers binne hierdie proses sou die leser, kritici, uitgewer en selfs die media ook insluit. 'n Duidelike transformasie by die toekenning van pryse is tans in werking. Daar is 'n gedurige dinamiese wisselwerking in die proses, tussen die uitgebreide meganika van nominasie en verkiesing, aanbieding en aanvaarding, borgskap, publisiteit en skandale. In hierdie artikel val die fokus op die bepaalde verhoudings tussen agente en reëls wat binne die veld bestaan. Voorts word die groter "kulturele veld" wat deur pryse blootgelê word, insluitend die belangstelling wat hulle genereer asook die kritieke vyandigheid wat hulle so toenemend ontlok, bekyk. Die afleiding wat gemaak kan word, is dat daar geen ontsnapping uit "die ekonomie van prestige" kan wees nie. Daar word indringend gekyk na die problematiek ten opsigte van die drama-toekennings teen die agtergrond van die drama-genre as deel van die groter literêre sisteem maar ook as onlosmaaklik deel van die groter teaterwetenskap. Die dramateks is dus terselfdertyd literêre teks en teateropvoering. Die drama as speel- en leesteks vereis binne die Hertzogprys-beoordelingsproses sonder twyfel 'n eiesoortige benadering waarsonder die drama-genre nooit sy regmatige plek binne die literêre sisteem sal verkry nie.

Keywords : Hertzogprys; drama; literêre prestige; Bourdieu; veld-teorie; vorme van kapitaal; literêre pryse; drama-genre.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License