SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2-2Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DU PLESSIS, Elize  and  MARAIS, Petro. Versoening tussen leerders: Is parallelmediumskole die antwoord op die rassismeprobleem?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-2, pp.614-626. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a8.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet stel dit duidelik dat enige vorm van diskriminasie nie toegelaat mag word nie. In ons skole beteken dit dat elke leerder ʼn reg het op goeie opvoeding en ʼn veilige skoolomgewing. Die fokus van hierdie navorsing is gerig op bestaande parallelmediumskole. Die uiteindelike vraagstuk is dus hoe multikulturele onderwys bevorder word en hoe rassisme aangespreek kan word? As teoretiese raamwerk is Kohlsberg se kognitiewe ontwikkelingsbenadering en Whitehouse se univerele waarderaamwerkbenadering gebruik om die navorsing te anker. As derde raamwerk beskou die skrywers egter Gandhi se moraliteitsfilosofie as ʼn perfekte eksponent van die strewe na versoening aan die hand van moraliteit as'n teenvoeter vir rassisme en ook as 'n voorwaarde vir nasiebou. Het Gandhi se opvattinge enigsins waarde vir die opvoeding en onderrig van leerders in Suid-Afrika en kan dit moontlik gebruik word om rassisme in skole aan te spreek? Hierdie vrae is met behulp van ʼn kwalitatiewe dokumentanalise beantwoord. Die bevindinge toon dat drie beginsels van Gandhi se moraliteitsfilosofie 'n voorvereiste is vir die bekamping van rassisme in parallelmediumskole. Die aanbeveling is dat alle aspekte van die onderwys gerig moet wees op die verowering van moreel-verantwoordbare selfverwesenliking.

Keywords : Dokumentanalise; diversiteit; Gandhi; leierskap; moraliteit; multikulturele skole; onderrig; opvoeding; rassisme.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License