SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3Development and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VERSTER, Pieter. 'n Sendingwetenskaplike ondersoek na die betekenis van eiesoortige kultuur. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.772-783. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a7.

    Sendelinge het die eiesoortige kulture van bepaalde volke, stamme en groepe soms so hanteer dat daardie hantering tans baie gekritiseer word. 'n Westerse model van die evangelie van Jesus Christus is soms op mense afgedruk sonder om die eiesoortige kultuur van onderskeie groepe in gedagte te hou. Hul kultuur is soms versteur en die evangelieboodskap het nie altyd neerslag gevind nie. 'n Sendingwetenskaplike ondersoek sal die eiesoortige kultuur van groepe in die oordra van die evangelie moet erken. Die groot uitdaging is om kontekstueel te wees sonder om die essensiële elemente van die evangelie prys te gee. Inkulturasie - die benadering waarin gemeenskappe self deelneem om die boodskap wat aan hulle oorgedra word te verstaan - moet ondersoek word. Nuwe uitdagings van subkulture, ook onder Westers-georiënteerde mense, geniet aandag. Die missionale, en selfs die ontluikende kerk, hanteer die vraagstuk op ʼn unieke wyse. Sendingkundig moet die belang van eiesoortige kultuur bevestig word. Kultuur word tans soms as 'n "isme", wat verwerplik is, beskou, maar daar moet besef word dat kultuur 'n ononderhandelbare essensie van menswees is - net die wyse waarop dit onder volkere, groepe en gemeenskappe voorkom, verskil. Volgens die sendinggeskiedenis is verwerping van bepaalde kulture onaanvaarbaar. Die afbreking van bepaalde vorme van kultuur om eenvormigheid te bevorder, soos in die VSA-model, moet verhoed word. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is respek, kultuurverruiming en uitbouing van die kulture van verskeie groepe essensieel. Die missionale kerk kan 'n belangrike rol hierin speel.

    Keywords : Sending; kultuur; Westerse oorheersing; inkulturasie; Paulus; Filippense; 1 Korintiërs; missionale kerk; eenheid van die kerk; verskeidenheid.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )