SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

FOUCHE, Nadine; VAN DEN BERG, Ria  and  OLIVIER, Jako. Carstens se raamwerk van Afrikaanse konjunksiemerkers: ʼn Akkurater en vollediger weergawe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.814-836. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a10.

Gedurende die afgelope twee dekades het Carstens se raamwerk van Afrikaanse konjunksiemerkers die standaardindeling geword waaraan konjunksiemerkergebruik gemeet is. Sy kompromisindeling kan as baanbrekerswerk beskou word in dié sin dat Halliday en Hasan (1976) se vier hoofkategorieë konjunksiemerkers met subkategorieë van ander navorsers se indelings gekombineer is. In 2014 is die eerste kritiek teen Carstens se raamwerk uitgespreek op grond van die bevindings van ʼn korpuslinguistiese studie van Jordaan (2014). Fouché (2016) identifiseer twee jaar later verdere leemtes. Die feit dat daar kritiek teen Carstens se raamwerk uitgespreek is, dui ook daarop dat sy indeling gereeld as verwysingsraamwerk in die bestudering van konjunksiemerkergebruik in Afrikaans gebruik word. Juis daarom is die doel van hierdie artikel die saamstel van ʼn akkurater en vollediger raamwerk. Vir die saamstel van so ʼn raamwerk van konjunksiemerkers in Afrikaans, is eerstens indelings van linguiste waarop hy sy raamwerk gebaseer het, en ander indelings wat ook vóór die verskyning van sy raamwerk gepubliseer is, geanaliseer. Tweedens is indelings wat ná sy raamwerk gepubliseer is, sowel as kritiek wat daarteen uitgespreek is, krities geanaliseer. Op grond van die kritiese analise van hierdie bronne, is Carstens se raamwerk met verdere voorbeeldkonjunksiemerkers aangevul. Veranderings is ten opsigte van die plasing van spesifieke konjunksiemerkers in bepaalde kategorieë, en ten opsigte van die verskuiwing en integrasie van kategorieë wat binne Carstens se raamwerk gebruik word, voorgestel, en een hoofkategorie en een subkategorie is bygevoeg.

Keywords : Carstens se raamwerk van konjunksiemerkers; konjunksiemerkers; verbandsmerkers; sinsverbinders; voegwoorde; diskoersmerkers; gambiete.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License