SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    EVANS, Rinelle. Koesister op 'n Royal Albert piering: 'n Kritiese nabetraging van 'n nie-moedertaalonderwyservaring. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.3, pp.693-706. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n3a2.

    Keuses wat omgee-ouers uitoefen word gewoonlik met die beste bedoelings gemaak, maar het dikwels onvoorsiene gevolge. Min ouers deurdink die kritieke rol wat taal in 'n komplekse omgewing soos die klaskamer speel. Sommige glo ook dat 'n onderrigtaal bloot 'n leivoor is vir die oordrag van kennis, en is nie altyd bewus van die sterk, tog onsigbare verbintenis tussen die skool en die huisomgewing nie. My mededelings versteur moontlik die meningsekwilibrium wat talle ouers tans ten opsigte van 'n onderrigtaal mag huldig. Dit is egter noodsaaklik dat 'n verreikende besluit soos die keuse van 'n skool - veral vir aanvangsleer - nie bloot op grond van die onderrigtaal gemaak word nie. Aan die hand van 'n persoonlike taalbiografie word verskeie mites rakende die rol van taal, kultuur en identiteit in die onderwys krities bekyk.

    Keywords : Taalbiografie; nie-moedertaalonderrig; taalbeleid; taalvoorkeur; taalgolwe; parallelmediumskole.

            · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )