SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SCHENCK, Rinie  and  BLAAUW, Derick. Dagloners: 'n Gevallestudie van die kwesbaarheid van die maatskaplike bestel en samehorigheid in Suid-Afrika se informele ekonomie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.36-55. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a3.

Dagloners is werklose mense, meestal mans, wat 'n poging aanwend om 'n inkomste te verdien deur hul arbeid en vaardighede in 'n arbeidsmark langs die pad of by 'n kruising te verkoop. Die groeiende aantal dagloners wat 'n lewe uit informele indiensname maak, is 'n duidelike teken dat Suid-Afrika nie die werkloses in die arbeidsmark kan absorbeer nie - veral nie die laag- en ongeskoolde arbeiders nie. Om in die informele ekonomie te oorleef en 'n bestaan te maak, impliseer n onsekere inkomste en bestaan. Hierdie nasionale studie is in twee fases uitgevoer. Tydens 'n verkenningsfase het die outeurs n landwye verkenning in 2005 en 2006 onderneem. Dit het 'n geskatte aantal dagloners in Suid-Afrika van tussen 45 000 en 50 000 opgelewer. Die tweede fase van die studie het bestaan uit die ontwerp van die vraelys, die opstel van die steekproef vir die gevallestudie asook die uiteindelike veldwerk. Die steekproef is saamgestel proporsioneel tot die aantal dagloners wat in die geïdentifiseerde stede en dorpe aanwesig was tydens die eerste fase van die projek. Die outeurs het van bondelsteekproefneming en sneeubalsteekproefneming gebruik gemaak om te verseker dat die dagloners in stedelike en landelike gebiede nie onder- of oorverteenwoordig word nie. Die opleiding van die veldwerkers het deeglike aandag geniet en die veldwerk self het van Februarie 2007 tot November 2008 geduur, waartydens 3 830 onderhoude gevoer is. Alle etiese oorwegings het ook deeglike aandag ten tye van die navorsing geniet. Die doel van die artikel is om die sosio-ekonomiese profiel van dagloners in Suid-Afrika te beskryf as 'n gevallestudie wat illustreer watter druk op die maatskaplike samehorigheid van die gesinne en gemeenskappe in die informele ekonomie geplaas word. Daar word in besonder aandag gegee aan die sosio-ekonomiese omstandighede van die dagloners en die beleids- en institusionele maatreëls wat ingestel moet word om ondersteuning aan die dagloners te kan bied, sodat samehorigheid bevorder kan word en nie bedreig word, soos tans die geval is nie.

Keywords : Dagloners; informele ekonomie; maatskaplike bestel; maatskaplike samehorigheid; werkloosheid; armoede; informele indiensname; immigrante; oorlewing; kwesbaarheid; voedselonsekerheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License