SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VOS, Deon  and  DE BEER, Louw. 'n Vergelykende ondersoek na die aard en rol van onderwysbeheer in die onderwysstelsels van die BRICS-lande. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.1, pp.77-95. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n1a5.

Die doel van hierdie navorsing is om te bepaal hoe die aard en rol van onderwysbeheer in die vyf BRICS-lande (internasionale organisasie wat bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) gebruik kan word om mekaar tot voordeel te strek. Ten einde hierdie doel te bereik, word eerstens bepaal wat die aard en rol van onderwysbeheer op nasionale (makro-), provinsiale (meso-) en plaaslike (mikro-)vlak in die BRICS-lande behels en tweedens word die aard en rol van die onderwysbeheerstrukture van die BRICS-lande met mekaar vergelyk. Die onderlinge vergelyking van die aard en rol van die onderwysbeheerstrukture van die vyf lidlande se onderwysbeheerstelsels het ten doel om lesse wat geleer kan word met betrekking tot beste praktyke in die onderwysbeheerstelsels van die BRICS-lande, te formuleer. Laasgenoemde lesse kan tot voordeel van elke land se onderwysbeheerstelsel strek. Verskeie bronne is geraadpleeg ten einde die doel van die navorsing te bereik. Die literatuurstudie sluit onder andere 'n dokumentanalise van wetgewings, beleide, artikels en staatspublikasies in. Ander tersaaklike literatuur is ook gebruik as bronne om die teoretiese begronding te staaf. Aan die einde van die artikel word verduidelik dat, in al die lidlande, strukture op die drie onderwysbeheervlakke saamgestel word en dat, hoewel die aard en rol van hierdie onderwysbeheerstrukture van mekaar verskil, die gemeenskaplike ideaal is om gelyke, toeganklike en lewenslange onderwysgeleenthede vir almal beskikbaar te stel.

Keywords : Brasiliaanse onderwysstelsel; BRICS-lande-onderwysstelsel; Indiese onderwysstelsel; onderwysbeheer; plaaslike onderwysbeheer; Russiese onderwysstelsel; Chinese onderwysstelsel; Suid-Afrikaanse onder-wysstelsel.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License