SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BOSHOFF, Hercules. 'n Nuwe wekroep tot 'n filosofiese Afrikaans buite die openbare universiteite. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.3, pp.586-596. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a10.

Die artikel betwis die legitimerende verduidelikings wat plaaslik en internasionaal vir verengelsing gegee word, naamlik dat daardeur 'n meer praktiese en inklusiewe wyse van kommunikasie verwesenlik word in 'n gesamentlike opheffing van die beskawing. Ek wys daarop dat sulke edele verduidelikings uit 'n homogeniserende drif voortspruit, met 'n Faustiese ondertoon, dit wil sê dat prysgawe van die siel as voorwaarde vir opname in die nuwe bestel gestel word. Hierdie Faustiese prysgawe word aangedryf deur wat ek noem die priesterskap van selfveragting, so genoem vanweë 'n soort masochistiese selfmarteling wat enersyds die voorwaarde vir relevansie geword het, en waarbinne andersyds pyniging die voorwaarde vir beloning is. As alternatief hiervoor doen ek 'n oproep tot 'n filosofiese omgang in Afrikaans, dit wil sê n verkenning van die algemene waarin die besondere nie ingeperk of uitgewis word nie, maar wat selfontdekking én uitreiking na die geheel tot gevolg het. Dit behels nie 'n verskraling van die algemene nie, maar 'n verryking daarvan deur nuwe nuanses daaraan te verleen. Onontbeer-lik vir die verryking is ver-taal-ing, waarsonder taal armer en eensydig word. Taal, anders as getal, is veelkantig en veelduidig. Die weg van taal word daarom moeisaam bewandel in erkenning, waarbinne tegelyk selfkennis (nie verwaandheid nie) en oopstelling (wat nie met homogenisering verwar moet word nie) vereis word.

Keywords : moedertaal; selfveragting; vertaling; verbabelsing; homogenisering; Faustiese drif; absolusie; opheffing; oriëntering.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License