SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    JONES, Chris. Ekonomiese geregtigheid: Die groot uitdaging - ook vir Christelike gemeenskappe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.613-626. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a12.

    Hierdie artikel fokus op die noodsaaklikheid van ekonomiese geregtigheid. Dit geskied na aanleiding van ʼn skrywe van Russel Botman, voormalige dosent in Missiologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland asook later aan die Universiteit Stellenbosch. In ʼn skrywe van hom aan die outeur van hierdie artikel ongeveer 21 jaar gelede, dink hy onder andere na oor die moontlikheid van die volgende slagspreuk: "economic justice before upward mobility". Hierdie tema, asook die aard en uitdagings van ekonomiese geregtigheid, word op die spoor van sy gedagtes verder in hierdie bydrae ontgin in belang van soveel kwesbare individue en groepe in haglike omstandighede. Dit kyk veral na die uitdagings van ekonomiese geregtigheid vir die gereformeerde teologie en of die belangrike kenmerke van die eerste Christelike gemeentes nog teenwoordig is, nagestreef en uitgeleef word in die kerk en in die lewens van Christengelowiges.

    Keywords : Ekonomiese geregtigheid; opwaartse mobiliteit; werkloosheid; ongelykheid; armoede; vervreemding; vrees; hoop; kairos; koinos; koinonia; homothumadon; diakonaat; Belydenis van Belhar; geloofwaardigheid; goeie nuus.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )