SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue3Constitutional propriety in the 21st centuryThe constitutional requirements and processes to remove a president of the USAfrom office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphere author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

RIEDER, Ilse  and  VAN DER ELST, Herman. Substantiewe beleidsimplementering en die erosie van kiesersvertroue as faktore in die konsolidering van die Suid-Afrikaanse demokrasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.596-618. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a3.

As vertrekpunt vir hierdie artikel word Suid-Afrika beskryf as 'n ontwikkelingstaat, tans onderworpe aan 'n proses van demokratiese konsolidasie. Hierdie onafgehandelde proses word direk verbind aan die oorgang vanaf 'n ou (apartheids-) na 'n nuwe (demokratiese) bedeling. In hierdie opsig word Suid-Afrika dan ook ingesluit onder die definisie van 'n transformasionele staat. Die term "transformasionele demokrasie" verwys vervolgens na 'n demokrasie wat tot stand gekom het as gevolg van 'n bevrydingstryd, en getransformeer het vanaf 'n outokratiese of koloniale regime na 'n konstitusionele staatsorde. Daar word geargumenteer dat daar in vele opsigte voldoen is aan die vereistes van prosedurele transformasie ná 1994, met die aanvaarding van die grondwet in 1996 en die instelling van konstitusioneel-demokratiese strukture en instansies, en veral die hervorming van die regstelsel en die instelling van vrye en regverdige verkiesings. In terme van substantiewe transformasie bly die proses egter nog onafgehandel. Dit is juis hierdie gebrek aan substantiewe transformasie wat gelei het tot 'n afname in kiesersdeelname en kiesersvertroue. Teen hierdie agtergrond is die oogmerk van die artikel om die effek van die erosie van kiesersvertroue op die politieke landskap en die uiteindelike proses van sowel historiese as huidige demokratiese konsolidasie in Suid-Afrika te bepaal. Ten einde hierdie doel te bereik word daar eerstens, op 'n holistiese wyse, gefokus op die rol van die staat in moderne ontwikkelende demokrasieë. Tweedens word die artikel vernou tot die aard van kiesersvertroue in gevestigde en trans-formasionele demokrasieë. Teen hierdie kontekstuele agtergrond word derdens gefokus op die Suid-Afrikaanse situasie. Hier word spesifiek verwys na die stygende trajek van onder-steuning vir die ANC in nasionale en plaaslike verkiesings tussen 1994 en 2004, met daarteenoor die moontlike oorsake vir die afname in ondersteuning vir die ANC-regering ná 2004. Terselfdertyd word die afname in stemopkoms reeds sedert die verkiesing in 1999 in teenstelling tot die groeiende stemouderdompopulasie (SOP) tot en met die nasionale verkiesing in 2019 onder die soeklig geplaas. Met die oog op die projeksie van 'n toekoms-scenario rakende politieke konsolidasie word die daling in stemopkoms en die onderliggende erosie van kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse politieke landskap, ter afsluiting, in verband gebring met mislukkings in die bereiking van veral substantiewe ontwikkelingsdoelwitte en -uitkomste.

Keywords : demokrasie; kiesersvertroue; erosie; transformasie; substantiewe beleidsimplementering; rol van die staat; stempatrone; ondoeltreffendheid; korrupsie; legitimiteit; ontwikkelingsuitkomste.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License