SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-1Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

NAUDE, JA. Nuwe en ou skatte: Die 2020- Afrikaanse vertaling van die Bybel as 'n hervertaling1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.869-891. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a2.

Die eerste volledige vertaling van die Bybel in Afrikaans, 'n letterlike vertaling, word in 1933 gepubliseer ná die vorige pogings van die Bybelvertalingsbeweging (1872-1911) en 'n poging op kerklike aandrang (1916-1923). Daarna volg die volgende hervertalings, naamlik 'n dinamies-ekwivalente vertaling in 1983 en in 2007 Die Bybel vir Dowes, ook uitgegee as Die Bybel vir Almal, asook 'n aantal kommersiële vertalings. Die volgende volledige Bybelvertaling in Afrikaans, 'n direkte vertaling, word in 2020 gepubliseer. Hierdie artikel bied 'n analise en beskrywing van die 2020-vertaling as hervertaling deur gebruik te maak van die narratiewe raamteorie van Mona Baker. Enige vertaling representeer die alteriteit of andersheid van 'n vreemde teks en kuituur op 'n unieke, maar 'n verstaanbare wyse. Geen vertaling is egter vry van ideologie nie. 'n Vertaling moet nie normatief beoordeel word nie, maar die taalkundig ingebedde keuses betreffende die keuse en konstruksie van diskoers moet eerder beskryf of vertel word. Die 2020-vertaling word ontleed, waarna die wyse waarop spesifieke sosio-historiese, sosiokulturele en vertaalkundige rame in die vertaling inspeel, verduidelik word. Die organisatoriese raam hanteer kwessies soos die konteks van die vertaling, sy brontekste, die vertaalspan, die vertaalproses en -produk, sowel as die moontlike sosiokulturele impak van die vertaling. Deur van metatekste/paratekste gebruik te maak om die andersheid van die bronkultuur vir lesers te verduidelik en toeganklik te maak, vermy die vertaling die reduk-sionisme van klem op vorm soos in die 1933-vertaling en die klem op betekenis van die 1983-vertaling.

Keywords : vertaalkunde; narratiewe raamteorie; Bybelvertaling; Mona Baker; Eugene Nida; Christiane Nord; Ernst-August Gutt; woord-vir-woord-vertaling; letterlike vertaling; dinamies-ekwivalente vertaling; funksio-nele vertaling; funksionalistiese vertaling; direkte vertaling; komplek-siteit; Afrikaans.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License