SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-2The vulnerability of children in the context of South African households and familiesThe Dutch Reformed Church and the Rebellion of 1914-1915: Was the Council of Churches ecclesiastically reconciliatory? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER WALT, JL (Hannes). Burgerskapsonderwys vir 'n suksesvolle lewe in 2050 en daarna. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1204-1225. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a6.

Die skoolgaande kinders van vandag, veral dié in die hoërskool, behoort teen 2050 op die kruin van hulle loopbane te wees, en sommige mag selfs gereed maak vir die konsolidasiefase van hulle lewens. In die lig hiervan is dit belangrik dat skoolonderwys, en ook burger-skapsonderwys, die leerlinge nou reeds voorberei vir 'n suksesvolle bestaan later in hulle lewens, selfs vir drie dekades die toekoms in. Hoewel dit nie vir ons moontlik is om so ver in die toekoms in te skou nie, is dit tog moontlik om 'n tentatiewe prentjie van die toekoms te skets aan die hand van tendense wat ons nou reeds waarneem. Om 'n volledige prentjie te probeer skets, is die vyftien modaliteite van die werklikheid as ankerpunte gebruik. Die prentjie van die toekoms wat uit hierdie oefening na vore kom, dui daarop dat daar verskeie belangrike take op burgerskapsonderwysers wag om die leerlinge wat aan hulle sorg toevertrou is, toe te rus en te begelei om die toekoms binne te gaan en om selfs drie dekades van nou af hulle lewens met welslae te voer.

Keywords : burgerskap; burgerskapsonderwys; toekoms; toekomsstudies; toekoms-gereedheid; opvoeding; onderwys; tegnologie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License