SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The Seagull author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

CARNELLEY, Marita. Die dra van die Islamitiese hidjab deur lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.71-86. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a6.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se uniformreëls maak nie voorsiening vir enige uitsonderings gebaseer op die godsdienstige oortuigings van lede nie. 'n Islamitiese weermaglid wat genoop voel om 'n hidjab by haar uniform te dra, verbreek tans die voorgeskrewe regulasies en kan gevolglik gedissiplineer en selfs afgedank word. Hierdie artikel redeneer dat die gebrek aan 'n godsdiensgebaseerde spesifieke en beperkte uitsondering ongrondwetlik is in die lig van die individu se reg op godsdiensvryheid, menswaardigheid en gelykheid. Dergelike regte van weermaglede word opgeweeg teen die grondwetlik erkende dissiplinevereiste van die SANW aan die hand van die beperkingsklousule. Met verwysing na regterlike presedent in Suid-Afrika en twee voorbeelde van soortgelyke uitsonderings in die krygsmag van ander lande word geargumenteer dat 'n uitsondering op die uniformreëls nie die dissiplinedoelwit van die SANW sal affekteer nie. Daar is 'n minder beperkende wyse moontlik om hierdie doel te bereik sonder om die grondwetlike regte van die lede aan te tas. Sodanige uitsondering sal ook in ooreenstemming wees met die akkommodasiemodel van toepassing op die Suid-Afrikaanse interpretasie van die skeiding tussen staat en kerk.

Keywords : Suid-Afrikaanse Weermag; SANW; uniform; Islam; hidjab; dissipline; godsdiensvryheid; menswaardigheid; gelykheid; Isaacs.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License